Archive for November, 2009

Bubble gum

Dit is seker ook apartheid se skuld 🙂 dat daar net Chappies en Wicks was toe ek klein was. Miskien het ander mense in ander lande lekker bubbles geblaas en gekou aan ander bubble gum.

Eintlik toe ek klein was, het ons ma’s nie so baie daarvan gehou dat jy Chappies kou nie. My ma het nooit ‘n rede gegee nie, maar het altyd gese, hoekom koop jy nie eerder toffies nie? Of yssies?

Nee, ek wil 20 Chappies koop. Chappies het destydes vreemde kleure gehad, dalk kom dit ook uit die polonie en vienna-fabriek. Hulle was sulke deurmekaar-kol-kleure. En net elke 50ste keer het jy regtig ‘n pienke of groene gekry. Tensy jy natuurlik die duurder lang stokkie-ding gekoop het wat jy so stuk-stuk afgebyt het.

Wicks het ook daai langes gemaak. En natuurlik die groter blokkies. Wicks het sy eie geur, niks is soos dit nie.

Ek is te bang om ‘n Chappie of ‘n Wicks te eet, ek wil nie my herinneringe besoedel nie. Ek wil hulle net so bewaar.

En daar was Beechies – maar dit is nie bubble gum nie. Dit blaas nie op nie. Dit was vir sissies soos my sussie.

Ek het eendag ‘n Chappie, of ‘n halwe gekoude een in haar hare geplant. Eintlik het dit gegaan oor daar die min plek in die kar was vir ons twee. Waar was die dae toe ons see toe gery het teen 80 km/h sonder aircon? G’n wonder ons het baklei nie.

Ek het vandag ‘n bol groen kougom getrap, daai getrek onder jou voet wat jou die onvermydelike laat besef.

Advertisements

Hoe kruis jy die pad?

Nou byna twee jaar gelede het ek gaan totsiens se vir ‘n vriendin in die hospitaal. Nie in soveel woorde nie, maar beide van ons het geweet. Tog, het ons lekker gesels oor haar lewe.

Rosalind, het sy vir my gesĂȘ, ek was in 50 lande in die wĂȘreld. “Dit was wonderlik. Ek het die wereld gesien. Ek is oor niks spyt nie. Jy moet probeer om dit ook te doen. Soveel jy kan.”

Ons het gelag oor haar ervarings. Haar woorde oor Egipte: “Al wat verkeerd is met Egipte, is die Egiptenare,” het sy gesĂȘ.

Vandag verlang ek weer na haar, juis oor haar stelling.

Ek vra vir julle hoe kruis ‘n mens die pad? Hoe? O ja, die karre staan nie stil nie, hulle ry, en vinnig ook. Dit is die probleem

Die annder kant is ook vol…

Ry in ‘n ‘taxi’ ……

Lus vir bietjie shopping, fok waar issie mall? daar issie ‘n mall nie madam (okay het geweet daar is nie ‘n mall nie)

 

So bou ‘n mens mos

Dit is eintlik moeilik om te glo wanneer jy voor dir Groot Piramide van Khufu (of Cleops) staan om te dink hy het met die projek begin 2550 v.C. en dit het net 30 jaar geneem om te voltooi. Daar is 2,3 miljoen rotsblokke tussen 2,5 ton en 15 ton – die piramide toring 147 m hoog. (links op foto)

Mees interessant is om binne-in te gaan, teen ekstra koste, om teen die steil trappe teen ‘n hoek van sowat 30 grade in die tonnel te klim. Die houttrap is sowat 100m lank, en dan kom jy by die blokke wat destyds in plek gesit is om die grafkelder van die faro te beskerm. Daar was 4 van die blokke en die is intussen verwyder, om deur die spasies te kom, kruip jy deur ‘n holte van sowat halwe meter hoog tot by die volgende een.

Uiteindelik kom jy by die kelder en die sakrofaag (wat leeg is), maar dit is fantasties, want die ruimte is so ontwerp dat dit natuurlik nie ineenstort nie. Jy staan dus in die hart van die piramide. Ek het net so rukkie daar gestaan en die atmosfeer ingedrink, totdat dit te benoud geraak en ek weer uit is om asem te skep.

Kkuhu se seun, faro Khafre het die tweede piramide (middel op foto) teen 2520 v.C, asook die Sfinks gebou. Die Sfinks bestaan uit een enkele blok en is 70 m lank en 20 m hoog. Half-mens, half-leeu – en hy waak as beskerming oor die kompleks.

Die derde piramide, gebou deur faro Menkaure teen sowat 2490 v.C (heel regs)

Alles hier is al gesteel in antieke tye. Hul beraam sowat 30% van die skatte, en grafkelders le nog onder die sand.

Antieke Egipte het verskeie eras beleef waarin baie transformasie in kultuur, samelewing, godsdiens en regering plaasgevind het. Die beskawing het bestaan van 3150 v.C tot 31 v. C met die inval van die Romeine.

Verstommend mooi en indrukwekkend.

Anekdotiese observasies van ‘n reis in Egipte deur buitelander(s), geslagsverhouding teenoor mate van plesier.

1 x man alleen in egipte = 95-100% pret, net jammer my buddy is nie hier nie.

10 x mans in egipte = 100 % pret, wonderlikse plek op aarde

10 x vroue in egipte = varieer agv persoonlikheid, land van oorsprong – sal tog probleme ervaar weens afwesigheid van ‘n enkele p—l in hul teenwoordigheid. gevaar van middel-misbruik bestaan weens frustrasie, tog is daar safety in numbers.

10x vroue in egipte, vergesel van ‘n 16 jarige seun = reis aansienlik vergemaklik, aangesien direkte kommunikasie net tussen man en man geskied, selfs al is die man ‘n seun.

1 x  vrou  alleen = chaoties, word emosioneel en fisies tot die uiterste beproef. moontlike middelafhankliheid kan geskied. Woorde soos: “sit still there”; “you keep quite now”, ” you listen to me” en “no! taxi don’t go” sal herhaaldelik gebruik word.

 

Bibliotheca Alexandrina – ek kan nie wag nie. Te veel om te sien, te min tyd. Miskien moet ek net ses ure elke aand slaap (dit is die minste wat my sisteeem kan verduur).

Hy is gebou om die antieke biblioteek van AlexandriĂ« te gedenk wat afgebrand het – wat ‘n verlies was dit nie vir die mensdom nie. ‘n Boek wat verlore gaan is soos ‘n sterfte. Verlore kennis.

Die eerste biblioteek is geopen tussen 40 en 120 v.C, maar daar is onsekerheid. Dit is wel bekend dat hy afgebrand het in 642.

Die nuwe weergawe het in 2002 oopgemaak.

bib

Van die unieke boeke op uitstalling

boek1

Ag mamma mia, Madonna! Ek weet nie wat om te se nie!!!

Cheers

Die nodige

dettol

Ek gril nogal vir sommige mense, en dus ook die plekke waaraan hulle raak en sit. Daar is baie mense wat deesdae nie meer vir my skoon lyk en ruik nie.

Ek wonder, as jou hare lyk of jy tjips daarin kan bak, en as ek wil opgooi as jy jou arm oplig, dan is ek mos redelik seker daarvan dat jy nie jou hande gewas het, nadat jy by die toilet was nie. Jy vat aan die hyser se knoppie en dan moet ek daaraan vat? Of nog erger, aan jou!

En as die snot uit ‘n kind se neus so erg loop dat dit op sy bo-lip saamkoek en die kind skuur teen my verby, dan wil ek die creeps kry. Kinders is die grootse germ-carriers op aarde.

Jy staan in die tou by die bank en die ou agter jou hoes: Reg teen jou kop vas! Die hare lig sommer op van die hoes-wind. Aaaagghhh. ‘n Miljoen virusse en bakterieĂ« swem uit sy mond . .

Of daai kelner wat met sy vuil naels jou blikkie koeldrank wil oopmaak.

Of daai een wat op straat die slym in sy heel doer agter gaan haal, hom in ‘n bal rol in die keel en dan glorieryk soos ‘n projektiel vol TB en wat nog , dit op die sypaadjie skiet. Ek sien altyd daai bolle raak waar hulle lĂȘ en koudword.

Vandaar my gunsteling produk: Dettol se hand sanitizer, die beste. Gemaak met ‘n alkoholbasis, moenie die sogenaamde “natuurlike” produkte gebruik nie. Hulle huisves eintlik die mikrobes waar hulle lekker leef, eerder as om hulle dood te maak.

Wonderlik Dettol beskerm selfs teen sekere virusse.

Amper tyd vir my om oppie vliegtuig te klim. Egipte, lekker vuil….ek kan net dink 🙂

 

Geluk! Man van die Jaar