Archive for November, 2008

Meneer by die mark

Gisteraand is ons by ‘n tipe funksie – later moet ek na die toilet, sien hier is westerse toilette – soos in ‘n troon, maar die plaaslike vroue gebruik dit anders. Hulle mors ‘n weens geloofsredes. Daar staan so ‘n kettel langs die troon en dan was hulle. Dus is alles ‘n gemors op die vloer. Maar ek moet PP.

Dus sweef ek oor die toilet soos superwoman en zip gou toe. Uit met die  Detoll Hand Sanitizer wat ek sommer orals smeer, net ingeval iets besluit om op my te spring.

‘n Vlaag muskiete volg my oral waar ek gaan, so ‘n grys wolk. Hulle smaak wit bloed om een of ander rede, want hulle draai glad nie om die plaaslike bevolking nie, maar ek is soos heuning vir ‘n mier. Tabard? Werk so 20%.

Laat die malariapille asseblief tog net werk, asseblief, want anders sal die groot koors my verseker kry.

img_0208

 

‘n Tuareg-musikant

Vandag besluit ek en my toevallige reisgenoot om na die mark te gaan. In die middestad is ons die enigste wit gesigte. Maar die mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam.

Die verkeer is ‘n georganiseerde chaos en die groen taxis waarin die gewone mense ry, stop vir jou sodat jy oor die pad kan loop! Hulle val omtrent uit mekaar maar hulle ry.

img_0220

Drie van die groen plaaslike taxis en motorfietse wat baie gewild is.

Die mark is ongelooflik, maar baie, baie duur, maak nie saak hoe jy stry oor die pryse nie, aangesien die kuns wereldwyd hoogs uniek en gesog is. Sodra jy jou voete in die mark sit storm die handelaars op jou af trek jou aan die arm en pleit by jou om na hulle winkels te kom.

Hulle hou nie een oomblik op nie en hoe meer jy verduidelik jy wil eers rondkyk en dan besluit hoe meer probeer hulle jou oortuig. Orals le honderde slang- en akkedisvelle wat hulle brei om handsakke en beursies van te maak, asook krokodilvelle. Dit was vir my nogal erg. Ek het ‘n luislangvel gesien van seker drie meter. Baie mooi leersandale, maar baie duur.

Mens kan geen foto’s neem nie, weens geloofsredes is dit sonde om ‘n beeltenis te maak, al die kuns is animalisties. Sover was al my foto’s nog steelfotos.

img_0229

Moet my nie afneem nie, keer die man op die motorfiets. Kort daarna het ek in die taxi gespring.

 

By die mark koop ek ‘n Tuareg-hooftooisel vir R450. Ek hou van die wat die mans dra. Dadelik begin die handelaars my as monsieur aanspreek en ek bly meneer in hulle oe. En twee bronsfigure, ‘n onmoontlike prys na ek onderhandel het. Daarna het die mense so my uitgemergel ek kon net nie meer nie, twee is agterna tot in die taxi.

img_0218

Die vrugte en groente mark.

 

More le die Sahara voor, nog warmer en onbekend. Nog meer vreemder as die stad, oop vir ontdek en ervaar.

Advertisements

Kosbare water

Ek dink nie ek sal ooit weer na kraan oopdraai en die kosbare, kosbare vloeistof van die lewe wat daaruit loop nie waardeer nie, nie as jy eers dors was nie.

Sedert ek hier aangekom het was my mond nog net droog, was ek nog net dors. Uiteindelik het ek ‘n taxi-drywer opgespoor saam met ‘n kollega (wat ek pas ontmoet het) en gevra: Neem ons net na ‘n winkel/spaza dat ons elkeen ‘n kis gebottelde water kan verkoop. Dankie tog.

Die vlugte hierheen, na Wes-Afrika se mees onbegonne streek, een van die armste lande ter wereld, het ons ‘n volle 24 uur geneem. Die koffie, halfpad in Nairobi het drie Euro gekos. By die hotel aangepas was ek ontwater, ek het twee liter kosbare water gekoop in die hotel vir twintig dollar, ek het nie omgegee nie, solank ek net kan drink. Water, water! Ek het die bottel oor my mond gebring en die yskoue water het teen my keel afgegly, die water in die kraan kan ek nie eens mee tandeborsel nie, sonder ek ek bitter siek sal word nie.

Ek het nie siek geword van die vreemde stuk steak nie, So alles wel.

img_0193

Die uitsig vanuit my hotel-kamer, 3ster. Orals is halfgeboude huise. Maar die mense is vriendelik, behulpsaam en glad nie aggressief, soos ek SA ervaar  nie. Ons kan baie leer van medemenslikheid.

Die oorlog oor water sal nog in ons leeftyd kom. Dit gaan hel wees, hoor ek vanoggend by ‘n kenner.

Die hitte slaan my soos ‘n oop oonddeur, ek soek al weer water (dit was voor ek die boks met 12 bottels water gekoop het). Ek stap na ‘n straatverkoper, en wys met handgebare ek soek gebottelde water, hy verstaan gou en wys ek moet saam met hom kom. Hy neem my na ‘n donker klein kafee waar ‘n vrou twee bottels water het. Ek wys ja, ek soek dit, ek vra die prys. Sy verstaan nie,

‘n Soldaat met ‘n outmatiese geweer noem die prys, dit is ‘n tiende van die hotelprys, ek koop dit en se dankie met ‘n handeklap en glimlag.

Ons wag op die president. Daar is tientalle soldate met outomatiese gewere. Dit voel soos ‘n militere regime, maar dit is nie. Ons word almal toegesluit in die saal en niemand mag in of uit terwyl hy praat nie. Dis erg om mans en gewere rondom jou te he as jy nie die taal kan verstaan nie. Ek besluit om nie die banket vanaand by die woon nie, want meneer president gaan weer daar wees en ek sien die kans om weer onder geweer-begeleiding te eet nie.

Ons is vanoggend hoeka by die hotel opgelaai met die einste gewapende beleiding, loeidende sirenes en dwarsdeur die stad geneem terwyl alles tot stilstand gekom het. Weird.

Die dansers, met hul animalistiese geloof, antiek en vreemd is egter fassinered, Later gaan ek in die woestyn trek om hulle by hul tuistes te besoek. Maar hier is ‘n voorsmakie:

img_0203

Jammer die foto is gedraai, maar ek het nie ‘n idee om hom reg te kry nie.  Die maskerdans sal ek nog sien honderde km ver die woestyn in, volgende week.

img_0199

Die polisie, die weermag kon ek nie afgeneem kry nie, dit is verbode, en dan natuurlik die dansers.

Tot wederom.