Archive for April, 2009

drie1

Die Smurfs is besig om voor te berei vir die reuse party wat hulle volgende week gaan hou vir die koning se intrede. Ek kon nie ‘n enkele een opspoor nie, hulle antwoord natuurlik ook nie hulle selfone of epos nie.

Intussen het die dooies niks om te doen, behalwe om met mekaar te praat nie. In die lewe is almal te besig, of veral, te vol vooroordele om iets vir mekaar te se, maar die drie sit nou opgeskeep met mekaar. Daar is ander ook, maar die 3 het vandag tee geniet.

Moeder Teresa: Het julle geweet ek  was ‘n Albanees? Maar nou is ek Die Heilige Teresa van Kalkutta. Weird.

Napoleon: Ek is eintlik van Korsika en het my naam verander sodat dit meer Frans klink. Hehe.

Einstein: Ek was en is steeds Joods gebore maar agnosties, gaan lees maar die vaktydskryf Nature waarin ek in 1940 daaroor geskryf het. Maar Napoleon jy en Teresa kom seker goed oor die weg, jy hou mos van ouer vroue, nie waar? Ek aan die ander ander het nie veel erg aan vroue nie.

Napoleon: Josephine het my verneuk en ek vir haar. Ek het haar gelos en met Marie Louise getrou, het jy dit geweet? Hoofsaaklik omdat Josephine my nie kinders kon gee nie. Ek was ook nie so vreeslik kort nie, dit wat Britse propaganda. Sien ek is 1,70 cm lank, glad nie ‘n dwerg nie.

Teresa: Genadeloos het jy mense gejag.

Napoleon: Baie mense het. Ek het wette teen Jode afgeskaf, ‘n verligte van my tyd. En dan is daar die Napolitaanse Kode, steeds in gebruik. Ons almal doen reg en verkeerd. Ek het my land gedien. Wat van jou?

Teresa: Ek het my hele lewe lank getwyfel in baie dinge. Diens en geloof is twee dinge. Ek het selfs in briewe gese ek weet nie of daar ‘n God is nie, dit is vrae wat gevra word. Ja, ek, van alles mense. Hoe pynlik is die pyn nie?

Einstein: Og ,hoe pynlik is die om te weet? En hoe pynlik is dit om nie te weet nie. Ek weet tog nie.

Smurfville

Daar is soveel smurfs – amper soveel soos die sterre bo ons koppe. Eendag was daar ‘n groot indoena smurf, sy lei was nie skoon nie, maar in smurfville maak dit nie vir almal saak nie.

Voorheen was daar amper oorlog in Smurfville, maar die liewe pappa smurf, het die oorlog gekeer omdat hy ‘n goeie man was (meer later oor hom). Toe ‘n paar jaar later verskyn daar ‘n hofnar op die toneel, ‘n uiters onnosel een. ‘n Blote kind.

smurf2 

Hy wou ook met die ou smurfs se kalwers ry, beweer nogal dat hy op 10-jarige ouderdom saam met die ou smurfs vir vryheid geveg het.

Hofnar is eintlik ‘n arrogante klein snotkop wat vreeslike dinge kwytraak, en daarmee wegkom. Mense lag vir hom, maar is ook versigtig, vra maar vir die mense wat gebraaide hoender verkoop . . . Want die hofnar het al moord geskree.

Die groot indoena, wat al kwaad gedoen het, moes nog groter word: koning word. Bloed skree die smurfs, bloed. Toe maak hulle maar die tronkdeure vir die dansende indoena oop, sonder ‘n verhoor, want netnou word die uitstelde rewolusie tog waar:

smurf1

Die dansende indoena het toe koning geword, hy het so rondgespring dat ek hom nie lekker in fokus kon kry nie. Hy word binnekort gekroon.

smurf3

Eintlik is daar lank-lank gelede al besluit, deur magte onbekend, hy sal die nuwe koning wees, kom wat wil. Want wie het hom as koningskandidaat gekies voordat die smurf op straat vir hom gestem het?

Hy het ook baie vroue, bekend as smurfettes. Niemand weet wie die koningin sal wees nie. Dalk nie een van die wat sover opgespoor kon word nie. Niemand weet eintlik iets van hulle af nie, behalwe van die een wat hy geskei het en sy was “bad news”.

smurf4

Landskap

plek2

Die reis hierheen is verder as ver. Dit neem langer as lank. En as “iets gebeur” op hierdie plek dan gebeur dit maar, of jy oorleef dit, of jy gaan dood.

Dit het ek ook self geleer.

Niemand kan jou skielik kom red nie. Soos in regtig. (Nie eens ‘n bad Suid-Afrikaanse staatshospitaal nie, wat luuks hier voel nie.)

Dit is ware ongeskondenheid. Net die berge, klippe en die grond.

En in die ver teen die hange van daai berge bly daar mense. Mense met hulle bokke, beeste, manna,bone en uie. Moet net nie dink dit is ‘n “eenvoudige en rustige lewe nie”.

