Ek het dit…

Dit het my ses jaar geneem om by te kom. Al die jare het ek traag ontwikkel – seker maar omdat my ma my nie borsvoed het nie en ek allerhande agterstande gehad het van die begin af.🙂

Drie dae voordat die Wêreldbeker-sokkertoernooi begin het, het ek uit-te-flippen-eindelik ook toe gees gevang. Ag dankie tog, want gees-kry kan ‘n mens nie aanleer nie, of pretend nie. Of jy het dit of nie.

Dit het so week gelede begin broei. Ek is tog so bly want ek verpes dit om dinge te mis.

En gister toe kom die baas by die huis aan met ‘n Makarapa wat ons self kan aanmekaarsit. Dis nou nie presies soos bou jou eie een individueel van niks of met goeters wat jy deur die jare versamel nie, maar darem. Plakkers en dies meer. En ons bou hom

Ek beplan om hom werk toe te dra. En darem by ‘n Fan Park ‘n draai te gaan maak, al is dit net om te bevestig wat ek reeds vermoed.

Die openingseremonie gaan ek beslis kyk op TV – ek wil darem sien wat dis hulle op. Ek is seker dit gaan mooi wees.  Regtig ons is nie agterlik nie. En ja al die stadium is toe gebou, op tyd en dit lyk mooi. Onthou almal wat so negatief was?

En ek gaan beslis Vrydag die game kyk hier by die werk.

Daar is natuurlik geen ander span wat ek ondersteun as Bafana nie, ek meen get flippen real! Ek is ‘n Suid-Afrikaner. Maar as hulle uitval dan gaan ek skree vir enige ander span van Afrika.

Ek is ‘n Afrikaan!  Ek is van Afrika. ‘n Trotse een ook.


  1. Ek het ook so ‘n week terug die gjees gevang, seker oor al die Suid-Afrikaanse vlae wat nou so oral wapper, was nog altyd half en half jaloers op die Amerikaners wat so patrioties is en hulle vlae oral ophang.

  2. Nou is jy sommer nog ouliker as voorheen. Ek is ook trots. Ek het vandag dit vir die eerste keer reggekry om ‘n vuvuzela soos ‘n vuvuzela te laat klink.

  3. Yipppeeeee!! Rosa is met ons! **blaas my vuvuzela** Dit is 12 uur!

  4. Koeksister; as mens dit die hele tyd ophang is dit ook seker nie lekker nie, ek het dit al gesien daar in die VSA is soms bietjie overkill

    Anna: ons een hond freak uit as ons daai ding blaas shame, sy raak so angstig, dus kan ek nog nie so lekker die tune kry nie.

    DMI: Hierdie stad het darem netnou gerock hoor, flip was nice

  5. PlaasJuppie

    Toe ek die opskrif sien wou ek blyword. Ek dag jy het uiteindelik daardie isotoop geisoleer gekry wat ons nodig het om super sokkerspelers te maak deur hulle aan verrykte Uraan uit ons kernaanleg bloot te stel.

    O wel.
    Dan moet die gewone manne maar die knoop deurhaak. Go bananas for bafana!

    P.S. Droom tog vir ‘n oomblik saam met my dat ons manne die eindrondtes haal, of dalk die finaal. Imagine that…
    LADUUUUUUUUUUUUUUUUMAAAAAAAAA!!!!!!!!

  6. Hierdie agter-os is darem ook nou oppad kraal toe. Die sokker koors is nou so amper bo liggaamstemperatuur by my. Ek het twee spanne – Bafana en Mexiko. Laat die balle geskop word! (Moet net nie flippin Ayoba in my ore nie!)

  7. Emil

    Blaas daai vuvuzela !

    ==========>() < bwaaaaaaaaaaphhphh

  8. Bietjie moeilik hierdiekant om die gees te vang, maar ek moet se die klomp Koreane gaan ook groot! Sal maar Vr my Korean T aantrek aangesien ek nie ‘n Bafana T kon kry nie

  9. kaalvoete: ek weet jy is in s-korea, maar shame ne, die arme span van n-korea het hier aangekom sonder ‘n enkele ondersteuner. daai mense mag nie buite die land reis nie. dis amper soos toe ons klein was en die arme mense van die USSR is vasgekeer in daai land.
    —geel en groen suster doen daai ding. dis die kleure wat saakmaak.

    anne-marie: mooi! en skree vir die arm lande…:)

    plasie: LOL vir jou, as Bafana die eindrondte haal, hol ek met my bikini in die straat. ek sweer. ek sal so bly wees ek sal myself nie kan keeeeeeeeeeeeeeeeeeer nie. dit sal fabutastic wees.
    dan dra ek net ‘n vlag !!!!!

  10. Ek kry al die hele dag tweets van al my vorige kollegas wat nog in Sandton werk – die exitement is GROOT. Selfs die dame my CNA vanmiddag het by my gekla dat sy sukkel om die vuvuzela te blaas (dankie tog, want ek kan daai geluid net nie like nie).

  11. Ek kry die ouens van NK baie jammer, maar nou ja…wat sal mens nou doen. Ek het in ‘n artikel gelees dat die een of ander joernalis van die spelers probeer corner het by hul hotel, maar hulle was so verskrik en het net gese hulle mag nie praat nie…en dan oefen hulle nog in die AAND in Tembisa…hulle waag hul lewens!

  12. Soos Radio Kalahari Orkes en Jack Parow sing: “Blaas jou vuvuzela, doen dit vir Mandela.”

    My tweede span is Nederland. En dan Portugal. En dan Argentinië. En dan… Moenie worry nie, ek sal aanhou kies tot ek iemand het in die eindstryd om voor te skree. Maar Bafana kan dit natuurlik baie maklik maak vir my deur nie uit te val nie.

  13. Dis wat ek daar by AM ook gesê het: Hierdie land pomp deur my are, en DAAROM, al is ek nie ‘n huge sokker fan nie, SAL ek Bafana ondersteun en duim vashou.

  14. Mis my land so BAIE….mal oor jou blog en sal baie kom kuier….van ‘n ex-pat nou in Australia!!
    Amanda oxo

  15. Bloedbek skree vir Bafana Bafana, dis my land en hier skree ek vir my mense. Ten minste sal ons vir ‘n wyle samehorigheid hier he, hoop dit hou langer as die maand.

  16. Ek kan nou met alle eerlikheid ook sê “Ek het dit” !!!! Ek het vroeër die week die konsert gekyk en gister het ek en Bettie (my huishulp) en Madala (my tuinfeetjie) die opening voor die game gekyk. Dit was magic. Ek het vir die eerste keer ‘n Bafana Bafana game gekyk en, alhoewel ek niks van die reëls verstaan nie, gegil en geskree soos ‘n besetene😯

  17. BB

    Ek sit wydsbeen (hoe seg die kleintjie van my lélik, Mamma, léééélik!!!) op die kantlyn… Skree my longe suur vir Bafana en swaai my vlaggie, maar ai, oits, og!!! – ek kannie dit help nie, ek dra my Deutschland kepsie en tshirt lekker grootkop en breë bors.

  18. Go Ghana Go…!
    Dis Afrika se laaste laaste laaste kans…4 eva!

  19. Ja ons moet maar Afrika steun al is dit terwille van goeie kontinentskap. Go Ghana..go in peace brothers, go now!

  20. BB

    ‘Schland!!!!:mrgreen:

  21. BB

    Joune ok!👿

  22. Holland… HEEEHAAAA!!!

  23. BB

    😳 – ek sal nou maar my Oros-pakkie Sondagaand moet dra… nevermind – my Lovey seg ek lyk superhot in oranje:mrgreen:

  24. Ek het nie ‘n oranje pakkie nie, maar ek sal pretend my kleure is oranje.

  25. Ding

    Sokker het vir Ding vreeeeeslik besig gehou, Frankie, maar WAT hou jou vir al hierie tyd besig, huhmmm? Sekerlik nie een amper ronde balletjie nie??? Toe-toe, skryf weer bietjie dat Ouding tog dawerend laggend die hele Heldersteberg kan laat weergalm, man!

  26. BB

    Ok, laa’kit nou maar sê: Ekke mis jou Rosietjie!!😦

  27. Blertus

    Het julle gehoor wiet die wêreldbeker in sokker gewen? Ok, ek grap maar net.
    Gelukkig is dit nou back-to-normal. En ons nasie is nou soort van verenig. Hou net vir Malema van die openbare verhoë af voor hy weer als opdons.

  28. En nou’s jy skielik stil… Jou stem weggeblaas met die vuvuzela?
    Of besig met navorsing oor TMV?

  29. BB

    Solank jy niks makeer wat ‘n goeie dokter nie kan fix nie, issit seker maar ok… Is eerie hier by jou… nooi ons tog maar weer oor as jy terug is ‘by die huis’ Rosie, ja?😦

  30. oi fokkit dit was ‘n wilde tyd. siek met griep ect

    Feel it, it is Gone!!!!!!!

  31. Ek wou nog totsiens toe sien ek die totsiens is toe

    Totsiens Rosalind F

    tot …..

    jy weet wanneer

  32. Andrew

    Jissis nog een. Ek kom nou net terug van ‘n ongelowige blog wat pro wetenskap is maar wat besluit het om dit nie meer te adverteer nie omdat dit sleg is vir besigheid.

    Ek sal jou eerliheid mis Rosalind en ek hoop jy kom terug.

    Onthou jy jou Darwin Chimp inskrywing? Daai stukkie kuns sit nou centre stage in my sitkamer, 9kg van solid lekker kry danksy jou.

    Eerlikheid sal altyd in die mode wees.

  33. ding

    Nou ja. Daar is die een plek waar Ding kom afsaal het, ook moer toe. Stuur my tog nou maar asseblief ‘n posduif – Ding doen nie FB nie…




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: