Archive for the ‘paleontologie’ Category

Die bewering is dat een hoër taksa kan nie met verloop van tyd ‘n ander hoër taksa word nie? (Makro-evolusie) Aldus onkundige, en veral swak-belese kreasioniste.

In Suid-Afrika hoef jy net die Karoo te besoek om die bewyse met jou eie oe te sien hoe sommige reptiele, na die soogdier-agtige reptiele (Therapsida) en toe die soogdiere ontwikkel het. Nou as dit nie ‘n bewys van evolusie is nie, dan is ontkennig seker ‘n genetiese siekte.

Want een klas van diere het ‘n ander klas geword.

Daar is meer as 20 spesies van net die Dinocephalia-groep alleen hier te vind.

Die gesteentes van die Karoo-supergroep dateer van die Gondwana-tydperk, toe suidelike vastelande een landmassa gevorm het en ook die tuiste van baie primitiewe reptiele was. Dié diere en die soogdieragtige reptiele het die Aarde bewoon nog lánk voordat die dinosouriërs ontwikkel het.

Die superkontinent Gondwana het tussen 700 miljoen jaar en 500 miljoen jaar gelede gevorm uit al die kontinente van die Suidelike Halfrond. Die Agulhas-see het van 500 miljoen tot sowat 380 miljoen jaar gelede ’n groot deel van die hele Suidkus tot by Grahamstad, Vanrhynsdorp en op teen die Weskus bedek (Kaap-supergroep). Die neerslae is gedateer.

Van dié mariene neerslae is tot 8 km diep. Wat vandag Suid-Afrika is, was sowat 300 miljoen jaar gelede oor die Suidpool geleë en ’n groot ystydperk is hier beleef.

Die Karoo-supergroep beslaan vandag omtrent twee derdes van Suid-Afrika (dus is die geologiese Karoo nie dieselfde as die toerisme-karoo nie)/ Die neerslae is tussen 310 miljoen jaar en 182 miljoen jaar gelede afgeset (laat Karboon tot middel Jura).

Die soogdieragtige reptiele van die Karoo kan in vyf groepe verdeel word.

Soogdieragtige reptiele het oor ’n tydperk van 50 miljoen tot 80 miljoen jaar in soogdiere ontwikkel. Van die sigbaarse transformasies is in die oorbene, die kakebene en tande

Die transformasie het begin voordat dinosouriers dominant op die aarde geraak het. Die reptiele en soogdier-agtige reptiele was algemeen teen 250 miljoen jaar gelede. Beide het saam voorgekom. En ons sien hulle le in die betrokke geologiese lae. Vandaar die akkurate datering (wat een vd metodes is)

Teen 251 miljoen jaar gelede was daar ‘n massiewe uitwissing op aarde, aan die einde van die Perm waarin, 90% van alle lewe in die see en 70% van alles op land sterf uit. Wow! So waar op aarde kom die fossiele vandaan? Van die uitwissing! Mens kan dit sien, as jy weet waar om te gaan kyk.

Die aarde het al 5 massiewe uitwissings beleef, elke keer ontwikkel lewe weer uit dit wat oorleef het. Nadat die dinosouriers 65 miljoen jaar gelede in so ‘n uitwissing dood is, het die soogdier oorgeneem.

Evolusie is soos ‘n boom se takke, dit kan groei na enige plek en lei na iets besonders, of self op niks uitloop nie – sou dit onsuksesvol wees.

Vandaar die term dat natuurlik seleksie ‘blind’ is. Kreasioniste wil dit he dat evolusie, volgens hulle misverstaning daarvan, liniêrer moet wees, wat dit natuurlik nie is nie.

Met die verloop van tyd, soos takke van die boom verder van mekaar groei, verander die spesies se embrios in verskillende maniere deur middel van natuurlike seleksie. Maar oorblyfsels van die oorspronlike voorsate sal altyd bly. Dit is hoekom die mens se embrio steeds ooreenkomste met ‘n dier sover terug as die vis toon.

Ons ontwikkel of ‘evolve’ nie van laer na hoër vorms van lewe nie. Dit is duidelik in die ooreenstemmde paaie van die ontwikkeling van die hand, poot en klou geloop het. Seker een van die grootste misverstande is dat evolusie soos die “ekologiese voedselketting” loop met die mens heel bo. Dit nie so nie. Die voedselketting moet nie verwar word met ontwikkeling nie, wat ongelukkig tipies gebeur.

Tans is die soogdier net bo. (Vroeer was die reptiele bo). Maar hy was nie altyd nie en hy gaan heel waarskynlik ook nie daar bly nie. Die volgende era gaan heel moontlik die era van die insek wees.

