Lady Gaga

Dit was jare der jare wat ek na die flou-tee popmusiek en ligte musiek probeer luister het, seker 20 jaar.

Seker die enigste groep met ‘n hoofsanger met ‘n goeie stem was Queen en dan miskien Madonna.

Maar niks het werklik my aandag getrek nie – ek is net te kieskeurig wanneer dit by musiek kom.

En toe arriveer Lady Gaga – uitdagend en kreatief soos Madonna destyds mense na hul asems laat snak het omdat sy durf waag het om die woorde “god” en “virgin” te gebruik. Maar daar is twee verskille Lady Gaga se stem is 100 keer beter en sy maak intens belangrike sosiale kommentaar. ‘n Geleentheid wat die meeste sogenaamde celebs laat verby gaan.

Die oppervlakkige kommetaar sou wees “sy trek aandag”. Nee sy het nie nodig om dit te doen nie, haar stem en besonderse looks doen dit klaar. Dis eksistensialisme op sy beste.

Maar nuwe CD: Born this way, spreek boekdele tot soveel aspekte van die samelewing.


  1. BB

    Sy’s weird. Sy’s wacky en goofy. Sy’s vreesloos. Sy het ‘n ongelooflike presence. Sy het een van dié beste en mees flexible stemme in die bedryf. Sy laat my amper dink aan Bonnie Tyler op steroids. Ek vrek oor haar, haar vibe, haar songs – en dié wat ek nie van hou nie luister ek nie na nie😉
    Moet sê sy laat die 80’s nogal sterk herleef – net met extra oomph – friggin baie extra oomph – maar ja, ek hoop sy kan dit volhou.

  2. Ek sal nou erken ek issie ‘n groot fan nie. Die feit dat sy definitief een van die mees interessante en diverse sangers is, kan mens ook nie miskyk nie.
    Ek moet sê ek hou nogal van Born This Way, juis omrede dit anders as al haar vorige hits is (wat vir my na pretty much dieselfde song met verkillende lirieke geklink het).

  3. Sy rock little monsters, sy was gister aand op Ellen se show en sy is net so anders. Soos BB se, daai stem!

  4. Ek stem saam dat sy nie hoef aandag te soek nie want haar stem trek aandag vanself, maar waarom dan die gogga-maak-vir-baba-bang image – ai tog, kan sy dit nie maar los nie. Ja, ja, ek weet….. ek is lekker outyds.

  5. Aaa Freddy Mercury, laat jy my nou kwaai terug verlang, ek sukkel om van LG te hou, sommige goed is ok maar die meeste is soort van bo-oor my kop, lekker dag vir jou.

  6. BB

    My grootste awesomste konsert ondervinding ooit!!! Queen in die Sun City Superbowl – 1984. Man!! Daai stem (Freddy) is en bly ongeëwenaard!!

  7. Ek is jaloers BB…. sommer BAIE!

  8. Soos Johannes-opraping-Coetzee so is my woorde profeties, (but real in this case). Lady Gaga is IT mense, flipping amazing.

    Ag BB regtig ek is nou so groen, jy weet.

  9. Wip

    Hi Rosie

    Nou kyk die girl doen dit vir my ook …. as ek “Born this way” se volume opdraai kan niemand niks met my uitgerig kry nie. ♪♫♪
    Die song se boodskap is vir my ook nice: aanvaar jouself, wees lief vir jouself maak nie saak wie en wat jy is nie. Maak nie saak wat die samelewing van jou verwag nie.

    So…. deesdae gaan ek gaga!! LOL

  10. Sigeuner

    Goddank ek hoor nie

  11. rosalindfranklin

    Yes Wippie, ek draai hom net so hard,,, doef doef…:)

    Sigeuner???

  12. Sigeuner

    Rosa – ek haat darie ene! Gaga

  13. geskok is ek, maar is okay, jy mag maar

  14. Anoniem

    Ja – die musiek wat ek nog na “kyk” sit ek selfs soms so DOEF DOEF DOEF! Dan is dit sommer AF!
    Vir skok drink mens so bietjie goeie Whiskey op `n ysblokkie, Rosatjie.
    Ek is bly jy`s okay.
    Geniet die musiek waarna jy luister!

  15. Anoniem

    My goeie naam is weggegooi Wilde-Rosie – I`m not soooo Anonamouse!
    Wat het met my gebeur? Of issit net die blog?
    Sigeuner

  16. Ek hoor haar op die radio, maar sodra sy op tv verskyn verander ek nie kanaal – vinnig.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: