Archive for Junie, 2010

Ek het dit…

Dit het my ses jaar geneem om by te kom. Al die jare het ek traag ontwikkel – seker maar omdat my ma my nie borsvoed het nie en ek allerhande agterstande gehad het van die begin af. ūüôā

Drie dae voordat die W√™reldbeker-sokkertoernooi begin het, het ek uit-te-flippen-eindelik ook toe gees gevang. Ag dankie tog, want gees-kry kan ‘n mens nie aanleer nie, of pretend nie. Of jy het dit of nie.

Dit het so week gelede begin broei. Ek is tog so bly want ek verpes dit om dinge te mis.

En gister toe kom die baas by die huis aan met ‘n Makarapa wat ons self kan aanmekaarsit. Dis nou nie presies soos bou jou eie een individueel van niks of met goeters wat jy deur die jare versamel nie, maar darem. Plakkers en dies meer. En ons bou hom

Ek beplan om hom werk toe te dra. En darem by ‘n Fan Park ‘n draai te gaan maak, al is dit net om te bevestig wat ek reeds vermoed.

Die openingseremonie gaan ek beslis kyk op TV Рek wil darem sien wat dis hulle op. Ek is seker dit gaan mooi wees.  Regtig ons is nie agterlik nie. En ja al die stadium is toe gebou, op tyd en dit lyk mooi. Onthou almal wat so negatief was?

En ek gaan beslis Vrydag die game kyk hier by die werk.

Daar is natuurlik geen ander span wat ek ondersteun as Bafana nie, ek meen get flippen real! Ek is ‘n Suid-Afrikaner. Maar as hulle uitval dan gaan ek skree vir enige ander span van Afrika.

Ek is ‘n Afrikaan!¬† Ek is van Afrika. ‘n Trotse een ook.

Advertisements

Diererig

Ek voel baie diererig, die afgelope tyd. Sedert ek verlede week begin molleer het, begin ander diere ook hulle hare, pelse en pote wys.

Hoewel ek al in my hele bestaan een van daardie mense is wat erken ek is net ‘n soogdier wat ‘n gemeenskaplike voorsaat met die groot primate deel – is die diergevoel al hoe erger vandag.

Ek voel soos ‘n pikkewyn wat my kort bene net laer wil laat sak en op my eier sit.

Soos ‘n meerkat wat diep in die gat wil gaan le onder furrrrr, met ‘n hopie sprinkane waaraan ek nou en dan kan knibbel.

Soos ‘n perd wat op die seesand wil gaan rol.

Soos ‘n free range hamster wat in ‘n kous kan inkruip met ‘n handvol sade.

Soos ‘n hoender wat maak asof syop eiers sit net sodat sy nie hoef te gaan skrop in die tuin nie.

Soos ‘n lekker wollerige dring met kloue en tande wat nie regtig ‘n monster is nie, maar wat kinders eet vir lunch. Njam

Gesondheidswenke

Dit is bitter lanklaas wat ek oor gesondheid iets geblog het, maar my hare staan regop as ek 95% van Suid-Afrikaanse tydskrifte optel – en dit sluit die sogenaamde gesondheidstydskrifte in.

Hier is ‘n paar gesondheidswenke

Moenie jou dieet aanvul met omega 6 nie, dit kom byna in alles kosse voor en jy het dit nie nodig nie. Omega 6 is nie net ‘n vet wat energie verskaf nie, maar kommunikeer met gene en is betrokke by die uitdrukking daarvan. Te veel omega 6 veroorsaak sistemiese imflammasie – dit is die begin van kanker en hartsiektes. Merkers van sistemiese inflammasie kan in die bloed opgespoor word.

Te veel anti-oksidante is gevaarlik en lei tot kanker. Anti-oksidante is: vitamine A, E, D, E en beta-karoteen. Dit is vetoplosbaar. Indien jy oor die langtermyn die voorgestelde daaglikse dosis oorskry, word dit verbind met verskeie tipes kanker. Jou liggaam moet ‘n balans he tussen vrye radikale en anti-oksidante.

Moenie wanneer jy dieet kaas en melk heeltemal uitsny nie, en mense doen dit altyd. Dit is so belangrik vir enige vrou en ook vir ouer mans.

‘n Mens se bene is op hulle optimale digtheid tussen 20jr en 30jr – daarna kan jy doen wat jy wil, jy verloor been. Jy kan soveel pilletjies drink van die aptreek jy kan niks doen nie, net middels soos Protos, Fosamax en dies meer kan weer been bou in ouer vroue. Maar dit is van uiterste belang dat jong vroue en tienermeisies se BMI nooit onder 20 moet wees nie. Die ideaal is tussen 20 en 25.

Gaan vir ‘n kolonoskopie op 60 en weer op 65 en daarna. Teen die tyd wat jy gaan pyn voel vir die kanker kan jy maar grafsteen soek.

Dieselfde geld vir prostaatondersoeke en ‘n mammogram– en borsondersoek en papsmeer¬†(laasgenoemde¬† 2 moet jy jaarslik¬†al doen vanaf 30)¬†¬†wat deel van jou lewe moet word teen 50. Dis bloot dom om nie te gaan nie.

Jy kan nie detox deur jou voete nie. Ook nie deur baddes en pleisters nie, ook nie deur ‘n enema in jou derms in te druk nie. ‘n Gevaarlike praktyk – wat as jou derm stukkend gesteek word? Daar is niks in jou vel wat kan detox of iets ‘uittrek’ nie, daai mense besteel jou. Die organe wat detox is jou lewer en niere. Dis al.

Daar is nie iets soos ‘n fat burner, metolistiese kick-starter en al daai nonsens nie. Die produkte bevat kaffiene (veels te veel) en ander middels, sommige onwettig wat nie net tot depressie kan lei nie, maar jou hart kan beskading.

Dis altyd beter om alles wat jy nodig het in te kry deur kos, eerder as om voedingsaanvullers, sogenaamde “natuurlike produkte” en dies meer te sulk. Net omdat jy dit nie op ‘n voorskrif kan kry by die “gesondheidswinkel” nie beteken nie dit is effektief nie, maar nog meer, dit kan gevaarlik wees, veral vir jou niere en lewer. Omdat die produkte nie klinies getoets is nie weet niemand wat regtig daarin is nie. Dit word ook nie beheer deur die Medisyne Beheerraad nie. Dit is nie waar dat ons kos nie voedsaam genoeg is nie, tot die margarien en brood is verryk.

Net mense wat MIV/vigs het, TB, kanker, diabets, asma of enige ander chroniese sieke, bo 65 is en arm kinders onder 7 jr en swanger vroue (baie spesifieke aanvullers want sommige is skadelik vir die fetus) behoort aanvullers te neem.

Die feit is “more is not more” en niks wat jy ekstra neem, tensy dit voorgeskrewe behoorlike medikasie vir ‘n bepaalde siekte¬†is, gaan jou langer laat lewe of jou “DNS herstel” nie.

Dit is die lewe. Ons leef net so lank. Ons kan nie tyd koop nie. Ongelukkig.

Die sportheld in my

Eendag sal die sportheld in my seker wakker word en begin hardloop. Op skool het ek net atletiek gedoen omdat die juffrou oulik was. My motiewe was duister.

Ek sien dat ek “uitmis” op die fenomeen. Dit gee blykbaar¬†aan almal om my sulke vreugdevolle bondels energie, opgewondenheid, ‘n jipee-ek-lewe-gevoel, dat ek soos ‘n ou brood voel. Daardie verskynsel is: sport.

Oe ek het al probeer, regtig. In 1995 het ek 20 minute van daai game gekyk ek ja wel. En die tweede keer het ek vleis gebraai Рwat nie een van my sterkpunte is nie, ek hou daarvan om bedien te word.

Die hele sin van rugby, as ek dit regtig moet ontleed, is baie homo-eroties. Werklik.  Dis fine met my as julle op mekaar wil val, dis effe infantiel.  En in fact uiters grillerig, veral die sweterige dele.

Dis seker oor die samelewing nie toelaat dat mens mekaar hug en kiss nie, nou vind hulle ander plekke om dit op ‘n macho manier uit te leef.

Krieket, of dit nou 10/10, 20/20 of 50/50 is dis fokken boring en die swakste spelers wat die kole uit die vuur moet krap kolf laaste? Nie fokkit. Doef, heen en weer, Doef. Dis net so erg soos tennis. Ek kyk eerder hoe bossies groei.

Sokker is net een groot frustrasie. Hulle skop en skop en skop en kom nerens. En die spelers is sulke primadonnas. Dis weer soos tafeltennis.

Miskien is die punt om te drink, te social en te skree. ‘n Vorm van sielkundige ontlading.

Ps. Jinne ek lees op af.woordpress, ek sien hier is baie nuwe blogs…maar met uitsondering van ‘n paar gaan dit nog maar tragies, tranerig en steeds vreeslik bybelskolerig….

Laat ek maar weer gaan molleer (molleer is wat ‘n mol doen)