Die sportheld in my

Eendag sal die sportheld in my seker wakker word en begin hardloop. Op skool het ek net atletiek gedoen omdat die juffrou oulik was. My motiewe was duister.

Ek sien dat ek “uitmis” op die fenomeen. Dit gee blykbaar aan almal om my sulke vreugdevolle bondels energie, opgewondenheid, ‘n jipee-ek-lewe-gevoel, dat ek soos ‘n ou brood voel. Daardie verskynsel is: sport.

Oe ek het al probeer, regtig. In 1995 het ek 20 minute van daai game gekyk ek ja wel. En die tweede keer het ek vleis gebraai – wat nie een van my sterkpunte is nie, ek hou daarvan om bedien te word.

Die hele sin van rugby, as ek dit regtig moet ontleed, is baie homo-eroties. Werklik.  Dis fine met my as julle op mekaar wil val, dis effe infantiel.  En in fact uiters grillerig, veral die sweterige dele.

Dis seker oor die samelewing nie toelaat dat mens mekaar hug en kiss nie, nou vind hulle ander plekke om dit op ‘n macho manier uit te leef.

Krieket, of dit nou 10/10, 20/20 of 50/50 is dis fokken boring en die swakste spelers wat die kole uit die vuur moet krap kolf laaste? Nie fokkit. Doef, heen en weer, Doef. Dis net so erg soos tennis. Ek kyk eerder hoe bossies groei.

Sokker is net een groot frustrasie. Hulle skop en skop en skop en kom nerens. En die spelers is sulke primadonnas. Dis weer soos tafeltennis.

Miskien is die punt om te drink, te social en te skree. ‘n Vorm van sielkundige ontlading.

Ps. Jinne ek lees op af.woordpress, ek sien hier is baie nuwe blogs…maar met uitsondering van ‘n paar gaan dit nog maar tragies, tranerig en steeds vreeslik bybelskolerig….

Laat ek maar weer gaan molleer (molleer is wat ‘n mol doen)


  1. Teen hierdie tyd het u seker darem al afgekoel en hopelik sal my kommentaar nie verdwyn uit weerwraak nie. Goed om jou weer te sien. Seg ou Bloedbek🙂

  2. My eie sportself het ‘n stille dood op skool gesterf. Ek kyk rugby as die bokke speel en Super 14 en ek moet nogal saamstem met die social en ontlading aspekte. Dis soms lekker om te skree – sommer net.

    Ek hoop nie jy molleer te lank nie.

  3. krista

    Jy is nie al een nie. Ek het netbal gepleeg op skool tot ek verbied was. Daarna het ek alle ball sense verloor.

    Ek lees eerder boek.

  4. Molleer kink so lekker snoesig! Sal graag wil weet hoe om dit te doen. Stem met sport! Daar is regtig min sportsoorte wat my regtig boei. Alhoewel ek moet sê dat “extreme skiing” is regtig vreeslik opwindend, maar dan is kaal hardloop in die pad af ook net so opwindend. (DWS as jy nog jonk is en kan vinnig hardloop.)

  5. Ek wil ook leer molleer – veral in die winter! Ek kyk net ysskaats op TV😈

  6. PlaasJuppie

    Ek het nie nodig om sport te kyk nie. My vrou laat my toe om te drink sonder ‘n verskoning

  7. Plasie: dit is fantasies dat jou vrou jou soveel vryheid gee🙂🙂

    anne-marie: molleer is ‘n baie unieke tegniek ….giegie

    rustig : ja ek sal vir julle lesse gee in molleer teen afslag-betaling. ek is bly daar is belangstelling. ek is ook meer as bereid om kaal in die pad te hardloop – ook teen betaling.

    charms: ek molleer daagliks. ek het myself verbied om netbal te speel oor dit vir my stupid was dat mens nie met die bal mag hol nie.

    bloedbek: hallo ek koel baie vinnig af.

  8. Die enigste rede hoekom ek definitief weer aan die draf moet kom, is omdat vandat ek opgehou het, ek soos ‘n goeggekniede brood uitrys. Dis fokken scary.

    Toemaar Rosa, ons vergewe jou, nie almal kan laf raak oor sport nie. Dis fine.

  9. BB

    Ek het baaaaaaaie goeie ballsense:mrgreen:

  10. DMI raak ‘n brood….

    BB: whaaaaa! dis die probleem, ek het nie ball sense nie….

  11. Ek “doen” ook nie sport nie. Hou nie van sweet nie en die twee goed hou verband. Ek is altyd in die uitdunne of watookal aangese om vir so en so span te kom oefen, maar het nooit nie, so ek vermoed ek het miskien talente gehad waaraan ek niks gedoen het nie.

    Ek het egter heel vasgevang geraak in soccer fever…

  12. Ek is met jou op hierdie een Rosatjie. Ek verstaan ook nie Gholf nie. Hulle slaan daai balletjie dat hy doer trek, die bosse in, dan spandeer hulle ‘n halfuur om hom te soek en weet jy wat doen hulle as hulle hom uiteindelik kry? Hulle haal alles uit en slaan hom net weer moertoe… huh?

  13. jane: ja sweet…gril!!! ek smaak daai ook niks nie. miskien is jy inderdaad ‘n sportster wat nooit ontdek is nie. LOL.

    Anna; ja! gholf is net so stupid. uur na uur. net sodra jy die bal het slaan jy hom weg. en dis blerrie duur!

  14. Marile Cloete

    Ek kan nooit die sin van ‘n spel verstaan waar jy actually probeer om die bal buite bereik van jou opponent te slaan nie. Dis mos baie lekkerder om die bal heen en weer te slaan as om die hele tyd balle op te tel … Maar o ja, die baljoggies doen dit mos vir die beroemdes.

  15. ‘n Brood…. gmmmfff.

  16. Ek het ook geen ball sense nie, het op skool tennis probeer, maar nadat ek myself ‘n paar keer oor die kop geneuk tydens die afslane het ek die skimp gevang. Ek 4×4 deesdae, tel dit as ‘n sport?

  17. Ja 4×4 tel as sport oor ‘n mens duur equipment nodig het. Skimp gevang….LOL

    DMI-🙂

    Marile: welkom hier op my blog, ek dink nie jy was al hier nie, flip maar my brein is baie in stukke. ek verstaan ook nie dat ‘n mens agter ‘n bal – van alle dinge – sal aanhol/loop nie. ek sal agter kos, geld, of anner goed aanhol

  18. Tel vuvuzela blaas ook as ‘n sport?

  19. Sigeuner

    Goeie donner!

    Ek Google vir `n praatjie oor my sportheld vir gr 3`s en kom toe uit…soose mol wat blind is – hieso!
    Ek sit liewer sonder `n kak oppie lewetrie met `n huisgenoot as om sport te kyk. Rosa, mis jou!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: