Die slaaf in jou bloed

Wie is jy? Het jy al regtig daaroor gedink. Wie se DNS voel deur jou are? Die meeste van ons is dalk nie wat ons dink ons is nie.

Die kans dat ‘n slaaf, sogenaamde vry swarte, khoisan of een of ander buite-egtelike verbintenis aan die Kaap tussen 1652 en 1795 bygedra het tot mense wat vandag Afrikaans praat se genepoel is nogal goed.

In Hans Heese se wonderlike boek: Groep Sonder Grense, lees ons van die vermening in die Kaap in die eerste jare.

Eva (Krotoa) se hartseer verhaal, asook die van haar bekendste kind Pieternella is nou al wel bekend danksy Dalene Matthee en Dan Sleigh se boeke.  Lees gerus hier wie is hulle lewende nasate (http://www.ancestry24.com/Default2.aspx?page=content/dna/eva).

Eva se huwelik met Pieter Meerhoff in 1664 was die eerste opgetekende huwelike tussen ‘n blanke man en Khoikhoi-vrou. Hy was toe die chirurgyn.

Maar vroeër as dit was die eerste huwelik tussen ‘n blanke man en vrygestelde slavin in 1656 tussen Jan Woutersz en Catharina Anthonis van Bengale. ‘n Bekende huwelik is die van Arnoldus Willemsz Basson met Angela van Bengale in 1669. Sy is die SA stammoeder van die Bassons en talle ander Afrikaner-families. (Ek noem maar net die een voorbeeld)

Wanneer iemand in die rekords aangetoon word as “van die Kaap” (van de Caab) beteken dit dat hulle gekleurde vrye mense was (in vryheid gebore in die Kaap) by gebrek aan Europese vanne. Of hulle was slawe sonder vanne (wat hul herkoms kon aandui) wat hier gebore is.

Vryswarte beteken vrygestelde slaaf of slavin. “Vol kleur/volle kleur” verwys na diegene wat afkomstig is uit ‘n gebied waarvan die inheemse bevolking nie Europeërs was nie.

Vryswartes se nageslag (gebore nadat hulle ouers vryheid gekry het) het as vrygeborenes bekend gestaan. Die vrygeborenes se kinders, wat hulle in ‘n vaag omlynde sosiale groep bevind het, was gewoonlik van gemenge afkoms, verduidelik Heese.

Kinders wat tot 1795 binne die eg tussen ‘n wit pa en gekleurde ma gebore is, is deur die sogenaamde wit gemeenskap aanvaar, die kind moes net gedoop word. Maar buite die eg het die kind se lot afgehang of die pa hom/haar erken of nie. Maar nog meer, die kinders “van Duitsche vaders geteelt” is nou in die slawelosie saam met hulle ma’s en hoe kan die bloed van wit mans slawe wees! Daar is toe besluit dat die kinders hulself kan vrykoop later vir 100 gulden.

In 1687 het Detlef (Dietlof) Biebouw (Bibault) en die slavin Diana ‘n buite-egtelike kind gehad wat later met die stamvader van die Odendaal-familie getroud is. Sy is die halfsuster van die Hendrink Bibault wat in die 18de eeu op Stellenbosch uitgeroep het dat hy ‘n “Africaander” is.

Om navorsing te doen is doopregisters ‘n handige plek, omdat die ouers se name aangegee word. Vanaf 1675-1748 is in die slawe se doopregisters wel aangedui of ‘n kind ‘n halfslag of heelslag is.

Dat vryburgers (mans wat nie in diens van die kompanjie was nie en grond ontvang het om op die boer) met ‘n slavin saamgeleef het en na etlike kinders eers trou het toenemend in die 18de eeu voorgekom. Die meeste van die slavinne was van Indië afkomstig.

Daar was ook huwelike tussen wit vroue en gekleurde mans, maar in ‘n mindere mate.

Waar mense nie getroud was nie, maar saamgeleef het, is die term “byzit” gebruik. Die hartseer saak is dat slawe nie toegelaat is om met mekaar te trou nie, omdat hulle verbied is om kontrakte aan te gaan. Kinders wat uit verbintenisse tussen slawe gebore is, “het met die ma gegaan” maar net tot op tien jaar. Daarna was hulle toekoms onseker.

Hoe meer ek lees oor die samelewing, sy mense, kultuur en normes hoe meer besef ek dit was geweldig kompleks. Dinge was soveel anders. Maar toe die Engelse die Kaap oorgeneem het, het soveel verander. Ek glo in ‘n negatiewe wyse. Maar ‘n mens kan nie nie horlosie terugdraai nie en terugstap op die wysers se tik-tok.

Met erkenning aan: H.F Heese

Suiwer?

Een uit elke 12 wit Kaapse vroue se genetiese wortels is swart en minstens 6% stam aan moederskant direk van die Khoisan af.
Een uit elke vyf swart vroue se moederlike wortels is Khoisan. En een uit elke tien swart vroue se oer-oumas (aan moederskant) is van Europa of Asië.
Altesame 8% van mans wat meen hulle is nie van Afrika afkomstig nie, is inderdaad van hier.
Hierdie is ’n paar van die interessante uitslae van die eerste fase van die Living History-projek wat deur die Africa Genome Education Institute en Ancestry24.com gedoen is.
In die eerste fase is ’n klein deeltjie van die DNS van 365 huidige Kapenaars (swart, wit, bruin en Asiërs) getoets.

Volgens dr. Wilmot James, direkteur van die Africa Genome Education Institute, is Suid-Afrikaners baie vermeng, sommige meer as ander. Die wetenskap-gemeenskap weet dit al jare lank.
“Wat verrassend is, is die rigting van vermenging, die graad waartoe baie van ons spore van Khoisan-oorsprong het (20% van al die vroue wat getoets is). Ook hoe baie wit mense swart bloed in hulle het, en hoe baie swart Afrikane Europese bloed het.”
Altesame 3% van wit mense en 20% van bruin mans in die studie het ’n swart Afrikaan-oorsprong.

Onthou dat ‘n mens se velkleur deur ander gene bepaal  word as die genetiese merkers van herkoms (mDNS en y-chromosoom).

Ons is veel meer vermeng as wat sommige mense, wit en swart, dalk sou wou hê. 100% sg. suiwer? Dit is min van ons – watter ras ons ookal is.
http://luigiblog.wordpress.com/ Skryf interessante verhale oor sy herkoms

Advertisements

  1. Ek het hierdie inskrywing baie interessant gevind. Het ook op Ancestry24 ingeteken, maar nog nooit verder met die naspoor van stamlyne gekom nie en ek weet ek moet vra voor die wat weet weg is.

  2. Jinne tog, jy skryf oor die interessantste onderwerpe. Altyd lekker om hier te kom lees. Altyd iets om te leer.

    As jy ‘n tydjie het gaan loer by my blog, het die foto’s van my poppe uiteindelik met ‘n gesukkel gelaai gekry.

  3. Netjane en Wag-‘n-bietjie dankie vir die inloer.
    Netjane as jy nog mense oor het wat baie weet moet jy een Saterdag met ‘n notaboek, koek en koffie gaan sit en alles vra wat jy wil weet. Jy sal nie spyt wees nie.
    Veral volle name (doopname), vanne (onthou tog die vroue se nooiensvanne), datums en plekke. Gaan sover terug as wat die mense kan onthou.
    Die waardevolle, onvervangbare inligting. (Onthou om agter op ou foto’s te skryf en mense te ID).
    Dit is maar net my tips, ek is seker die kenners sal meer he.

    Baie dankie wag-‘n-bietjie, ek skryf maar eintlik oor my belangstellings, ek gaan nou dadelik na die pop kyk.!

  4. Ek dink ek is arian
    Ek is 6 voet 1 in die ou taal met baba blou oge…..
    😯

  5. Baie baie interessante post hierdie. Ek het geen, maar geen issues daarmee om basterbloed te hê nie. Ek dink juis dis ons Afrikaners se basterbloed wat ons so ‘n nasie van mooi mense maak!

  6. Rosalind Franklin

    Ek dink ook ons is mooi, Sonkind, as mens oorsee gaan en na die mense kyk sien ek nie sulke mooi mense nie. Miskien is ek subjektief, maar hier is baie mooi mense in SA.

    Jasper, die gene wat mens lank maak en aan jou oogkleur gee, is nie die gene wat aan jou velkleur gee nie. Maar miskien is jy wel, mens sal nie weet voor jy dit nie navors nie. Die interessante ding is dat mens nie kan gaan op hoe jy lyk nie.

    Maar ek het ook gedink my bloed is “sg. suiwer” tot ek ‘n mDNS toets laat doen het. (HRV1 en HRVII) En toe sien ek my oer-oer-oer-oer-oer ouma van derduisende jare gelede was nie wit nie. En ek het groen oë en bruin hare, en is van gemiddelde lengte. So ja….LOL Ons is ‘n reënboog.

  7. Ami

    Dit lyk vir my ek is ʼn skeppie van als; Grieke, Libanese en Portugese en soms Italianers spreek my aan in hulle taal.

  8. Hi! Dit was nou regtig interessant/prikkelend… Ek weet dat my oupa as jong onderwyser uit Holland weg is om die Hollanders in die Kaap te onderrig.. het nog klein-niggies/nefies daar..maar aan my pa se kant.. Frans..moet nog net uitvind wie die eerste een aan sy kant was en wanneer die land ingekom het.. 😉 jy maak my nuuskierig..

  9. boendoe

    Interessant…en scary. Niks kan ook geheim bly nie!

  10. Dankie vir die inloer Ami en Boendoe.
    Nikita, jy kan uitvind op watter skip en wanneer jou oupa van Holland afegkom het met die ou skeepslyste. As mens ‘n naam en dalk ‘n datum het van geboorte of so kan mens baie doen, ook met die Franse oupa. Dit is alles moontlik mens kan soek.

  11. Pieternella van die Kaap (Dalene Matthee), vertel die verhaal seker die mooiste.

    Nogal iets om te lees as jy nie lus is vir suiwer geskiedenis nie. Daai boek sluk jou so in, jy is gedisorienteerd as jy klaar is!

  12. sonneblomseplekkie

    Hi Rosalind,

    Ek ook toe nou by jou uitgekom. My pa het altyd gespot…gesê daar het net 2 van hulle in die land ingekom…een is dood en die ander een het met ‘n swart vrou getrou…was altyd ‘n grap… maar nou wonder ek… hehehehe…

    Ek probeer al lank sonder sukses ‘n familieboom te stand bring. Miskien sal ek ook gaan loer by die .24 ding…dalk is ek gelukkig.

    *mental note* moet pa se herkoms gaan opswot!!! 😦 hehehe

    Groetetjies
    Sonneblom

  13. Adrie

    Hallo Rosalind

    Baie interessant. Van waar jou belangstelling, is jy dalk self ‘n genetikus.

    Ek is mal oor Pieternella van die Kaap, maar ek het dit gelees omdat Dalene Matthee dit geskryf het. Wat ek verbasend vind, is hoeveel konserwatiewe Afrikaners die boek verdoem. Die waarheid maak seer, se hulle.

    Van my eie herkoms: My pa se geslagsregister is goed nagevors van die dag dat ‘n sekere Duitse Matroos besluit het hy dros in die Kaap. My ma se geskiedenis is ook nogal goed bekend, groot gedeelte van haar fam het in die laat 1800s hier aangeland.

  14. Skoor, ek het ook Dalene se boek geniet, asook Dan se Eilande. Vir my was dit Dalene se beste boek.

    Sonneblom, dankie vir die inloer. ‘n Stamboom saamstel kom nie oornag nie, dis soos ‘n puzzle. Mens bou hom stukkie vir stukkie. Wat ek daarvan hou is dat dit soos ‘n ontdekkingstog is en langs die pad is elke stukkie inligting wat jy vind soos poeding.

    Adrie: Dis lekker as ‘n mens se geskiedenis goed nagevors is, want doen kan jy lekker verder gaan lees op die argiewe.
    Van die laat 1800’s is daar ook baie opgeteken.
    Hoekom mense Pieternella van die Kaap verdoem slaan my dronk, want dit is maar een verhaal, as mens verder lees is daar honderde ander sulke verhale! Ai toggie. LOL.

    Die nasionale argiewe is ook ‘n lekker plek om te soek. Hy gee nie die hele dokument nie, maar wys jou as daar ‘n “hit” is en dan kan jy dit aanvra.

  15. Ek het vandag op passasiers-lyste afgekom en het baie rond begin krap aan die familie wat heel eerste die land ingekom het, verbasend heelwat inligting/sites gekry met selfs baie ander familie-name…hier is bv een so ‘n site! met ons stamvader se naam op die lys…nogal interessant as mens eers regtig begin rondkrap!
    http://www.genealogyworld.net/ellen/NotesonHuguenotFamilies.htm
    het ook die skip se naam gekry plus datum! 😉

  16. Wow sien jy! Ek is bly jy het inligting gekry. As jou familie van die Franse Hugenote was sal dit sommer maklik gaan want daar is baie navors van hulle. By die musuem op Franschhoek is daar ook baie info.
    Geniet dit, dit is ‘n heerlike legkaart om te bou.

  17. Ek het ‘n blog-post gedoen, maar dit het ook meegebring dat ek die helfte van my dag omgesit en gelees/search het.. JOU skuld… 🙂

  18. I could not think you are more right

  19. This could be this blog’s best piece I have ever seen..




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: