Die skisofreen

Hy sit eenkant op die sypaadjie, vuil en sonder skoene. Waai die hele tyd met sy hand iets onsigbaar voor hom weg, maar ek weet hy sien wel iets. Ek wonder wat is dit?

Hy praat aanhoudend met homself – of so dink die mense. Maar ek weet hy praat met die stemme wat hy in sy kop hoor. Met die spoke, die monsters en die ander mense wat met hom praat. Die hallusinasies. Vir hom is dit regte mense.

Soms koop ek vir hom iets om te eet. Hy vra nooit vir geld nie. Toe ek klein was, het ons van boemelaars genoem. Maar ek verstaan hoekom hy een is, en daar is bitter baie soos hy op die strate. Ek sien hulle gereeld, die tipiese simptome: onbehandelde skisofrenie.

Mens dink diegene wat aan skisorenie ly is doodeenvoudig net “mal”, so kan ons hulle maar buite op straat, koud, honger en dors los. Hoe verkeerd en tipies onmenslik is ons nie al weer nie. Ons dink met inagting oor diegene op straat maar onder nie dalk oor die redes hoekom hulle daar is nie. Baie is weens onbehandelde psigiatriese siektes.

Hoewel skisofrenie ‘n komplekse en chroniese siekte van die brein is, is dit behandelbaar, vir die sowat 1,5% van mense wat daarvan ly. Daar is tientalle hoogs suksesvolle anti-psigotiese middels op die mark.

Simptome

Word in 3 kategoriee verdeel. Die siekte het siklusse en daarom moet die persoon medikasie kry om hom stabiel te hou. Die siekte word veroorsaak deur ‘n chemiese wanbalans van die neurosender, dopamien.

Positiewe simptome: Dit is redelik maklik onderskeidbaar van mense wat nie siek is nie, omdat mense met die siekte kontak met die werklikheid verloor. Dit is dinge soos hallusinasies, vervolgingswaansin, stoornisse van beweging en stoornisse van denke en verkeerde persepsies. Mense hoor baie keer stemme en sien dinge, wat vir hulle werklik is.

En van die gewildste hallusinasies is om God te hoor en te sien. Die ander een wat voorkom by die paranoiese skisofreen is dat iemand hulle agtervolg of dat hulle gemerk is in een of ander samesweringskomplot. Baie hoor boodskappe wat uitgesaai word. (Daar is verskeie tipes skisofrenie)

Ek persoonlik dink dat sommige “profete” en diegene wat beweer Aliens gaan/het hulle kom haal psigiatriese hulp nodig het. Die blyk ook teenwoordig te wees by sommige fanatiese sekte-leiers.

Negatiewe simptome

‘n Verlies aan die vermoe om alledaagse planne uit te voer, te praat, emosie te toon, en plesier te put uit die lewe. Die simptome is moeiliker om agter te kom. ‘n Monotone stem en “plat” gesigsuitdrukkig kan voorkom, en sommige mense kan net praat wanneer hulle geforseer word.

Kognitiewe simptome

Swak uitvoerende funksionering (die vermoe om inligting te absorbeer en te verstaan en op grond daarvan besluite te maak en uit te voer)

Swak aandag en probleme met die werksgeheue (die vermoe om inligting wat pas geleer is te onthou en dit dadelik te gebruik)

Mite

Die siekte kan behandel word, dit is die heel belangrikste om te onthou. En dat daar geen rede is om “bang” te wees vir iemand met die siekte nie. Die aggressiewe-beeld wat in flieks geskep word is totaal onwaar. Dit is net ‘n gepynigde individu wat in stilte swaarkry. ‘n Skisofreen gaan jou nie “aanval” nie, of jag nie.

Die persoon het ook nie ‘n sogenaamde “gesplete persoonlikheid” nie. Die een wat die swaarste kry is die siek persoon nie jy nie. Die mites is maar net nog van die hartseer stereotipes van die Amerikaanse monster.

Veral die nuwe generasie anti-psigotiese middels het aansienlik minder newe-effekte. Na ses weke van behandeling, of gouer, is die meeste mense aansienlik beter, hoewel elkeen anders reageer. Anti-depressante kan ook bygevoeg word.

Dit is belangrik dat families en vriende ook betrokke is by die hantering en die bestuur van die siekte. Die waarde van liefde, verstaan en omgee as deel van ‘n program moet nooit, ooit onderskat word nie.

http://www.mentalhealthsa.co.za/schizophrenia.html

http://www.supportsabda.co.za/

Bron: National Institute of Mental Health

Advertisements

  1. Ek ken twee mense wat aan skisofrenie ly. Die een het saam met my gewerk en haar toestand was heeltemal onder beheer met medikasie. Sy het normaal opgetree, haar motor bestuur en alle ander alledaagse goed gedoen.

    Die ander een het met tye medikasie gebruik en dan het als goed gegaan, maar sy het al hoe erger geword en soms skelm nie haar medikasie gebruik nie. Sy het eers by haar ma gebly en toe later by haar broer, maar tans is sy in ‘n inrigting, want sy het regtig “weird” geword. Haar familie het swaar gekry met haar siekte.

    Dit lyk asof daar grade van skisofrenie is en dat dit nie altyd suksesvol behandel kan word nie. Ek is ‘n leek op die gebied, maar hierdie twee mense se lot het my nogal persoonlik geraak.

  2. Hi Sonkind. Ek dink die probleem is omdat sy nie haar medikasie gebruik het nie. Dit is ‘n kondisie waar jy vandat jy gediagnorseer word(laat tienerjare of vroee volwassenheid vir mans, of iets in die twintig vir vroue), vir elke dag van jou lewe medikasie moet gebruik.

    Soms neem dit geduld en die toets van medikasies om die regtes te kry, en dit is moeilik. Daar is grade, maar die meerderheid kan suksesvol behandel word. Soms het mense ‘n kombinasie van siektes. Dan speel die hantering van stres en verskeie persoonlike omstandighede, die manier hoe jy die siekte self bestuur en fisiese gesondheid ook ‘n rol.

    Die probleem is as mense nie hulle medikasie gebruik nie, of dit aan-af gebruik dan sal jy weird raak. Of as jy daarmee saam alkohol drink of so. Dit is swaar.

  3. Dit is scary…. Ek wou eers sê ek ken nie so iemand nie, maar hoe meer ek gelees het hoe meer was ek oortuig dat ek wel so iemand geken het. Ons het altyd gespot en gesê sy tor het weer van die brommer afgeval. Ek wonder nou net watse hoogtes die ou sou bereik het as hy op medikasie was, want hy is eintlik briljant… Dankie Rosie, weer o so interressant….

  4. Pikke, siektes van die brein maak ons banger as ander siektes, seker omdat ons voel jy verloor op ‘n manier beheer. Ongelukkig het die film-bedryf van die mense monsters gemaak wat nie die geval is nie.

  5. Jy is reg, ek dink ek is net so bang vir daai siektes as wat ek vir depressie is. My HELE familie ly aan bipolere depressie, buiten vir nageboorte depressie is ek egter ‘n baie positiewe mens – dankie Vader – maar ek is nogal bekommerd oor my kinders. Ek het so al ‘n gevoel dat dit nogal heel oorerflik kan wees.

  6. Ja, ek ken op die oomblik ook so iemand, sodra daar met haar medikasie gepeuter word of as sy nie haar medikasie gereeld neem nie verval sy dadelik weer in die ou storie….hallusinasies en vervolgingswaansin. Sy raak om die waarheid te sê heeltemal deurmekaar.

    Baie goeie inskrywing Rosie, daar is medikasie wat hierdie mense kan help, hoekom moet hulle so swaar kry.

  7. Pikkelik: bipolere gemoedstoornis is geneties oorerflik, maar dit is een van die suksesvolste siektes om te behandel, ‘n mens met net goed na jouself kyk. Jou ingesteldheid is reeds goed, ja jy is bang, maar jy is sensitief en dit maak die wereld se verskil. Om te probeer verstaan is halfpad gewonne.

    Wipneus: Ja ek verstaan ook nie, die neem van medikasie en terapie kan jou verlos van die swaarkry

  8. maxie

    My oorlede ma het al die simptome gehad maar interessant genoeg eers na haar histerektomie en eers na 40. Sy was nooit gediagnoseer nie (het nooit kundiges geraadpleeg nie, nie eers huisdokter nie). Die hele familie het geglo dat sy skisofrenies was, maar omdat dit so laat eers gemanifesteer het, kan ek nie help om te wonder of dit nie dalk eerder haar hormone was nie? Sy’t nooit gegaan vir hormoonaanvullings nie. Wat is jou opinie?

  9. Welkom Maxie. Ek kan nie dink dat iemand eers na 40 simptome van skisofrenie kan toon nie. Dalk is die simptome weggesteek vir ander mense?

    Die gebrek aan hormone kan nie veroorsak dat iemand hallusinasies kry, kognitiewe funksies verloor, stemme hoor ens nie. Hormone kan sommige mense depressief maak, maar nie psigoties nie.

    Die gebrek aan hormone sou haar op die meeste nogal kwesbaar gemaak het vir osteoporose.

    Dit kan early onset Alzeimers wees, ‘n tipe wat vroeg in die lewe voorkom? Of baie erge major-depressie wat as dit onbehandeld gelaat is, baie erg kan raak.

    Dan kan dit ook ‘n beroerte gewees het wat breinskade veroorsaak het. En omdat sy nie by die dokter was nie, is dit nie opgetel nie.

  10. 100% reg rosalind. Medikasie wat met groot sukses gebruik word is Risperdal en Geodon. Voorbeeld van ‘n antidepressant is Tegretol 100-400mg, afhangende van die aard. Maar dit is ‘n breinsiekte en as sulks het geen kuur nie. Medikasie oor ‘n verlengde periode help, maar ‘n mens kan eers na 10 jaar behoorlik uitvind of wel. 50% van skisofrenië is genees of kan ‘n normale lewe lei saam medikasie, en ander groep weer met ‘n behoorlike ondersteuningsnetwerk. Ongelukkig is daar 20% wat nooit beter raak nie, en ‘n kleiner presentasie pleeg selfmoord. Dit is ‘n lang pad.

    Maxie, skisofrenie word gereeld met bipolere depressie verwar. Die DSM-IV erken hierdie verwarring en lys breedvoering die simptome wat in kombinasie verskyn ten einde die regte diagnose te maak. En normaalweg manifesteer die simptome tussen 15-25 jaar vanweë abnormale breinfunksies, wat eerder vroeg in ‘n mens se lewensiklus hulle verskyning maak as later. Dis selde dat ‘n mens vir die eerste keer op middeljarige ouderdom dit sal opmerk, want sonder medikasie is die lewe vir ‘n skisofreen feitlik ondraaglik.

    Goeie stuk weer een!

  11. maxie

    Dankie vir die antwoord. Nee, sy was doodnormaal tot ongeveer 41, ek kan dit goed onthou. Toe het sy begin stemme hoor en ander weird hallusinasies (jy wil nie weet) gekry asook vervolgingswaansin. Alzheimers was dit beslis nie, sy kon altyd alles vlymskerp onthou. Wat my puzzle is dat ek ‘n vriendin gehad het destyds wie se ma op ongeveer dieselfde ouderdom begin uithaak het, selfde simptome as my ma. Sy was ook oortuig dit was hormoonverwant. My ma is wel jare later, 10j terug, dood aan beroerte. ?? As dit wel ‘n beroerte was wat dit veroorsaak het, hoe kon sy uithou vir nog 5 jaar?

  12. Sjoe Maxie, dit is ‘n moeilike een. Jammer die dokters het nie behoorlik getoets nie. Dit kan so ‘n klomp dinge gewees het – maar uiteindelik is dit tog ‘n breinfunksie wat skade opgedoen het, hetsy beroerte of tog Alzheimers. Natuurlik kan ‘n mens ook nie skisofrenie uitsluit nie, maar sonder medikasie sou sy regtig ‘n swaar tyd gehad het. En met beroerte is dit ook so dat ‘n mens se geheue nie noodwendig aangetas word nie – dit hang af in watter gedeelte van die brein die skade opgedoen is. As jy hierin belangstel, kan jy gerus gaan soek na die navorsing van Jill Bolte Taylor en Paul Allen (van Microsoft Faam – hy het ‘n kaart van die brein opgetrek!). As jy regtig verstom wil word, soek bietjie op die internet wat Nicholas Schiff doen – hy sit pasaangewers in die brein!!!

    Die brein is ‘n femoninale orgaan.

  13. maxie

    Dankie Emil, sal so maak!

  14. Maxie, Emil is reg ek het ook aan bipolere gemoedstoornis gedink, maar dit toe uitgelos juis omdat haar simptome so laat gekom het. Bipolere gemoedstoornis manifesteer in die tienerjare of vroee volwassendheid.

    Veral die maniese fase van bipolere kan ook hallusinasies en psigotiese episodes insluit, as die persoon nie behandel word nie. Nog ‘n skitterende middel is Seroquel.

    Mens kan nie skisofrenie uitgesluit nie, dalk was dit ligter en hanteerbaar voorheen. Die brein bly ‘n komplekse orgaan.

    Hoe dit ookal sy, beide hierdie siektes is verwoestend en vreeslik swaar om te he sonder behoorlike behandeling. Die emosionele pyn van onbehandelde psigiatriese siektes is vreeslik. En ek voel intens jammer vir wat jou ma deurgemaak het.

    Die sake van beroerte is verwant aan die deel van die brein waar die aar gebars het. Mens kan bv beroerte kry, goed onthou en ander simptome toon.

    Maar eintlik sou net ‘n psigiater en dalk ‘n neuroloog kon help. Ek twyfel steeds of sekshormone kan lei tot hallusinasies.

    Die pituitry gland skei wel baie hormone af (nie sekshormone nie) wat met emosie te doen het, en indien hy skade kry kan mens vreemde gedragsveranderings kry. So iets is ook moontlik.

  15. Rosalind weereens ‘n skitterende inskrywing! Maxie, daar is vele oorsake van hierdie simptome en dis grootliks die rede hoekom psigiaters eers medies moet studeer en dan spes in psigiatrie. Sekerlik kan mens ‘n saak uitmaak dat dit wel soos skisofrenie klink, maar veelvuldige infarkte in die brein kan ook met soortgelyke simptome presenteer. Infark is die mediese naam vir weefsel wat doodgaan agv te min suurstof. Emil is reg oor die ouderdom van presentering van skisofrenie- alhoewel vrouens gewoonlik later as mans presenteer is 41 ook buite die ‘normale’ reikwydte. ‘n Mens sal begin soek na organiese oorsake vir die hallusinasies- hier speel ‘n deuglike neurologiese ondersoek ‘n baie belangrike rol. Kon hierdie simptome reeds dui op ‘n vroee lateraliserende teken? Moontlik. Het sy net goed gesien of net stemme gehoor of het sy goed gesien en stemme gehoor? Sfenoiedrif meningiome mag lei tot ouditiewe hallusinasies. Het iemand ooit ‘n EKG gedoen? Atriale fibrillasie lei tot trombus vorming en sistemiese embolisasie indie dit aan die linkerkant is.

  16. Nice post Rosa. Ja, nie net met siektes nie, maar met alles in die wêreldjie is die mens maar geneig om bang en skrikkerig te wees vir wat jy nie ken nie. Gelukkig is daar soveel kennis beskikbaar, en met die internet deesdae soveel makliker beskikbaar, dat ons oor allerhande onderwerpe kan lees om sodoende dit te verstaan!

  17. Interessante post RF. Ek sien hier in Stockholm baie mense wat op een of ander manier “deur die sisteem” geval het en ek voel vir hulle vreeslik jammer, veral as wat met hulle “fout” is behandelbaar is. In Swede is dit deel van jou reg op menswaardigheid om besluite te neem oor waar jy is, so as daai keuse op straat is en jy is nie ‘n gevaar vir die samelewing nie, respekteer die owerhede daardie besluit. Die Swede hou dan ook glad nie daarvan om vrae oor hierdie mense te antwoord nie en ek kry altyd net die antwoord “it’s their choice”. Ek dink tog as ‘n land met ‘n baie goed ontwikkelde sosialewelsyns beleid is daar ‘n plig op die staat om die mense te help.

  18. Blixer is reg en sy dra nou lekker by hier oor die patologie. Ek dink ongelukkig daar is nooit ‘n EKG of CT gedoen nie, want Maxie se ma is nooit dokter toe nie.

    demoerin. Jong jy sal verbaas wees hoe wreed party mense nog is oor siektes van die brein, maar ons kom daar. Ons kom stadig daar.

    Netjane. Ai hoe hartseer, is definitief nie ‘n onbehandelde psigiatriese pasient se keuse om op straat te wees was hy heeltemal psigoties is nie. Dit is nou weer ‘n hoorhel na die linkse kant van regte.
    Of iemand wie se manie van so aard is dat jy heeltemal buite beheer is hoort in die hospitaal.

    Ek sal nog iets skryf oor die wonder en positiewe resultate van ECT, elektro-konvulsiewe terapie. (weer eens iets wat gedemoniseer is) Ek se sommer nou al ek is ‘n voorstander daarvan in gevalle van bipolere gemoedstoornis wat sukkel om op medikasie te reageer oor die langduur in manie, major-depressie, erge selfmoord neigings en ander meriete-gevalle.

    groete almal

  19. Rina

    Ek is 4½ jaar getroud met ñ man wat vir my lieg, buite egtelike verhoudings het en domineerend is hy manipileer my en wel hy is baie suinig, hy wil 3 keer op ñ dag ñ goeie maaltyd hê maar wil nie sorg daarvoor kan jy my help want sy seun is ñ skisofreen en ek worry nou ek weet nie wat is wat nie. Hy is ook heeltyd bewus van seks en is altyd opsoek daarna.

  20. W Olivier

    Ek Is 30 jaar getriud met n man wat ek dink aan paranoiese denkwyse ly. Hy beskuldin my dat ek ontrou is aan hom en ongelukkig sien ek nie n manier hoe ek my onskuld aan hom kan bewys nie. Ons staan nou op die voorstoep van skei. Ons het al veskillende sielkindiges gaan sien maar hy weier om te erken dat daar fout is by hom. Volgens hom is die fout by my want “ek kan nie ophou om hom te verneuk nie” Ek het al die jare maar probeer uithou en gehoop dienge sal vir ons reg uitwer. Die sielkundige het vir my gese daar is seker medikasie wat hy moet neem en hy weier. Ek het dit nou goed gedink om die internet te nader en vir my meer inligting omtrent hierdie aspek kry. Kan iemand net vir my help sodat ek hom kan help. Meskien n artikel wat n meer breedvoeringe verduideliking kan gee sodat hy dit kan lees en meskien besef dat hy heel moontlik aan so n probleem kan ly. Hy is vas beslote dat ons paadtjies maar sal moet skei sodat hy net kan op worry oor war ek doen. Gaan / sal dit ooit ophou? Stuur asseblief jul antwoord na my e-mail en dankie.

  21. Jacques Marits

    VIR WIE DIT MAG AANGAAN.

    Ek is besig met ‘n artikel vir ons koerant op kampus, en my onderwerp handel oor skisofrenie, hoe om dit te diagnoseer en wat die simptome daarvan is; eintlik wil ek he mense moet bewus raak daarvan want ek glo nie dat baie individue bewus is dat hulle wel daaraan ly nie weens die gebrek aan inligting daarvan. Kan iemand my dalk kontak in verband hiermee binne die volgende week? my e-pos addres is janaliasstoffel@yahoo.com

    Baie dankie

  22. Sigeuner

    Jacques, nou hoe moet ek weet of ek jou dalk moet kontak as jy nie meer inligting tot ons beskikking stel nie? Dalk is ek skisofrenies en weet dit nie. Dalk is ek skisofrenies en dan KAN ek dit nie weet nie, want ek ganie worry nie. Dalk is ek nie skiofrenies nie en net paranois en dink nou na dese ek IS skisofrenies en miskien moet ek jou kontak net om seker te maak.

    Somtyds voel ek mal, somtyds ver verby mal, somtyds wil ek die mensdom vir brekfis opvreet en in `n seegrot gaan uitspoeg. Somtyds wil ek die hele mensdom vry as ek vry voel. Ek ry eintlik somtyds net wipplank – nes `n kind. Soms voel ek geen verantwoordelik vir wat ek doen nie en dan soek ek maar weer `n wipplank om net te sit en see-saw.

    Ek is dalk `n grensgeval? Of kan dit hormone wees? After-all, ek is maar net `n vrou.

    Sterkte met jou navorsing, Jacques.

  23. http://health.nih.gov/

    Gaan na die skakel en kliek dan op: mental health and behaviour (die meeste kondisies is breedvoerig daar, asook skisofrenie, Jacques).

    sigeuner, ek weet nie oud jy is nie, maar skisofrenie wordin die tienerjare en vroee volwassenheid al gediagnoseer. jy sal nooit nie sonder behandeling eintlik funksioneel kan lewe as jy die siekte het nie. lees bietjie daar by die link hierbo oor skisofrenie, ek dink nie jy verstaan dit so mooi nie, klink nie na skisofrenie nie.

  24. Sigeuner

    Dan is ek dankbaar ek is nie skisofrenies nie – en sal dit darem nou kan beswys aan my familie. Ek trek egter julle bene.
    Maar een ding wat ek raakgelees het eenkeer toe die een twin kwik ingekry het, is dat AS dit baie ingeneem was en kwikvergiftiging veroorsaak het later van tyd skisofrenie mag veroorsaak. Iets wat dit kan teewerk is selsout nr 12, wat enige iets wat nie in die lyf hoort nie (soos swaar metale), splinters wat nie wil uit of bv, `n afgebreekte naald of stuk koeel – absorbeer en deur die bloedstroom na die niere vervoer word en dan uitgeskei word. Die indringer heg aan die spoorelement van selsout 12 (silicea) en maak jou nie verder siek nie.
    Mense wat inplantings soos hartkleppe ens het, mag dit nie gebruik nie, want dit kan die materiaal waavan dit gemaak word, sien as indringers in die selle en dit laat oplos.

    Ps. Ek het `n baie sterk tendens om empatie met die mensdom te he, veral waar aftakeling van menswaardigheid gemeet aan vandag se norm te bespeur is. Dit hou my soms wakker, soms dink ek maande lank aan een aspek en hoekom-hoekom ek oor siektes of agteruitgang van intellegensie of inkering of wat dit ookal mag wees was mense soms deurgaan in sekre toestande van “siekte”.

    Rosa-wilderosie, ekselfs is nog maar bloedjonk – 37. My vroee menopouse kry my somtyds net onder. Voel soms hipersensitief vir als – klank, mense, vandag, stiltes, gebeure ens. Soms voel ek net afgestomp en onbetrokke. Ek is bang om eendag as ek wakker word nie meer te voel nie. Emosie moet my nooit verlaat nie. Ek wil nooit helemal ingekeer raak nie. Die wereld is tog mooi ook.

  25. Sigeuner

    Hier is `n effe lang poem. Een van die dinge wat my laat wonder-wonder het. En ek het nie die dem antwoorde nie!

    Alzheimers

    Jy sit en staar aaneen na jou hande
    die blou-aar vel net dun getrekte wande
    jy praat nie… ek staar maar saam
    die tyd staan stil, maar gaan tog aan
    vir my wat alles nog onthou en voel
    so skuldig, woede ingehou.

    Al wat ek vra, is genade…

    Elke liewe keer as ek hier was
    en die onthou in my keel kom lê
    sluk en sluk ek aan al die bitter en
    vergeet ék ook wat ek vir jou wou sê
    soos – dat tyd weer alles heelmaak
    asof dit aan jou sou saakmaak.

    Al wat ek vra, is genade…

    Die kere as jy aandagtig na my luister
    asof jy verstaan wat ek vertel
    wat alles in die wêreld, buite joune hel
    die verbasing op jou gesig as jy eien
    en begryp en `n breekdeel weer herken
    jy my, is dit my oë of is dit my stem?

    Al wat ek vra, is genade…

    Die rimpels oral oor jou lyf
    wat lyk soos sout verlos oor wange
    opgelos oor sout-gedroogde trane.
    Hemel, alleen! Hoeveel tyd het ons,
    saam geëet daaraan, saam gebid
    en huil tot hierdie uitgedroogde rit?

    Al wat ek vra, is genade…

    Tot ek weer eendag sien en glo
    dat jy my tog verstaan en bo alles
    weet hoe lief ek jou nog altyd het
    jou krom rug teen die koue bed,
    hande in komberse terug gedruk
    met oë wat saggies, vol verwondering
    op my gestalte en geheue kom lê.

    Genade so onbeskryflik groot.

    Dis waarom ek altyd wil bly VOEL, digters is sensiteiewe siele. My volgende poem sal dan wees oor skisofrenie. As ek eers als tot my beskikking gaan oplees het.

  26. Andrew

    My sister suffers from paranoid schizophrenia; Sonkind might have referred to her in her comment. No one knows how difficult it is to live with someone that has this condition until you experience it yourself. It’s hardcore unadulterated hell! She heard voices, saw UFOs, believed in gods, psychics, angel guides and crystals, she could ‘see’ auras and chakras. My house was covered in course salt to cleanse it from bad spirits. I would sometimes drive to the beach and sleep in my car just to get away from it all. It’s kak … very kak.

    She is currently doing well after years of experimentation with different types of medication. It’s a terrible disease but it can be managed.

  27. Angelique

    My broer is ook skisofreen en ek kry hom so baie jammer. Ek besef nie elke dag hoe ernstig die siekte is nie, maar ek kan sien die man is baie stil en terug getrokke.Hy neem sy medikasie maar vandat hy dit gebruik het hy vreeslik baie gewig op getel. Hy is nie netjies nie en slaap verskriklik baie. Hy rook baie en drink baie baie koffie per dag. Ek wens ek kan weet hoe kry mens die siekte dan kan ek ook dalk meer verstaan…..

  28. ‘n Mens kry nie die siekte nie, jy word gebore daarmee, dit is geneties. Dit tree net later in jou lewe na vore. Baie mense rook en drink baie dit maak nie van hulle skisofrene nie. wat jy moet probeer leer is hoe om die siekte te hanteer, hoe dit behandel moet word en dies meer – eintlik alles oor die siekte. Hoe meer kennis hoe meer mag. Dalk slaap hy baie omdat sy medikasie nie reg is vir hom nie.

  29. Rina

    24 Jaar gelede was my eks-man gediagnoseer met Skisofrenie deur my sielkundige tydens my egskeiding. Ek het op daardie stadium nie geweet wat dit beteken nie, behalwe dat ek net een oggend geweet het dat ek moet wegkom van hom. Die sielkundige wou hom op daardie stadium op medikasie sit, maar hy het gese dat hy nie mal is nie en dat hy hom nie mal gaan verklaar nie.

    Ons was 6 maande getroud toe hy my vir die eerste keer aangerand het en beskuldig het van ander verhoudings. Hierdie aanrandings het sporadies gebeur en kon ek later die patroon lees. Daar was tussenin tye wat dit goedgegaan het en dan skielik het die duiwel weer in hom losgebars en moes ek deurloop van beskuldigings en aanrandings. Hy was seksueel ook baie veeleisend.

    Ons het op n plaas gebly en toe ons kinders later moes skool toe gaan het hierdie beskuldigings meer dikwels gebeur. As hy nie bevredigende antwoorde gekry het nie, het hy begin drink en dan het ek geweet dat dit weer sulke tyd was. Hierdie aanradings het meestal laat aande gebeur. Elke keer nadat hy my aangerand het, het hy alles vir my toegesluit soos bv. die telefoon, die voertuie se sleutels ens.

    My ouers het nie van hierdie aanrandigstories geweet nie, want my eks-man het die skuld op my gepak en ek was so naief en hom geglo. Ek was op daardie stadium in so n diep donker gat. Tot een nag wat hy hom weer te buite gegaan het en my so ernstig gewurg het dat hyself gedink het ek is dood en uit die huis uit gevlug het. Ek het vroeg die volgende oggend my pa gebel wat my onmiddellik kom haal het.

    Na 15 jaar se huwelik is ek van hom geskei.

    Ek het drie kinders by hom, 2 dogters en n seun wat almal getroud is. Hul verhouding met hom is nie baie goed nie. My oudste dogter se man weier dat hulle by hom op die plaas kom. My eks-man ken nie sy kleinkinders nie.

    My seun boer saam met sy pa op die plaas. Daar is nie veel kommunikasie tussen hom en sy pa nie. Hy is ook reeds getroud maar bly op die dorp en ry bedags uit om te gaan boer. Hy byt maar vas omdat hierdie grond veronderstel is om eendag na hom toe te kom. Ek is baie, baie bekommerd oor my seun want die inpak van sy pa se gedrag eis sy tol.

    Hierdie is my kant van “‘n Lewe met ‘n Skisofreen”.

  30. Ek het ‘n tuinier wie ek vas glo dat hy aan Skisofrenie ly.Daar is heeltyd iemand wat hom dophou/agtervolg/gooi met speelgoed! Wat ken ek doen om hom te help? Hy het geen mediese skema nie.

  31. Liefie

    Kan ‘n person wat gediagnoser is Tourettes of Asbergers ‘n skisofreenwees

    Die persoon is as jong kind van 2 jaar so gediagnoseer en is nou 24 jaar, nooit ‘n werk gehad of behou en “speel” nou op wil nie medikasie neem en soos ek verstaan bang om in ‘n inrigting op geneem gaan word

    Bly nog altyd by ouers en sielkundige Sêsy is 24 en kan nie gdwing word. Waar gaan ‘n mens om hulp te kry?

  32. Vervolgingswaansin kan gevaarlik wees.

  33. Anel

    Ek ht n Niggie wat n skitsofreen is. Alle gedrag wys daarna. Sy bly op haar eie, ht geen inkomste nie. Di buurvrou gee maar kos. Sy glo vas die regering ht alles van haar gevat. Sy weier om enige dr te sien of gehelp te word. Ek wil haar bitter graag help deur haar in n inrigting te kry, om sodoende voldoende medikasie en versoriging te ontvang. Ek het geeen idee waar om te begin as sy ni haar samewerking wil gee nie. Help asb!!!

  34. Anoniem

    Wie kan ek bel ivm hierdie siekte asseblief?




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: