Archive for April, 2010

Drie lewensgeselle

Kos: KFC, of enige voël, pizza, Big Mac, roomys, yogurt, vrugte (maar nie appel), neute, chips.

Habitat: Op en in die bed – natuurlik

Gewoontes: Spring op 3 bene, blaf vir kos, dagdroom in die Zen-posisie, bewe soms baie, piepie as dit reën net op die stoep.

Kos: Alle vrugte en groente, is eintlik ‘n vegetariër, chips en neute.

Habitat: Op eie bed langs bedkassie, onder bed, in eie tent, bo-op handsak, bo-op koerant.

Gewoontes: Knor as sy eers op handsak gaan lê, skrop net soos ‘n hoender, versamel sokkies, lê en blaf, huil in die kar, vra soggens ‘n koekie

Kos: Alles, veral katte

Habitat: Op kussing langs eie bedkassie, teen enige muur met pote wat muur “ophou”

Gewoontes: Kyk TV, draf net soos ‘n ponie, kom haal Rosalind saans by die motor.

Ek moet ET verdedig

Kyk ek moet darem vir Eugene Terre’ Blanche ‘n lansie breek. Dit gaan oor die voorval die dag toe hy van sy perd afgeval het in 1991.

Sien ek was daar die dag. Op Kerkplein in Pretoria. Ek het knap onder Paul Kruger se standbeeld gesit en gesien hoe mense van die KP, AWB en die tien oorblywende lede van die HNP ‘n massa-vergadering gehou het.

Ek was bloot ‘n nuuskierige student wat saam met ander studente na ‘n gratis skouspel wou gaan kyk.

ET het op sy perd geklim. Arme perd. Destyds was ET nog bitter vet – die perd het so diep gesak toe hy met mening opgeklim het.

Toe begin hy en die hele brigade met bravade gallop. En toe gly sy perd op die gladde stene. Die perd het geval. Arme perd. En toe val hy ook; reg agteroor.

Hy het moer hard geval.

ET het blitsvinnig opgespring nog voordat sy perd met skoppende bene en ‘n runnik kon opkom. Die manne in swart het die perd onder beheer gekry en ET is weer op hom.

En ja dit is wat gebeur het; so tegnies gesproke het hy afgeval omdat die perd afgeval het. Sien.

Daar was mense in Voortrekker-klere, ou klere. Weird. Lang rokke en kappies in die warm son. Frikkedelle en eiers in hulle mandjies met flesse koffie.

Toe ‘n paar maande later het hy in die PTA stadsaal gaan praat en ons het weer na sy skreeuende doem sang gaan luister. En toe besluit sy manne hulle gaan die strate invaar – onwettig.

Die polisie het met traanrook en rubberkoeëls op hulle geskiet, in die warboel het ons tussen hulle beland. Al laggend en gillend is ons in die strate af.

Later het ek afgebuk en een van die rubberkoeëls se doppies opgetel, ek het hom vandag nog, iewers in ‘n kas.

Oor ‘n bier teen R2 een het ons gesit en lag oor alles; die mense, die toespraak, die skietery, weer die mense – hoe hulle gelyk het en die vrae wat hulle gevra het.

Ek wonder waar is al daai mense nou, want al drie die sprekers van die dag, Jaap Marais, ET en Andries Treurnicht is dood.

Ek wonder of daardie mense steeds hulle kontinent, Afrika, vrees.

Toe wit mense die land regeer het was daar altyd ‘n onderliggende vrees vir swart mense gewees, natuurlik. Mense was bang vir die opstand van die swart massas “wat ons in ons beddens gaan kom vermoor”. Met reg, van die wit mense se die swart mense onderrig.

Ek kry deesdae die gevoel ‘n klein groepie wit mense is weer so skytbang vir die “swart massas”. Hoekom? Hulle propaganda en vrees in die hoop op steun.

Maar wat my vies maak is dat dit onder die naam van die “afrikaner” gedoen word. Dit moet onder die naam van “verregs” gedoen word.

Waar as die dae wat elke dorp net een Idioot gehad het? Hmm?

Nou is elke dorp op soek na die een met ‘n brein, ek sweer dit kan nie meer so aangaan nie. Inderdaad het een of ander onnosel-geen dominant geraak en elke baba het dit geërf.

‘n Ou Neo-Nazi, rassis wat in sy lewe net ‘n klad op die naam van die sogenaamde “Afrikaner” was, word die baken van martelaarskap vir sogenaamde wittes? Ek wil kots elke keer as ek na die AWB se kenteken kyk. Sies-ga.

Die Suidlanders pak hulle oorlogskos in en uit, in en uit, in en uit. Wie de fok is hierdie sogenaamde gelowige mense wat names ander gelowige, wit  “Afrikaanses” praat en bang is vir “swartes”?

Die Katolieke kerk, wat nog altyd beheer is deur mans,  se manlike leiers verkrag en molesteer kinders en dieselfde mans hou die ander mans in hulle posisies. Al ooit gehoor van “defrocking” en dan bel jy die polisie? En dis boonop ‘n kerk! Hoe word so iets toegelaat? Boonop is 60% van die kollekte afkomstig van vroue, maar nee die vroue mag tog net nie in leiersposisies wees nie.

Daai Angus aartappelboer is ‘n patriargale seksis. Instede van vir mans se dat hulle moet ophou verkrag, slaan en huishoudelike geweld pleeg  in die land: verstewig hy hulle hand.  “Wees die hoof van die huis.” What crap.

Hy kan ook vir diegene wat nie deelneem aan die vlaag van huishoudelike geweld nie, bearbeid om ander mans  aan te spreek.  Dis nie vroue wat dit moet oplos nie, dis mans se issue. Angus kan soveel meer doen om geweld deur mans te bekamp, maar hy kies om die genderrol van die man te versterk.

Julius, een jong man, het die land aan die brand en die ANC kan hom nie beheer nie. Hoekom nie. Ruk hom tot orde, so eenvouding soos dit. Julle kan sien dit doen skade, sny hom af. En intussen luister mense na wat celebs oor alles te sê het.

En moenie vergeet nie, die aarde is net 6000 jaar oud. Nee fok, geen aan die bottel gif.

N.S –  As een persoon nog vir my sê/bel/epos/watookal dat die aarde 6000 jaar oud is, k*k ek in sy/haar broek…ek kan daai een nie meer handle nie.