Einstein, Napoleon en Teresa

drie1

Die Smurfs is besig om voor te berei vir die reuse party wat hulle volgende week gaan hou vir die koning se intrede. Ek kon nie ‘n enkele een opspoor nie, hulle antwoord natuurlik ook nie hulle selfone of epos nie.

Intussen het die dooies niks om te doen, behalwe om met mekaar te praat nie. In die lewe is almal te besig, of veral, te vol vooroordele om iets vir mekaar te se, maar die drie sit nou opgeskeep met mekaar. Daar is ander ook, maar die 3 het vandag tee geniet.

Moeder Teresa: Het julle geweet ekΒ  was ‘n Albanees? Maar nou is ek Die Heilige Teresa van Kalkutta. Weird.

Napoleon: Ek is eintlik van Korsika en het my naam verander sodat dit meer Frans klink. Hehe.

Einstein: Ek was en is steeds Joods gebore maar agnosties, gaan lees maar die vaktydskryf Nature waarin ek in 1940 daaroor geskryf het. Maar Napoleon jy en Teresa kom seker goed oor die weg, jy hou mos van ouer vroue, nie waar? Ek aan die ander ander het nie veel erg aan vroue nie.

Napoleon: Josephine het my verneuk en ek vir haar. Ek het haar gelos en met Marie Louise getrou, het jy dit geweet? Hoofsaaklik omdat Josephine my nie kinders kon gee nie. Ek was ook nie so vreeslik kort nie, dit wat Britse propaganda. Sien ek is 1,70 cm lank, glad nie ‘n dwerg nie.

Teresa: Genadeloos het jy mense gejag.

Napoleon: Baie mense het. Ek het wette teen Jode afgeskaf, ‘n verligte van my tyd. En dan is daar die Napolitaanse Kode, steeds in gebruik. Ons almal doen reg en verkeerd. Ek het my land gedien. Wat van jou?

Teresa: Ek het my hele lewe lank getwyfel in baie dinge. Diens en geloof is twee dinge. Ek het selfs in briewe gese ek weet nie of daar ‘n God is nie, dit is vrae wat gevra word. Ja, ek, van alles mense. Hoe pynlik is die pyn nie?

Einstein: Og ,hoe pynlik is die om te weet? En hoe pynlik is dit om nie te weet nie. Ek weet tog nie.


  1. Sigeuner

    Goeie genade!
    Ek meen, goeie genade! Dit klink mos na groot filosofie. Ek sal eers weer so 20 keer moet oorlees. Moet oorlees en dan gaan dink. Gaan dink oor dit als. Om al 3 hierrie name bymekaar te sit? Rof, maar dem oulik, Rosalind.

    Al wat ek mee saamstem is Einstein. Dit is pynlik om te weet. Pynlik – net soms, om nie te weet nie. Om nie te weet nie, soms `n bestiering en heel heilsaam. Maar om te weet en dan selfsugtig te wees. Dis sonde. Ek dink so, al glo ek nie sonde bestaan nie. Maar tog.

  2. Rosie ek kan my nuuskierigheid nie meer beteuel nie!! Is dit jou mannetjies, speel jy ook nog pop?? whahahaha πŸ˜† Ek voel dit in my water dis jou speelgoed!!! Ek speel met feΓ«tjies en jy met smurfies en helde!!! Terloops Einstein en Moeder Teresa is my helde. Nie meer lewendig nie, maar ja!! verseker my helde!!! Einstein want die Oom was baie slim en vol humor!!! En Moeder Teresa is die voorbeeld van hoe Christene moet leef. Nie om te oordeel en te veroordeel nie. Maar om dit in dade en woorde te wys…..
    Hier is so stukkie van een van haar onderhoude:

    Time magazine: You once met Haile Mariam Mengistu, the much feared communist leader of Ethiopia and an avowed atheist. You asked him if he said his prayers. Why did you risk that?

    Mother Teresa: He is one more child of God. When I went to China, one of the top officials asked me, “What is a communist to you?” I said, “A child of God.” Then the next morning the newspapers reported that Mother Teresa said communists are children of God. I was happy because after a long, long time the name God was printed in the papers in China. Beautiful.

    Yes Rosie filosofeer met jou speelgoed en plak dit vir ons hier neer!!! Ek gaan lekker saam speel!!! πŸ˜‰
    x x

  3. Ek wil my naam op daai lysie sit vir ‘n poppie van Stephen Hawking!!!! Nou daar is een van my helde!!

  4. Wat ‘n tee party was dt nie?

    Goed gedoen! Hoop ons sien nog vele helde bymekaar komπŸ˜‰

  5. Ja ek stem ook met Einstaan saam, want dis soos die Prediker se^ “wie kennis versamel, versamel smart.”

  6. BB

    Was Einstein dan nooit lussie??πŸ™„ Kom dit van 24/7 jou brein gebruik?? Want dan wil ek wragtig nie so slim wees nie…:mrgreen: hulle sΓͺ mos mens moet bietjie IK opoffer vir ‘n bietjie meer ‘drive’… Dom soos grond, but hell, whatta loverπŸ˜†
    Hahaha ou Napoleon laat my nou onthou van ‘n voorval in my St.4 klas (ini duitse skool in Suidwes). Vra die juffrou ons : “Waar is Napoleon oorlede?” Skree ‘n girltjie: “ek weet ek weet!! Op Helena!!!” Seg Uwe Rabe langs my : “Das Schwein!!” (die vark) – Waaaaaaahahaha ons het omtrent oppie vloere rondgerol soos ons gelag het en ons suutjies-poep juffrou het daar uitgestorm en was die res van die periode missing in action. Ai, lekker ou tye…
    Ek wonder net soms of Einstein soms daarbo of daaronder of wherever hy nou is, sit en dink: “Damn!!! I could’ve figured that out too!?”

  7. πŸ˜† @ BB!!

    Jinne, die prentjie van ou verrimpelde Moeder Teresa en Napoleon in ‘n passionate embrace… 😯

  8. πŸ˜† O jitte ek lag nou so lekker vir die kommentaar!!! LOL @ BB en Boendoe!!! Rosie, baie skerp soos altyd!! Wys ons tog nog ‘n paar van jou babies!!!

  9. Ja die arme slim mense!! Agge siestog die brein tas hulle “drive” aan!!!

    Laat ek net vir julle byvoorbaat sΓͺ ek is vreeeeeeslik dom!!

    whahahahahahaha

  10. Ai toggie: Einstein het gelus geraak, en seks gehad. Maar hy het nie van vroue GEHOU nie. Hy het hulle geminag.

  11. Geminag???? Nee klaar, ek is klaar met Einstein!!! πŸ‘Ώ

    Woeps vee ek hom af van my “helde lysie”

  12. Alta

    Ai, ek het nou lekker gelag. Nice Rosa!

  13. Wippie, as jy moet dit sien binne die konteks van die tyd, Einstein het gedink vroue is mans se intellektuele mindere. Glo my daar is baie mense wat vandag nog so dink, daai angus-ou is een van hulle, want hy wil he mans moet oor vrou heers. Sodra iemand bo iemand is, is hy ‘n meerdere.

    Ek en jy hoef nie van Einstein as mens te hou nie, baie sulke mense is nie nice mense per se nie, maar hul wetenskap is briljant. Kyk maar na die teorie en gravitasie en nie na die persoon nie.

  14. Sigeuner: dit is nie groot filosofie nie is sommer nie 3 karakters tesame

    wippie: hou vir einstein onthou as dit nie vir hom was nie het ons van die aarde afgeval.
    jong, dis nie poppe nie, dis is: napeleon, einstein en teresa LOL ek het dan die foto as bewys!

    Kaalvoete: ek sal met ghandi praat, maar hy dra moes net ‘n nek en tans kry hy bietjie koud en darwin is moeg vir die kreasioniste

    flippie: en is die lys van smarte nie lank nie!

    BB: LOL dood op helena! waar is einstein? bo of onder? sover ek weet nie een van die twee nie, want sy brein is in ‘n bottel en die res is begrawe.

    Boendoe: ja imagine dit….of wat van picasso of Che? hehehe

    pikkie: mens kan nie huishou met die spul nie

    alta’ haai

  15. Aaag Ok Rosie ek sal dan maar vir Einstein hou!!! Laat ek net weer gou al sy boeke uit die asblik gaan krap!! :mrgreen:

  16. Sigeuner

    Rosa-wilderosie, natuurlik is dit filosofie. Lees nou net bietjie tussen die reels ook.

    Einste-hy: Ek was en is steeds Joods gebore. Wil vir my se…kyk ek dink net so, ne? Einstein is nog in die geboorte-proses. Klein helsimpie het mos net St6 gemaak.

    Teresa, wat daso meen…”hoe pynlik is die pyn nie.” Nou soos jy weet, is ek die digste digter en sikke soort woorde roep my om weer en weer en dan nog `n keer te lees. Pyn, pyner, pynste? Draai my kop. Ek draai dan altyd als om, daarom dink ek dit IS filosofie. Die gelukigste geluk? Uh, uh, ek gaan nog mooi dink of daar beter woorde is vir blyer en blyste.

    Jy sien nou net! Jy laat my dink. Miskien dink ek net ek dink, maar nogtans.

    Napoleon Buonaparte alias Napoleon Bonaparte, het nadat hy sy naam se spelling verander het, al sy veldslae verloor.

    Diens en geloof. Nou dink ek Teresa kon dan in diens van die Katolieke kerk gewees het, maar nie noodwendig geloof in die godsdiens of…uhm, die pous gehad het nie?

    Dalk moet ek net virre slag ophou dink.

    Ten minste het ek nou lekker gelag virrie com`ta.

  17. BB

    Hmmm – is die hele diereryk nie maar vol van male heerskappy nie? Vir Einstein se verdediging: hy was darem ‘n paar dekades terug op aarde, die hele mentaliteit was nog baie ‘konserwatief’ in die rangorde van males en females.
    En oom Angus? Aggeneewat, oom Angus sΓͺ nie vroue is mans se mindere nie – sy sienswyse is eerder dat mans hulle regmatige plek moet inneem – dit beteken “Hoof van die huis” – ok, so call it ‘heers’. My standpunt is: as ‘n man daardie rol behoorlik kan vervul, kan hy maar die hoof wees, maar behoede hom as hy nie die job behoorlik doen nie.πŸ‘Ώ

  18. Sigeuner

    Ghmff! Ek soek nie `n hoof of heerser of meerdere in my huis nie. Ek is `n MENS en Boerseun is ok `n MENS en daarom is ons gelyk. Ons luister na mekaar. Mans is soms sterker as vroue wat betref fisiese werk. Soms. Daarom vind daar ruilhandel plaas. Ek kook en hy ploeg.

  19. Sigeuner: aikona, dit is einstein wat van die pyn praat nie teresa nie…:)
    in die joodse geloof is jy gebore, jy kan nie “covert” nie en dit is wat ek daarmee bedoel. you are born into it – in die tradisie. maar self in sy denke was hy ‘n agnostikus.

    En al hierdie woorde is geskoei op die geskiedenis, maar dit is geskryf deur rosalind franklin. so daar is nog ietsie om oor die dinkπŸ™‚ en nie moenie ophou dink nie, dit is die idee

    BB: ehmmmmm, mens kan seker kies. maar ek kies dit nie.

  20. Whoop whoop ek het my succelente van (((Sigeuner))) ontvang.

    Sy het dit hier op Rosie se blog uitgedeel, omdat ek so soet was:mrgreen: Maar julle weet mos alreeds hoe soet is ek. Ja!!!!! ek het dit verdien!!! Sonder twydel πŸ˜† Wees asseblief bietjie jaloers op my. Daarsy baie dankie…. πŸ˜†

    Baie dankie Sigeuner!! Jy het my so bederf!!! Ek waardeer dit ongelooflik baie. Veral die skaars ene gaan ek soos goud oppas! Ek sal altyd aan jou dink!

    Dankie aan Sigeuner en Rosalind Se blog dat ek die wenner was van pragtige plante!! Ek buig diep!!! whahahaha
    πŸ˜†

  21. Sigeuner

    Rosa, ek seg mos – ek is digter as die digter self. Daarom sal ek nooit kan ophou dink nie. Ek dink nie ek wil ophou dink nie. Tussen Teresa en Einstein pyn iets seer.

    Watter Napoleon is die smurf innie tee-partytjie? Napoleon het sy naam verander na Napoleon I en dus sy lucky nommer verander in die proses.

    Wipneus, ek`s bly jy het dit gekry. Verlee voel ekke, niks te danke nie. Ek geniet die uitdeel. Nou`s dit Boendoe se beurt.

  22. Boendoe se beurt om te kry of Boendoe se beurt om dankie te se? πŸ˜†

    Boendoe het nog niks gekry nie, maar sy voel te skaam om navraag te doen, want netnou grens dit aan harrassment, maar sy wil ook nie niks se nie, want netnou dink Sigeuner sy is ongemanierd om nie te wil dankie se nie. Nou wik en weeg sy maar… 😳

  23. ag flip ek hoop nie jou plant is in die pos gesteel of dalk gevreet nie

  24. Sigeuner

    Boendoe

    Gee my net gou `n oomblik kans, samblief tog. Ek pos nog, ek pos nog, hy kom nog daar aan!
    Rosalind, as iemand dit WAAG vreet, mag hulle vrek vannie Medussa se kop ene wat ek gan include. Helsimpie vanne plant trek mos my keel toe, as ek net vir haar kyk!

    Boendoe ek sms jou, more! En please, man harras my anytime!

  25. Sigeuner, no rush! Ek was net bang ek moes al dankie se en ek het nie geweet waarvoor nie! πŸ˜†

  26. Sigeuner

    Boendoe, dan se mens…seker so iets:” I just dont know, realy, but thanks anyway. Jou pakkie is gepos. Niks te danke nie, genuine.

  27. Nou maar as ek nie mag dankie se nie…ek hoop daai pakkie movit, movit!! πŸ˜† Kannie wag nie!

  28. Dankie dan aan Rosa se Posdiensbestellings. :mrgreen:

  29. Blog het verander: buy and sell your old or exotic plants here – 30% commission charged, no money back, no complaints and or moaning, no credit, no nothing.

  30. Rosie whahahaha Jy is weer op jou stukke vandag!!πŸ˜†

    Boendoe jy gaan mal wees oor jou plante!

  31. Sigeuner

    Omyhel! Rosalind, tel Boerseun ook onder `n “old plant”? Al kry hy huveel! water, hy bly nie staande nie! Ek sal commission mette smile betaal. Vat jy smiles?

  32. Gee hom Viagra, Sigeuner. :mrgreen:

  33. Sigeuner

    Jmmilkietog Boendoe! Ek wil nie `n hele plaas vol mieliekoppe he nie! Ek wil net he die dem “old vetplant” moet soms ok bietjie blom!

    Uhm, Boerseun slat my inne anner bloedgroep in, as hy sien ek praat so stront. Hy is eintlik heel skaflik en gesond. Ruil hom vir niks. Hy`s my Deer John.

  34. Ek se mos: “no complaints and or moaning, no credit, no nothing”

    hhehehhehe




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: