Diererig

Ek voel baie diererig, die afgelope tyd. Sedert ek verlede week begin molleer het, begin ander diere ook hulle hare, pelse en pote wys.

Hoewel ek al in my hele bestaan een van daardie mense is wat erken ek is net ‘n soogdier wat ‘n gemeenskaplike voorsaat met die groot primate deel – is die diergevoel al hoe erger vandag.

Ek voel soos ‘n pikkewyn wat my kort bene net laer wil laat sak en op my eier sit.

Soos ‘n meerkat wat diep in die gat wil gaan le onder furrrrr, met ‘n hopie sprinkane waaraan ek nou en dan kan knibbel.

Soos ‘n perd wat op die seesand wil gaan rol.

Soos ‘n free range hamster wat in ‘n kous kan inkruip met ‘n handvol sade.

Soos ‘n hoender wat maak asof syop eiers sit net sodat sy nie hoef te gaan skrop in die tuin nie.

Soos ‘n lekker wollerige dring met kloue en tande wat nie regtig ‘n monster is nie, maar wat kinders eet vir lunch. Njam


  1. Daai laaste een klink gevaarlik, maar ek sal ook nie omgee om op die stadium iewers in ‘n donker gat te kruip waar niemand my kan pla nie.

  2. Ek voel weer deesdae soos ‘n arend wat net so deur die lug sweef… geen inspanning, net sweef.

  3. PlaasJuppie

    Ek voel soos ‘n bruinbeer. Ek het ‘n goeie laag beskerming vir die hibernasie wat voorlê, al wat ek nou nog kort is ‘n ou slaappilletje om my uit te sit tot middel Oktober. En as ek daar wakkerword is ek netjies slank en uitgerus.

  4. Kaalvoete, soos watse dier voel jy?

    DMI: jy sweef op ‘n lekker plek, naaste wat ek aan dit kom is daai lui hoender.

    Plasie: ja daai is ook ‘n lekker ene.

  5. Dis winter. Dis koud. Dis al.

  6. Sal baie graag wil weet wat Demoerin rook wat hom so laat vlieg. Ek is besig om die persoonlikheid en gedaante van ‘n klip aan te neem. Ek lê net op een plek tot iemand of iets my beweeg na ander plek.

  7. Lekker pos Rosalind. Ek kon nie help om te giggel vir die “kinders eet vir lunch” nie. Is jy dan ‘n wrede onderwyser? :mrgreen:

  8. Ek’s veronderstel om beter te voel aangesien dit somer is hier. Eintlik voel ek nes vlermuis…wil slaap in die dag en uitkom in die nag.

  9. En ek is soos ‘n vis ini water! Al maak winter vet.

    Het jy dan vlooie ook dat jy op die seesand wil gaan rol?

    O. En ek eet kids vir brekvis. Lunch is ‘n heel ander storie. Maar jou blog is te suiwer vir sulke uitlatings!

  10. BB

    Soos ‘n eier wat wag om gelê te word :mrgreen:

  11. Ding

    Toenemend weer soos DING. Wat ‘n voorreg. Gepraat van eet … Ding eet. (.) Alles. Onophoudend.

  12. Andrew

    Ek voel soos die beer Baloo uit Kipling se Jungle Book of Sid die lomp luidier (sloth) van Ice Age. Vir die hoeveelste keer moes ek vandag agter ‘n inbreker aanhardloop maar ek kan net nie wegkom nie. My liggaam rebeleer en lag vir my, my bors brand, my bene is lam … ek raak oud.

    Altwee boewe is darem gevang deur die polisie.

    Rosa jy sal dit seker weet maar sommer vir die interessantheid, sloths en bere is baie naby verwant aan mekaar en die Baloo karakter is gebaseer op ‘n dier wat ‘n Sloth Bear genoem word.
    En so lyk hierdie slow motion Bay Watch bombshell sonder ‘n bikini: http://en.wikipedia.org/wiki/File:Sloth_Bear_Washington_DC.JPG

    “They came, they thawed, they conquered!” – Ice Age

  13. Charms is nie eens ‘n dier nie sy is net….winter.

    Rustig is ‘n rockagtor. Ek kan ook klipperig voel, maar tans is ek te vol furrrr vir dit.

    Anna: as ek ‘n onnie was, sou die kinderetery eerste gestaan het. mens moet die kinders veral nou eet, want in die winter dra hulle baie kieme aan.

    kaalvoete; ek voel soos ‘n swaeltjie. wil vir die maand wat voorle eintlik europa toe gaan.

    skoor; se tog wat eet jy vir lunch.

    BB; ROFL 🙂 eier wat wag om gele te word. flippen snaaks.

    Ding!!!!!!!!!!!!

    Andrew: ek is mal oor ‘n sloth net eenvouding mal; dankie vir die ene ken hom nie. ek huil te veel in Ice Age movies, (het soos in die voorprent van een gekyk en nooit weer nie) , regtig. te sad vir my, ek kry die diere jammer. maar ek voel niks vir mense wat by die duisende doodgaan nie. – ja ek weet ek is af.
    Anyway Luiaard-beer ek laaiks dit

    Agter boewe aangehol….woweeee. kan jy nie net skiet nie? 👿

  14. krista

    Ek voel vandag soos ‘n pasgebakte melktert.

    Moenie vra hoe nie, ek voel net so.

  15. Andrew

    Skiet? Al wapen wat ek gehad het was my pappegaai se perch wat ek vas gehou het. (it was a good idea at the time).

    Check die expiry date op die kindertjies wat jy eet, dit kan die rede wees vir jou AF gevoel. Ai ek het gelag toe ek dit gelees het. 😆 Mooi so. Maar ek weet wat jy bedoel. Daai animasie vlieks is party maal hectic.

  16. Bwahahaha, expiry date op die kindertjies… bwahahaha.

  17. krista; ek dink aan ‘n pasgebakte melktert as iets wat louwarm en sag is.

    Andrew; dankie vir die reminder, flip ek het vergeet van die vervaldatum een of twee het af geproe! hel…. effe melerig

  18. krista

    Maar ek IS mos sag!




Lewer kommentaar