Archive for Januarie, 2009

Onnosel kaas

Kyk as jy onnosel en seksisties is, dan is jou ossies darem ver agter.

Welkom my die nuwe kategorie: Standpunt.

Jip lees ek toe op die M&G se webtuiste, na aanleiding wat daai ander fopspeensuiger kwytgeraak het oor verkragting en so meer. Die agbare Julius Malema jnr.

Hy is darem is so verlig oor seks, en vroue.

Kom ons gaan koop koeie en koop ‘n klomp vroue. Slag en eet soos jy wil. Wat is die verskil?

Maar toe gaan vra die M&G ‘n paar ander mense wat dink hulle. Amanda Gouws en Lisa Vetten, twee mense dat darem nog in besit is van hulle brein gee hulle mening. En natuurlik past. Bafana Khumalo, kudu’s vir jou en dr. Sarojini Nadar wat ook hoop gee. En ene Kumi Naidoo.

Maar hierdie een wat die onnosel-vrot-kaas-van-die-dag. Haai my, eers dag ek dis ‘n grappie, maar nee, sowaar as ‘n Chappie-feit, dit is iemand se mening.

Mike Mogale, Limpopo
It is known in our societies that younger women are more exciting than older women … they are soft and sexy. Married women tend to be very boring, that’s why we men try to score the young ones. Personally, I think that Motlanthe behaved like a real man. Real African men always have lots of women. Motlanthe deserves a round of applause for being better than Thabo Mbeki. I think it is time we forget about Zuma now and start supporting Motlanthe. He is our new champion.

Luister Mike Mogale – gaan kak.

En dan die stem van rede, uit die donker. En dan vra ons hoekom op aarde daar geweld teen vroue is?

Dit is die manier waarop daar na vroue gekyk word. Hoe hulle geag word. Of eintlik steeds geminag word wat my ontstel.

Het mense soos die werklik ‘n idee wat verkragting vir ‘n vrou beteken? Of bestaan dit nie eintlik vir hulle nie? Of dink hulle net nie daaroor nie. Het hulle nie ma’s, susters en dogters nie?

Ek begin wonder of mense dink, verkragting – om ‘n vrou te forseer om seks te he, is nie ‘n skending van haar regte nie, maar net ‘n deel van die lewe. Of ‘n hard to get game?

Lisa Vetten, researcher and policy analyst, Tshwaranang Legal Advocacy Centre to End Violence Against Women
What do the women’s rights’ activists in the ANC think when Jacob Zuma and his acolyte Julius Malema call for the internment of pregnant teenage girls in education camps? Were all those conceptions the result of parthenogenesis, with no male involvement or responsibility?

Do they — like Malema — think Zuma’s accuser had a “nice time”? And how do they uphold a man whose trial for rape was a textbook illustration of legal sexism? Indeed, some of the discriminatory practices employed in that trial (like the “cautionary approach” applied to the complainant’s testimony, or the negative inference drawn from her delayed report) are no longer permissible in terms of the 2007 Sexual Offences Act.

These are fierce and articulate women who drafted the Women’s Charter for Effective Equality, ensured the entrenchment of gender equality and reproductive rights in the Constitution, spearheaded model national gender machinery, pushed for progressive legislation such as the Domestic Violence Act and the Choice on the Termination of Pregnancy Act and fought for women’s representation in political structures.

How can they stand by so silently while their history and achievements are trampled by the members of their own party?”

http://www.mg.co.za/article/2009-01-30-the-sound-and-fury
(met die nuwe uitleg kry ek glad nie die skakels lewendig nie – kan iemand dalk help)

Advertisements

heic0703a1

Baba’s my kind? O hul kom van ver-ver-ver uit die donkerste van die donker. Uit die diepste van die heelal.

Hulle kom van lank, lank gelede se oer-klein atome. Uit die diepte van tyd, die eerste tyd, die begin van tyd. Die tyd toe die heelal geword het, bestaan het en in glorie uitgeplof het.

Die tyd toe hitte elemente gevorm het, gas geword het, stof geword het.

Die tyd toe sterre op ‘n dag sterrestelsels geword het, in tydsame, tydsame ruimte.

Daar waar hitte, water, son en energie was. En die elemente ryk en swaar, lig en flink deur die heelal gesweef het en doef op die aarde neergeval het in rotste en stukke ys. Toe ons gepeper is met die minerale, koolstof en boublokke van die lewe.

Alles is van alles. En alles was nog altyd van alles.

Ons is wat ons is.

Ons kom van die sterre af.

En eendag sal ons terugkeer na die sterre.

Nuut begin

savant

Nou die dag toe so platsak is, dat ek my Ford Cortina bottelstoor toe moes stoot, toe kry ek ‘n beroering in my.

Ek dag so by my self – die gravitasie trek so swaar aan die drie tyres dat selfs stoot nie meer lekker is nie.

En toe kry ek nog ‘n insig, terwyl ek die VodcaPessionfruitenlemmonade so langs die kar drink – kyk ‘n meisie het haar styl, en dit was terwyl ek die Koran en A Brief History of Time gelyk gesit en lees het – toe besef ek, ek gaan die bloggie ‘n nuwe look gee.

En Boendoe het my ge-inspire om te evolve.

(En nou sukkel ek my gat af om die link lewendig te kry na Boendoe toe!!!)

In alle geval – groete van my vriend Norman Geschwind en sy savant-brakkie. Tot later.

Die lewe na PacMan

In 1980 het ek vir die heel eerste keer ‘n video-game in Durban gespeel toe ons met vakansie was. Dit was meer verslawend as roomys – waarvan ek geweet het, ek kon baie per dag eet.

Ek het nooit, ooit uitgevind hoeveel roomyse ek per dag kon eet nie, want my pa wou nooit my teorie toets, dat dit ‘n fenominale getal sou wees nie.

Maar diep in my hart, het ek geweet: ek is verslaaf aan games speel. Jy gooi jou 20c in, gryp die rooi bal-knop en skiet met die platter knoppies. En een-dimensionele vermaak is joune.

Ek het al my geld gespaar en is die volgende vakansie see toe met ‘n indrukwekkende R80. Ek het ge-PacMan, geskiet, gejaag, gespring, gekarate, en alles probeer.

Die arkade was veiling, Hang Ten was in, die strande was wit en ek het nie daaroor gewonder nie en my ouers het nooit iets gese nie. ‘n Mens het Slush Puppy en Toffie-appels op die strand gekry.

En toe eendag in 1984 speel ek nog so games, ai man. En staan daar nat, kaalvoete in my swemklere en speel. En eie skielik skok daai PacMan my dat ek vir Edison en sy voorvaders aanroep. Dat ek weet elektrisiteit-kak-bestaan.

Dit trek deur daai stang waaraan die rooi-knop vas is, deur my hand en arm en deur my lyf, regdeur my kaal voete. Ek het vir so rukkie nie games gespeel gespeel nie, en nooit weer op daai een nie.

Dit het nooit geweld in my aangewakker nie.

Ek het vakansies games gespeel tot in matriek. Ek het twee games van Nintendo wat in die hand pas. Hulle werk steeds en is mooi opgepas, deesdae is hulle versamelstukke. Popeye en Donkey Hong.

En iets het my pad met games geskei. Laas het Tetris gespeel, dat my oge brang, meer as 12 jaar gelede en toe nooit weer nie. Want die werk het die afgehaal van die rekenaars omdat almal te veel gespeel het.

En toe kry ons ‘n Play Station -verniet. Ek sukkel my vrek met Madagascar! Net sodra het aan die leeu gewoond is, kom die zebra op. Ek sit vas daar waar die leeu so spring op goed op ‘n grot met al die spinnebokke.

Ek 3-D beelde is vreemd vir my. Die eerste keer wat hy so grhrrrrrr in my hand gemaak het, dag ek hy skok my weer!

Ga! Gooi ek hom in die lug op. Wat de?

Daar is te veel funksies. Die hero’s kan te veel doen. Ek verstaan die goed nie. Mens moet omtrent 100 uur net aan die boekie lees.

Het ek my jeug verloor, het die tegnologie my ingehaal, of wat? Is ek die enigste een wat ‘n tikmasjien onthou? Of alles?

Dood van ‘n profeet

Daar word gese ‘n sonsverduistering bring tyding van die afsterwe van ‘n profeet. Dit is nou mits jy in mites glo.

Daar word ook gese swanger vroue moet nie na buite gaan tydens ‘n sonsverduistering nie.

Die son (en maan) is natuurlik sentraal in honderde van die mees antieke gelowe. Daar is mense wat nou nog glo die gebeurtenis het ‘n bepaalde energie en dui ‘n nuwe begin aan.

Maandag, 26 Januarie, sal ons ‘n gedeeltelike sonsverduistering sien. Dit gebeur net elke paar jaar in ‘n bepaalde land. ‘n Totale sonsverduistering kom bitter selde in ‘n persoon se leeftyd voor op dieselfde plek. Dus, dat jy dit in jou eie land sal sien. Dalk net een of twee keer, of selfs nooit.

Kaapstad is Maandag die beste plek om die gedeeltelike verduistering te sien. Dit duur van 07:00 tot 09:30. Maar die maksimum (die beste tyd) is om 08:15 wanneer die son 65% verduister sal wees.

‘n Sonsverduistering vind plaas wanneer die maan tussen die son en aarde inbeweeg en sy skadu oor die aarde gooi. Dit kan net tydens nuwemaan gebeur.
In die meeste gevalle mis die skaduwee die aarde, maar soms net soms, is die hoek reg en kan oor dit op sekere plekke op aarde gesien word.

In 1999 het ons ‘n totale sonsverduistering gesien, waar die beste sigbaar was in Musina.

250px-solar_eclips_1999_4_nr

Dit is natuurlik ‘n wonderlike ervaring. Want dit word vir enkele minute nag, die diere gaan kruip in, die naglewe kruip uit. En as die son weer “opkom” sing die voeltjies en hane kraai.

Moenie na die son kyk deur ‘n ou x-straal foto, sonbril (al is hy hoe goed), foto-negatief, gebrande glas of watookal nie. Net die “eclipse viewers” te kry by die sterrewag moet gebruik word, anders kan jy jou oe geweldig skade doen. Soos in, jy kan jou retina permanent beskadig, sodat jy nie meer kan sien nie, mol-sien.

Om deur ‘n teleskoop of verkyker te kyk, doen jy jou oe nog groter skade aan. Dit is weens die straling van die fotosfeer..

Gaan krap in jou laaie, in 2002 is derduisende van hulle uitgedeel. Of kontak die naaste sterrewag of planetarium. As jy in die Kaap bly, kan jy na die sterrewag of die Iziko-planetarium gaan, waar enige een die okkasie kan bywoon en ‘n brilletjie kan kry, of in JHB word daar by die planetarium ook ‘n patry gehou. Of gaan kry ‘n kyker by hulle. Maar moenie dom wees nie.

Of herlei dit deur ‘n projektor. Of maak ‘n speldkoppie-kamera. Dit is wel veilig.
http://en.wikipedia.org/wiki/Pinhole_camera

Die eerste sonsverduistering wat opgeteken is was sowat 700 v.C. Shame man, die mense moes groot geskrik het destyds.

Die volgende totale verduistering in SA is in 2030 in Durban. En die volgende gedeeltelike verduistering is in 2015 en 2016 in SA.

My patat is rou

Die dag toe hulle daai nuwe oond in ons nuwe kombuis ingesit het, het ek geweet ek sit met ‘n probleem. ‘n Groot een.

Liefie se nogal: “Kyk die wonderlike oond wat ek gekoop het. Hy was duur. Dis een van die beste oonde op die mark. Hy het X gekos.”

Buite op die stoep staan die ou oond. Die ene waarmee ek darem mayo-blatjang-hoender kon maak. Ek kyk verlangend na die ou oond.

“Oe, ja. Defy, nogal. Sjoe lyk mooi,” mompel ek angstig. Voor my staan die sogenaamde warmtestromingsoond (convection oven).

Oe kak, dink ek by myself, wat gaan doen??? Ag help my net. Kom net in die nag, slaan my met ‘n tower-houtlepel oor die kop. En, as ek wakker word, moet ek ten eerste kan kook, en ten tweede met die betrokke oond kan kook.

En die oond staan in die kombuis, al vir meer vier maande. Ek is te bang om te kook. Ek verstaan nie die flippen boekie nie. Dit praat net van baking en ek wil niks bak nie!

Ons eet soos wilde honde. Bietjie hier, bietjie daar. Ek eet in alle geval al my hele volwasse lewe so. Soms eet ek soos ‘n jagter, stop myself vol en dan vir lank nie. Ek kan ‘n dag sonder kos bly. Of langer.

In Desember braai ons vleis. Sit die vleis in die lou-oond se iemand. “Ons het nie ‘n lou-oond nie,” se ek.

“Ons het!” se liefie.

“Oh!” se ek verbaas. Dan het ons seker een. Ek sukkel seker tien minute om die knoppie vir die lou-oond te kry. Ag vader.

En toe die week, probeer ek groente bak. Die vleis is al lankal gaar toe wil die goed net nie.

“My patat is rou” se liefie.

“Ek weet. Al my groente is rou. Ek het vir jou die kleineres gegee wat gaar is, ek het die groter stukke gevat. Alles is rou.”

Dit na ‘n flippen uur en ‘n half op 190 grade op baking met die flippen wonderlike warm fan aan. En dit se jy hoef nie die oond te pre-heat nie. He?? Ek verstaan dit nie.

As ek kinders gehad het sou die welsyn hulle kom vat het oor hulle net weense worsies, brood, kaas, koffie en eiers gekry het.

Nee wat, ek kloon eerder ‘n hoender wat homself gaarmaak vir aandete as om te kook.

huis2

Toe, erken dit, jy lees of Huisgenoot, of You. Ek weet jy lees dit.

Jy kritiseer Huisgenoot vir die “gemors” wat daarin is. Die sogenaamde sensasie, die paparazzi-foto’s, die allervreeslikste indringing van mense se private lewe, die smet en slet, die drama en moord.

Maar hoe op aarde weet ek en jy dit is daarin sonder dat ons dit lees, of dan na bewering “net in die dokter se spreekkamer daardeur blaai”. Dan is ons baie siek, want ons weet altyd wat daarin staan. “Het jy gehoor…?”

Ons loer na alles wat Charlize Theron en Brangelina, doen, selfs as hulle met met die honde gaan stap – danksy Huisgenoot. Ons weet watter rokke hulle en die ander sterre dra. Ons oooeee oor die baba’s.

Danksy Huisgenoot het ons elke liewe oomblik van prinses Diana se lewe en dood gevolg. Van die verlowing en troue, tot die babas, die trane, die reise oorsee, die egskeiding en die begrafnis. Ons het almal lank na al die kiekies gekyk. Het ons nie? Met SA se isolasie destyds sou ons min gesien het van haar. En ons was gek oor haar, want sy was mooi om na te kyk. Ons het dit nie in die Vrye Weekblad of Mail & Guardian gelees en onsself voorgedoen as intellektuele nie, het ons?

Vreemde operasies, vreemde mense, common-troues, glinster-troues, mense met twee koppe, diere met twee koppe. Oe, al die Mej. SA’s, onthou? Dit eerste in Rapport, die Mej. SA, maar ons het haar gevolg vir die res van die jaar in Huisgenoot.

Elke keer as ‘n monsteragtige reeksmoordenaar of iemand wat sy gesin vir jare lank verkrag of almal uitwis, lees ons dit vlugtig in die koerant. Maar dit is die Huisgenoot wat vir ons die sappige detail gee. Die “wat het nou eintlik in die huis van horrors” gebeur. Erken dit. Jy lees daai artikel, elke woord.

Ons lees dit alles en voel dan skuldig dat ons dit eintlik geniet het. Hoekom, dit is nie nodig nie. Dit is ‘n doodeenvoudige refleksie van die lewe daarbuite en wat aan’t gebeur is.

Dit is sosiale antropologie weergee in woorde en foto’s.

huis1

Hoe lekker is dit nie om te lees dat Steve  Hofmeyr, of enige ander celeb ook maar voete van klei het nie. Dat beroemdes sukkel met dieselfde dinge waarmee ons ook sukkel nie? Om te bevestig dat Hollywood-sterre maar ook net mense en nie gode is nie. Dat arme Britney eintlik aan ‘n psigiatriese siekte ly soos miljoene ander nie. Dan voel ons skuldig dat ons beter voel. Weird.

Dwelms, drank, depressie, seks, skinder, siekte – dit is so real. En wat van al die sappige detail van Jurie. Mmmm?

Huisgenoot se direkte verkope staan tans op 318 128 per week en You op 196 732 per week. Nie per maand nie, per week.

Dit gee Huisgenoot meer as 1,2 miljoen per maand en You meer as 780 000. En onthou, dit is net die verkoopsyfer (sirkulasie), maar nie die leserstal nie. Soveel as ses mense, volgens die ouditburo vir sirkulasie lees aan een tydskrif.

Miljoene mense in die land lees dus Huisgenoot en You. Dit is die grootste suksesverhaal in tydskrifgeskiedenis in hierdie land, maak nie saak wat in hom is nie. En om te se ons lees hom nie, is ‘n leuen.

Mense koop met hulle beursies. Hulle sal hom nie koop as hulle nie hou van dit dat daarin is nie. Punt.

Ons hou van die smet, die drama, die details, ons hou van die seksskandes en die pyn. Want dit is in ons aard. En bowen alles, ons laaik, oh ons is lief vir skinner.

Niemand sal betaal vir iets wat hy nie geniet nie.

Mense gooi hom seker nie weg nadat hulle byna R12 daarop gespandeer het nie. Dit is die lesers wat hom maak wat hy is, anders was sy deure laaaaaankal toe.

Om te se ons is nie lief vir Huisgenoot nie, dat dit nie dekades al deel van SA is, soos wors en mielies is, is ook ‘n leuen.

Ek kan myself oulik hou en se, ek koop net Visi. Ja? Hulle verkoop maar slegs 19 000, elke drie maande. Sarie het sy op en af in ‘n sterk mark en Weg trek 65 000 per maand.

Ek se nie die inhoud is goed nie, dit is nie die punt van die inskrywing nie, ek se bloot spoke kan nie die tydskrif koop en lees nie.  Die inhoud is, ja wel…Of wil ons beweer dit is soos met die destydse Inligtingskandaal en die Citizen, die regering koop die tydskrif op en dump dit iewers? Ha-ha!

En hulle joernaliste? Is net gewone mense. En laat ek julle maar vertel. Baie van die celebs wie se privaatheid kastig so binne gedring word, verkoop hulle foto’s en stories aan die Huisgenoot.  So ook baie ander mense, moenie dat julle harte bloei nie, iemand se bank-balans groei.

Moenie jammer voel vir hulle nie. Steve (en ander) het die media, insluitend, net so goed gebruik om sy boek (en loopbaan) te bemark. Kyk maar uit vir die woord: eksklusief, dan kan jy maar weet. Veral as hulle trou of  baba’s kry.

Celebs se loopbane sal ineenstort, van hulle se loopbane sal nooit begin het nie, veral in die land, sonder die Huisgenoot nie. Glo dit maar.

Ons is lief vir Huisgenoot. Ek weet ons is.

huis3

Ja, ek lees die Huisgenoot, maar ook Time (ek wissel dit al om die ander jaar met Newsweek af), National Geographic, ek het Insig gelees, maar vind De Kat en Visi pynlik snobisties, ek lees ook Scientific American, soms New Scientist en Scientific American Mind en klompie joernale wat nie tydskrifte is nie. Ek lees nie lipstick- en koekbak-tydskrifte nie.

Die inskrywing wat my die idee gegee het hiervoor is: (met dank)

http://oordose.wordpress.com/2009/01/13/steve-en-die-illiterati/

Seker een van die mooiste woorde vir my is “solitude”.

Seker daarom wat een van die pragtigste boeke wat ooit gepen is, uit die kop die van een van my gunsteling skrywers, Gabriel García Márquez (80), dus met die gepaste titel: One hundred years of solitude, is.

Die boek handel oor die fiktiewe dorpie Macondo in Suid-Amerika en sy mense, meer spesifiek verskeie generasies van die Buendía-familie.

Die mistieke realisme waarin hy skryf vang jou vas in ‘n wereld waarin jy wonder, bedoel hy wat hy skryf of nie? Die skrywer het my jare gelede vasgevang in sy greep en ek sit steeds gemaklik in sy arms. Die tema van “solitude” is in die meeste van sy werke.

Dit is nie eensaamheid, of afsondering nie. Dit is iets anders. Amper iets wat stilstaan in tyd en eens is daarmee. Stil en rustig maar wetend.

In 1982 het hierdie Colombiaan,die Nobelprys vir Letterkunde gewen.

Daar is ook Chronicle of a Death Foretold; Love in the Time of Cholera (wat verlede jaar in ‘n fliek omskep is); Nobody Writes to the ColonelOf Love and Other Demons; In Evil Hour, Leaf Storm meer.

curry_gabo

(Foto: Patrick Curry)