Die berge sing

Mmmmm . . . selfs ‘n leerlingnon kan ontsnap van die klooster. Jy moet net opgeruimd genoeg wees.

Hol met jou tassie met jou enigste rok daarin oor berg en dal. Sing-sing al die pad:

The hills are alive with the sound of music
With songs they have sung for a thousand years.
The hills fill my heart with the sound of music
My heart wants to sing every song it hears.
My heart wants to beat like the wings
Of the birds that rise from the lake to the trees,
My heart wants to sigh like a chime that flies from a church on a breeze,
To laugh like a brook when it trips and falls
Over stones on its way
To sing through the night like a lark who is learning to pray.
I go to the hills when my heart is lonely,
I know I will hear what I’ve heard before.
My heart will be blessed with the sound of music
And I’ll sing once more.

Ag mens kon so lekker in die gras rol. Draai en swaai.

Want die wolke is gemaak van spookasem. Die water is wyn. Die gras is altyd groen. En dit maak nie saak dat sy net een flippen tas het met alles wat sy besit daarin nie, en elke dag dieselfde rok dra nie.

Niemand worry nie. Todat sy klere uit gordyne maak (en dan 2 rokke het), en selfs dan, is almal bly en vriendelik daaroor. Hulle dink klere uit gordyne is cool.

Ek kan myself enige iets vertel. Kitaar in die hand, kan ek glo daar is ‘n reenboog. En, ‘n pot goud. Ek moet net soet wees.

Die lewe is ‘n lied

soun

Advertisements

  1. maxie

    Liewe Roos
    Jy is kwaad en/of ontnugter.
    Maar ek neem jou glad nie kwalik nie.
    Weet net asseblief dat daar mense daarbuite is wat baie belangstel in wat jy te se het, en wat glo in dinge soos bv. oorloe oor water.

  2. Jammer as ek nou inappropriate gaan wees…

    Maar dit wil my voorkom of The Sound of Music nie met die nodige respekte behandel word nie.

    Vir jou straf dink ek jy moet hier kliek. 😉

  3. George! Straf my maar weer …. daai is snaaks. do-do-do

  4. Een van my gunsteling “musicals”. Ongelukkig is die gras nie altyd so aanloklik soos dit lyk nie. Self vier jaar in Oostenryk gewoon en die “hills were alive with the sounds of cows”. Tog is dit ongelooflik om in die berge te stap daar. Jy voel sommer so “on top of the world”.

  5. “la-la-land – my land of make believe” Wipneus se lekkerste plek. Noem my sommer Maria Von Trapp. Weg van al die wreedheid van hierdie wêreld. Ek het per ongeluk op die verkeerde planeet beland.

    Rosie ek het gelees wat jy op my blog gesê het.

    Vriendin ek weet presies hoe jy voel. Ek weet waar jy vandaan kom, ek voel presies dieselfde. Kinders gaan dood, hulle het nie gevra om hier te wees nie. Hulle het onwelkom in hierdie wêreld gekom. En ek sê weer dis maklik om te praat, as jy nog nie ‘n kind sy laaste asem sien uitblaas het van honger nie….

    Meer as 10 miljoen kinders is vanaand honger oor die wêreld, terwyl ons in ons gerieflike huisies sit.

    2.7 miljoen kinders, net in Afrika is vanaand ondervoed, maar ons baklei oor nietighede.

    42 million children may be hungry in Africa by 2025????

    Dus my liewe ((((Vriendin)))) ek verstaan!

    En ek weet dat jy na hierdie ding kyk soos ek. Dis dêm seer dat kinders moet ly.

    En ek dink die Pous moet miskien net eers af kom na ons hier onder en kom sien wat ons sien. Die Pous is nie Jesus nie. Hy is in diens van Jesus (kerk). Sou Jesus hierdie kindermoord goedgekeur het??? Want dit is wat dit is – kindermoord.

    Mense maak kinders en kan nie vir hulle sorg nie. Mense kan nie hulle drange beheer nie. Mense het aids en versprei dit ongeag ….. Daarom moet hulle kondome dra. 👿

    Die lewe is ‘n lied (((Rosie))) maar net daar binne in jouself waar niemand kan in nie! Jou eie Neverland!

    “Ek” wil asseblief nie dat hierdie kommentaar ‘n bakeiery op Rosie se blog begin, ek vra mooi asseblief mense!!

  6. ♪♫ The Hills are alive with the sound of music♪♫

    Kom ek oor die heuwels aangehardloop, my favourite musical!

    Ek verbeel my ek is Maria von Trapp!!!

  7. Mefri

    George Maru, jou dierbare ding!! Dankie, dit is so pragtig, ek het dit verskriklik baie geniet.

    ((((((Rooskindjie)))))) 😉

  8. Whahahaha ek sien nou eers wat Rustig geskryf het, en ek lê van die lag!

    Ek haal aan:
    “Self vier jaar in Oostenryk gewoon en die “hills were alive with the sounds of cows”.

    Nee, Rustig ek glo ook nie, die hills kon dan so wonderlik gewees het, as jy in so baie koei mis moet stap nie! 😆

    DIe arme Maria von Trapp sou nie vèr kon vorder met al die koei mis op haar skoene nie!!! Elke paar treë sou sy eers koeimis moes afskraap, wat is nou so romanties daaraan 🙄

  9. boendoe

    Nee, kyk Rosa, ek is ook baie lief vir “The sound of music”, maar as kind het ek myself al verwonder oor daai rokkie wat net skoon bly, die bobberige haartjies wat altyd net reg is… 😆

  10. Hierdie film is baie lank!

  11. Liewe Maxie, ek is al op 16 ontnugter, ek dink nou wissel ek tussen verstomming, ongeloof en ander emosies 😉

    Rustig, ek hou van koeie.

    wippie: doe a deer a female deer, fa a long long way to run, so a needle pulling…. mense leef in la-la-la land, dink ek.

    boendoe en emil…is nogal ‘n oulike fliek. dr zhivago is langer.

  12. Dr Zhivago het darem aksie in! En daai starrende gesigsuitdrukking van Omar Sharif terwyl hy die afgryslike stormloop van die kavalarie aanskou, ‘n hoogtepunt in die fliek.

    Dan weer, supercalifragilisticexpealidocious … o nee, dis in Mary Poppins.

  13. Ek wonder ook baie dae oor mense se LaLa-lande. Ek wil hulle daar uit ruk en hard en aanhoudend skud, maar dan dink ek weer: “Dit moet seker lekker wees daar…”

    Laat ek maar my rokkie aantrek en begin sing! 😉

  14. Ek hou maar van droom, ek wens daar was meer sulke flieks soos hierdie in ons tuis-DVD versameling. Interessant hoe hulle die kwaliteit van die een digitaal opgekikker het.

    Dankie vir die video George, kon hom nie nou heel kyk nie maar sal hom probeer aflaai.

  15. Sigeuner

    Rosa-wilde-rosie…dis sad, maar so true….As jy maar NET soet is.
    Soms maak dit my moeg om soet te wees. Moeg om die een te wees wat `n smart gordyn-skirt aanhet. Niemand gee om nie – solank ek sing en happy is, ne?

    Nou waddehel, leer ek die kinders? Shuuuu, baby, don`t cry when you can sing?

    “One day at a time, sweet Jesus.”

  16. ‘n Lied Rosa! ‘n Lied! En ons moet elkeen onthou ons komponeer self!

  17. Sien jy hoe dans ek met my net een rok Rosie!!! Ek leef ook mos maar in my lalalalalalaland… Die rerige wereld is darem maar ‘n scary plek….

  18. hello my slim miesie

    mavis ek like hierie bioscope baie, maar miesie hulle het darem banja kinners mavis se kop sal dit nie hou nie kan miesie dink as al daai banja kinners gelyk sing en skree miesie moet weet hierie hy es net die movie

    miesie weet ek het juis so klomp van myse ouma se gordyn materiaal goeters ge erwe ek dink ek moet helle gaan uitgrou en vi my so paar dienlike rokkies laat maak

    miesie wil jy nie samblief vir mavis skrywe van die kadawers wat hulle so glue nie ek verstaan nie hoe hulle dit regkry om hierie mense so te glue dat helle djare en djare vir ons uit daai museums lê en loer nie

  19. mavis,,,,die miesie is banja moeg, sorry. so banja moeg.

  20. Beste Koos
    Koos, ou maat, het ek op groot skaal aangejaag die keer! Ek besluit toe mos
    om
    vir Kotie op ons huweliksherdenking ‘n skokstok te koop om haarself mee te
    verdedig.
    Ek kom een Saterdag af op ‘n model wat glo 100000 volt uitstuur,maar met
    geen langtermyn effek op die persoon wie jy skok nie. Hy werk met twee
    trippel A
    batterye wat hulle sommer in die boksie saamgee. Dit sal mos vir vroulief
    wat
    niks van ‘n rewolwer te doen he nie, darem ‘n kans gee om weg te kom
    indien
    sy
    aangeval word. Blink idee, ne?
    Lang storie kort, ek kom by die huis en laai die twee batterytjies. Druk
    die knoppie . . . niks. Hel, was ek nou teleurgesteld! Haal toe maar die
    aanwysings
    uit en daar staan toe dat mens dit kan toets deur dit teen ©° metaal
    oppervlakte
    te druk en as jy DAN die knoppie druk, sal daar ©° blou vonkie tussen die
    twee
    vurke van die proter dans. So sal ©° mens dan weet of hy werk of nie.
    Ek maak toe so. INDRUKWEKKEND! (Ek sal nog aan Kotie moet verduidelik waar
    daai twee swart merke op die yskas vandaan kom) In elk geval, ek en die kat
    is
    alleen by die huis en ek sit in my lazyboy die ding en ondersoek terwyl
    Toodles
    rustig toekyk. Ek besluit toe om die ding op myself of die kat te toets.
    Watter
    skade kan twee ou trippel A batterytjies nou juis aanrig? Foei, ek het
    Toodles
    darem net vlugtig oorweeg. Ek kon my indink hoe sy sou spring as ek haar met

    die ding sou bykom!

    Tog, as ek wou seker wees Kotie is veilig met die ding, sou ek hom op ©°
    lewende wese moes toets. Of is ek verkeerd?
    So sit ek daar in my PT broekie en T-hempie, my leesbril delikaat op die
    brug
    van my neus gebalanseer en met die proter in die een hand en die aanwysings
    in die ander. Dit staan daar dat ©° een sekonde lange skok net genoeg sal
    wees
    om die aanvaller effe deurmekaar te maak. ©° Twee sekonde sarsie sal
    spierspasma en verlies van beheer oor die liggaam veroorsaak. ©° Drie
    sekonde
    een sal mens glo soos ©° vis op droe grond laat rondflap. Enigiets langer is
    glo
    net ©° mors van die batterye.
    Daar sit ek toe met Toodles wat my so aankyk asof sy wil se: “Moenie dit
    doen
    nie.” Watwo, reken ek, ©° een sekondetjie se skok kan mos nie so erg
    wees
    nie.
    Met die sit ek woord by daad en druk ek die ding teen my binneboud vas en
    druk die knoppie.
    OSAMA BIN LADEN!!! WAPENS VAN MASSAVERNIETIGING! @!@$$!%!@*!!!
    Ek is redelik seker Jan Wilkens of Os Du Randt (of albei) het ingestorm en
    my uit
    die lazyboy gepluk en teen die vloer neer gemoer . Oor en oor en oor! Ek
    onthou
    vaagweg ek het wakker geword, inmekaar gekrul op die vloer soos ‘n ongebore
    baba. Al twee my tepels was aan die brand. My lyf was papnat gesweet en my
    *SENSOR* 😉 was skoonveld. My linkerarm was onder my lyf vasgepen en my bene het
    soos riete gebewe.
    Wees verseker, as ‘n mens mal genoeg is om jouself te wil skok: daar is nie
    ‘n
    ding soos ‘n een sekonde skok nie. Jy sal daardie proter nie laat los
    alvorens hy
    uit jou hand geruk word deur jou lyf wat heen en weer op die grond rond ruk
    en
    rol nie.Na so ‘n minuut of wat (tyd was baie relatief op daardie tydstip)
    het ek
    stadig orent gekom en die skade rondom my betrag. My gebuigde leesbril het
    op die TV gele (hoe het dit daar gekom??) My triseps, regterdy en my tepels
    het
    steeds onbeheersd gespring. My gesig was verdoof soos by die tandarts en my
    onderste lip het gevoel of hy 30 kg weeg. Toodles, die kat, en my *sensor* ;)is
    steeds weg.
    Jou vriend Roelf,
    (wat nog aan skok ly)

    (Ek hoop ek het al die woordjies mooi gesensor?) Sê net asb jy het darem geglimlag!! 😆
    x x

  21. Wippie, dit was baie snaaks. dankie. Wee jy ek het myself al met ons eie elektriese heining geskok. Ja, daai is ook ‘n annir storie. 🙂
    🙂

  22. Dankieeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!! 😆

    Kan nie wag om van daai skok te hoor nie!!

  23. BB

    Waaahahaha Rosiekind!! en Helge!! nou die dag by ‘n huis net hier ommie draai 😯 plat op sy eeeehhhhmmm boudjies 2 meter ver weg van daai hekkie geland!! Met geen recollection hoe hy daar gekom het nie. Hy se toe hy my sien, toe besef hy eers hy’s nog ‘hier’ – thought he’d gone to… wherever he believes he’s going :mrgreen:
    Ek’t GROOT geskrik – maar my amper simpel gegiggel nog dae daarna… die verwilderde uitdrukking op daai gesig toe hy opspring en reg staan om homself te verdedig sal ekke wragtig nie gou vergeet nie 😆 – hy sal hom wip as ekkit daar by my vertel, so verskoon die misbruik van jou plekkie daarvoor… LOL!!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: