Archive for Junie, 2009

‘n Breukie

krbbjw

Rosalind Franklin met vakansie in Tuscany c.1940’s .

(Foto: LuzzatiVittorio. Uit die Rosalind Franklin Papers: National Library of Medicine. http://profiles.nlm.nih.gov )

Advertisements

Lank terug

was dit hoe dit was:

Wimpy

het  soms ontplof toe ek klein was, maar ons het steeds daar gaan eet….ons het gewag vir die Boom! wat nooit gekom het nie.

 

Reuk

… van my pa, al het my ma eintlik maar alleen na ons gekyk

 

2 vir 1c

as jy baie in die mond het,  is alles sommer later een groot-groen-bol

ryk en lekker

al die terugdink het my vanaand sommer hartseer

 

Die wonderlike klanke is te vinde en met erkenning aan:

http://www.springbokradio.com/index.html

Die primaat en die genie

einst1

Die twee het my laatnag vereer met ‘n gesprek, die genie en die primaat. Normaalweg staan Einstein saam met Marilyn Monroe, haar rokkie waaiend in die sintetiese wind, maar nie die keer nie.

Primaat: Almal van ons is diere – die mens ook. Die korrekte stelling is dus: Die mens en ander diere. Of die mens en ander primate, sou jy die groepie wou vernou.

Einstein: Die mens is ‘n dier.

Primaat: Is dit dus relatief?

Einstein: Nee! Die taalkundige begrip relatief en die wetenskaplike begrip relatief is 2 verskillende dinge. Dit is seker een van die groot misverstande van my werk. “Alles is relatief,” het niks met my en my werk (die spesiale en algemene teorie) te doen nie. Gaan weg.

Primaat: Ek kan nie, ek sit nou hier. Okay het jou: Gravitasie en ruimte-tyd.

Einstein: Wat maak jy met die skedel?

Primaat: Dis ‘n betragting. Soos die perde in Homer se Odessey. Die dier is baas en die mens is die slaaf. Of dus ‘n rewolusie soos in Animal Farm – hang af hoe jy daarna kyk. Die regering van die mens-dier moet verander.

Einstein: Dalk is ons besig om met afwaartse regulasie te de-evolve. Sedert die Era van Verligting was briljante gedagtes maar beperk tot ‘n paar individue. Ek sien die mense daar onder het net rekenaars en ‘n www om te wys as totaal en al nuut.

Primaat: En ‘n sterwende aarde. Dis hoekom ek na die mens sit en kyk.

Stinkies

By ons huis was ons nogal gereeld.

Selfs die drie kinders word na die skoonheidsalon geneem om sexy gemaak te word: gewas, pelsies gesny en toonnaels geknip.

Ek het nogals ‘n baie skerp neus, ongelukkig.

Ons en twee vriende gaan eet by die V&A Hotel. Dis lekker kos, maar duur. Ag dis mooi, die water, en die berg en vriendskap en ons lewe nog, en alles.

Doef buk die waiter oor my: euehhauyybhyyeebuuuueuy daar kom ‘n diep binne-grotste reuk van, ek-het-twee-weke-laas-onder-my-arms-gewas, walm in my neusvleuels op. Die voel of iemand ‘n bol vrot kaas op my tong gesit het, want ek gag fisies.

Liefie kyk kwaai na my, dis oor die gag, ek weet.

Ek wil oor die starter opgooi.

My oe skiet telegramme. Ek wil my top oor my neus trek.

Dankie tog hier kom ‘n ander waiter met die water en wyn.

Fok!!!! Binnegoed en afval, voetsole en longdrop, vrot eiers en ou velle. Ek kan dit nie glo nie. Hy stink net so.

Die seekos loer vir my. Ja nee, een van Kaapstad se duurste hotelle en eetplekke en die bestuur kan nie vir hulle werkers, wat tips van honderde kry, se: Onthou, jy werk met kos, jy moet elke dag was nie.

Is dit te veel gevra?

Ek wou natuurlik vir die hostess wat voor by die ingang staan en smile se, maar Liefie se: Los dit, dit gaan ‘n scene maak. Jy gaan in die moeilikheid kom. (Ek wou dit net saggies se en dan loop).

Ek wonder, ag sies.

Eendag

Ek wonder waar my tolleransie-breekpunt is, want hy word daagliks getoets.

(Ek weet al dat ek vrywillig en alleen uit ‘n vliegtuig sal spring, daai breekpunt is getoets, want jare gelede het ek dit gedoen. Dit was nie ‘n tandem-sissie-sprong nie. Dit is ware sprong. Dit was k*k – ek het geen adrenalien high gehad nie, geen bug het my gebyt nie. Die mense wat dit doen lieg – dis niks lekker nie – ek was amper dood van vrees. )

Anyway verlede jaar Februarie het ‘n man mos in my vasgejaag – twee keer – en weggejaag het.  Ons is hof toe en hy het by die tweede hofverskyning toe hy my die skadevergoeding moes betaal, mos net besluit om die hof te minag, en “huis toe te gaan”.

Dit nadat hy met die vorige hofverskyning ingestem het om my te betaal – op rekord. Dit was September verlede jaar. ‘n Lasbrief is destyds uitgereik, maar hy is natuurlik nog nie weer in hegtenis geneem nie.

My versekering het vir al die skade betaal. My no claim bonus in sy moer in en my premie is met R40 op. Ek was twee dae in die hof. Niks.

Elke liewe dag oppad van die werk af sien ek die fokker se kar staan. Elke dag ry ek verby hom. My kar se verf sit nog aan sy simpel ou rooi ou Uno vas.

Hoe lank gaan ek dit uithou?

Hoe lank voor ek eendag soos ‘n besetene uit my kar spring en sy kar in duisend stukke slaan met ‘n hamer, of  ‘n baksteen? Of dalk gaan ek in die nag en sny al vier bande stukkend.

Hoe ver is my breekpunt? Dalk raak ek heeltemal besete en verfrommel daai donnerse rooi Uno dat niks van hom oorbly nie.

Eendag, want ek is elke dag kwaad.