Archive for September, 2009

Ek is verlief op baie mense, maar ek wil hulle nooit ontmoet nie, en in die gevalle waar hulle dood is, sou ek nooit wou nie. Dit is veraf beelde vir my.

Sensualiteit en erotika gaan vir my oor grense heen – die verwysingsraamwerk wat vir my mooi is, word val nie binne bepaalde norme nie. Ek bepaal self wat ek van hou.

Ek is verlief op Cathrine Deneuve, hoe ouer sy word hoe meer verstommend, asemrowend raak sy. Die vol Franse films waarin sy speel spreek van haar. Sy gryp jou aan of jy wil of nie.

deneuve2

 

Ek was nog altyd verlief op Marlene Dietrich, op haar films, haar musiek, rokerige stem, enigmatiese en moeilike persoonlikheid en deursettingsvermoë gedurende WW II – toe sy die Nazi’s ‘n vinger gewys het.

Haar “sense of style and fashion” – sy was na alles die eerste vrou wat die broekpak mode gemaak het in die 1930’s. En steeds bly sy die een vrou wat goed lyk met ‘n sigaret.

20070110151041838_DIETRICH

 

Hoe ouer Denzil Washington word, hoe meer raak ek verlief op hom. Mens hoor nooit dat hy betrokke is in Hollywood se smet nie. Baie sexy man.

denzil2

 

Die dag toe Lena Olin met ‘n bolkuil voor die spieël – wat in skerwe was – gestaan het in The Unbearable Lightness of Being byna 20 jaar gelede, toe ek die fliek gesien het, het ek op haar verlief geraak. Sedertdien het my gevoel vir haar niks getaan nie. Sy speel in flieks wat ‘n mens emosioneel uitdaag.

lena1

 

Ava Gardner was die mees ongoddelik mooiste vrou op aarde – ooit. Ek bedoel soos in, daar was en is nog nooit so ‘n pragtige mens nie. Gaan kyk net ‘n bietjie op Google images na haar, of probeer ‘n fliek kry. Jy het nog nie so iets gesien nie. As jy nie op haar verlief is nie, gaan praat met iemand daaroor! 🙂

ava2

 

Ek is verlief op Kristen Scott Thomas en Ralph Fiennes, beide het net daai iets, daai spesiale iets wat hulle so aantreklik maak. En toe hulle saam in The English Patient was . . . Fiennes is tot vir my nice as hy evil karakters speel. Veral as hy evil is.

english2

 

Ek is verlief op Desmond Tutu se guts, die manier waarop hy se wat in sy hart is en nie wat hy “dink ander wil hoor nie”. Ek is verlief op die man, die mens, die leier, die ware gelowige – as net 10% van ons leiers so is, sal die wêreld ‘n beter plek wees. Ek is verlief op sy hart, sy brein, sy verstand, sy sin vir humor, sy mensch-wees en sy respek vir homself en ander.

tutu

 

Ek is al jare des jare verlief op Daniël Day Lewis – die mooiste man op aarde. Ook die beste akteur.

danield2

 

So, op wie is julle almal verlief? Hmmm? Behalwe julle ander helftes, ons weet dit. 🙂

Die ding oor siekte

Siekte is  ‘n moeilike ding om te verstaan, want ‘n mens moet so groot kopskuif maak, sonder dat die meeste van ons ooit presies so oor dit dink.

Ons sukkel om siekte te aanvaar en te verstaan, juis omdat dit ons eie liggame is wat teen ons draai. Dit is iets allervreesliks – ‘n moelike brug om te kruis. Dis soos ‘n verraad van jouself teen jouself.

Dit maak nie saak watter siekte of kwaal jy onder lede het nie, die meerderheid daarvan is eintlik in wese nie geneesbaar nie. Jip, jy het reg gelees.

Maar, en daar is ‘n groot maar, veral chroniese siektes is hoogs bestuurbaar en dus behandelbaar. Dit beteken dat jy met die siekte kan saamleef. Met sekere siektes kan jy dalk tyd wen, maar hulle luier altyd in die agtergrond.

Siekte kan beheer, bestuur en behandel word, maar dit kan in gevalle dalk nooit weggaan nie. Dit word deel van jou soos een van jou name. Dit is nie noodwendig altyd sleg nie. Dalk gee dit jou ‘n ander insig oor jouself en die lewe.

Leer meer oor jou siekte, sodat jy ingelig is om die regte besluite te maak.

Neem die behandeling wat beskikbaar is, regtig, dit help.

Loop die pad saam met jou siekte, toestand of kwaal. Probeer om dit nie weg te steek vir ander mense nie. Praat daaroor en lig ander mense in, wat nie verstaan nie. Indien hulle steeds weier om te verstaan, loop weg van hulle. Iets wat soms moeilik is om te doen.

Ek het so gebrand van nuuskierigheid om die Imperiale grafkelder van die  Habsburg-dinastie in Wene te sien dat ek soos ‘n handsakdief tussen die mense tot voor die deur gewikkel en daar gestaan het.

Ek hoop dit is lekker donker, koud en grillerig daar binne. Kom nou gids, wys.

Heerlik morbied. Kan nie wag nie.

Die Habsburgs het die Oostenryk-Hongaarse ryk regeer vir eeue. Die grafkelder  het die oorskot van 144 adellikes – waar onder 12 keisers en 18 keiserinne.

Die mense se ingewande en hart is verwyder en in ‘n katedraal bewaar. Die Cappuchin-monnike sien om na die grafkelder.

Die laaste keiserin Zita van Bourbon-Parma is in 1989 ter ruste gelê en nog iemand,  ‘n direkte afstammeling het spesiale vergunning in 2008 gekry.

Die dinastie het natuurlik tot ‘n einde gekom met die Eerste Wêreldoorlog – die probleem was ook een van die Habsburgs, Franz Ferdinand, wie se sluipmoord in Sarajevo in 1916 die oorlog begin het. Hy is nie in die grafkelder gegrawe nie, omdat sy vrou nie van die adelstand was nie en nie daar gegrawe kon word nie. Sy wens was om elders by haar te lê.

Die hele familie is na die oorlog verban, hulle het alles verloor. Die twee pragtige paleise alles en dit is tot nou toe nie terug gegee nie, en sal seker nooit nie.

Seker die heel mooiste is die sakrofaag van Keiserin Maria Theresa (13 Mei 1717 – 29 November 1780) , nou sy was ‘n amazing vrou. Sy was die enigste vroulike regeerder ooit van die ryk, en sy het 16 kinders gehad met Francis III van Lorraine. Hulle huwelik was gelukkig en hul is saam gegrawe.

Die vrou wat haar help kyk het na haar kinders, en sekerlik ook ‘n vriendin, lê in haar eie sakrofaag voor die egpaar – die enigste gewone burger in die kelder.

mariat

Maria en Francis se beelde kyk na mekaar en voor lê die kinderopasser.

Franz Joseph I het as koning van Oostenryk en Bohemia regeer van 1848 tot 1916, die laaste van die Habsburg se regerende keisers. Hy was ook koning van Hongarye sedert 1867. In 1853 het ‘n sluipmoordenaar hom met ‘n mes gesteek, maar sy uniform se hoë kraag het gekeer.

Hy was getroud met Elisabeth van Bavaria, of keiserin Sisi, soos sy oral bekend gestaan het. Mense was gek oor Sisi, en dit het gehelp dat sy mooi was. Dit lyk vir my of sy aan anoreksie gelei het, indien mens die geskiedenis lees.

In 1889 het hulle enigste seun kroonprins Rudolp selfmoord gepleeg.

In 1898 het ‘n anargis op Sisi afgestorm waar sy in Geneva op ‘n boot gewag het. Hy het haar met ‘n skerp voorwerp reg in die hart gesteek. Sy het geval opgestaan en op die boot geklim, kort daarna het sy ineengesak en gesterf.

Die druk van haar korset op haar bors het die bloed vir ‘n paar minute gekeer.

Franz Joseph, Sisi en Rudolp is almal in een kamer ter ruste gelê.

sisi

Sisi se sakrofaag

Die kerk is in 1147 in gebruik geneem in Wene ter ere van St. Stephens. Maar dit het lank geneem om hom so te kry, tot 1511.

Styl: Romanesk en Goties.

matt

Oomblikkie

As dit nou nie vir die sementpilaar was nie dan sou ‘n mens vir ‘n oomblikkie kon dink dit is nie 2009 in Wene nie.

Ek het vir my ma gevra om die pilaar uit die besige pad te skuif, maar sy wou soos gewoonlik, nie luister nie.

weneperd

Wat doen jy hier?

Wat dink jy doen jy hier op aarde?

Hoekom is die mens op aarde?

Maar wag net ‘n oomblik voor jy antwoord, dink aan die tyd wat ons hier is, byvoorbeeld.

En die feit:

Die mens en sy huishoudelike diere het 10 000 jaar gelede net 0,1% uitgemaak van die gewerwelde biomassa wat op land gebly het, terwyl dié persentasie vandag 98% is.

Die mens het dermate gegroei dat hy ’n geweldige magsposisie beklee waar hy die verfkwas vashou, want die toekoms van lewe op aarde is in ons hande. Danksy kultuur het dié ontploffing van die mensdom en sy huishoudelike diere net 500 geslagte geneem.

Die mens as ’n spesie het die vermoë om vooruit te beplan en begrip te hê vir wat in die toekoms kan gebeur, maar hy het ’n gebrek aan motiveringstelsels in die hede, het Dan Dennett, wetenskap-filosoof, gesê toe hy in Maart vanjaar hier was.

Ek stem, ons sal sien hoe alles vergaan, maar niks doen nie.

Nou lees weer die twee vrae daarbo. Dit is hoekom ek die mens, my eie spesie, eintlik verag.

Ek dink die mens is hier om die verruklike lewe op die aarde wat 4,5 miljard jaar oud is, binne Homo sapiens se bestaan van 200 000 jaar, totaal te verwoes. Die mens is niks en daar is niks goddelik aan hom nie (om my eie 2de vraag te beantwoord). Hoewel die mens dink hy is besonders.

Ek is hier omdat my voorsate tot hier evolve het. Niks meer niks minder. (my eie antwoord op my 1ste vraag). Ek lewe vir ‘n beperkte tyd. Ek probeer goed lewe en dan gaan ek sterf.

So hoekom dink julle is jy en die mensdom hier?

Die dokter-dokter tag

Baie dankie vir julle almal, wat nie vir my en NetJane getag het nie. Tot so ‘n mate dat ons genoodsaak was om vir ure en ure aaneen, laat in die nag met mekaar dokter-dokter te speel.

Ons het ook so uitgevind dat dit beide van ons se gunsteling speletjie is, al sedert ons 5 jaar oud is. (die vraag-tag)

Dit was so erg dat ons moes vra (volgens Vlam is dit iets weird om te doen) om getag te word. Steeds, het niemand ons getag nie.

Toe tag ek maar vir NetJane en sy vir my. Ek het tot die konklusie gekom dat niemand in ons belangstel nie. Baie dankie daarvoor.

Ek gaan nou tuin toe om wurms te eet – as ek enige kan kry. Dalk kruip hulle vandag weg, as hulle weet wat goed is vir hulle, die fokkirs.

Vrae?

In die nag

In die nag

moet jy daar wees

sag diep slapend

langs my hand

in die nag moet

ek jou asem kan

hoor langs my

kop jou lippe

warm vol troos

vir die dae wat ek

bang huistoe kom

maar in die nag

moet jy daar wees

vir my om te rus

Die kerkie se venster

kerk4

Wene, Oostenryk 2009

Die klein kerkie se bankies is regop en hard. Die klassieke orrelmusiek wat die man vir ons speel behoorlik, soos ordentlike musiek hoort. En as jy in jou wese stil raak, diep tot ruste kom – kan jy dink. Want die spasie dwing mense tot stilstand.