Onveranderlike ewigheid

Na my selfopgelegte ballingskap van meer as ‘n jaar – dit mag langer wees – het ek weer op WordPress kom rondkyk.

Ek verbeel my hier is nou meer verregse mense as ‘n paar jaar gelede wat agter elke klip en bos na volkstate en nasionalisme soek. Dit wil mens laat kots.

Hulle swak geskrewe stukkies snot (hulle ken ook nog steeds nie die taalreël van los- en vasskryf van woorde en begrippe nie) versuur die blogs nog meer.

“Ons sal sterf vir Afrikaans!!” En dan kan hulle nie eens behoorlik spel nie en die woordeskat is so beperk soos die van ‘n padda.Een van die kleintjies.

Om hulle saak te versterk – weef hulle teksversies en klap-vir-jesus-hande smarterige sinne – tussen nog meer snert.

Oi vey.

Nee wat….

Kennis is mag, dudes.


  1. NetJane

    Man, maar ek het na jou posts verlang!

    Ek lees nie juis meer blogs van die WP site af nie, lees net die “ou” bloggers waarop ek ingeteken het, maar het die volkstaters opgemerk. Nog eers gedink ek moet lees en kommentaar lewer, maar het sommer uit die titels opgemerk die blogs gaan my tieties onnodiglik lam maak.

  2. Plasie

    Kennis is net kennis. Kennis omgeskakel in aksie is mag…behalwe wanneer die aksie is om iemand dood te slaan op grond van sy geloof, of bomme te plant. Dan is dit bloot stiksinnig domonnosel

  3. Zee

    Hallo Rosie 🙂

  4. Om te blog is sekerlik gesonder as om bomme te plant. Om kieskeurig te lees sekerlik gesonder die Huis Genoot. Om ʼn onstabiele konstitusie te hê is maar ʼn narige storie. “Klap-vir-Jesus-hande” – Het ek darem nog nie teëgekom nie, maar miskien lees ek net meer kieskeurig.

  5. turksvy

    Ahoy!! Goed om te sien jy’s nog met ons, sussa! 😆

  6. Ek het nou die dag by Naspers se web koerante gaan rondkyk. Dit lyk my daar is nou selfs meer verregse mense as voor mens net met Facebook kon comment.
    Elke tweede opmerking drup van haat.

    Daarenteen is daar net enkele verregse blogs by WordPress, wat nie na enkele inskrywings laat vaar word nie.
    Wordpress se meer as 800 Afrikaanse blogs is eintlik soos ‘n oase in vergelyking met al die Facebook drek onderaan feitlik elke Naspers web artikel

  7. Plasie, kennis is nie net kennis nie – dit gee jou mag in jou kop! Dit maak uiteindelik van jou ‘n ander mens intern, uiteindelik verander dit jou uitkyk op die lewe, jou denke en dade sal vanself kom

  8. Hi NetJane, het baie aan jou gedink en jou posts net so gemis.! Hallo Zee!! Turksvy – ek is toe darem nie dood nie
    @Kanwilsal – ek is sover nog beindruk met die grondwet en die grondwetlike hof se uitsprake. Ten minste kry gay mense hier nie die doodstraf nie.
    @Alleman – maar jy verwys nie na blogs nie, maar webkommentare. Dis tog seker vinniger en makliker om ‘n kommentaar te los as om jou eie blog te hê? Het hy dalk vir my ‘n skakel na al 800 waar kan ek hulle sien/soek? Ek lees graag.

  9. Alleman se stelling maak nog sin, dis waarom ek meeste van die tyd kommentare ignoreer. Maar ek dink tog baie mense misgis ontevredenheid met die huidige staat as ʼn goedkeuring van die vorige. Wat die grondwet aan betref, jy het nie ʼn grondwet nodig om gay te wees en/of vrylik dagga te rook of handel te dryf in prostitusie of om vry te wees nie. Ek is jammer ek glo net nie in ʼn sosiale kontrak nie, as jy een kry waarop my handtekening is, kan ons weer praat, tot dan is alle voorskrifte onder dwang en oneties.

  10. Ek lees nie die webkommentare waarvan Alleman praat nie. Ek het ook nie gesê ‘n mens het ‘n grondwet nodig om dagga te rook nie – nie dat dit juis in ons grondwet is nie. Maar dagga rook is nou nie juis ‘n reg nie – of jy dit wegneem of gee – gaan nie ‘n verskil maak nie. Maar indien jy more ‘n wet maak en mense tot die dood veroordeel omdat hulle gay is – gaan dit natuurlik ‘n verskil maak.




Lewer kommentaar