Landskap

plek2

Die reis hierheen is verder as ver. Dit neem langer as lank. En as “iets gebeur” op hierdie plek dan gebeur dit maar, of jy oorleef dit, of jy gaan dood.

Dit het ek ook self geleer.

Niemand kan jou skielik kom red nie. Soos in regtig. (Nie eens ‘n bad Suid-Afrikaanse staatshospitaal nie, wat luuks hier voel nie.)

Dit is ware ongeskondenheid. Net die berge, klippe en die grond.

En in die ver teen die hange van daai berge bly daar mense. Mense met hulle bokke, beeste, manna,bone en uie. Moet net nie dink dit is ‘n “eenvoudige en rustige lewe nie”.

Dis ‘n harde, swaar lewe. Daar kan jy doodgaan van die honger of dors. Ek weet want ons het afgestap en vir hulle gaan kuier.

Met die sweet wat van jou loop soos stortwater – hier tussen die niks en die nerens.

Waar die reuk van mens, grond, sweet, lot, mis, armoede, rook, bok, meel, snot, tabak, kind en taai hande een ding is. En dit is net wat dit is. 

Pragtig en verlate. Dit is ook dit. Dit is die aarde.

huise


  1. Mooi! Afrika se eie bekoring!

    Behalwe nou vir die sweet wat aftap soos stortwater, sal ek graag so maand daar wil gaan rus. Daar waar mense niks weet van geld en die gejaag na niks …. Ek dink dit sal mens baie goed doen om die annerkant van die lewe te sien.
    Ek is bederf😉

  2. Ek het al gewonder wat ek sou doen as ek woeps! eendag uit die lug op so plek val. Wat sou EK doen om te oorleef? Sou ek enigiets anders doen as wat daardie mense doen? Ek reken dis nie so maklik nie.

  3. Wippie: Ek het nou niks genoem van die vliee wat pikswart en hulle swetterjoele gesit het by die lughawe nie, maar aan die anderkant het ek ook nie oor die stad geskryf nie. Dit het sommer so gesuis soos die vlerkies klap. Maar dis so warm jy sit net soooooo….ehhehehe

    Boendoe: Dit is ‘n wonderlike vraag! Ek dink as mens nie kan vuurmaak en water kry nie, is dit verby met jou.
    Hierdie is aan die voet van die Sahara, ek dink nie ek sal oorleef nie, wel nie vir lank nie. Die malaria sal jou in elk geval uiteindelik kry.

    Die mense bou uiteindelik ‘n mate weerstand op teen malaria, maar wanneer die vroue swanger is verloor hulle alle weerstand en dan gaan hulle en die baba’s dood. Dit is waaroor die navorsing tans gaan.

  4. Ughhh nee Rosie ek doen nie vlerkies wat klap nie😯
    Los maar ek sal dan maar nie vir daai trip wil gaan nie!! LOL

  5. “Waar die reuk van mens, grond, sweet, lot, mis, armoede, rook, bok, meel, snot, tabak, kind en taai hande een ding is.”

    Dis vir my so ‘n mooi sin. Met al ons “veneers” en skanse en sogenaamde verfyndheid is ons ook maar net ‘n tree weg daarvan.

    Ek wonder hoe dit sal voel om so elke dag met dood as jou moontlike metgesel te lewe? En dan lewe jy mos nie, jy oorleef net…

  6. maxie

    En weereens:
    Ons wat tog so maklik kla, het so baie om voor dankbaar te wees.

  7. Nee, Jane, dink jy nie juis dan LEWE ‘n mens nie? Elke sintuig, elke vaardigheid, elke brokkie kennis, word GEBRUIK.

  8. In so situasie word niks vanselfsprekend aanvaar nie!

    Al wat ek kon uitkry met daai laaste foto van jou is WOW!
    Hoop jy gaan meer hieroor vertel.

    Die navorsing is baie interessant en malaria is al so lank ‘n groot probleem. Ek hoop daar kan ‘n maklike oplossing gevind word vir die beheer daarvan.

  9. Daar is eenvoudig net ‘iets’ in jou manier van skryf wat my hart laat ruk!!! Rosa, jy mag maar. Ek weet nie of ek daardie mense moet beny of jammer kry nie, ek weet net ek kan nie gevoelloos staan nie!

  10. Ongelooflike beskrywende stuk! Partykeer dink ek ek wil my foto’s aan jou stuur dat jy hulle vir my kan beskryf.

  11. Sigeuner

    Rosa, aan die voet van die Namib – darie was weer my wereld. Die sand, die sand en nogmaals sand…kan mens glo dit praat ook `n taal? Iets van oeroue stiltes, maar dit praat!

    Watter nasionaliteit woon daar? Waar woon julle! Soos Dassies in die skeure of darem tente of geboue? Of die stad, waaroor jy nie geskryf het nie (dankie vader!)

    Mag jy ons meer vertel oor die navorsing se resultate?

    Iets wat Boerseun nou aan die lewe hou, is MSM. Dit help dat sy imuunstelsel nie die kos wat hy eet aanval nie, maar dit sien as kos. So iets…en dit het sy hele hartfunksie genormaliseer.

    Wat ek wil weet, is of `n swanger vrou se imuunstelsel onderdruk word deur hormone, terwyl sy swanger is?

  12. Sigeuner

    Boendoe, ek wag?

  13. Rosa: Vriend van my se vrou het malaria opgedoen so paar jaar terug. Hulle val al vir jare in Afrika rond. Sedert verloor sy elke slag die baba as gevolg van die malaria. Gelukkig het hulle darem twee kinders. Elke slag is dit omtrent drama. Stop net voor dood se deur. Ek het vir twee jaar in malaria gebied gebly. Die tablette help, maar is ook nie waarborg nie. Kom voor as jy dit gekry het, dan het jy dit vir altyd.
    Ek en vlieë is ook nie maats nie! Ek sal waansinnig raak met vlieëplak.

  14. Oi, Sigeuner! 😳 Dankie, ek sms jou nou. Ek het gedink dit gaan te voorbarig wees om so te aas by vreemdelinge… 😉

  15. Maar laat ek ten minste die posgeld betaal?

  16. Ek wil net gou iets se oor malaria, miskien moet ek maar daaroor blog. Ek chat later weer

    ek hou van MALARONE/MALANIL (atovaquone and proguanil hydrochloride) dit is hakies is die aktiewe bestanddele.

    Dit maak jou mond bietjie droog. Neem dit saams om en by dieselfde tyd saam met kos wat effe vetterig is, soos stukkie brood met botter.

    Mefloquine (Lariam or Mefliam) —- smokkel met ‘n mens se kop. Los uit sal jy nog ooit in jou lewe effe depressed was.

  17. Ek stem saam met daai Mefliam wat met jou kop smokkel! gLAD NIE WEL NIE EN MENS WORD LEKKER SIEK!

  18. Sigeuner

    Boendoe, Boendoe – ek het dan aangebied. Dit is vir my verby lekker om met my plante te speel…en dit uit te deel. Posgeld is so min as R5, ek betaal.

    Rosa, sien uit na die Malaria info.

  19. Sigeuner

    Boendoe, Boendoe – ek het dan aangebied. Dit is vir my verby lekker om met my plante te speel…en dit uit te deel. Posgeld is so min as R5, ek betaal.

    Rosa, sien uit na die Malaria info. Werk Bosluisbytkoors op dieselfde prinsiep?

  20. Hallo daar

    Ek kom net gou `n uitnodiging rig. Ek het op die net ’n lys van Afrikaanse boeke raakgeloop wat ’n ander blogger deurwerk. Die lys het van die beste boeke in Afrikaans sowel as ’n goeie kombinasie van ligte en literêre werke. Nou nooi ek diegene wat wil om saam aan dié leesavontuur deel te neem. Maak gerus ’n draai en kom loer! http://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/

    Groete van huis tot huis

  21. Alta

    Hubby het n ruk in Tanzania gewerk en het ook malaria gekry. Nie lekker nie. het my dood geskrik toe hy bel en se hy is in hospitaal vir malaria.

  22. netjane en boendoe: ek wonder baie oor daai oorleef net. wat beteken oorleef en wat is lewe. wat is wat vir wie? kan jy die lewe geniet as jy swaarkry? of geniet jy klein goed meer? ek weet nie.

    pikkie, jy is reg, mens kan nie gevoelloos staan nie.

    kaalvoete; ai jong die mense is baie weggesteek, ongeskonde. die laaste foto is vanuit hul besnydenisgrot geneem, voorwaar ‘n voorreg vir ‘n westerse vrou om in te gekom het.

    demoerin; dankie ek weetie of ek jou foto’s sal kan beskryf nie!

    sigeuner: die stad is maar ‘n mallemoes gewees, die mense bly in hutte.
    die oorsaak van die fetus/baba se dood is meestal weens anemie van die ma, lae geboortegewig en dan infeksies.
    bosluiskoors is ‘n bakerie wat bosluise oordra en malaria is ‘n parasiet via ‘n muskiet in jou bloedstroom.
    daar is verskillende soorte ‘bosluiskoors’, maar malaris is steeds erger. mens kan tifus van luise ook kry.

    corlia, hallo ek sal kom loer.

    alta: ja dit is maar gevaarlik veral serebrale malaria.

  23. Ek is hier rond, Emil.🙂

  24. It looks like you are a true specialist. Did ya study about the issue? haha..




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: