Archive for Mei, 2008

Baba Rosalind

My 1de verjaardag met my treinkoek. Na aanleiding van Sonkind se tag.

Volgens die bababoek wat my ma getrou gehou het was baba Rosalind: “baie lief vir diere en om rond te blaai in boeke, mens sou dink sy lees regtig.”

Ek se glo 266 “werklike woorde” (hoe die hel my ma die lys gehou het weet niemand nie).

En wanneer ek glo nuwe klere aantrek se ek “brm-brm”. Wil seker gaan dans of af-show.

Advertisements

Voorwaarts Mars

Briljante mense word onthou vir dit wat hulle doen, uitvind, verrig en met akkuraatheid kan se oor veral die toekoms. Hulle is mense wat die vermoe het om, een van die grootste aspekte wat ander mense in hulle daaglikse bestaan belemmer, te oorkom: die manier hoe daar na tyd gekyk word.

Maak nie saak in watter veld die betrokke slim mens goed in is nie, hulle staar hulle nie vas in die wurgende en verkeerde idee wat die gewonde sterfling oor tyd het nie. Dit is uit hierdie volwasse denke waaruit ‘n visie vir die toekoms gebore word, of dit nou ‘n fiets, ‘n mikrogolfoond, ‘n motor, balpuntpen of satelliet is.

Hierdie is mense wat dink: Ja, dit is moontlik.

Byna 51 jaar gelede is die eerste satelliet in ‘n wentelbaan buite die aarde se atmosfeer ingestuur, Spoetnik. Vandag is daar meer as ‘n 1000 in die ruimte.

In 1920 is in die New York Times van Robert Goddard ’n gek gemaak omdat hy voorspel het die mens sal die Maan met ’n vuurpyl kan bereik. Daar is gesê Goddard ken nie die verband tussen aksie en reaksie nie en besef nie dat ’n vuurpyl nooit in ’n vakuum sal kan funksioneer nie.
Daar is ook gesê hy beskik nie eens oor die kennis wat daagliks in hoërskole uitgedeel word nie.
Dit was eers in 1969, drie dae voordat Neil Armstrong sy voet op die Maan gesit het, dat die koerant droog verskoning gevra het – hoewel Goddard toe reeds dood was.
Vir baie mense het Goddard die onmoontlike voorspel. Vandag is dit prof. Stephen Hawking die bekende astrofisikus en wiskundige, wat soms uitsprake maak wat die mensdom laat regop sit. Hy het verlede jaar gesê die mens se oorlewing hang af van sy sukses om binne die volgende 100 jaar ander planete te koloniseer, omdat die mens die Aarde as tuiste verwoes. Indien nie, sal die mensdom nie oorleef nie. Leke lag vir hom maar Nasa (wat vanjaar 50 jaar oud word) neem hom ernstig op.
Hawking meen dit is moontlik om binne 20 jaar ’n kolonie op die Maan te hê en binne 40 jaar op Mars – en dat dit belangrik vir die oorlewing van die mens is.

Met Nasa se nuwe Konstellasie-program, met sy splinternuwe ruimtetuie, sal tot vier mense op ’n keer Maan toe gaan en uiteindelik tot ses maande lank bly. Die eerste onbemande missie om die beste landingsplekke te soek sal al vanjaar geskied.

Die bemande missies sal op die vroegste in 2015 gebeur en nie later as 2020 nie, as alles volgens plan verloop.
En hulle sal buiteposte moet bou – dit alles met die oog op Mars.

En ons dink dit is onmoontlik, want soos ons vandag kan reis sal dit ses maande duur om Mars te bereik. Dit is nie vergesog nie. Kyk hoe ver het ons in 50 jaar gekom! Die Internasionale ruimtestasie, verskeie tuie na planete, die pendeltuie, Skylab, Hubble en Spitzer.

Ek glo nie dit is vergesog nie. Ons sal daar kom, nog voor 3000. En Hawking sal die man wees wat onthou sal word as die een wat ons gemaan het om te eksploreer, om onsself te dryf en nuwe tuistes te soek. Hy sal die groot gees wees.

Die week het Phoenix van Nasa suksesvol op Mars geland in ‘n poolarea (noord) wat ons nog nooit ontdek het nie. Dit is ook nie die eerste tuig na Mars nie, maar die een het ‘n spesiale robotarm wat in die harde grond sal boor en met ‘n spesiale laboratorium aan boord wat eksperimente sal uitvoer oor die komposisie van die grond – chemiese samestelling, en die belangrikse die soeke na moontlike organiese elemente, wat water insluit.

Ons weet reeds daar is alle aanduidings van waterwys op die oppervlakte en ander navorsing het getoon daar is ‘n groot moontlikheid vir waterys en/of lopende water onder die oppervlakte. Die antwoord sal ons hopelik vanjaar nog he.

Daar sal ook nie mars-mannetjies wees nie, en indien daar nog vorms van lewe is/was (in ons sonnestelsel) is die algemene gevoel dit sal ‘n mikroskopiese of baie klein vorm van lewe wees. Of ons dit sal herken as lewe is ‘n ander vraag. In die ander miljarde, miljarde, miljarde sonnestelsels lyk (en in samestelling) kan dit dalk so anders wees dat ons dit nie sal herken as lewe nie, behalwe natuurlik die feit dat ons en “hulle” nie die afstande sal kan verduur nie.

En hoe moeilik was dit om hom te land? So moeilik soos om ‘n laser te fokus op ‘n 20c-stuk sowat 300 km ver.

Waarom is ons daar? Ons durf nooit, nooit ophou ontdek nie. Net soos van die seevaarders, reisigers en ander nuwe lande ontdek het, doen ons dit weer. Ons verbreed ons kennis, las by en skaaf aan dit wat ons reeds weet. Bewys onself ook verkeerd.

En daardie stukkie nuuskierigheid van die wetenskap, wat wil leer en verbreed moet altyd bly: die sin van nuwe inligtig.

Die harde, ys-agtige grond van Mars. Foto-Nasa

Een van Phoenix se eerste foto’s van ‘n deel van homself (om te toon hy is in werking) en van die pool-horison – uit natuurlik plat sal wees. Foto-Nasa

Dikbek nurse

Sleepvoet, sleepvoet kom sy aangestap. Haar lip staan klaar doer. Wat sy in die saal kom maak weet die vader alleen, want sy werk nie ‘n steek nie.

Sy is ‘n dikbek nurse. Of is sy tekenend van SA se gesondheidsisteem wat ook nou die privaathospitale lamle? Want my ervaring verlede week in een van Kaapstad se sogenaamde beste en bekendste private hospitale was skrikwekkend.

“Ek het nog nie my slaappil ontvang nie,” se ek wat Rosalind is. Dit is al na tien uur die aand. Die medisyne-trollie was al in die saal, maar ek het die pil nie ontvang nie. Al het ek dit vir die suster wat die medikasie uitdeel gese, sy het net iets gemompel.

“Ek wag al meer as ‘n uur vir die warm melk wat ek gevra het,” se blinde tannie Anna.

“Ek het al twee ure gelede gevra dat die suster na iets in my been moet kom kyk.” se Maria. Wie is die suster aan diens?

Sleepvoet: “Ek weet nie wie die suster is nie.”

“Onmoontlik, jy moet weet, roep haar,” se ek. Sleepvoet antwoord nie, sy sleep net by die saal uit. Lip nog dikker opgeblaas.

Arme tannie Anna, sy is blind; ek kan nie loop nie; Maria kom pas uit ICU en Sophia oorkant my kry more ‘n nuwe hartklep. Sy eet uit vrees voordat dit nil per mounth-tyd is. Ons is in verskillende fases van pyn en paniek.

Ek moet elke twee ure piepie, want die aarvoeding loop so vinnig in, maar ek kan nie by die toilet uitkom nie, want ek kan nie loop nie. Lui ek die klokkie kom niemand nie. En staan mens mos op jou verbruikersregte, behandel hulle jou eers sleg.

Later is die uitwerking van die morfien en die lank wag vir ‘n bedpan te veel. Nou kan ek nie meer piepie nie. Die suster rol wragies haar oe, ek voel lus om haar met die bedpan te bliksem. Die detail sal ek julle spaar maar dit was ‘n onaangename proses om uiteindelik my natuurlike funksies weer normaal te kry.

Nog ‘n sleeper kom op dag nommer twee om my te was. Ek het seep en ‘n waslap vergeet. Sy is te lui om ‘n koekie seep te gaan haal en ‘n waslap. Nee wat, sy gooi ‘n groot skeut bloedrooi hospitaal-ontsmettingsmiddel wat by die wasbak staan (waarmee personeel hul hande moet was) in die kommetjie, gryp ‘n vadoek van iewers en begin my skrop. Sy mik eerste na my suidelike pool. NEE! gil ek, nie met daai seep nie.

“I have to wash you all over, there too.” se sy en skrop my…

Na die tyd ruik ek soos ‘n septiese tenk. Ek kan nie glo wat sopas gebeur het nie.

Niemand het ooit na Maria se pyn in haar been kom kyk nie, al het sy pas ‘n hartaanval gehad en ‘n bloedklont ‘n risiko is. Die melk het ure later gekom. Die suster het nooit gekom nie. Ek het byna ‘n uur vir ‘n portier gewag om my na ontvangs te neem.

Die afstandsbeheer vir die lig het nie gewerk nie. So ook nie my telefoon nie.

Daar was nie iets soos ‘n matrone nie. Niemand in die saal was in beheer nie, die verantwoordelikheid is die hele tyd geskuif.

En vir die eerste keer ooit, het ek sommer in die oggend en saans self my chroniese medikasie geneem. Dit is opgeskryf dat ek medikasie neem. Maar niemand het verder daaroor geworry nie. Gelukkig het ek dit saamgeneem!

Dit het my ongelooflik bang gemaak. Ek was nog nooit bang vir die hospitaal nie, maar nou flippen wonder ek.

N. S. Vergeet om te vertel van die een wat vir my gevra het of ek daar is vir ‘n “caesar” toe ek daar in pre–op le. Vokit…ek belowe julle ek lyk nie swanger nie, regtig.

Ewige (blog?)trekkers

Ek wonder al baie lank hieroor, dit lyk vir my dat mense wat Afrikaans praat, geneties iets soos ‘n trek-geen in hulle het. Want daar trek ons al weer…. na Litnet.

Die stelling kan ek natuurlik nie wetenskaplik bewys nie – dit bly dus net ‘n stelling of model. Diegene wat van Europese afkoms is wat in hierdie land woon, stam natuurlik ook af van mense wat in hulle bloed hierdie trekgeen besit het. Dus hoe ons hier gekom het.

Die moerige gogga het natuurlik sy kop weer uitgesteek toe almal op hulle ossewaens geklim het in die 1800’s toe dinge nie na hulle sin was nie en sommer net blindweg die bosse in gebliksem het. Net om deur siektes en inheemse inwoners afgemaai te word. Die res het sukkel-sukkel hulle plasies bewerk.

En natuurlik was daar weer ‘n helse rebellie, maar geen trekplek nie, toe die Engelse ons spul uiteindelik ingehaal het in 1899. Maar ‘n bittere stryd teen die grootste “empire” het gevolg. Ons het sleg tweede gekom.

Nou,soos in 1994, trek al wat leef en beef weer. Omdat hulle oortuig is hulle kry weer swaar. Maar werklik, hulle los hulle werk, huise en motors agter. Wanneer ‘n mense sulke besittings het kry jy nie nog swaar nie. En hulle doen navraag oor hoe om hulle geld oor te dra.

En sowaar onder onsself, hier op wordpress (wat nie net beter lyk nie, en beter werk nie) trek ons as blare gewaai word na een van die mees pretensieuse plekke op aarde. Waar die brieweblad soos ‘n passer is – al om dieselfde ou gat – na Litnet. Dieselfde ou mense net dieselfde opinies jaar na jaar. Heunig of rissie om die mond, hang af van wie jy ken.

Ek is nie bang om te trek na Litnet toe nie, ek sal die mense aanvat. Ek voel opgewasse, regtig. Ek het ‘n werk waarin ek baie met sogenaamde “slim”  of “belangrike mense”  te doen kry. Dit is nie die punt nie.

Die plek is doodeenvouding nie lekker nie, dit is borig en vol pretensie. En sulke goed maak my vieslik naar.

Mense kan natuurlik doen wat hulle wil. Ek probeer net verstaan waarom mense altyd alles los en oor begin. Migreer. Of gelok raak deur vernis oor hout.

Omdat ons dink dit is beter daar? Hoekom?

Ja, ons is ewige trekkers.

Maar ek laaik dit hier. Ek ontspan hier en ek hou van die crowd.

Hierdie is ‘n losse, vir die eerste keer wilde, maar eerlike en dalkies ondeurdagte opinie van Rosalind Franklin. Maar nou ja hier is dit. Jammer as ek jou vies maak, skel my maar.

My matriekafskeidsrok

My Liefie se altyd: Youth is wasted on the young. En dit, my vriende is waar.

Dit is nou die aand bewys in ‘n eksperiment wat ek nie doelbewus gedoen het nie, maar die besef het oor my gespoel en ek het besef dit was ook verlore op my.

In die regpakkery hier by die huis kom ek sowaar op my matriekafskeidsrok af. Datum: Einde 1990.

Destyds het ek gedink, geweet, geglo en niks kon my oortuig nie dat ek vet is. Sies, gril vet. Ek besluit toe nou die aand, kom laat ons sien. Want vandag op 35 weet ek, ek is nie vet nie en ek voel nie vet nie. Ek voel lekker oor myself.

Ek onthou hoe die sagte materiaal destyds, oor my jong lyf gegly het, ek onthou dit so goed. Ek kon self die ritsluiter toetrek, so skuins met my een arm. Ai waar is die dae?

En hier staan ek voor die spieel in die jaar 2008 en …. ja hy kom oor my heupe, my bo-bene en boude. En om my middel ook. Hy pas. Ag ek voel sommer trots op myself.

Maar ag vader, toe moet ek die rits optrek. Wat de f8K? So 15 cm van bo af loop staan die ding. Nee, dit kan tog nie! “Liefie, kom trek bietjie die rits op!”

“Ehm…wat doen jy?”

“Ek pas my matriekafskeidsrok aan.”

“Die rits kan nie toe nie,” se Liefie. “Probeer weer,” se ek. “Dit kan nie, jammer”.

My skouers is breer. Ek is wyer of iets. Ek kan dit nie glo nie regtig. Ek het gesweer ek sou kon inpas. Want ek voel dan beter oor myself! (the mind…)

Maar toe ek 17 was, het ek myself nie waardeer nie. Dit was wasted op my. Ek -my liggaam -was wasted op myself.

Maar nou, nou het ek vrede. Al pas ek nie in die rok nie.

NetJane tag my toe om die rok te wys nadat ek vertel het ek het skaamteloos in hom probeer wurm. Want sy het haar abosulte pragtige rok, tydloos en klassiek vir ons gewys, gaan kyk net hoe mooi is dit!

So hier is die rok (destyds met die aand van my matriekafskeid in 1990)….. 

 

Ek dare julle om ook te wys, met of sonder kop. Maar wys.

Waar op Aarde kom ruimte vandaan? Nie space soos in Star Trek se space nie, maar die ruimte om ons, wat  ter inligting ook nie leeg is nie

Die oerknal was die geboorte van die Heelal sowat 13,7 miljard jaar gelede toe ruimte, tyd, materie en energie tot stand gekom het.

Die gebeurtenis was soos ‘n geweldige warm ontploffing (uit ‘n baie digte, klein singulariteit), behalwe dat materie nie in bestaande ruimte uitgeskiet het nie, maar ruimte eintlik in die proses geskep het. (Dit beteken dat dinge soos sterrre en planete nie uit die ontploffing uitgeskiet het nie, hulle vorm eers later. Die oerknal het dis ruimte (spasie) geskep.)

(Onthou ruimte is nie leeg nie .’n Klassieke vakuum is leeg, maar nie ‘n kwantum-vakuum nie – daarin is sterk kernkragte teenwoordig. Daarin trek die kwarke (quarks) van mekaar in ‘n proses genaamd asymptotic freedom – prof. David Gross wat die week in SA was het ‘n Nobelprys hiervoor gewen)

Okay hier gaan ons verder met die ontstaan van die Heelal:

Binne drie minute na die Oerknal het die jong Heelal al baie, baie ver begin uitdy en stelselmatig afgekoel. Dit het ligte elemente soos waterstofkerne en helium-kerne gevorm, maar geen swaarder elemente nie.

Na 380 000 jaar het die temperatuur tot sowat 3000 grade C gedaal. Omstandighede was toe geskik vir protone en elektrone om te kombineer en neutrale waterstof te vorm.

Met elektrone wat toe gebind het aan atoomkerne, kon lig die eerste keer relatief ongehinderd deur die ruimte trek sonder om deur elektrone versprei te word. Hierdie lig waarin die Heelal destyds gebaai was is al opgespoor (in die 60tigs) en staan bekend as kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling. (Die statiese ggrrrr op jou radio is presies dit! Belowe!)

Sterre en sterrestelsels het omtrent 400 miljoen jaar gelede en langer na die oerknal begin vorm in die digste areas van materie (fluktuasies) en donker materie. Omdat daar nie voor dit enige ster- of sonlig was nie staan dit bekend as die Donker Era (Dark Ages) van die Heelal. Ons weet dit is daar en kon dit opspoor met radio-astronomie en gammastraal-astronomie, maar nie optiese-astronomie (teleskoop) nie, want jy kan nie iets sien wat nie lig uitstraal/reflekteer nie. Daarna kan voorwerpe met optiese waarneming gesien word.

Toe helder sterre eers gevorm het, kon die straling van hulle ultravioletlig waterstofatome ioniseer deur hulle weer in elektrone en protone te skei, wat nie aan mekaar gebind is nie. In ‘n stadium was daar genoeg sterre om byna al die neutrale waterstof in die Heelal te ioniseer. Dit was die einde van die Donker Era. Vandag is al die waterstof tussen die sterrestelsels geioniseer.

Die eerste sterre was baie helder en reusagtig groot tot ‘n duisend keer groter as die Aarde se Son. Hulle het saamgebondel in klein sterrestelsels en sowat 1 miljard jr na die oerknal het hulle groter sterrestelsels gevorm.

Teen 4,6 miljard jaar gelede het die planete in ons plaaslike sterrestelsel gevorm. Daar is natuurlik duisende ander plante, ons het al 260 gevind. En so aan en so aan.

Ons weet dat die Heelal nie net die hele tyd uitdy nie, maar dat dit al vinniger en vinniger gebeur. Daar is ook nie ‘n grens aan die Heelal nie. Daarom het die kiekie hier onder so ‘n “spinnerak” om.

Al die bogenoemde is al herhaaldelik deur portuur-evaluasie bewys, verskeie Nobelpryse in fisika is al gewen, in hierdie uiters verkorte en eenvoudige weergawe van ‘n deel van die Heelal se verhaal. Duisende inskrywings in akademiese joernale en wiskundige- en fisikamodelle bestaan om dit te bewys. Die soeke duur voort en meer en meer inligting kom na vore -die wetenskap hou nooit op leer nie – dit is wat dit uniek maak.

Wanneer die nuwe James Webb ruimte-teleskoop in 2013 in gebruik geneem gaan word sal ons pragtige beelde sien en nog meer leer.

A representation of the evolution of the universe over 13.7 billion years. The far left depicts the earliest moment we can now probe, when a period of “inflation” produced a burst of exponential growth in the universe. (Size is depicted by the vertical extent of the grid in this graphic.) For the next several billion years, the expansion of the universe gradually slowed down as the matter in the universe pulled on itself via gravity. The expansion has begun to speed up again as the repulsive effects of dark energy have come to dominate the expansion of the universe. The afterglow light seen by WMAP was emitted about 380,000 years after inflation and has traversed the universe largely unimpeded since then. The condition of earlier times are imprinted on this light; it also forms a backlight for later developments of the universe.

 

Foto: Nasa/WMAP

http://map.gsfc.nasa.gov/

 

 

Begin

Ai die honderde mense het mekaar nou die aand vertrap om prof. Stephen Hawking te hoor praat. Die sekuriteit moes later die wat onwettig probeer insluip het wegja. Natuurlik so. Hy is ‘n lewende Einstein.

Ek is een van hulle wat my hande op ‘n kaartjie gekry het, hoe anders?

Maar hy het weer ‘n lekker vraag in my aangewakker. Kyk, is nie ‘n man wat jou borsvoed nie, hy verduidelik nie dinge nie. Hy laat jou self dink. Party mense sit die potjie mis, want ons wil mos nie self dink nie.

Hy het verwys na Immanuel Kant wat gevra het: As die heelal ‘n begin gehad het (en ons weet vandag dit het begin uit ‘n singulariteit en oerknal) waarom het die heelal ‘n ewigheid gewag om te begin?

Vreemde groot plek

 

Soms is dit moeilik om te verstaan hoe groot (of hoe klein) iets of ‘n plek regtig is, geen foto of TV-program kan mens waarlik die gevoel laat ervaar nie.

‘n Paar jaar gelede was ek op ‘n nogal spesiale ekskursie na die VSA. Sekuriteit het aansienlik verbeter na die 9/11 en ek was verstom om te hoor dat ons ‘n paar ure by die Pentagon gaan deurbring. Ons is egter gou vertel dat daar nie sprake van foto’s neem is nie, nie eens naastenby nie. Jou kamera en selfoon moet sy sommer daar by “ontvangs” los, of jy kom nie saam nie.

So staan ek maar daar by ontvangs rond. Die toer sluit in “full military honour guard escorts”. (Die file met al die info het ek nou die dag ontdek toe die huis verspoel het, toe die geyser gebars het). Die escorts is jong soldate in hul “dress uniform”.

Ek sien die een het ‘n lys by hom en hy beloer ons so. Ek is van nature so nuuskierig ek kan vrek. En ek wil sien wat staan op die lys. So ek staan al nader, maar stadig sodat ek nie aandag trek nie. Amper soos iemand wat inkopies doen. Een of ander tyd gaan hy daai lys laat sak en dan wil ek sien.

En wragties toe die tyd aanbreek om ons sakke te deursoek, sit hy daai lys op die toonbank neer. Ek staan soos ‘n verkleurmannetjie en rol my oe diieeeeeekanttoe sodat ek kan lees. En daar, is almal van ons name, waar ons vandaan kom, adresse die hele toet. Sommer baie persoonlike inligting. Okay…

So begin die toer. Die soldate stap voor en agter ons. Hou ons mooi soos skape in een troppie. “Yes sir, hier.” En ” Correct Mam” daar.

‘n Fassinerende plek -sowat 30 000 mense werk daar. Nog nooit sulke bree gange in my lewe gesien nie. Dit is eintlik soos ‘n klein dorpie met winkels, eetplekke, gimnasiums, banke, alles. Die gebou beslaan 29 hektaar en die totale lengte van die gange is 28 km.

Van die senior-offisiere kom verby in gholfkarretjies. Ongelooflik. As jy hier verdwaal kan jy vir jare vermis wees.

Maar meer verstommend is die gebeure op 9/11: Die mense wat aan die ander kant van die gebou was toe die vliegtuig aan die duskant gebots het, het niks agtergekom nie. Die gebou is so ontsaglik groot dat hulle niks gehoor het nie en ook nie eens die fondasies voel skud het nie. Dit is hoe groot die plek is.

Die mure is nogal mooi versier met skilderye, historiese aktefakte uit die veskillende oorloe, vlae, portrette, versamelstukke, koerante en plakkate van groot oorloe. Maar ons kan nie staan en kyk nie, die soldate sorg dat ons aanhou beweeg.

Op die plek waar die vliegtuig gebots het, is ‘n gedenklokaal ingerig vir die mense wat in die vliegtuig, asook diegene van die Pentagon wat daar gesterf het.

Ons ontmoet bepaalde amptenare en offisiere en kan vrae vra. Die meeste vrae word beantwoord, maar ook nie eintlik nie. Hulle is bedagsaam, maar nie oorvriendelik nie. Mens weet nie eintlik veel meer as jy uitstap nie, natuurlik nie, al wat jy kan se is dat jy daar gestap het. En niks verder nie.

Van die binnewerke van die enorme gebou is dit seker beter dat mens nie weet nie. Oor die geheime wat daar bewaar word kan mens net fantaseer.

En skielik val iets my by. Toe ek ‘n paar dae vroeer in Washington geland het, vroeg die oggend, was ek so moeg ek het nie regtig besef wat gebeur het nie. Ek het moeg oor my tas geleuen na die lang vlug, amper heel agter in die tou by doeane, toe ‘n baie netjiese vrou en ‘n soldaat na my aangestap kom:

Sy het gese: “Hallo XYZ. I am XYZ from XZY. Welcome in America, please come with us. We are going to take you straight through.” Hulle het kaarte geflits en my deurgevat.

Ek het vooraf geweet iemand gaan my ontmoet sodat ek vinniger deur doeane kan beweeg. Ek het gevra waar en hoe. En die vrou het net gese, moenie worry nie. Hulle sal jou kry.

Maar nadat ek by die Pentagon was het die liggie aangegaan! Want ek het vir die eerste keer gedink . . .Hoe de hel het sy geweet hoe ek lyk?

 

The Pentagon, 431m (light blue), compared with RMS Queen Mary 2, 345m (pink), USS Enterprise, 342m (yellow), the Hindenburg, 245m (green), Yamato, 263m (dark blue), the Empire State Building, 443m (grey) and the Knock Nevis supertanker, 458m (red). Wikipedia