Archive for the ‘astronomie’ Category

Dit is wat jy die week gesien het as jy doer onder gestaan het aan die voet van die groot oom: Die Suider Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT) sowat 2o kilometer buite Sutherland, daar op die plato.

boom

Maar shame ek het die bobbejane wat ek die vorige aand gesien het, wit van die sneeu so jammer gekry. Vir die mense voel ek eintlik mos nie veel nie.

Ek was al voorheen  by die teleskoop, maar ek het nog nooit so bitter koud gekry nie. Ek daai stort (daar was nie ‘n bad nie) so en dink,  nee-nee, ek gaan maar my armpits deodorise want daar is geen manier wat ek kaal gaan verkeer nie. Toe slaap ek in my nagklere en nog klomp klere.

En jy kan naby die teleskoop kom, maar nie tot by hom nie, want die sneeu le te dik. Die aand en die more.

En die tweede dag kom die son uit en smelt die sneeu tjoef.

IMG_0859

SALT

Baie sterre wat gesien kan word, bestaan lankal nie meer nie, maar die mens sien hul lig wat nou eers by die Aarde aankom.
Die rede hoekom Salt so ver kan sien, is omdat sy lensopening 10 m groot is. Hoe groter dié opening, hoe meer lig kan inkom.

Salt bestaan uit onder meer ’n ­primêre spieël met 91 seskantige segmente. Elkeen is geslyp op ’n spesifieke kromming om saam een spieël te vorm.

Hy het ‘n baie goeie instrumentlading (payload) waarvan die beste die spektograaf is.

Een van Salt se besonderse kenmerke is dat dit tot op ’n boog­sekonde twee voorwerpe kan onderskei. ’n Mens kan met die blote oog teen sowat vier boogminute twee voorwerpe onderskei.
’n Boogsekonde is ’n 60ste van ’n boogminuut. ’n Boogminuut is ’n hoek van een 60ste van ’n graad. Boogsekondes het nie te doen met tyd nie, maar met die bitter klein hoeke waarteen Salt ’n skerp beeld kan kry – met die instrument genaamd Salticam.

Die Salt is wonderlik, hy kan ver sien, sommer baie ver. Om nie eens te praat van hoe hy operate nie. Ai.

IMG_0881

Die primere spieel met sy komponente en die koepel-opening wat toe is. (deel in wit agter)

Advertisements

heic0703a1

Baba’s my kind? O hul kom van ver-ver-ver uit die donkerste van die donker. Uit die diepste van die heelal.

Hulle kom van lank, lank gelede se oer-klein atome. Uit die diepte van tyd, die eerste tyd, die begin van tyd. Die tyd toe die heelal geword het, bestaan het en in glorie uitgeplof het.

Die tyd toe hitte elemente gevorm het, gas geword het, stof geword het.

Die tyd toe sterre op ‘n dag sterrestelsels geword het, in tydsame, tydsame ruimte.

Daar waar hitte, water, son en energie was. En die elemente ryk en swaar, lig en flink deur die heelal gesweef het en doef op die aarde neergeval het in rotste en stukke ys. Toe ons gepeper is met die minerale, koolstof en boublokke van die lewe.

Alles is van alles. En alles was nog altyd van alles.

Ons is wat ons is.

Ons kom van die sterre af.

En eendag sal ons terugkeer na die sterre.

Dood van ‘n profeet

Daar word gese ‘n sonsverduistering bring tyding van die afsterwe van ‘n profeet. Dit is nou mits jy in mites glo.

Daar word ook gese swanger vroue moet nie na buite gaan tydens ‘n sonsverduistering nie.

Die son (en maan) is natuurlik sentraal in honderde van die mees antieke gelowe. Daar is mense wat nou nog glo die gebeurtenis het ‘n bepaalde energie en dui ‘n nuwe begin aan.

Maandag, 26 Januarie, sal ons ‘n gedeeltelike sonsverduistering sien. Dit gebeur net elke paar jaar in ‘n bepaalde land. ‘n Totale sonsverduistering kom bitter selde in ‘n persoon se leeftyd voor op dieselfde plek. Dus, dat jy dit in jou eie land sal sien. Dalk net een of twee keer, of selfs nooit.

Kaapstad is Maandag die beste plek om die gedeeltelike verduistering te sien. Dit duur van 07:00 tot 09:30. Maar die maksimum (die beste tyd) is om 08:15 wanneer die son 65% verduister sal wees.

‘n Sonsverduistering vind plaas wanneer die maan tussen die son en aarde inbeweeg en sy skadu oor die aarde gooi. Dit kan net tydens nuwemaan gebeur.
In die meeste gevalle mis die skaduwee die aarde, maar soms net soms, is die hoek reg en kan oor dit op sekere plekke op aarde gesien word.

In 1999 het ons ‘n totale sonsverduistering gesien, waar die beste sigbaar was in Musina.

250px-solar_eclips_1999_4_nr

Dit is natuurlik ‘n wonderlike ervaring. Want dit word vir enkele minute nag, die diere gaan kruip in, die naglewe kruip uit. En as die son weer “opkom” sing die voeltjies en hane kraai.

Moenie na die son kyk deur ‘n ou x-straal foto, sonbril (al is hy hoe goed), foto-negatief, gebrande glas of watookal nie. Net die “eclipse viewers” te kry by die sterrewag moet gebruik word, anders kan jy jou oe geweldig skade doen. Soos in, jy kan jou retina permanent beskadig, sodat jy nie meer kan sien nie, mol-sien.

Om deur ‘n teleskoop of verkyker te kyk, doen jy jou oe nog groter skade aan. Dit is weens die straling van die fotosfeer..

Gaan krap in jou laaie, in 2002 is derduisende van hulle uitgedeel. Of kontak die naaste sterrewag of planetarium. As jy in die Kaap bly, kan jy na die sterrewag of die Iziko-planetarium gaan, waar enige een die okkasie kan bywoon en ‘n brilletjie kan kry, of in JHB word daar by die planetarium ook ‘n patry gehou. Of gaan kry ‘n kyker by hulle. Maar moenie dom wees nie.

Of herlei dit deur ‘n projektor. Of maak ‘n speldkoppie-kamera. Dit is wel veilig.
http://en.wikipedia.org/wiki/Pinhole_camera

Die eerste sonsverduistering wat opgeteken is was sowat 700 v.C. Shame man, die mense moes groot geskrik het destyds.

Die volgende totale verduistering in SA is in 2030 in Durban. En die volgende gedeeltelike verduistering is in 2015 en 2016 in SA.

Op Voyager se rug

Een van my gunsteling instansies, Nasa, is vanjaar 50 jaar oud. Nasa het natuurlik ontstaan direk danksy die lansering van Spoetnik 51 jaar gelede.

Die Amerikaners was so onthuts omdat die Russe hulle voorgespring het, dat hulle Nasa in die lewe geroep het en met alle mag, en erns hulself toegespits het op die ruimte -veral om ‘n man op die Maan te kry. Daar is niks soos kompetisie om ‘n mens te laat floreer nie.

Wat Nasa onder groot druk (geldelike inperkings) in die afgelope 50 jaar bereik het, is verstommend. Die aantal missies is ontelbaar en om alles wat ons intussen geleer en ontdek het te noem, sou ‘n dik boek verg.

Ek wonder of mense ook 600 jaar gelede gevra het, nou hoekom reis ons om die wereld? (behalwe weens die gierige soeke na goud). Soek ons nuwe plekke? Want baie mense vra vandag hoekom sukkel ons buite ons eie atmosfeer?

Omdat ons nooit moet ophou ontdek nie! Dit is in die aard van die mens om te explore, om antwoorde te soek op vrae. Die feit dat ons dit nou in ons sonnestelsel en ook daarbuite doen is irrelevant, vir my. ‘n Mens moet ‘n agie wees.

En dit is ook die basiese begrip van die wetenskap. Jy bou ‘n ewige legkaart, stuk vir stuk. As ‘n blokkie nie pas nie, haal jy hom uit en soek ‘n ander een. Maar dit is nooit stagnant nie. Jou legkaart raak groter en beter soos jou kennis toeneem.

Die wonderlike missies van Voyager 1 en 2 laat my dink aan ons ewige reis. Hulle is weggestuur in 1977 en is natuurlik steeds weg. Hulle het soos  baie Nasa-missie meer geword as oorspronklik beplan  is (reis in ons sonnestelsel).

Op 14 Februarie 1990 is die laaste fotos van Voyager 1 ontvang toe hy na die Aarde teruggekyk het van ‘n verstommende 5,9 miljard km om ‘n foto van 7 van die 9 planete te neem. Dit het die blou kolletjie (pale blue dot), die Aarde, ingesluit.

Om in die verre ruimte (interstellelere ruimte) te kom, moes die twee deur ‘n aaklige stormagtige invloedsarea van die Son reis. Waar winde en elektries gelaaide gas teen hulle werk.

Daar is mos ook die goue-plaat aan boord met boodskappe in verskeie tale van die Aarde. Ook die geluide van Aarde, grafiese voorstellings en dies meer.  Musiek, foto’s van die aarde, en ‘n kaart van die sonnestelsel – ons klein plekkie.

Dan is daar klanke van ‘n ma wat haar kind soen, dieregeluide en vele interessante dinge. Dit lyk vir my ons het uitgelaat dat ons ook oorlog maak en mekaar vermoor en verkrag.

Die goue plaat. Foto: Nasa

Voyager 1 is nou: 15,7 miljard km van die Son.

Voyager 2 is nou: 12,7 miljard km van die Son. Die son is rofweg 150 miljoen km weg van ons.

 Die klanke hier onder is koel!

Engelse boodskap: http://www.nasa.gov/186544main_english.au

Vulkaan, aardbewing, donderweer:http://www.nasa.gov/wav/186554main_volcanoes.wav

Wilde hond: http://www.nasa.gov/wav/186555main_wildog.wav

Ma soen kind: http://www.nasa.gov/wav/186549main_kiss.wav

Verbyvlug van f-111 en lift-off!! http://www.nasa.gov/wav/186545main_f-111.wav

Perd en karretjie: http://www.nasa.gov/wav/186548main_horse.wav

 

Ek wonder soms hoe sou dit wees om op die rug van Voyager te ry, deur die heelal, waar alles net is, omdat dit is.

Die bron: Nasa

Voorwaarts Mars

Briljante mense word onthou vir dit wat hulle doen, uitvind, verrig en met akkuraatheid kan se oor veral die toekoms. Hulle is mense wat die vermoe het om, een van die grootste aspekte wat ander mense in hulle daaglikse bestaan belemmer, te oorkom: die manier hoe daar na tyd gekyk word.

Maak nie saak in watter veld die betrokke slim mens goed in is nie, hulle staar hulle nie vas in die wurgende en verkeerde idee wat die gewonde sterfling oor tyd het nie. Dit is uit hierdie volwasse denke waaruit ‘n visie vir die toekoms gebore word, of dit nou ‘n fiets, ‘n mikrogolfoond, ‘n motor, balpuntpen of satelliet is.

Hierdie is mense wat dink: Ja, dit is moontlik.

Byna 51 jaar gelede is die eerste satelliet in ‘n wentelbaan buite die aarde se atmosfeer ingestuur, Spoetnik. Vandag is daar meer as ‘n 1000 in die ruimte.

In 1920 is in die New York Times van Robert Goddard ’n gek gemaak omdat hy voorspel het die mens sal die Maan met ’n vuurpyl kan bereik. Daar is gesê Goddard ken nie die verband tussen aksie en reaksie nie en besef nie dat ’n vuurpyl nooit in ’n vakuum sal kan funksioneer nie.
Daar is ook gesê hy beskik nie eens oor die kennis wat daagliks in hoërskole uitgedeel word nie.
Dit was eers in 1969, drie dae voordat Neil Armstrong sy voet op die Maan gesit het, dat die koerant droog verskoning gevra het – hoewel Goddard toe reeds dood was.
Vir baie mense het Goddard die onmoontlike voorspel. Vandag is dit prof. Stephen Hawking die bekende astrofisikus en wiskundige, wat soms uitsprake maak wat die mensdom laat regop sit. Hy het verlede jaar gesê die mens se oorlewing hang af van sy sukses om binne die volgende 100 jaar ander planete te koloniseer, omdat die mens die Aarde as tuiste verwoes. Indien nie, sal die mensdom nie oorleef nie. Leke lag vir hom maar Nasa (wat vanjaar 50 jaar oud word) neem hom ernstig op.
Hawking meen dit is moontlik om binne 20 jaar ’n kolonie op die Maan te hê en binne 40 jaar op Mars – en dat dit belangrik vir die oorlewing van die mens is.

Met Nasa se nuwe Konstellasie-program, met sy splinternuwe ruimtetuie, sal tot vier mense op ’n keer Maan toe gaan en uiteindelik tot ses maande lank bly. Die eerste onbemande missie om die beste landingsplekke te soek sal al vanjaar geskied.

Die bemande missies sal op die vroegste in 2015 gebeur en nie later as 2020 nie, as alles volgens plan verloop.
En hulle sal buiteposte moet bou – dit alles met die oog op Mars.

En ons dink dit is onmoontlik, want soos ons vandag kan reis sal dit ses maande duur om Mars te bereik. Dit is nie vergesog nie. Kyk hoe ver het ons in 50 jaar gekom! Die Internasionale ruimtestasie, verskeie tuie na planete, die pendeltuie, Skylab, Hubble en Spitzer.

Ek glo nie dit is vergesog nie. Ons sal daar kom, nog voor 3000. En Hawking sal die man wees wat onthou sal word as die een wat ons gemaan het om te eksploreer, om onsself te dryf en nuwe tuistes te soek. Hy sal die groot gees wees.

Die week het Phoenix van Nasa suksesvol op Mars geland in ‘n poolarea (noord) wat ons nog nooit ontdek het nie. Dit is ook nie die eerste tuig na Mars nie, maar die een het ‘n spesiale robotarm wat in die harde grond sal boor en met ‘n spesiale laboratorium aan boord wat eksperimente sal uitvoer oor die komposisie van die grond – chemiese samestelling, en die belangrikse die soeke na moontlike organiese elemente, wat water insluit.

Ons weet reeds daar is alle aanduidings van waterwys op die oppervlakte en ander navorsing het getoon daar is ‘n groot moontlikheid vir waterys en/of lopende water onder die oppervlakte. Die antwoord sal ons hopelik vanjaar nog he.

Daar sal ook nie mars-mannetjies wees nie, en indien daar nog vorms van lewe is/was (in ons sonnestelsel) is die algemene gevoel dit sal ‘n mikroskopiese of baie klein vorm van lewe wees. Of ons dit sal herken as lewe is ‘n ander vraag. In die ander miljarde, miljarde, miljarde sonnestelsels lyk (en in samestelling) kan dit dalk so anders wees dat ons dit nie sal herken as lewe nie, behalwe natuurlik die feit dat ons en “hulle” nie die afstande sal kan verduur nie.

En hoe moeilik was dit om hom te land? So moeilik soos om ‘n laser te fokus op ‘n 20c-stuk sowat 300 km ver.

Waarom is ons daar? Ons durf nooit, nooit ophou ontdek nie. Net soos van die seevaarders, reisigers en ander nuwe lande ontdek het, doen ons dit weer. Ons verbreed ons kennis, las by en skaaf aan dit wat ons reeds weet. Bewys onself ook verkeerd.

En daardie stukkie nuuskierigheid van die wetenskap, wat wil leer en verbreed moet altyd bly: die sin van nuwe inligtig.

Die harde, ys-agtige grond van Mars. Foto-Nasa

Een van Phoenix se eerste foto’s van ‘n deel van homself (om te toon hy is in werking) en van die pool-horison – uit natuurlik plat sal wees. Foto-Nasa

Waar op Aarde kom ruimte vandaan? Nie space soos in Star Trek se space nie, maar die ruimte om ons, wat  ter inligting ook nie leeg is nie

Die oerknal was die geboorte van die Heelal sowat 13,7 miljard jaar gelede toe ruimte, tyd, materie en energie tot stand gekom het.

Die gebeurtenis was soos ‘n geweldige warm ontploffing (uit ‘n baie digte, klein singulariteit), behalwe dat materie nie in bestaande ruimte uitgeskiet het nie, maar ruimte eintlik in die proses geskep het. (Dit beteken dat dinge soos sterrre en planete nie uit die ontploffing uitgeskiet het nie, hulle vorm eers later. Die oerknal het dis ruimte (spasie) geskep.)

(Onthou ruimte is nie leeg nie .’n Klassieke vakuum is leeg, maar nie ‘n kwantum-vakuum nie – daarin is sterk kernkragte teenwoordig. Daarin trek die kwarke (quarks) van mekaar in ‘n proses genaamd asymptotic freedom – prof. David Gross wat die week in SA was het ‘n Nobelprys hiervoor gewen)

Okay hier gaan ons verder met die ontstaan van die Heelal:

Binne drie minute na die Oerknal het die jong Heelal al baie, baie ver begin uitdy en stelselmatig afgekoel. Dit het ligte elemente soos waterstofkerne en helium-kerne gevorm, maar geen swaarder elemente nie.

Na 380 000 jaar het die temperatuur tot sowat 3000 grade C gedaal. Omstandighede was toe geskik vir protone en elektrone om te kombineer en neutrale waterstof te vorm.

Met elektrone wat toe gebind het aan atoomkerne, kon lig die eerste keer relatief ongehinderd deur die ruimte trek sonder om deur elektrone versprei te word. Hierdie lig waarin die Heelal destyds gebaai was is al opgespoor (in die 60tigs) en staan bekend as kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling. (Die statiese ggrrrr op jou radio is presies dit! Belowe!)

Sterre en sterrestelsels het omtrent 400 miljoen jaar gelede en langer na die oerknal begin vorm in die digste areas van materie (fluktuasies) en donker materie. Omdat daar nie voor dit enige ster- of sonlig was nie staan dit bekend as die Donker Era (Dark Ages) van die Heelal. Ons weet dit is daar en kon dit opspoor met radio-astronomie en gammastraal-astronomie, maar nie optiese-astronomie (teleskoop) nie, want jy kan nie iets sien wat nie lig uitstraal/reflekteer nie. Daarna kan voorwerpe met optiese waarneming gesien word.

Toe helder sterre eers gevorm het, kon die straling van hulle ultravioletlig waterstofatome ioniseer deur hulle weer in elektrone en protone te skei, wat nie aan mekaar gebind is nie. In ‘n stadium was daar genoeg sterre om byna al die neutrale waterstof in die Heelal te ioniseer. Dit was die einde van die Donker Era. Vandag is al die waterstof tussen die sterrestelsels geioniseer.

Die eerste sterre was baie helder en reusagtig groot tot ‘n duisend keer groter as die Aarde se Son. Hulle het saamgebondel in klein sterrestelsels en sowat 1 miljard jr na die oerknal het hulle groter sterrestelsels gevorm.

Teen 4,6 miljard jaar gelede het die planete in ons plaaslike sterrestelsel gevorm. Daar is natuurlik duisende ander plante, ons het al 260 gevind. En so aan en so aan.

Ons weet dat die Heelal nie net die hele tyd uitdy nie, maar dat dit al vinniger en vinniger gebeur. Daar is ook nie ‘n grens aan die Heelal nie. Daarom het die kiekie hier onder so ‘n “spinnerak” om.

Al die bogenoemde is al herhaaldelik deur portuur-evaluasie bewys, verskeie Nobelpryse in fisika is al gewen, in hierdie uiters verkorte en eenvoudige weergawe van ‘n deel van die Heelal se verhaal. Duisende inskrywings in akademiese joernale en wiskundige- en fisikamodelle bestaan om dit te bewys. Die soeke duur voort en meer en meer inligting kom na vore -die wetenskap hou nooit op leer nie – dit is wat dit uniek maak.

Wanneer die nuwe James Webb ruimte-teleskoop in 2013 in gebruik geneem gaan word sal ons pragtige beelde sien en nog meer leer.

A representation of the evolution of the universe over 13.7 billion years. The far left depicts the earliest moment we can now probe, when a period of “inflation” produced a burst of exponential growth in the universe. (Size is depicted by the vertical extent of the grid in this graphic.) For the next several billion years, the expansion of the universe gradually slowed down as the matter in the universe pulled on itself via gravity. The expansion has begun to speed up again as the repulsive effects of dark energy have come to dominate the expansion of the universe. The afterglow light seen by WMAP was emitted about 380,000 years after inflation and has traversed the universe largely unimpeded since then. The condition of earlier times are imprinted on this light; it also forms a backlight for later developments of the universe.

 

Foto: Nasa/WMAP

http://map.gsfc.nasa.gov/

 

 

Begin

Ai die honderde mense het mekaar nou die aand vertrap om prof. Stephen Hawking te hoor praat. Die sekuriteit moes later die wat onwettig probeer insluip het wegja. Natuurlik so. Hy is ‘n lewende Einstein.

Ek is een van hulle wat my hande op ‘n kaartjie gekry het, hoe anders?

Maar hy het weer ‘n lekker vraag in my aangewakker. Kyk, is nie ‘n man wat jou borsvoed nie, hy verduidelik nie dinge nie. Hy laat jou self dink. Party mense sit die potjie mis, want ons wil mos nie self dink nie.

Hy het verwys na Immanuel Kant wat gevra het: As die heelal ‘n begin gehad het (en ons weet vandag dit het begin uit ‘n singulariteit en oerknal) waarom het die heelal ‘n ewigheid gewag om te begin?

 Ek wil vir elke van die 6 miljard sterflinge op Aarde sou sê: Ek het vir jou ‘n geskenk: Want eintlik voel ek, Rosalind Franklin helse beknop hier.Daar is vir elke een van julle op Aarde 3 triljoen sonnestelsels. Vat dit.

Nie sterre nie. Nie sterrestelsels nie. Hele sonnestelsels – drie triljoen vir elke mens op Aarde.

Ons sonnestelsel  is net een sonnestel. En die Melkweg sommer ‘n piepklein plekkie.  Dus, die Heelal is baie groot. Dit is ook hoekom die Aliens nog nooit vir ons kom kuier het nie en ook nie sal nie (al bestaan hulle nie).

Die Heelal is 13,7 miljard jaar oud  en is besig om teen ‘n versnelling uit te dy.

“Ons leef in ’n vreemde en wonderlike heelal. Sy ouderdom, grootte, geweld en prag vereis buitengewone verbeelding om te waardeer,” skryf prof. Stephen Hawking in die fantastiese boek A Briefer History of Time. (die makliker weergawe van die boek Brief History of Time)

Een van die verstommendste aspekte is hoe groot die Heelal wérklik is (en dan moet mens ook onthou hy is besig om in ’n versnellende tempo uit te dy).Ek reis teen 100000km/h  en só verloop die reis.
Maan (3,83 uur), Mars (1,09 maande), Saturnus (1,46 jaar), Pluto (6,59 jaar), Proxima Centauri – die naaste ster aan die son – (46
400 jaar), die middel van die Melkweg (323 miljoen jaar), die Andromeda-sterrestelsel – die naaste spiraal-sterrestelsel – (26,9 miljard jaar) en die einde van die sigbare heelal (161000 miljard jaar).  Laasgenoemde is ’n onmoontlike reis, omdat die Heelal eintlik besig is om die hele tyd uit te dy en daar nie grense is nie.

Die Aliens?

Die Wit Koningin het in Through the Looking Glass aan Alice gesê: “Why, sometimes I’ve believed as many as six impossible things before breakfast.”
Lyk my die Wit Koningin het ’n groot gevolg, ook in Suid-Afrika, waar mense in 2006 ’n meningspeiling aangedui het (Huisgenoot) nie minder nie as 25% het al interaksies met wesens van die buitenste ruimte gehad.


Indien ons nie alleen in die Heelal is nie, hoekom het ons nog nie enige seine van buite-aardse beskawings opgevang nie? Dié vraag staan bekend as die Fermi-paradoks, vernoem na die fisikus en Nobelprys-wenner Enrico Fermi, wat eerste die vraag gestel het.

Dit is steeds een van die sterkste argumente teen die bestaan van sogenaamde ruimtewesens. Hoekom kom kuier hulle nie elke dag vir ons nie? Hoekom het ons nog nie een bewysbare radio-boodskap ontvang nie?

Want ás hulle daar is, en dit is nog nóóit bewys nie, kán hulle dit nie doen nie.
Fermi het uitgewys dat die Melkweg sowat 100
000 ligjaar in deursnee is. Selfs al kan die sogenaamde ruimtemannetjies teen ’n duisendste van die spoed van lig (300000km/sekonde) reis, sal dit hulle ’n 100 miljoen jaar neem om die hele Melkweg te kruis. Dit is veel minder as die Melkweg se ouderdom van 10 miljard jaar.So, die reis van aliens na ons deur die Melkweg moes begin het voordat die pad wat hulle moes volg bestaan het. Onmoontlik.
En die redenasie is ook net van toepassing op die Melkweg, wat ’n klein deeltjie van die Heelal is. (En ons ken die Melkweg al baie goed.) Myth busted.