Dis ‘n harde, swaar lewe. Daar kan jy doodgaan van die honger of dors. Ek weet want ons het afgestap en vir hulle gaan kuier.

Met die sweet wat van jou loop soos stortwater – hier tussen die niks en die nerens.

Waar die reuk van mens, grond, sweet, lot, mis, armoede, rook, bok, meel, snot, tabak, kind en taai hande een ding is. En dit is net wat dit is. 

Pragtig en verlate. Dit is ook dit. Dit is die aarde.

huise

Sewe jaar gelede

Dit was Paasnaweek 2002 gewees wat een van die vele keerpunte in my lewe was, maar ‘n keerpunt is mos net een in retrospek.

Daar waar ek op die staatshospitaal se bankie gesit en rook het saam met ‘n vriendin, was ek uitgelewer aan genade. Uiteindelik was dit haar genade waarop ek staatgemaak het.

Ek was bitter siek – toe al vir nege maande – en my mediese fonds was gedaan. Die private hospitaal en die spesialis het net eenvoudig gese jammer. Ek is darem ‘n briefie in die hand gestop sodat die staat sou weet wat om met my te doen. Ek is beloof die staatsdokter is gebel.

Daar gekom, weet die staatshospitaal niks, en die dokter is weg. Al die beddens is vol. Die private spesialis antwoord nie meer sy foon nie, want ek het nie meer geld nie. En dit is darem ook Paasnaweek die man moet mos rus.

Die rook trek om ons koppe daar waar ons sit op die bankie. Ek met my sakkie klere. So, is ek saam met die vriendin huistoe, waarheen elders?

En een van die pynlikste, lydende, mees bisarre Paasnaweke speel homself af – daar in haar huis.

Ja ek is weer terug hospitaal toe daardie Dinsdag, en uiteindelik het my suster tot my redding gekom, toe die kontant voor die private hospitaal se honger mond geswaai is.

Maande daarna het ek nog die woede-issues probeer opklaar in myself. Dis so ontgogelde gevoel van die liggaam en die “eie ek” van ontkoppel geraak het van mekaar, so verwyderde gevoel.

So was dit sewe jaar gelede – daardie woedende, pynlike, lewensles-Paasnaweek.

Wat ek is

ek is nie ‘n apologeet vir dit waaraan ek glo nie.  maar is ook nie in die bekeringsbedryf nie. lees mooi, want ek is eerlik.

ek kan nie stilbly,of lieg, omdat ek vrees, of voel die res dink nie soos ek nie. sou ek dan ‘n bok in die skaaptrop wees – dan is dit maak ook goed so. ek eet dieselfde gras. maar ek sal nie wol dra net omdat dit mode is nie.

ek het ook nie ‘n probleem met die skape nie, maar dit beteken nie ek mag nie hulle gewoontes bevraagten nie. dit is nie dieselfde as slegse nie.

ek sal ook nie soos hierdie ene sit en pap eet as die klokkie lui nie, want ek glo nie blindelings nie. ek ontleed en ek analiseer. en ek hou van leer. ek glo nie dinge net omdat almal dit glo nie en daarmee probeer ek ook nie ‘n “slim” statement maak nie, dit is net hoe dit is. dit is wat ek is.

ek wonder oor goed

m-dogmagfinp

ek hou nie van dogma en ideologie nie. dit maak nie vir my sin nie. ek verskil van mense. en wat ek die minste van hou is mensgemaakte reels en regulasies wat histories ingebou is in gelowe (baie keer om politieke en magsredes) en dan afgesmeer word as oorspronklike heilighede. mense verloor trend met geskiedenis en feite. met konteks en die holistiese.

ek hou nie van onderdrukking, skending van mensregte en oorlog nie en dit word herhaaldelik gedoen onder die vaandel van geloof. ek het diep probleme hiermee.

s-mykarmamydogma

die lewe is hier en nou. net so. ek deal hier en nou daarmee, alleen. net soos die miljoene mense wat swaarkry sonder rede en op allerhande wrede maniere sterf. sommer derduisende op ‘n slag, niemand het ‘n plan met hulle nie. dis net wreed en dis hard. of dis lekker en alles is net nice, of dis so-so, en dan is jy dood.

dit hang af hoe die dice vir jou val.

dis ‘n deel van hoe ek voel en wie ek is. oop en bloot.

dit is ‘n deel van wie rosalind franklin is.

Vir oulaas vir die Pous:

s-abstinencemakes2

ps. en ja ek lewe ‘n moral lewe, glo baie so.  is okay as jy my nie laaik nie.

Vetplante kan skok

Tzzzzk….Tzzzzzk maak die plant terwyl hy aan ons elektriese heining raak. Ritmies elke keer.

Ek is versigtig vir die heining, ek druk my kop deesdae mooi deur die traliewerk om die stoep as ek die skoolkinders vloek wat so die honde terg, want ek wil veral nie ‘n skok teen die kop kry nie.

Die ding irriteer my en ek stap om die huis, sodat ek kan sien wat gaan aan. Mens kan dit nie afsit nie, want ons is so paar huise wat die heining deel en die boks is by die dokter, drie huise van ons af. En ek is nie lus vir eers na hom stap nie.

Tzzzzjiek….maak die vetplant soos hy aan die draad raak. Blerrie tuindienste, hulle moes al die plante wat raak afgesny het.

Die muur loop skuins en baie hoog. Mens moet net mooi spring en raakvat. Dan kan ek sommer die hele plant wat al pap geskok is, sommer uitpluk.

Mmmmm….mik mooi Rosalind. Die baas is nie by die huis nie, moet dus nie voetspore teen die wit muur los nie. Laas toe die bergie dit gedoen het, het die baas erg met hom geraas.

Ek spring en vat die vetplant netjies vas. Pragtige greep.

Maar daai vetplant skok vir my dat die kriewelings vir my vasvat in my hand, op teen my arm en in my nek. Ek gil en laat los.

Kyk links en regs of iemand my kerm-gil gehoor het. Niemand.

Dis ‘n lieg dat diewe sommer so aan die goed vat en maklik oorklim, ek glo dit nie. Ek het nie eens regstreeks aan hom gevat nie en hy het my gelooi.

Die vetplant is mos vol water, hy gelei daai elektrisiteit lekker.

Ek stap knor-knor terug om die huis. Tzzzziek in die agtergrond.

Die vetplant het my geskok, vertel ek later vir die baas. “Ek is seker jy sal so iets kan regkry,” kom die antwoord.

P.s Mag almal wat Paasfees vier ‘n spesiale tyd geniet.

(Wipneus  het my hieraan laat dink, met haar skok-jouself kommentaar)

Almal weet seker teen die tyd van die korter-rok-veldtog. Iemand of iets het besluit om landwyd miljoene te spandeer aan ‘n veldtog genaamd National Skirt Extention Project (NSEP).

Daarvolgens is die vroulike figure op toiletdeure se rokkies te kort en dit moet glo volgens wet met ‘n langer rok vervang word. Dit is waarskynlik ‘n bemarkingsfoefie en trek baie aandag.

Niemand kan agterkom wie is hiervoor verantwoordelik nie. En daar is baie stories oor wat dit nou eintlik is. Baie mense dink dit is snaaks, ek dink dit is ‘n klomp gemors. Veral as jy na die subtiele boodskappe daaragter kyk.

Mense kan seker met hulle geld doen wat hulle wil, maar ek bly wonder, watter tipe gate toegestop kan word met daai geld. Rape Crisis se deure gaan moontlik sluit. (daar is ‘n ad op TV oor die telefoon wat net lui en lui). En hulle is en bly die enigste mense wat regtig bystand gee aan verkragte vroue.

‘n Bitter duur, in kleur gedrukte, niksseggende pot promosie kak oor korter rokke het vanoggend op my tafel geland. Vir wat? Waar is die mense se sosiale verantwoordelikheid?

En, weer eens is dit die simbool van die vrou waarmee iets verkeerd is. Hoekom nie die mannetjie nie? Hoekom word daar nie vir hom ‘n broekie, met ‘n kondoom aangetrek nie?
Hoekom word daar nie fout gevind met hom wat sonder klere daar staan nie?

Ons society moet maar altyd loop lol met die vrou, en dan nog geld mors ook.

Tensy hierdie nie ten bate van iets goeds is nie, maar ek weet steeds nie hoe die koste teruggekry sal word nie, tensy ‘n filantroop dit gebord het, dit ek steeds dit suig.

rok

http://www.n-s-e-p.co.za/

Die berge sing

Mmmmm . . . selfs ‘n leerlingnon kan ontsnap van die klooster. Jy moet net opgeruimd genoeg wees.

Hol met jou tassie met jou enigste rok daarin oor berg en dal. Sing-sing al die pad:

The hills are alive with the sound of music
With songs they have sung for a thousand years.
The hills fill my heart with the sound of music
My heart wants to sing every song it hears.
My heart wants to beat like the wings
Of the birds that rise from the lake to the trees,
My heart wants to sigh like a chime that flies from a church on a breeze,
To laugh like a brook when it trips and falls
Over stones on its way
To sing through the night like a lark who is learning to pray.
I go to the hills when my heart is lonely,
I know I will hear what I’ve heard before.
My heart will be blessed with the sound of music
And I’ll sing once more.

Ag mens kon so lekker in die gras rol. Draai en swaai.

Want die wolke is gemaak van spookasem. Die water is wyn. Die gras is altyd groen. En dit maak nie saak dat sy net een flippen tas het met alles wat sy besit daarin nie, en elke dag dieselfde rok dra nie.

Niemand worry nie. Todat sy klere uit gordyne maak (en dan 2 rokke het), en selfs dan, is almal bly en vriendelik daaroor. Hulle dink klere uit gordyne is cool.

Ek kan myself enige iets vertel. Kitaar in die hand, kan ek glo daar is ‘n reenboog. En, ‘n pot goud. Ek moet net soet wees.

Die lewe is ‘n lied

soun