Archive for Januarie, 2010

 

Ek is gek oor realiteit-TV juis oor die feit dat mense hulself vrywillig in situasies plaas wat ongemaklik is, net om hul smagting na geld te probeer bevredig en/of omdat hulle graag op TV wil wees.

Om een of ander rede hou daardie TV-kamera magiese kragte in, want sodra hy verskyn begin die meerderheid mense soos ape reageer, terwyl dieselde meerderheid enige genetiese verbintenis met ape dadelik verwerp.

Ek het jare gelede al herken en toe erken dat ek, Rosalind Franklin, ‘n swart-swart en siek sin vir humor het en dat mense wat suffer (let wel, uit eie keuse), of willens en weters hulle name slaan, vir my uiters amusant is. More begin die nuwe Celebrity (nogal) Survivor, ek kan nie wag nie.

Hulle gaan glo die geld skenk vir welsyn, maar ek glo geen dooie duit dat die spul deelneem om presies dieselfe redes as al die ander mense nie. En luister bietjie na hulle welsynsorganisasies wat hulle steun, dit drup van politieke korrektheid.

So ek hoop hul k*k af big time. Ek gaan terugsit en my tone gaan omkrul.

As die sogenaamde bekendes, almal omgegee het vir arm kinders, dan sou ek se. Laat die land nomineer wie hulle daar wil he. En dan moes dit wetters gaan. Hulle gee mos so baie om, met die witbrood onder die arm.

Ek nomineer die volgende:

Gareth Cliff – sommer tien keer;  veral jy regtig.

Steve – ja daai een;

Joost;

Amor,

Patricia;

Oom Angus

Dozi;

Julius M

Christina Storm die einste wat na 12 ure huistoe wou kom;

Vinette Abrahams.

Ek hoop hulle vrek van die honger, smag na water en pyn-pyn elke dag. Mag die goggas julle byt en die son julle brand. Wys ons as die mense hard val en huil, die skottel kos baie, die jaar wil ek voel ek gebruik hom.

Sal die regtige, regtige celebs een keer opstaan en swaarkry vir R500 000? ROFL

Ek hoor daar is regtig nie ‘n toilet of toiletpapier nie, so ja, wys ons tog hoe grawe julle gate soos katte. Onthou kry maar ‘n lekker breë blaar vir die afvee-slag.

Have fun! Ek hoop tog ek gaan.

Advertisements

Sondes van die kinders

Dis seker nou 5 jaar dat my  ma vir ons vertel, vanjaar gaan sy vir haar nekoperasie. Nouja kersfees het sy weer vir ons vertel: 2010 gaan ons nou uiteindelik soort van kak, as sy uiteindelik vir die groot operasie gaan. Want dit gaan maande en maande vat om reg te kom.

“Ek het vir die dokter gese, ek gaan uithou tot ek nie meer kan loop nie. Dan sal ek gaan,” se sy.

Sug. “Ma, as dit so erg is, gaan die operasie tien keer erger wees,” se ek.

Sy het ons vertel sy kan nie meer haar arms oplig toe ons oorsee is nie, maar sy het lekker geshop en geeet.

Sien dit is eintlik my skuld dat my ma se nek gefok is, beweer sy altyd subtiel.

En daar laat waai my ma met haar storie. “Twee van my nekwerwels is verkrummel. Want ek het jare gelede geval. Plat op my gesig, ” se sy vir Liefie.

1980. Ons badkamer.

My ma gaan aan met my oor iets. Ek kan nie meer onthou wat nie, maar ek het basies nie saamgestem nie.

En toe sien ek haar hand kom. Hy mik vir my boud, my kaal boud. Nee!

Ek spring op en hol weg. Soos altyd.

En hier kom sy sowaar agterna! My ma dink sy kan my inhol.

Wap, val sy. Op die nat badkamervloer.

En vir 30 jaar hoor ek die storie.

Hoekom my ma nie jaaaaaaaaaaaaaaaaaaaare gelede al haar nek laat uitsorteer het nie, slaan my dronk. Ek verstaan dit nie.

En ek het aangehou om weg te hol vir die pak slae. En het het nooit opgehou vloek nie. Steeds nie. Al het ek op 5 my eerste pak gekry oor ‘n vloekwoord.

Sien soms werk dit nie.

So vanjaar haal daai weghol-pakslae my in. Want dit gaan fokkin moeilik wees.

Plaas ek maar daai dag gestaan het vir die pakslae in die badkamer.