 

picture-080

’n Pareiasouriër (primitiewe reptiel), pragtig bewaar in die Karoo

picture-060

Humerus van die Dinocephalia-groep (‘n soogdieragtige reptiel)

Hulle lê gelukkig goed weggesteek in die veld, want anders sou elke liewe vandalis seker lankal hulle merk op hulle gelaat het en/of die mooie versteendes net opgetel het, om tog geen waarde daaraan te heg nie.

Gelukkig neem dit ‘n redelike kennersoog om hulle te vind, om hulle onderskei van die landskap waarin hulle rustig  – al vir miljoene der miljoene jare – lê. En soos op die meeste ander plekke op Aarde is fossiele moeilik om te vind en kom hulle op onherbergsame plekke voor. Myle se stap, klouter en sukkel om soms net by ‘n paar verweerde bene uit te kom.

Suid-Afrika is ryk aan fossiele omdat ons onder meer eens deel was van die superkontinent Gondwana. En die Karoo-supergroep (wat 2/3 van SA beslaan) baie, baie fossiele bevat omdat ‘n massiewe uitwissing 251 miljoen jaar gelede plaasgevind het. (Dit is nie die uitwissing wat die dinosouriërs se einde beteken het nie, dit was 65 miljoen jaar gelede).

Daar was ook baie lewe hier op Aarde, met ongelooflike biodiversiteit, van piepklein tot reusagtig. Vleiseters en planteters, voor en na die era van die dinosouriërs. Amfibiese diere, reptiele, soogdier-agtige reptiele (wat uiteindelik aanleiding gegee het tot soogdiere), soogdiere, insekte, plante, visse, voëls. Dit het gewemel.

Onthou ook dat die eerste soogdiere het saam met die dinosouriërs geleef en toe die uitgesterf het, het hulle die dominate groep op land geword.

Die reuse begrafplaas is dus afgeset in groot dele van ons geologie. Maar moenie moeite doen om in Kaapstad en omgewing te loop kap aan klippe nie, dit was diep onder die see gewees. Eers ander kant Worcester en Ceres se omgewing sal jy baie ou diere kry, en dan ook net ongewerweldes en plante.

Gondwana se oseaan het tot by Van Rhynsdorp gegaan, diep land in. Toe Gondwana opbreek (140 mil jr gelede) het die geologie weer verander. Met die reuse plaat-tektonika is berge ook gevorm – dit opdruk, saam met die voordurende opvloei van lawa.

Die vloei van varswater en soutwater, lawa, wat gebeur op die pole en binne in die Aarde se kern, die druk van die Aarde se plate, die skuif van kontinente en vorming van berge en klimaat het veel, veel meer te doen moet hoe dinge vandag dag daar uitsien wat die meeste mense besef.

Die gee die toon aan vir lewe en hoe dit daar uitsien.

Sekere afsetsels (lae) dateer uit sekere eras (epogs/periodes) en waar ‘n organisme gevind word, plaas hom in ‘n bepaalde periode. Indien hy bo op die grond lê kan hy steeds gedateer word uit watter tipe dier dit is en die gesteentes,en area waarin hy gevind is. Jy gaan bv. nie ‘n T.rex in ‘n whitehill-formasie kry nie. En ‘n kameelperdagtige dier van 5 miljoen jaar gelede (soos die gevind aan die Weskus van SA) gaan nie in 8km diep mariene-neerslag gevind word nie, tensy hy vinne het!

Mens kan jou net verwonder aan tyd, diep-tyd en hoe kort ons hier op Aarde is. Dink net lewe bestaan al sowat 500 miljoen jaar op hierdie fantastiese planeet en Homo sapiens, die moderne mens, is maar 200 000 jaar hier.

En hoe mooi verwoes ons alles nie, nogal met ‘n verwaande, arrogante houding: Ons is slim en dit is ons reg. Soveel spesies het weens ons doen en late uitgesterf. Hoe dom is dit nie, ons is maar net ‘n spikkel in die verloop van tyd.

In ‘n gruisgat soos hierdie, dalkies ‘n paar insekte of plante?:

 

Dan kap mens dalk ‘n gesteente in ‘n ryk afsetsel oop:

 

 

Maar ai, die Son brand kwaai en al die “klippe” lyk dieselfde as jy dors is. Kan jy die fossiele hier onder sien?: (omtrent alles is fossiele hier, behalwe die baie geel klippe, is sandsteen)

 

 

Van die tientalle kameelperd-agtige diere (Sivatherium hendeyi) van sowat 5 miljoen jaar wat aan die Weskus gevind is.  Kyk net hoe lê hulle!

 

Deel van heupbeen en groot ook – sowat 250 miljoen jaar oud wat die oorhoofse groep Therapsida.