Wat ek is

ek is nie ‘n apologeet vir dit waaraan ek glo nie.  maar is ook nie in die bekeringsbedryf nie. lees mooi, want ek is eerlik.

ek kan nie stilbly,of lieg, omdat ek vrees, of voel die res dink nie soos ek nie. sou ek dan ‘n bok in die skaaptrop wees – dan is dit maak ook goed so. ek eet dieselfde gras. maar ek sal nie wol dra net omdat dit mode is nie.

ek het ook nie ‘n probleem met die skape nie, maar dit beteken nie ek mag nie hulle gewoontes bevraagten nie. dit is nie dieselfde as slegse nie.

ek sal ook nie soos hierdie ene sit en pap eet as die klokkie lui nie, want ek glo nie blindelings nie. ek ontleed en ek analiseer. en ek hou van leer. ek glo nie dinge net omdat almal dit glo nie en daarmee probeer ek ook nie ‘n “slim” statement maak nie, dit is net hoe dit is. dit is wat ek is.

ek wonder oor goed

m-dogmagfinp

ek hou nie van dogma en ideologie nie. dit maak nie vir my sin nie. ek verskil van mense. en wat ek die minste van hou is mensgemaakte reels en regulasies wat histories ingebou is in gelowe (baie keer om politieke en magsredes) en dan afgesmeer word as oorspronklike heilighede. mense verloor trend met geskiedenis en feite. met konteks en die holistiese.

ek hou nie van onderdrukking, skending van mensregte en oorlog nie en dit word herhaaldelik gedoen onder die vaandel van geloof. ek het diep probleme hiermee.

s-mykarmamydogma

die lewe is hier en nou. net so. ek deal hier en nou daarmee, alleen. net soos die miljoene mense wat swaarkry sonder rede en op allerhande wrede maniere sterf. sommer derduisende op ‘n slag, niemand het ‘n plan met hulle nie. dis net wreed en dis hard. of dis lekker en alles is net nice, of dis so-so, en dan is jy dood.

dit hang af hoe die dice vir jou val.

dis ‘n deel van hoe ek voel en wie ek is. oop en bloot.

dit is ‘n deel van wie rosalind franklin is.

Vir oulaas vir die Pous:

s-abstinencemakes2

ps. en ja ek lewe ‘n moral lewe, glo baie so.  is okay as jy my nie laaik nie.


  1. amen. en ek like jou baie! meestal!

  2. Ek laaik jou ook, sommer net oor jy jy is reg🙂

  3. Jy is die persoon wat my laat dink, lag, laat huil en wonder wat op aarde! Die persoon wat my altyd laat terug kom vir nog ongeag wie ek is en wat ek glo.

  4. Ag vrek, Rosa, kan jy my dalk loop red uit jou spam boksie, seblief

  5. ELF

    Jy praat en mense luister.

  6. maxie

    😆 vir jou laaste boodskap aan die Pous!

    Roos, net vir die rekord: ek laaik jou baie.

  7. (((((Rosa))))
    En dit alles het ek klaar geweet! 😉 Baie special en vreeslik bemoerd 😆

    Ek vra vrae vandat ek my oge die eerste dag oopgemaak het!
    My eerste skreeu geluid, was “hêêê????, hoekom???? moet ek hier wees ???? ek wil nie, julle het my op die verkeerde planeet gedrop”

    Solank iemand die lewe die beste lewe as wat hy kan doen is alles reg. Ek het geen regte om ander mense voor te skryf, niemand het. Ek glo in leef en laat leef!

    Ek glo van onlangs af weer aan Jesus, maar ek mediteer en hang aan die Dalai Lama se lippe. Mens wat ‘n “pure” mens Ek lewe roekeloos, onveranwoordelik en sonder goedkeuring
    Dis my lewe en ek is alleen verantwoordelik daarvoor, ek soek, leer, ondersoek, dissekteer en geniet. Ek verander sommer van koers ook as ek wil😛

    “Hier is ek… dis wie ek is” Come, come with me to the dark side?? whahahahaha

    Aangename kennis Rosalind Franklin! Ek like jou!

    mmmmmm ek eet paashasies!

    ps: ‘n vreeslike slim fisikus het eendag vir my gesê: Daar is vir almal plek in die hemel, wat hulle lewe mooi gelewe het!
    Ek kry jou eendag op die maan Rosie! 😉

  8. Eurphoria

    Wat rook jy rosalind franklin? Voetpoeier? Grandpa? Ek dink jy het die hotz vir die pope. Elke keer na n droe mastrubasin, braak jy so gal oor ou benji. Ag, nee shit, pik by. Wetenskap soos beoefen deur dom wetenskaplikes is die oorsaak van die peste en plae wat ons op aarde swaar laat kry. Ek kyk na die foto van die brandmaer kindjie wat voor oorgeboee wag vir verlossing met die roofvoel agter haar en ek wonder. . . . sit die voel en wag dat die kind doodgaan sodat hy kan voer of omdat hy die kind wil misbruik. Wipneus ou draai mantel, weet jou teddie waar speel jy rond?

  9. Rosalind, dink jy steeds daar bestaan geen vermiste skakel tussen aap en mens nie?

  10. Ag nee, Eurphoria (moes dit nie Euphoria gewees het nie?), dis flippen kru en in swak smaak. Ek stem ook nie altyd saam met Rosa nie. Soms se ek dit; ander kere hou ek verby. Kon jy dit nie anders bewoord het of eerder jou snater gehou het nie?

    Sorry, Rosa, maar ek is sommer de bliksem in.

  11. whahahaha hier het ‘n “malle” uitgepeul!! “Euphoria” weet jou ma jy is hier?

    Dit kan nou net een van 3 dinge beteken:
    Of jy het te veel bottie gevat!
    Of jy is ‘n kind!
    Of jy is te oneerlik om onder jou eie naam kommentaar te lewer.
    (Ek dink en weet natuurlik dis laasgenoemde, stay out of my way!!! jou vieslike ding. Want hoe weet jy my man se naam is Teddie, jy is ‘n ou blogger wat oneerlik en agterbaks is)

    Ek vertel vir jou dat my Teddie nie my oppasser is nie. Maar ja, hy weet waar ek rondspeel! Nie dat dit enigsins ‘n onopgevoede, onmanierlike, walglike persoon soos jou aangaan nie!

    Hou by jou leuse skoenmaker! Hierdie is nie die tipe blog wat mense soos jy sal interesseer nie. Jy sal eerder by die kinderblogs wil gaan uithang!! Gaan soek jou smarties, hulle het verloor!!

    Rosa, blok die “kind” se IP adres!!! My hart sal dit nou hou nie!!

  12. Rosa ek waardeer jou eerlikheid, en soos Wipneus ook se^, ek het dit lankal geweet, en ek laaik jou nogsteeds. Natuurlik stem ek nie met alles saam wat jy se^ nie, maar solank jy dit so aanvaar en my toelaat om van jou te verskil wanneer ek wil en nie vir my daaroor kwaadword nie gaan ons nog lank lekker saamgesels en redeneer.🙂

  13. Sammi

    Rosie – jy is “n bit of orraait” soos Boends se man haar noem. Jy kruip nie gai vir aanvaarding nie en jy is nie polities korrek nie. Ek geniet jou ook want jy het ‘n passie vir waarin jy glo en is baie beslis nie apaties teenoor mense en die lewe nie.

    Bring it on!

  14. Eurphoria: ek dink jy is een van die bekende bloggers/of iemand wat op blogs kuier, iemand wat ons almal van weet, en jy is lus om my sleg te se, maar jy is te chicken om dit onder jou eie avatar/blognaam te doen. Jy het nie balls nie en is eintlik ‘n lafaard. Jy wil nie jou “goeie naam” besoedel nie. So pie off.

    Emil: LOL met daai “meestal” klink jy soos die baas hier by die huis.

    Elf, lekker om jou weer te sien.

    Maxie, ditto😉

    Wippie, jy weet als want jy is skerp. Ek kry jou eendag sommer op mars daar waar die groot paashase woon.
    Maar ernstig, is waar mens moet net lewe.

    Boendoe: ek het hoe agting en waardering vir jou. ek hier hoef jy nie sorry te se nie😉

    Wippie, ek sien jy dink ook wat ek dink oor die ene wat hierbo gekomment het;)

    Flippie, ek hou van debat, en het nog nooit vir JOU kwaad geword nie. Jy mag maar met my verskil, ons sal nog lank saam kuier.

    Sammi, ek bly jy het kommentaar gelewer, ek het net soveel waardering vir jou passie ook. Ek het jou passie voel in jou posts en ek laaik dit.

  15. Ek weet nie hoekom het Sonkind en Rustig in Spam gaan le nie, maar daai ander apie het wel deurgekom.
    Rustig: wat ‘n mooi paar woorde, dankie
    Sonkind: ((dankie))

  16. Luister, Euphoria, soos jy in jou nuwe kommentare jou tikfout reggemaak het, ek het jou twee latere kommentare delete, want dit is nie relevant nie.
    Totsiens.

  17. Mefri

    ((((((Rooskindjie)))))) Jy is kosbaar.

  18. Hoe boring sou die lewe nie gewees het as ons almal met mekaar saamgestem het nie…
    Ek het nog altyd jou blog geniet en sal dit nog lank geniet!

  19. Mefri bly om jou weer te sien

    Kaalvoete, inderdaad, en ditto met jou blog!

  20. Sigeuner

    Rosa-wilderosie
    Van die begin af, seg ek mos – hieso leer ek, nogals…
    Jy se dat jy op 16 ontnugter is – ons het iets in gemeen daar, maar met my het dit nog nooit opgehou nie. Naiewe ekke, word by die dag ontnugterder. Die leerdery maak my soms vrek bang, soms lekker lag, soms debliksimsin, soms net moeg. Die laaste week se leer het my amper verby skytbang, ek`s egter weer oraait en al die sweet afgevee. Maar ten minste is ek BEREID om te leer.

    Jy vertel dinge hier wat ek graag WIL lees/leer. Ek ken nie altyd die verskil nie – voel soms verward, soms gelukkig as ek iets snap. Jy vertel dinge hieso op `n styl wat aangenaam verteer.

    Soms, lees ek iets – tong in die kies en weet net – bingo! ek voel ook so. Die tong-in-die-kies skrywery al is dit soms erg ernstig.

    Dis helemal oraait hieso,
    Jy`s helemal oraait, net so – soos jy IS.

    Groentee Sigeuner

  21. As een mens ‘n ander laat nadink oor iets wat hy nog altyd as evangelie aanvaar het, kan dit net goed wees. Hy mag weer uiteindelik tot dieselfde slotsom kom, maar ten minste weet hy dan waarom hy dink soos wat hy dink. En jou blog is een van die wat daarin slaag om mense te laat dink. Dankie.

  22. Ek laaik jou nie net nie, ek smaak jou sommer stukkend!

  23. BB

    Die siel van ‘n ou man en die hart van ‘n kind… dis wie jy vir my is, Rosie – en als van jou binne-in is ‘n duet tussen dié twee: eeue-oue wysheid en onskuldige blink-oog verwagting – dalk moet die ‘ou man’ soms net bietjie terugsit en die ‘kind’, kind laat wees?😉 x

  24. Sigeuner – tong in die kies ja….:)

    Netjane – ek dink Netjane is my tweeling-sussie wat met geboorte van my geskei is regtig!

    Nelba – sowaar en dit kry ek by almal van julle se blogs ook.

    BB– ek is kind, ek is mal oor speelgoed.😉

  25. Mens kan mos nie altyd ooreenstem nie. Dis heelemal onnatuurlik. Maar omdat jy altyd reguit is like ek jou ook baie!

  26. Euphoria

    Jy is reg shit. Ek het nie balls nie. Wou jy daarmee gespeel het? Wha ha ha ha ha ha ha. Die ware intellektuele wetenskaplike is openlik homosekueelg Het ek daai ene gemis? Ek wonder of al die klipchristene wie so met jou saamsten God agterna gesmeek het om hulle te vergewe dat hulle hom verraai om met jou saam te stem. Ek kan my die beeld optower, hoe die hele klomp soos honde pens ontbloot voor jou voete le vir goedkeuring. Dis om van siek te word. fucksakes. Ja ek is kru. maar gaan jou nie dien nie. Jy moet besweer word. Met kragtige water, varkspek en duiwelsdrek. Jy en almal wat jou ten gunste van commen sense aanhang en God se aanhangers daardeur bespot.

  27. Liewe Euphoria,

    Wie is jou God? Sal jy so voor Hom ook praat?

    Ek het ‘n vermoede jou God is nie my God nie. My God het gese die oordeel kom ons nie toe nie. My God is lankmoedig en vol liefde. Hy verdra baie.

    As jy wil beweer ons God is dieselfde, sal ek weer my opsies moet bekyk. Ek wil nie ‘n God aanhang wat mense aanspoor om haatdraend en venynig te wees nie.

  28. Ag nee, Rosa, nou moet jy myne ook maar delete. 😉

  29. Sammi

    Moet ek, moet ek nie, moet ek??
    Hmmm JA! Ek moet!!

    OUCH Euphoria, watter nut probeer jy hieruit kry? Laat gaan man, dis in uiters swak smaak!

  30. Mefri

    Euphoria

    Jy het duidelik ʼn totale wanbegrip van wat ʼn volgeling van Christus (Christen) behels. In Lukas 7:37 kan jy gaan lees watter soort vrou het Jesus se voete gesalf en hoe Hy haar hanteer het. Gaan lees ook in Handelinge wie en wat Saulus was voordat sy naam na Paulus verander het op die pad na Damaskus en as jy dink dat jy rein van hande en van gees is, tel die eerste klip op en stenig maar dan vir my ook, want ek is vleis en bloed en ver van volmaak af.

    Liefde is die kerngedagte van Christenskap en nie beskuldiging of veroordeling nie. Lees jou kommentaar en pak ʼn smartie op jou bord vir elke mooi opbouende en deugsame gedagte wat JY in elkeen van jou woorde vind.

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop…… « Demoerin se Wêreld

    […] doen – dus liefde bewys. Elke mens het maar die soeke na aanvaarding, maar moet jy dalk nie eers jouself vind […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: