Archive for Januarie, 2008

 Ek wil vir elke van die 6 miljard sterflinge op Aarde sou sê: Ek het vir jou ‘n geskenk: Want eintlik voel ek, Rosalind Franklin helse beknop hier.Daar is vir elke een van julle op Aarde 3 triljoen sonnestelsels. Vat dit.

Nie sterre nie. Nie sterrestelsels nie. Hele sonnestelsels – drie triljoen vir elke mens op Aarde.

Ons sonnestelsel  is net een sonnestel. En die Melkweg sommer ‘n piepklein plekkie.  Dus, die Heelal is baie groot. Dit is ook hoekom die Aliens nog nooit vir ons kom kuier het nie en ook nie sal nie (al bestaan hulle nie).

Die Heelal is 13,7 miljard jaar oud  en is besig om teen ‘n versnelling uit te dy.

“Ons leef in ’n vreemde en wonderlike heelal. Sy ouderdom, grootte, geweld en prag vereis buitengewone verbeelding om te waardeer,” skryf prof. Stephen Hawking in die fantastiese boek A Briefer History of Time. (die makliker weergawe van die boek Brief History of Time)

Een van die verstommendste aspekte is hoe groot die Heelal wérklik is (en dan moet mens ook onthou hy is besig om in ’n versnellende tempo uit te dy).Ek reis teen 100000km/h  en só verloop die reis.
Maan (3,83 uur), Mars (1,09 maande), Saturnus (1,46 jaar), Pluto (6,59 jaar), Proxima Centauri – die naaste ster aan die son – (46
400 jaar), die middel van die Melkweg (323 miljoen jaar), die Andromeda-sterrestelsel – die naaste spiraal-sterrestelsel – (26,9 miljard jaar) en die einde van die sigbare heelal (161000 miljard jaar).  Laasgenoemde is ’n onmoontlike reis, omdat die Heelal eintlik besig is om die hele tyd uit te dy en daar nie grense is nie.

Die Aliens?

Die Wit Koningin het in Through the Looking Glass aan Alice gesê: “Why, sometimes I’ve believed as many as six impossible things before breakfast.”
Lyk my die Wit Koningin het ’n groot gevolg, ook in Suid-Afrika, waar mense in 2006 ’n meningspeiling aangedui het (Huisgenoot) nie minder nie as 25% het al interaksies met wesens van die buitenste ruimte gehad.


Indien ons nie alleen in die Heelal is nie, hoekom het ons nog nie enige seine van buite-aardse beskawings opgevang nie? Dié vraag staan bekend as die Fermi-paradoks, vernoem na die fisikus en Nobelprys-wenner Enrico Fermi, wat eerste die vraag gestel het.

Dit is steeds een van die sterkste argumente teen die bestaan van sogenaamde ruimtewesens. Hoekom kom kuier hulle nie elke dag vir ons nie? Hoekom het ons nog nie een bewysbare radio-boodskap ontvang nie?

Want ás hulle daar is, en dit is nog nóóit bewys nie, kán hulle dit nie doen nie.
Fermi het uitgewys dat die Melkweg sowat 100
000 ligjaar in deursnee is. Selfs al kan die sogenaamde ruimtemannetjies teen ’n duisendste van die spoed van lig (300000km/sekonde) reis, sal dit hulle ’n 100 miljoen jaar neem om die hele Melkweg te kruis. Dit is veel minder as die Melkweg se ouderdom van 10 miljard jaar.So, die reis van aliens na ons deur die Melkweg moes begin het voordat die pad wat hulle moes volg bestaan het. Onmoontlik.
En die redenasie is ook net van toepassing op die Melkweg, wat ’n klein deeltjie van die Heelal is. (En ons ken die Melkweg al baie goed.) Myth busted.

Die liefde ken geen grense nie, nie vandag nie en ook nie sowat 85 jaar gelede toe ’n jong Afrikaner vrou en ’n Engelsman op mekaar verlief geraak het nie.

My Girlie, soos hy haar genoem het, en John, se liefde is wreed deur ’n leuen verskeur. ’n Leuen wat aangevuur is deur haat ná die Anglo-Boere Oorlog en ongelukkig sterker was as alles. Sonder dat John geweet het het sy dekades daarna nog getreur oor hom.

Reeds as eerstejaarstudent jare gelede het ek die ingewikkelde legkaart stukkie vir stukkie probeer bou, maar dit was ’n moeilike taak. My Ouma Ellie was toe reeds naby 80, emosioneel en hartseer oor die dae wat verby is.

Dit was die maklik nie. Ouma Ellie was self in die verhaal betrokke, nie was antagonis nie, maar wel as ’n Grootmaak-kind wat baie anders as haar maatjies moes opgroei by Kleinma-haar grootmaak-ma. (Haar eie ma (Nonnie) het gesterf kort na haar geboorte en haar suster, Hannie alias Kleinma, het haar nuwe ma geword – sien vorige posting oor “My Ouma en die Kakie” vir konteks).

 Ouma Ellie het baie keer sommer die albums toegeklap en gesê: ‘‘Ag, dis sommer stupid goed die.”

Maar ek en Ouma Ellie het tog stadig gereis sover as vyf geslagte terug. En een vir een het ek die dele van die stukkende liefdesverhaal van Kleinma en die Engelsman aan mekaar probeer las. 

 Van kleins af was daar iets anders aan Kleinma haar. Sy het goed op skool gevorder, later onderwyser geword, pragtig geskilder, wyd gelees en kon vlot Engels praat, lees en skryf. Dit was destyds ’n doodsonde.

Sy het standard agt gehad ­– en vir ‘n vrou in die jare twintig van ‘n arm Afrikaner-familie was dit groot geleerdheid.

Die jong Afrikanermans wat vir Kleinma kom kuier het, het haar gespot as Ellie vir haar ‘‘ma’’ sê. Kleinma het toe vir Ellie gesê om haar nie ma te noem nie, maar Kleinma. Maar die Afrikanermans was nie lus om ‘n ander man se kind groot te maak nie.

Kleinma het Ouma Ellie soos haar eie grootgemaak en daar was ’n diep en liefdevolle band tussen hulle gewees. Ek onthou die teerheid waarop Ouma Ellie vir Kleinma gesoen en teen haar vasgedruk het toe Kleinma in haar laaste jare bedleênd was. Hoe ek gesit en kyk hoe sy haar was, en haar vrugte voer.

 Die groot liefde van haar (Kleinma) se lewe was John Marais – ’n Engelse Marais.

Hy kon egter Afrikaans praat, maar in die vier briewe aan haar wat behoue gebly het slaan hy oor na Engels wanneer hy intiem raak. Dat hy ’n volbloed Engelsman was is egter ’n seker saak.

Waar en hoe hulle ontmoet het weet ek nie. Die verhouding was in die 1920’s. Hoe dit geëindig het weet ek wel – met ’n leuen weens haat oor die Boere-oorlog. Daar moes baie briewe geskryf gewees het waarvan talle vermoedelik deur haar ma Susanna onderskep is, maar Kleinma het vier van hulle, haar lewe lank bewaar. Ouma Ellie het hulle daarna gehou en nou het ek hulle.

 John se briewe is vol liefde en geselsies. Nogal intiem. En vir daardie dae liberaal as dit kom by briewewisseling tussen twee ongetroudes – veral as een ’n Afrikaner is. Hy noem haar ‘‘My Girlie’’ in al sy briewe en sluit dit met intieme liefdesverklarings in Engels af. Ek wens ek kon van die briewe lees wat sy aan hom geskryf het. 

7 September 1921, Bus 26, Robertson. Die brief begin met: ‘‘My liefste hartlam’’.Hy skryf: ‘‘Dit is jammer ek is niet daar zoo lang als jou Ma weg is, zou ons tyd zeker goed gewardeerd hefd. Maar dit is ook zoo ons was nooit eigenlik bang. Ek verlang al om die lekker lyfie te kom vat een bietjie sweet smiles en kisses te

kry.’’ En hy sluit af met From Your Sweatheart John Marais.

 Hier kom mens al klaar agter Ouma Susanna hou nie van die verhouding nie.

Nog ’n brief van 29 April 1923 sluit hy af met Your Sweat Boy. Die brief kom van Tweefontein in Pietersburg.

Die derde brief van 26 Augustus 1926 uit Robertson sê baie. Daarin lui ek af hy het vroeër probeer om haar ‘ ‘te kom haal’’ maar dat dit nie geslaag het nie. Op die stadium is sy briewe aan haar dalk reeds onderskep.

 John: ‘‘Ik sckryf zoo baaie, en ik hoor niks zoo wonder ik wat is gaande … dit is nou al byna een maand en ik weet nie

wat dit is …’’

 John: ‘‘Als het ek nog zoo baie werk, ek hoop om begin Mei of vroeg in Junie jou te kom haal. Ek hoop nie ons zal weer teliurgesteld word al kom daar ook wat in die weg. Ik het nou weer een maal vast besluit.’’

Hy skryf voort en sê dat sal nie weer gaan soos die vorige keer in Junie 1921 toe hy soveel geloof gehad het dat alles sal uitwerk toe hy haar wou gaan haal nie. Hy sê die€ keer sal dit nie so maklik wees om hom te keer nie.

‘‘… you can perhaps come and meet me in (onleesbare woord). I better close with kind love and kisses. From your naughty John’’.

Ek wens ek het meer geweet oor die brief en wat dit alles beteken, maar ek kan aflei dat hulle teen ’n muur vasgeloop het. Ek vermoed Kleinma het die brief later iewers ontdek ek glo nie sy het dit in 1926 gekry toe dit aan haar gepos is nie.

Ten spyte van Kleinma se eie swaarky in die konsentrasie-kamp en die gevolge en die Boere-oorlog het sy John liefgehad met haar hele hart Engelsman of te nie. Die liefde het nie grense nie, net die grense wat ons of ander self daar stel.

Iewers in die 1920’s het Ouma Susanna besluit sy het genoeg gehad van John Marais. Of sy saam met ander lede van die familie haar plan beraam het, weet niemand meer nie.

 Sy het aan haar dogter gesê sy het tyding ontvang John is getroud en dat sy van hom moet vergeet. Sover ek kon vasstel het sy ook briewe onderskep.

Vir haar sou daar niks erger in die lewe wees as haar kind met ’n Engelsman trou nie.

Kleinma het haar onttrek en alleen getreur. Die geheim is dig bewaar en vir die hele familie weggesteek.

Kleinma jare is jare later toe sy reeds in haar vyftigs was met ‘n vriend getroud.

Hoekom het John nie op sy perd of op die trein geklim en haar kom soek nie? Is hy voorgekeer? Hoekom het hy die stilswye aanvaar? Of was hy moeg gesukkel? Het sy familie dalk dieselfde gevoel en is daar dalk met hulle ooreengekom

om aan hom dieselfde leuen te vertel?

Presies hoe en wanneer Kleinma die waarheid uitgevind het weet ek nie. Dit wou Ouma Ellie nooit sê nie. Ek dink nie omdat sy dit nie met my wou deel nie, maar omdat dit te emosioneel, die wonde te diep was.

Op ’n manier het sy haarself kwalik geneem vir Kleinma se ongelukkigheid. Sy het gevoel Kleinma se lewe sou anders gewees het as sy nie ’n ander se kind moes grootmaak nie. Dan sou sy miskien saam met John kon wegloop. Maar dit was onnodig, want Kleinma was oneindig lief vir haar en ’n goeie ma.

Tussen Kleinma se goedjies het ek op ’n stukkie papier afgekom. Dis iets soos ’n outydse visitekaartjie, maar die datum daarop is baie belangrik. 1946 is met pen daarop geskryf terwyl die res gedruk is. Dit is dus geskryf voor haar latere troue:

 Bo-aan staan: John Marais. En onder: Breeder and Exhibitor of Seeds and Seed Maize. Produce Breeders

Championship Gold Cap of SA: 1935, 1936, 1937, 1938, 1939 and 1944. Mizpah. Bethlehem.

Ek wonder of hulle kontak gehad het en sy daarna toe besluit het om te trou. Om vrede te maak met die verlede.

 Ek weet wel dat sy op een of ander stadium ’n vreeslike dag op ’n die stasie in Johannesburg of Pretoria beleef het voor sy getroud is. Sy was alleen daar en toe sy opkyk staan hy daar, haar geliefde John.

^Hulle het mekaar glo lank met ongeloof en skok en van aangesig tot aangesig gestaan en aankyk. Wat alles gesê weet net sy en hy. Sy het hom op die perron agtergelaat. Dis al wat sy daaroor wou sê.

Omstreeks 1970 het sy op haar plasie in die Magaliesberge waar sy en haar man gewoon het een aand met my ma gepraat. ‘‘Ek wil aan jou die mooiste maar hartseerste liefdesverhaal ooit vertel,’’ het sy gesê.

Hulle hy by kers- en lamplig gesit en tee drink terwyl sy oor John gepraat het. ‘‘Die trane het oor haar wange gestroom.

Sy het gepraat van die liefde van haar lewe,’’ vertel my ma. Sy het gepraat van ‘‘die liefde wat ek nooit weer sal hê nie’’.

Kleima het my ma gevra om niks aan haar man te sê en wou nie hê hy moet ooit daarvan weet nie, want sy wou hom nie seermaak nie.

Sy het gesê John was ’n ‘‘lang man met ’n fyn hart’’.

LAATMIDDAG toe my agter-oumagrootjie die Kakie met ’n styf opgerolde nat laken “doodgeslaan” het, het sy geweet, nou is hier probleme. Sy het gesit en wasgoed was by die leivoor toe die man voor haar staan en haar kru beveel om vir hom kos te gaan maak.

“Ek spoel net gou die laken uit,” het sy gesê. Dié het sy styf opgerol, opgespring en hom hard teen sy slaap gemoker. Hy het soos ’n os neergeval en bly lê – “dood”. Sy het teruggehardloop huis toe. Sy en haar drie kinders het nie van die plaas gevlug toe hulle hoor van die konsentrasiekampe gedurende die Boere-oorlog nie. Sy wou aanhou boer om te sorg vir kos op die tafel. Die aand het sy, die man en vrou wat vir haar gewerk het en die kinders in die kombuis gesit en wag vir die Engelse om terug  te kom.

My ouma-grootjie se suster, Johanna, het toe ek klein was vir my vertel hoe bang hulle dié nag was. My eie ouma-grootjie, Nonnie, is dood op 27 jaar met die geboorte van my ouma (Ellie), en Johanna het my ouma grootgemaak. My ouma het haar (Johanna) dus Kleinma genoem, omdat haar tannie nie haar “regte” ma was nie.

Die volgende oggend is agter-ouma grootjie met die haelgeweer by die deur uit. Sy gaan nou klaarmaak wat sy begin het, as hy nog lewe.

Toe sy by die leivoor kom was die man skoonveld ’n Paar dae later het hy daar aangekom met sy makkers en sy, die drie kinders en twee plaaswerkers is na die konsentrasiekamp op Westonaria.

Die huis is voor hulle oë afgebrand. Kleinma het vir my baie stories van die kamp vertel, maar haar haat was nie so diep soos die van agter-ouma grootjie Susanna Maria Oosthuizen (néé Van Tonder) nie. Sý het later vir Kleinma verhoed om met die liefde van haar lewe te trou, net omdat hy ’n Engelsman was.

Kleinma het oor die 90 jaar geword en was soos ’n klein voëltjie, sy het met groot blou oë vir my van die vreeslikhede van die kampe en die lang swaarkry daarna vertrel.

Al wat agter-ouma grootjie Susanna tussen die rommel in haar huis kon kry was ’n paar yster seeppotte. Haar pa en broers is almal dood in die oorlog. Haar man Pieter het mank van die oorlog teruggekom met ’n koeël nog in sy heup. Hy is by Petershill naby Newcastle gewond.

In 1925 kon Pieter een oggend nie van sy perd afklim nie. Voor hom op die perd het klein Ellie, my ouma, gesit. Hulle is van die perd afgehelp en hy is met die perdekar dokter toe geneem. Hy is geopereer en in die septiese wond is “twee handevol verbande” van die oorlog in hom gevind.

Hy is dae daarna dood, terwyl my ouma, sy oogappel sy hand vashou. Agter-ouma grootjie Susanna, haar jong seun, Kleinma en Ellie het aangehou boer. Kleinma is daardie tyd gesien as ’n ongehude moeder, al was die kind wat sy “aangeneem” het op die sterwensbed van haar suster, nie haar eie nie.

Ouma Ellie se eie pa is intussen weer getroud en het weer sy eie gesin gehad. Sy kind het by die skoonfamilie gebly. Met die Engelsman mag Kleinma nie trou nie en die boerseuns wat wel die oorlog oorleef het, wou nie ’n vrou trou wat reeds ’n kind gehad het nie. Kleinma het haarself as onderwyseres bekwaam om vir hulle te sorg, maar hulle het bitter swaar gekry.

Later jare toe dit beter gaan, het ouma Susanna glo smiddae op die stoep gesit en ’n bottel “milk stout” gedrink. Dan het sy net gesit en getuur oor die veld.

Ek wonder of sy oor die Kakie gedink het as die Son skaduwees trek? Ek het ’n spieël omraam met hout wat van vrou na vrou na my gekom het. Soms wonder ek oor die vroue wat in die spieël gekyk het. Wens ek, ek kon nou met hulle gesels het.

( Hier is hier alles waar en ek het weer daaraan gedink na aaleiding van Feast of the Uninvited)

Lucy se baba - net skedel Foto: Lucy se baba (net skedel) (BBC)

 

Lucy is seker een van die beste voorbeelde wat ons van Australopithecus afarensis het.  Sy is in 1974 in Etiopië ontdek.

 

Sy het tussen 4 miljoen en 3 miljoen jaar geleef en sy is ‘n pragtige fossiel, omdat sy so volledig is. Het sy regop geloop? Sy kry ‘n ja van my.

Hoewel haar heupe breër is as vandag se moderne mens en die arms langer, dui haar skelet daarop dat sy regop kon loop.

In 2006 is nog ‘n fossiel van dié spesie gekry. En wat dit besonders maak is dat dit ‘n baba (3 jaar) was. Om ‘n volwassene en baba of jongeling van een spesie te kry is lekker, want so kan gesien word hoe die betrokke hominied ontwikkel.

Dié een was ook vroulik en sy is in leketaal, “Lucy se baba” gedoop.

.
Die kind is sowat 3,3 miljoen jaar oud en is die oudste en volledigste skelet van ’n hominied (mensagtige voorsaat wat regop geloop het) wat ooit gekry is. Sy is sowat 150 000 jaar ouer as Lucy.

Die ontdekking dra by tot ’n breër prentjie van die moderne mens se begrip van morfologie, gedrag, beweging, ontwikkeling en evolusie van ons vroegste voorsate. Die meeste verskille tussen mense en hul voorsate kan geasso­sieer word met ontwikkelingsverskille.

Die genetiese samestelling van mense is só dieselfde as dié van die sjimpansee dat die meeste anatomiese verskille verklaar kan word deur veranderings in die groeipatroon van kind tot volwassene. Die betrokke fossiel, en juis omdat sy so volledig is, kan dus aansienlik bydra tot die kennis van menslike ontwikkeling.

Een van die belangrikste dele van die kind se fossiel is ’n volledige tongbeen. Daar is net een ander tongbeen in die hele fossielrekord.
Die vorm is van so ’n aard dit dui daarop sy het hard klanke voor in haar mond gemaak.

Dit dui daarop dat die tongbeen in die moderne mens verander het om die gesofistikeerde bewegings in die larinks toe te laat. Lucy se baba het ook ’n byna volledige bladbeen. Daaruit kon afgelei word hulle het meestal op twee bene geloop op die grond, maar het soms hulself op die kneukels gesteun, of aan lae takke vasgehou.

Die mens doen dit nog deur aan die relings vas te hou of kieries te gebruik as ons loop. Ontledings van die voete het getoon dat sy teen drie jaar regop geloop het. Dié fossiel en daaropvolgende ontleding is een van die belangrikste menslike evolusionêre ontdekkings in baie jare.


Dit is nog ’n stukkie in die steeds groeiende legkaart van die verhaal van die mensdom. Baie kan uit ‘n fossiel/skelet geleer word. Wat die organismes geëet het, het hy siektes gehad en wat was dit, hoe vinnig het hy gegroei, hoe het hy geloop en die kop gehou, hoe was die spiere geheg en hoe was die bou ect.

As jy alleen is raak jou hond (of kat) al ouliker en dalk verskyn ‘n engel aan jou…

Natuurlik dit is ‘n verskynsel bekend as antropomorfisme, waarin mens aan iets wat nie-menslik is nie menslike kwaliteite gee. Allerhande dinge raak jou “vriende”.

Navorsing deur die Universiteit van Chicago (University of Chicago) wat binnekort gepubliseer sal word in die akademiese portuur joernaal (http://www.psychologicalscience.org/) toon ons skep dinge om ons om die pyn van alleenwees te verlig.

Mense se god/gode, troeteldiere en tegnologie as lewend – dus ‘n funksie van die brein om ons te troos in oomblikke waarin ons alleen is.

Ek persoonlik vind dit nie vreemd dat ons die hond as een van die troos-objekte kies nie, aangesien die dier die eerste was wat die mens makgemaak het derduisende jaar gelede. Alle honde wat vandag leef stam van wolwe af. Die hond se volledige genoom is reeds gekarteer en kan bestudeer word by http://www.genome.gov/17515860

Die navorsers het ‘n verband gevind tussen hoe alleen mense voel en hulle neigdheid om aan diere en voorwerpe menslike eienskappe toe te ken. In nog ‘n eksperiment is mense opsetlik alleen laat voel deur aan hulle te vra om te skryf oor die tyd in hulle lewe toe hulle die eensaamste was. Onder die omstandighede was hulle meer geneig om aan god, engele en wonderwerke te glo as toe hulle nie eensaam gevoel het nie.

Hulle het ook beskryf hoe ‘n troeteldier menslike kognitiewe funksies het, soos om te verstaan hoe hulle voel, empatiek te wees en dies meer.

Die brein is inderdaad ‘n kragtige orgaan.

Maar soos die gerekende eksperimentele sielkundige en skrywer Steven Pinker, (How the Mind Works) sê. Die brein en verstand  is nie twee entiteite nie. Dit is een: neurologiese seinbane en selle wat aanhoudend vuur. Dit is neuro-elektrisiteit. Niks meer en niks minder nie.

En “vreemde verskynsels” kom voor wanneer die orgaan, soos die res van ons liggaam verkeerd loop of daar ‘n chemiese wanbalans voorkom.

http://richarddawkins.net/Reposted from:
http://magazine.uchicago.edu/0812/features/fish_out_of_water.shtml by Neil Shubin

Adapted from Your Inner Fish by Neil Shubin © 2008. Reprinted with permission by Pantheon Books, a division of Random House, Inc. Shubin, Chicago’s Robert R. Bensley professor, chair and associate dean for Organismal Biology & Anatomy, is also provost of the Field Museum of Natural History.

Hernias, hiccups, and snores—oh, my! It’s been 3.5 billion years, and the human body’s past still plays a role in our lives and health.

My knee was swollen to the size of a grapefruit, and one of my colleagues from the surgery department was twisting and bending it to determine whether I had strained or ripped one of the ligaments or cartilage pads inside. This, and the MRI scan that followed, revealed a torn meniscus, the probable result of 25 years spent carrying a backpack over rocks, boulders, and scree in the field. Hurt your knee and you will almost certainly injure one or more of three structures: the medial meniscus, the medial collateral ligament, or the anterior cruciate ligament. So regular are injuries to these three parts of your knee that these three structures are known among doctors as the “Unhappy Triad.” They are clear evidence of the pitfalls of having an inner fish. Fish do not walk on two legs.

fish1Our humanity comes at a cost. For the exceptional combination of things we do—talk, think, grasp, and walk on two legs—we pay a price.

This is an inevitable result of the tree of life inside us. Imagine trying to jerry-rig a Volkswagen Beetle to travel at speeds of 150 miles per hour. In 1933 Adolf Hitler commissioned Dr. Ferdinand Porsche to develop a cheap car that could get 40 miles per gallon of gas and provide a reliable form of transportation for the average German family. The result was the VW Beetle. This history, Hitler’s plan, places constraints on the ways we can modify the Beetle today; the engineering can be tweaked only so far before major problems arise and the car reaches its limit.

In many ways, we humans are the fish equivalent of a hot-rod Beetle. Take the body plan of a fish, dress it up to be a mammal, then tweak and twist that mammal until it walks on two legs, talks, thinks, and has superfine control of its fingers—and you have a recipe for problems. We can dress up a fish only so much without paying a price. In a perfectly designed world—one with no history—we would not have to suffer everything from hemorrhoids to cancer.

Nowhere is this history more visible than in the detours, twists, and turns of our arteries, nerves, and veins. Follow some nerves and you’ll find that they make strange loops around other organs, apparently going in one direction only to twist and end up in an unexpected place. The detours are fascinating products of our past that, as we’ll see, often create problems—hiccups and hernias, for example. And this is only one way our past comes back to plague us.

Our deep history was spent, at different times, in ancient oceans, small streams, and savannahs, not office buildings, ski slopes, and tennis courts. We were not designed to live past the age of 80, sit on our keisters for ten hours a day, and eat Hostess Twinkies, nor were we designed to play football. This disconnect between our past and our human present means that our bodies fall apart in certain predictable ways.

Virtually every illness we suffer has some historical component. The examples that follow reflect how different branches of the tree of life inside us—from ancient humans, to amphibians and fish, and finally to microbes—come back to pester us today. Each of these examples show that we were not designed rationally but are products of a convoluted history.

I. Our hunter-gatherer past: obesity, heart disease, and hemorrhoids.

During our history as fish we were active predators in ancient oceans and streams. During our more recent past as amphibians, reptiles, and mammals, we were active creatures preying on everything from reptiles to insects. Even more recently, as primates, we were active tree-living animals, feeding on fruits and leaves. Early humans were active hunter-gatherers and, ultimately, agriculturalists. Did you notice a theme here? That common thread is the word “active.”

The bad news is that most of us spend a large portion of our day being anything but active. I am sitting on my behind at this very minute typing this, and a number of you are doing the same reading it (except for the virtuous among us who are reading it in the gym). Our history from fish to early human in no way prepared us for this new regimen. This collision between present and past has its signature in many of the ailments of modern life.

What are the leading causes of death in humans? Four of the top ten causes—heart disease, diabetes, obesity, and stroke—have some sort of genetic basis and, likely, a historical one. Much of the difficulty is almost certainly due to our having a body built for an active animal but the lifestyle of a spud.

In 1962 the anthropologist James Neel addressed this notion from the perspective of our diet. Formulating what became known as the “thrifty genotype” hypothesis, Neel suggested that our human ancestors were adapted for a boom-bust existence. As hunter-gatherers, early humans would have experienced periods of bounty, when prey was common and hunting successful. These periods of plenty would be punctuated by times of scarcity, when our ancestors had considerably less to eat.

Neel hypothesized that this cycle of feast and famine had a signature in our genes and in our illnesses. Essentially, he proposed that our ancestors’bodies allowed them to save resources during times of plenty so as to use them during periods of famine. In this context, fat storage becomes very useful. The energy in the food we eat is apportioned so that some supports our activities going on now, and some is stored, for example in fat, to be used later. This apportionment works well in a boom-bust world, but it fails miserably in an environment where rich foods are available 24/7. Obesity and its associated maladies—age-related diabetes, high blood pressure, and heart disease—become the natural state of affairs. The thrifty genotype hypothesis also might explain why we love fatty foods. They are high-value in terms of how much energy they contain, something that would have conferred a distinct advantage in our distant past.

fish2Our sedentary lifestyle affects us in other ways, because our circulatory system originally appeared in more active animals. Our heart pumps blood, which is carried to our organs via arteries and returned to the heart by way of veins. Because arteries are closer to the pump, the blood pressure in them is much higher than in veins. This can be a particular problem for the blood that needs to return to our heart from our feet. Blood from the feet needs to go uphill, so to speak, up the veins of our legs to our abdomen. If the blood is under low pressure, it may not climb all the way. Consequently, we have two features that help the blood move up. The first are little valves that permit the blood to move up, but stop it from going down. The other feature is our leg muscles. When we walk we contract them, and this contraction serves to pump the blood up our leg veins. The one-way valves and the leg-muscle pumps enable our blood to climb from feet to abdomen.

This system works superbly in an active animal, which uses its legs to walk, run, and jump. It does not work well in a more sedentary creature. If the legs are not used much, the muscles will not pump the blood up the veins. Problems can develop if blood pools in the veins, because that pooling can cause the valves to fail. This is exactly what happens with varicose veins. As the valves fail, blood pools in the veins.The veins get bigger and bigger, swelling and taking tortuous paths in our legs.

Needless to say, the arrangement of veins can also be a real pain in the behind. Truck drivers and others who sit for long stretches of time are particularly prone to hemorrhoids, another cost of our sedentary lives. During their long hours of sitting, blood pools in the veins and spaces around the rectum. As the blood pools, hemorrhoids form—an unpleasant reminder that we were not built to sit for too long, particularly not on soft surfaces.

II. Primate past: talk is not cheap.

Talking comes at a steep price: choking and sleep apnea are high on the list of problems we have to live with in order to be able to talk.

We produce speech sounds by controlling motions of the tongue, the larynx, and the back of the throat. All are relatively simple modifications to the basic design of a mammal or a reptile. The human larynx is made up mostly of gill arch cartilages, corresponding to the gill bars of a shark or fish. The back of the throat, extending from the last molar tooth to just above the voice box, has flexible walls that can open and close. We make speech sounds by moving our tongue, by changing the shape of our mouth, and by contracting a number of muscles that control the rigidity of this wall.

Sleep apnea is a potentially dangerous trade-off for the ability to talk. During sleep, the muscles of our throat relax. In most people, this does not present a problem, but in some the passage can collapse so that relatively long stretches pass without a breath. This, of course, can be risky, particularly in people who have heart conditions. The flexibility of our throat, so useful in our ability to speak, makes us susceptible to a form of sleep apnea that results from obstruction of the airway.

Another trade-off of this design is choking. Our mouth leads both to the trachea, through which we breathe, and to our esophagus, so we use the same passage to swallow, breathe, and talk. These three functions can be at odds, for example, when a piece of food gets lodged in the trachea.

III. A hiccup in our tadpole past

This annoyance has its roots in the history we share with fish and tadpoles.

If there is any consolation for getting hiccups, it is that our misery is shared with many other mammals. Cats can be stimulated to hiccup by sending an electrical impulse to a small patch of tissue in their brain stem. This area of the brain stem is thought to be the center that controls the complicated reflex that we call a hiccup. The hiccup reflex is a stereotyped twitch involving a number of muscles in our body wall, diaphragm, neck, and throat. A spasm in one or two of the major nerves that control breathing causes these muscles to contract. This results in a very sharp inspiration of air. Then, about 35 milliseconds later, a flap of tissue in the back of our throat (the glottis) closes the top of our airway. The fast inhalation followed by a brief closure of the tube produces the “hic.”

VERBEEL jou ál die mense op aarde verdwyn môre en hulle kom nooit weer terug nie.
Die vraag is verlede jaar in die wetenskaptydskrif New Scientist deur Bob Holmes gevra en ek wil daarop uitbrei.
Sowat 65 miljoen jaar gelede het die dinosouriërs uitgesterf en die soogdiere het dominant geword. Daar was soogdiere saam met die dinosouriërs, hulle was net nie baas van die plaas nie, maar hulle het geword en hulle is steeds.
Ons weet dat die eerste hominiede minstens ses miljoen jaar gelede die aarde bewandel het. Homo sapiens het sowat 200 000 jaar gelede in Afrika ontstaan.
Daar was maar min van hulle. Selfs ná die laaste Ystydperk 10 000 jaar gelede was die aarde nie oor­bevolk nie en toe het die mens oorgeneem. Dit het lank geduur vir die hominied om kultuur te vestig.
Soveel plante en diere se getalle sal herstel as ons weg is, want daar is 15 589 spesies wat erg bedreig word. Die see, waar te veel vis gevang word, sal herstel. Die natuur sal weer die aarde terugneem.
Sal ons strukture nog staan? Miskien ná 5 000 jaar, maar sal dit ná 100 000 jaar nog staan?
Daar sal nog vir 1000 jaar genoeg koolsuurgas van mense in die atmos­feer wees om die klimaat te beïnvloed, skryf Holmes. Uiteindelik sal kalsium-ione wat van die seebodem vrygelaat word die oorskot koolsuurgas vir 20 000 jaar in die see absorbeer.
Die kernreaktors sal egter ’n probleem wees, omdat hulle nie onderhou word nie en straling sal van hulle ontsnap. Tog meen kenners die natuur sal dit kan oorleef.
Sou ons die mens vandag wegneem, sal ’n ander spesie oor die volgende miljoene jare na vore tree en dominant word? En wat sal dit wees? Die gerekende wetenskaplike Stephen Jay Gould meen die mens, sou, as ons van voor af begin het, nié ontwikkel tot wat hy vandag is nie.
“And what if we could ‘rerun the tape’ so that the subsequent history of this maelstrom of diversification would have taken a different course? We would still have a planet full of life, he argues, but surely one utterly different from our familiar world. Notably, this new trajectory of evolution would probably not have led to the human species and its unique form of consciousness and self-awareness, which emerged through a series of contingent accidents in a unique, unre­peatable sequence. (Uit: Simon Conway Morris and Stephen Jay Gould, Showdown on the Burgess Shale)

DIE mens sal dus nie weer uit die nuwe wêreld verrys nie. Sal hier weer ’n evolusionêre ontploffing wees soos in die Kambriese era sowat 500 miljoen jaar gelede? Met talle nuwe spesies wat die grondslag gee vir die lewe van die toekoms?

Sommer net: PBS

  1. Is there evidence for evolution?  
  In the 150 years since Darwin proposed the theory of evolution by natural selection, a mountain of evidence has accumulated to support the theory. A greatly expanded fossil record since Darwin’s time, the discovery of DNA and the process of genetic replication, an understanding of radioactive decay, observations of natural selection in the wild and in laboratories, and evidence in the genomes of many different organisms, including humans, have all bolstered the validity of the theory of evolution.

 
 
  2. How can you know what happened millions of years ago if no one was there to see it?  
  Evidence and observation are the building blocks of all scientific inquiry; evolutionary science is no different. Evidence in the form of the fossil record, geological formations, and genetics attest to change having taken place and give clues to how evolution works. The theory of evolution puts these clues together into a cohesive explanation of the diversity of living things. Like all theories, the theory of evolution relies on tangible evidence as well as inference for those things that can’t be observed directly. It is important to remember that Earth itself contains evidence of life in the past, and that this evidence provides critical support for the theory of evolution.

 
 
  3. Does the fossil record tell us the whole story?  
  Opponents of evolution point to gaps in the fossil record as proof that the theory is invalid. They say the fossil record fails to show what are called “transitional forms,” generally the in-between stages as one type of creature evolved into another. The fossil record certainly has gaps, mostly because the conditions required to create fossils have been rare ever since life began on Earth. A very small percentage of animals that have lived and died ever became fossils. Thus, many pieces of the puzzle are missing; some will never be found. Nonetheless, we have many, many fossils that illustrate evolutionary transitions between fish and amphibians, between reptiles and mammals, between dinosaurs and birds, and in many lineages such as whales and horses. And new fossils continue to reveal transitional forms that some said don’t exist.

     
 

Kreasioniste (IO) se geykte speletjie is: Daar bestaan geen tussenganger-fossiele om te toon dat spesiasie bestaan nie. Wel daar is baie, hulle verkies net om die unieke fossiele te ignoreer.

 Twee sulke fossiele is die afgelope twee jaar ontdek. Een toon hoe diere van die see na die land ontwikkel het en tetrapode geword het en die ander hoe diere ontwikkel het om van die land na die see aan te pas.

Die jongste ontdekking is in Desember 2007 bekend gemaak. Dit toon die walvis se dramatiese evolusie van land na see, nadat ’n tussenganger-fossiel van sy naaste bekende familielid opgespoor is.


Dié dier is inderdaad uniek: Dit het 48
miljoen jaar gelede geleef, was so groot soos ’n vos en het soos ’n miniatuur-takbokkie gelyk.


Voorheen was die naaste bekende voorsaat van die mariene soogdiere bekend as setaseë – die walvis, dolfyn en tornyn – die seekoei, maar al die stukkies van die legkaart het nie gepas nie. Seekoeie verskyn in nie die fossiel­rekord sowat 35 miljoen jaar nádat die walvisse van hul landelike voorsate afgeskei het nie. So waar kom walvisse dan vandaan en wie was hul vierpotige voorsate?
Die nuwe fossiel het nog ‘n deel van die legkaart in mekaar laat vou.
Prof. Hans Thewissen, van die Northeastern Ohio Universities Colleges of Medicine and Pharmacy se departement van anatomie, het in die jongste uitgawe van die vaktydskrif Nature sy vonds van die uitgestorwe dier Indohuys bekend gemaak.
Thewissen en sy span het honderde bene van Indohuys in Kasjmir, Indië, gekry.
Luidens ’n verklaring wat Thewissen saam met die Nature-artikel uitgereik het, is daar groot ooreenkomste tussen die skedel en die oor van die nuwe fossiel en dié van setaseë. Die betrokke dier se oor toon ’n unieke verdikking in die middeloor wat net by die setaseë voorkom en nie by ander soogdiere nie.
Die skelet self toon ’n dik buite-laag, baie dikker as in ander soogdiere van dié grootte. Dit word gesien in veral stadig bewegende waadvoëls.
Indohuys se waterbestaan word verder bevestig deur die chemiese samestelling van sy tande, met dieselfde suurstof-isotoop-verhouding as ander waterdiere.
Dit blyk dat die dier baie van sy tyd, maar nie die hele tyd nie, in die water deurgebring het. Hy sou veral na die water gevlug het om weg te kruip.
Die dier was ’n plantvreter en walvisse het later eers jagters geword.
Die evolusie van die walvis is een van die beste voorbeelde van soogdierevolusie.
Die afgelope 15 jaar is verskeie fossiele gevind wat lig werp op die setaseë se ontwikkeling van land- na seediere. indohyus-11.jpg

Van land na see

Die eerste fossiel wat toon dat diere op land eens visse was, is in 2006 opgespoor. Tiktaalik roseae was die oorgang in die evolusieproses: halfdier en halfvis. Hy het kieue, vinne en skubbe soos ’n vis gehad, maar ook ’n primitiewe kakebeen en longe, ’n vergrote ribbekas, nek en ’n kop soos dié van ’n krokodil. Dié krokodilvis, wat 375 miljoen jaar gelede geleef het, is een van die sterkste bewyse van die oorgang van vis na vierpotige dier.Alle gewerwelde diere met ledemate (tetrapode) het tussen 370 en 360 miljoen jaar gelede uit lob-gevinde visse ontwikkel, berig Science. Baie van die visse het aangepaste skelette gehad soos vergrote bene in hul vinne wat uiteindelik nuttig was in ledemate wat gewig moes dra. Tiktaalik roseae is die mees vierpootagtige vis wat tot nou toe gevind is.

So werklik die bewyse vir evolusie is so duidelik soos daglig. Baie mense hou nie van die idee dat die mens ‘n primaat is wat ‘n gemeenskaplike voorsaat met die groot primate deel nie: hoe klink ‘n vis vir jou?