Archive for the ‘Uncategorized’ Category

Onveranderlike ewigheid

Na my selfopgelegte ballingskap van meer as ‘n jaar – dit mag langer wees – het ek weer op WordPress kom rondkyk.

Ek verbeel my hier is nou meer verregse mense as ‘n paar jaar gelede wat agter elke klip en bos na volkstate en nasionalisme soek. Dit wil mens laat kots.

Hulle swak geskrewe stukkies snot (hulle ken ook nog steeds nie die taalreël van los- en vasskryf van woorde en begrippe nie) versuur die blogs nog meer.

“Ons sal sterf vir Afrikaans!!” En dan kan hulle nie eens behoorlik spel nie en die woordeskat is so beperk soos die van ‘n padda.Een van die kleintjies.

Om hulle saak te versterk – weef hulle teksversies en klap-vir-jesus-hande smarterige sinne – tussen nog meer snert.

Oi vey.

Nee wat….

Kennis is mag, dudes.

Advertisements

Die vlug

Die jaar was vreemd in baie opsigte, dood en verlies waaroor ek nie sal tob nie. Maar ook sukses, uitdagings.

Ek het eintlik maar weggebly hier en op FB – speel nie meer al die “games” nie. Ek dink die fokus het soveel verskuif met al my verpligtinge.

Ons een hondjie is dood, vyf weke gelede. My hart was so seer en rou – dit was onmoontlik vir my om daaroor te praat. Is steeds. Ure na haar dood moes ek op ‘n vliegtuig klim oorsee. Dit was een van die moeilikste goed wat ek in my hele lewe moes doen – ek kon nie kanselleer nie wat dit was ‘n uitnodiging.

Ek kan steeds nie eintlik oor haar praat nie.

was ek so moeg vir die alledaagse gesukkel, ek het die blog gesluit, hy is nou eer oop saam met my ander een wat ek intussen oopgemaak het: Rosalind Reloaded.

Niks het verander nie, inteendeel. – Ek voel nog oor baie goed dieselfde.

Drie lewensgeselle

Kos: KFC, of enige voël, pizza, Big Mac, roomys, yogurt, vrugte (maar nie appel), neute, chips.

Habitat: Op en in die bed – natuurlik

Gewoontes: Spring op 3 bene, blaf vir kos, dagdroom in die Zen-posisie, bewe soms baie, piepie as dit reën net op die stoep.

Kos: Alle vrugte en groente, is eintlik ‘n vegetariër, chips en neute.

Habitat: Op eie bed langs bedkassie, onder bed, in eie tent, bo-op handsak, bo-op koerant.

Gewoontes: Knor as sy eers op handsak gaan lê, skrop net soos ‘n hoender, versamel sokkies, lê en blaf, huil in die kar, vra soggens ‘n koekie

Kos: Alles, veral katte

Habitat: Op kussing langs eie bedkassie, teen enige muur met pote wat muur “ophou”

Gewoontes: Kyk TV, draf net soos ‘n ponie, kom haal Rosalind saans by die motor.

Kyk ek is baie lui.

Dit help nie ek koop kaartjies vir die Woordfees op Stellenbosch (verlede naweek) nie, en dink ons gaan inry van die Kaap af as ek eers my lyf op die bed neergelê het nie. Nee. Ek los dit alles net so.

So hotel-bly is die voorland. Spier is te ver vir my, want as ek eers daar my lê kry sal ek ook nie wegkom na die fees nie. Dus die Stellenbosch Hotel uit 17-iets moet doen. Sodat ek kan loop waar ek moet wees, want om daai dorpie ‘n parkeerplek te kry…..

Ai tog dis 35 grade toe ons Vrydagmiddag die kamer betree. Kyk die selle in Pollsmoor is groter.

“Het jy die kat ingepak?”

Nee

Dankie tog, want die kamer is so klein jy kan nie ‘n kat in hom swing nie.

En, daar is net ‘n stort, en ons het gevra vir ‘n bad. Ek staan nie en beenhare skeer nie – regtig. Ek doen die meeste goed terwyl ek lê.

Bel af. Ek is nog mooi vriendelik.

Die ou wat die tasse dra drup van die sweet, ek loop so koes-koes agter hom.

Volgende kamer.

Die aircon woer-woer lug uit wat nie koud is nie. Waar is die remote vir die aircon? vra die Baas.

Wahahahhaha! Remote?

Ons kan nie bad nie. Net die stort binne-in die bad werk. Ag fokkit tog, die skakelaar wat mens moet draai is vas gefossileer.

Volgende oggend gaan vra ons mooi vir die man wat so sitlê by ontvangs. Maak reg.

17:00 – alles nog net so.

En toe vind die groot ontploffing plaas. Maar dit was nie baie mooi nie.

Kyk, Jub Jub, ek weet nou nie wat was toe met jou tottie verkeerd nie, maar ek sal nog steeds graag wil weet waar  is  jou “internal genitals are infected”  – wat toe besig was om af te vrot.

Rub a dub dub se jub jub wou afval, maar dalk het was sy dub jub siek gewees voor hy daar aangekom het? Ek sal ook nie weet nie, maar dat hy kleinserig is, die het ons gesien toe ‘n snytjie die grote van ‘n atoom teen sy been opgeduik het.

Die medic se nogal op ‘n skaal van 1 tot 10 is dit ‘n 2. LOL.

Flippen, dood is die big strong African Warrior en hy is vervang deur ‘n Rapper-sissie. Fokkit.

Cindy Nel was nice. Jinne kyk hoe oulik het sy daar gesit en huisie bou. Man daai was nou cute. En toe stem hulle haar af. Onnosel goed.

Christina Storm wat die hel met haar aangegaan het sal ons nooit weet nie, maar ek is seker ons het nie alles gesien nie, dit is ge-edit. Sy moes ‘n baie groter tantrum gegooi het was net: tata en daar gaan die boot.

Die mense wat net so opgee, julle is ‘n skande vir julle charities. Hoe moet die mense nou voel? Julle sal nou nooit weer toesprake kan maak oor aanhouer wen en hard probeer nie.

Een van die kotslikste oomblike egter was daai klein bruin meisie/DJ?, ek weet nie wat haar naam is nie, wat in die charity advertensie se: “The reason why I am so famous is because of children…” soos in hallo ek het nog nooit van jou gehoor nie en jy is nie famous nie. Nee die jirre weet, ek wonder waar kom die mense vandaan. Mag Kersvader hulle almal kom haal.

En nee, dit is nie moerse as jy een fokkin klein vissie so groot soos ‘n nr. 4 skoen vang vir 15 mense nie. Dit is moerse as jy 20 groot visse vang en almal kan hulle dik vreet. Check ‘n bietjie die ego.

Wanneer huil een van hulle nou lank en aanhouend? Of val ‘n gekroonde tand uit? (ek mag maar so wreed wees ek het self tande verloor in ‘n ongeluk en moes deur die hel gaan van dit laat terugsit). So ek soek tande!!! Tande wat uit monde spat en trane.

Die trein na Malelaan (2)

Ek het nou amper iets leliks geblog oor kersfees, nee wees rustig niks oor godsdiens nie, maar oor ander goed. Soos dat mense kos koop asof die groot honger op ons is en asof hulle beplan in selfmoord te pleeg deur vreet.

Nouja nadat ek my innerlike uiteindelik versterk gekry het met voedsel op die stasie in JHB, ry die trein verder. Ons is al omtrent 12 ure laat. En die mense moan.

Ek het erge bedenkinge of al die oumense wel na JHB weer op die trein gekom het, want niemand luister nie, maar vra wel al die vrae oor en oor. Ons is veronderstel gewees om vanmiddag op Nelspruit in te trek – maar dis middag en wat ek sien is die Oos-Rand.

Drink maar weer wyn.

Laat-laat in die nag kom ons by Nelspruit aan waar ons aandkos al so oud is, dit kon netsowel die volgende dag se oorskiet-middagete gewees die. Die oumense se hulle gaan nie van die trein afklim om te eet nie, want dit is laat, koud en weer eens te laat.

Maar toe daai trein intrek by die stasie waar ons kos wag, toe storm hulle soos ‘n trop leeus op daai kos af. Weer eens kry ek omtrent laaste kos. Dit is net onmoontlik om in ‘n ry te staan, hulle staan in ‘n reguit bondel en beur na vore.

Die volgende oggend moet ons op busse na die wildtuin klim, vir die dagtoere en saans slaap ons steeds op die trein. Ons word mooi ingedeel volgens die treinwaens in die busse. Aikona, by die eerste stop, klim almal behalwe ek en omtrent 3 ander, in die verkeerde bus…

Chaos. Die spul spring aan mekaar oor wie die beste plek het, waar om hul kissies advokadopere en naartjies te stoor, wie wanneer kan PP en by watter kitch curio-shop gestop moet word.

Daar is ‘n kameelperd! Waar? Ek kan hom nie sien nie! Daar is hy!!!! Maar waar. Ag fok.

Daar is ‘n bok!! Waar? Daar! Dit is nie ‘n bok nie. Dit is! Dit is nie! So gaan dit. Aan en aan en aan.

Salig laat ek die kalmeerpil in my keel afgly, nee so kan dit nie.

Die nodige

dettol

Ek gril nogal vir sommige mense, en dus ook die plekke waaraan hulle raak en sit. Daar is baie mense wat deesdae nie meer vir my skoon lyk en ruik nie.

Ek wonder, as jou hare lyk of jy tjips daarin kan bak, en as ek wil opgooi as jy jou arm oplig, dan is ek mos redelik seker daarvan dat jy nie jou hande gewas het, nadat jy by die toilet was nie. Jy vat aan die hyser se knoppie en dan moet ek daaraan vat? Of nog erger, aan jou!

En as die snot uit ‘n kind se neus so erg loop dat dit op sy bo-lip saamkoek en die kind skuur teen my verby, dan wil ek die creeps kry. Kinders is die grootse germ-carriers op aarde.

Jy staan in die tou by die bank en die ou agter jou hoes: Reg teen jou kop vas! Die hare lig sommer op van die hoes-wind. Aaaagghhh. ‘n Miljoen virusse en bakterieë swem uit sy mond . .

Of daai kelner wat met sy vuil naels jou blikkie koeldrank wil oopmaak.

Of daai een wat op straat die slym in sy heel doer agter gaan haal, hom in ‘n bal rol in die keel en dan glorieryk soos ‘n projektiel vol TB en wat nog , dit op die sypaadjie skiet. Ek sien altyd daai bolle raak waar hulle lê en koudword.

Vandaar my gunsteling produk: Dettol se hand sanitizer, die beste. Gemaak met ‘n alkoholbasis, moenie die sogenaamde “natuurlike” produkte gebruik nie. Hulle huisves eintlik die mikrobes waar hulle lekker leef, eerder as om hulle dood te maak.

Wonderlik Dettol beskerm selfs teen sekere virusse.

Amper tyd vir my om oppie vliegtuig te klim. Egipte, lekker vuil….ek kan net dink 🙂