Sewe jaar gelede

Dit was Paasnaweek 2002 gewees wat een van die vele keerpunte in my lewe was, maar ‘n keerpunt is mos net een in retrospek.

Daar waar ek op die staatshospitaal se bankie gesit en rook het saam met ‘n vriendin, was ek uitgelewer aan genade. Uiteindelik was dit haar genade waarop ek staatgemaak het.

Ek was bitter siek – toe al vir nege maande – en my mediese fonds was gedaan. Die private hospitaal en die spesialis het net eenvoudig gese jammer. Ek is darem ‘n briefie in die hand gestop sodat die staat sou weet wat om met my te doen. Ek is beloof die staatsdokter is gebel.

Daar gekom, weet die staatshospitaal niks, en die dokter is weg. Al die beddens is vol. Die private spesialis antwoord nie meer sy foon nie, want ek het nie meer geld nie. En dit is darem ook Paasnaweek die man moet mos rus.

Die rook trek om ons koppe daar waar ons sit op die bankie. Ek met my sakkie klere. So, is ek saam met die vriendin huistoe, waarheen elders?

En een van die pynlikste, lydende, mees bisarre Paasnaweke speel homself af – daar in haar huis.

Ja ek is weer terug hospitaal toe daardie Dinsdag, en uiteindelik het my suster tot my redding gekom, toe die kontant voor die private hospitaal se honger mond geswaai is.

Maande daarna het ek nog die woede-issues probeer opklaar in myself. Dis so ontgogelde gevoel van die liggaam en die “eie ek” van ontkoppel geraak het van mekaar, so verwyderde gevoel.

So was dit sewe jaar gelede – daardie woedende, pynlike, lewensles-Paasnaweek.


  1. Rosa, o Rosa.

    Dis een ding van dokters wat my siek maak. Hulle bedside-manners word bepaal deur die geldkraantjie. In min is daar nog medemenslikheid.

    Dit moes ‘n mislike, mislike Paasnaweek gewees het.

    Drukkie vir jou. 😉

  2. Deesdae word die mense net dokter omdat hulle die geld sien. Niemand doen dit meer vir die liefde van die saak nie en niemand gee meer ‘n vlenter om nie. Solank die ponde inrol kan die wereld vergaan. Daar is sekerlik uitsonderings, maar so skaars soos hoendertande.

  3. Dit is een van die situasies waarin ek nie sommer wil wees nie – uitgelewer aan ‘n staatshospitaal waar jy behandel word as laer as slangk@k en nie werd om gehelp te word nie.

    Sulke goed hou my wakker in die nag.

  4. maxie

    Ai Roos

    Ek is nou sommer baie hartseer oor daai ontnugterende Paasnaweek van ellende.

    Verder stem ek 100% saam met die comments hierbo.

  5. Aaklig!!! En die onthou bly altyd!
    (((Rosie)))

  6. Sigeuner

    `n Keerpunt.
    `n Lewensles.
    Woedende, pynlike lewensles.
    Dis vir my so dem sad, dat ons eers deur die kak moet werk om die lesse te leer. In my nederige opinie – helemal onnodig.

    Geld is toe nie so stom nie, ne?
    Die bliksims!!

  7. Mefri

    Ek het jarelank swaar aan seer gedra wat my lewe negatief op meer as een gebied beïnvloed het, totdat ek besluit het dat geen seer ooit weer ʼn blywende negatiewe invloed in my lewe sal hê nie.

    Is dit nie die rede hoekom jy met soveel deernis en liefde na minderbevoorregtes omsien nie? Kyk net hoe veg jy vir hongerkinders, dieremishandeling en so baie meer wat jy nie hier op jou blog genoem het nie. ((((((Rooskindjie))))) Dalk het dit tyd geword om daardie seer te omhels en finaal te groet – draai om en kyk terug hoeveel goeie dinge het daaruit voortgespruit; jou omgee ken geen grense nie.

  8. ding

    Frankie
    Ding lees hierdie en Ding lees hierdie weer. En Ding lees dit nog ‘n keer.
    Hoe voel en dink jy vandag daaroor?
    Wat sal jy vandag doen, sou jy hierdie naweek weer in ‘n soortgelyke situasie beland?

    Ding wonder hieroor – dit is realiteit – dit was alreeds 7 jaar gelede. Jy laat Ding dink … ek hou daarvan. Dankie.

  9. MMM…. Dis rof!! Ek bly jy is nou okay..
    En what a easter weekend to remember, hoop jy eet nou paaseiers…

  10. Inderdaad ‘n slegte storie Rosa, jammer jy moes daardeur gaan. Die tipe ding gebeur ontsettend baie, wat my net ontstel is dat KINDERS weggewys word. Skande.
    Moral of the story is…moenie flippen siek word as jou mediese fonds nie ekstensiewe dekking bied nie🙂
    Privaat hospitale (tesame met heelwat onder die dekmantel nice guys) is maar aan die onderkant van die human barrel…nou ja, ek is nie onpartydig en objektief nie ne?

  11. Carina

    Rosa, ek is nie onpartydig en objektief genoeg om hier te comment nie. Ek is jammer dat jy hierdie ding moes deurmaak… ek weet net dat dit glad nie ‘n rare storie is nie, wat jy sewe jaar terug beleef het, gebeur elke dag – te veel. Ek kan boeke skryf. Bly jy is nou ok, moral of the story…? voor jy siek word, maak seker jou mediese fonds het ekstensiewe voordele – en moenie jou privaat spesialis de moer in maak nie🙂

  12. Dis as gevolg van sulke dinge wat ek my lewe leef soos ek dit lees. Moenie worry, moenie tob, moenie te veel dink… Leef net….

  13. Sammi

    Oi!!
    Dis flippen erg Rosa, maar ek kan nie help om te wonder hoekom dit die private ouens 9 maande geneem het om jou NIE reg te “maak” nie en hoekom hulle gedink het dis aanvaarbaar om jou dan weg te gestuur het na so ‘n instansie na hul faling?

  14. Carina: Ek weet nie hoekom jy gaan le het in Spam nie. jammer. My fonds het ekstensiewe dekking, maar na 9 maande was dit op. Toemaar Carina, ek is ook nie objektief nie, maar na dese weet ek ALLES van fondse af.
    TIP: al is jou fonds uitgeput en jy is baie siek, kan ‘n dokter motiveer dat jy as noodgeval opgeneem word, dan moet die fonds betaal – dit het ek na die tyd geleer.
    Nog ‘n tip: maak vriende met die fonds, hulle kan die reels buig as hulle jou ken.

    Krista: Ek het baie geleer nadat dit gebeur het. Intussen het bele ek geld in ‘n beleggingsfonds, dit is my noodfonds. En maak pelle met die fonds se mense dit help. Krista, glo my dit is k*k, maar mens oorleef dit😉 ‘n mens ‘n sterker was wat jy dink!

    Boendoe en Kaalvoete: ek het daai betrokke dokter gefire en gesorgvuldig ‘n ander een gesoek. daar is goeie dokters, soek net mooi.

    Sigeuner: geld kan baie regmaak. ja flip tog die lewenslesse.

    Maxie, mefri en wippie: dit is nie meer so erg nie, regtig, dit is net geskryf met die terugblik. Mefri, die seer is nie meer daar nie, belowe. Net die retrospek – wat iets anders is.

    pikkie; jy is heeltemal reg!

    Sammie; die siekte was groter as ek en seker as die dokters ook?

    melanie: jip ek sal dit seker altyd onthou.

    Ding: ek sou nie se ek het myself in ‘n situasie laat beland nie, ek het nie myself siek gemaak nie. ek wonder wie het soveel geld dat hulle vir hulself kan betaal om weke in ‘n private hospitaal te bly. wat sou ek nou anders doen? ek sou nou daai dokter wat my verlaat het goed gaan uitkak het, maar op ‘n mooi manier.

  15. My skoonpa het Vrydag geval en sy regterheup gebreek. Pensioenaris. Hy was blykbaar in geweldige pyn. By die staatshospitaal moes hy hoor dat hy maar so onder “verdowing” gaan moet lê tot Dinsdag toe, aangesien dit Paasnaweek is en daar nie dokters beskikbaar is nie…

    Na ‘n vreeslike gesukkel is hy oorgeplaas na ‘n ander hospitaal en het uiteindelik Sondag aand ‘n operasie ondergaan wat staalpenne en ek weet nie wat alles behels het nie. Dit gaan goed met hom onder omstandighede, maar hy sê hy word soos honnebollie behandel en is gedurig in pyn. Intussen bekommer my skoonma haar dood oor hom, want sy weet nie of hy die regte behandeling kry nie…

  16. Dit is sad. Gebeur nog steeds en gaan al meer gebeur soos almal hulle gordels stywer trek. As die staatshospitale nog ok was, was dit ‘n ander saak. Maar vir my lyk dit net soos chaos, onderbesteding, bedrog ens. ens. Maar ons het geld om pragtige groot nuwe stadions te bou. Die helfte moontlik wit olifante na 2010. Dit maak my moer kwaad!

  17. Alta

    ((Rosa))

  18. Ja-nee staatshospitale is ‘n lotto. Maar hoe gemaak as mens geen ander uitweg het nie?

  19. ding

    Frankie – dis juis omdat Ding reken manman laat nie “jouself in so ‘n situasie beland nie” – dis juis omdat ‘n mens daarin beland, onvoorsiens, dat Ding die vraag gevra het. Want nou weet ‘n mens mos wat kan gebeur – sal dit nou anders wees. Miskien omdat Ding steeds die donner in is vir homself omdat hy nie in sy eie situasie net eenvoudig opgestaan en geloooooop het nie. Ding vra dingself: is DIT die staat se gesondheidsorg – dat iemand moet vertel soos jy vertel en ander hier ook. Waar lê die grens tussen beroep en roeping; tussen diens en bedryf? Hoekom kort ek die guts om my ontevredenheid met ‘n vuurhoutjie in die hand te brand; hoekom kort ek die guts om myself te verloor, op te staan en ‘n ongeskikte dokter summier te bliksem? WAT in my laat my steeds teen my eie beterwete glo dat PRAAT gehoor sal word? Sien – jy laat Ding DINK…

  20. Dit is stories soos die wat my kinderlik ongelukkig en grootmens die bliksem in kan maak. Genade, in die goeie jare betaal jy deur jou nek en hulle frons beslis nie as jy nie eis nie. Mens sal ‘n dink ‘n deeltjie daarvan kan in die maer jare aangewend word.

  21. Dellie, sterkte daar, by sulke hospitale moet ‘n mens jou stem dik maak, jy moet hard wees. Dink aan jou.

    Ding, kyk ek glo mos ‘n ou moet in hierdie lewe op sy moer kry. so daai dokter en ek het mekaar toe later weer raakgeloop. ek het sy gat vir hom op ‘n ander manier toegestop, later toe ek gesond was.🙂

  22. BB

    Who is secure in all his basic needs? Who has work, medical care, housing, food, occasional entertainment, spiritual care, free clothing, free burial, free everything??
    .
    .
    .
    Prisoners!! 😦

  23. Sigeuner

    BB – uh uh, but ze prizonier? He`s not FREE, is he?

  24. nesbitw

    kyk Ross, look on the bright side. Ek woon al byna 10 jaar in Nederland en het tov lokale mediese fasiliteite (soos ook tov alle ander dienste) gedink dit is seriously first world hier. Laat ek jou vertel, dis anno 2009 steeds ‘n groot kontradiksie met al die ander fantastiese liberale, vooruitdenkende sisteme wat die Hollanders pretendeer om oor te beskik. Mens betaal baie belasting, behoorlike mediese fonds premies en die kwaliteit van mediese sorg laat in die algemeneen veel te wense oor. Die VU ziekenhuis by my om die hoek met al haar poeha as wetenskaplike ziekenhuis maak my naar – my laaitie is daar gebore en byna was dit fout vir hom en my vrou, die god weet. As ek iets onder lede het, volg ek eerder my oom in SA se raad: doppie witblits voor ek gaan slaap voordat ek my wend tot die kwaksalwers hier! Ek kan my ouma nog so in haar staatshospitaal bedlakens (kompleet met KPA print) sien le – is ook geen opbeurende gesig, maar die besorgdheid van dokters op vergelyking met hier is tog beter. Glo my maar.

    bottom’s up

  25. BB: ek probeer soveel as wat ek kan gratis score🙂 hehehhehe (net grappie)

    nesbitw: ek stem met jou dat SA baie goeie dokters het, want ek weet hoeveel mense van oorsee kom hierheen vir groot operasies. chris barnard was een van hulle, toe hulle se heup opgedinges het in oostenryk, het hy hierheen gekom sodat SA dokters die skade kan herstel.
    In die UK is die dokters pateties, mense stroom hierheen.

    My my is dit meer die bestuur van fondse en die feit dat daar nie na strukture gekyk word in die staatsektor nie, eerder as die dokters.

    Ek weet ook van gevalle verlede jaar wat buitelandse dokters hier wou kom werk en daar vir hulle nee gese is. huh??

  26. BB

    Ja,shame Sigeuner – dis al wat die ou nog kort – dan’t hy wragtig hemel op aarde:mrgreen:
    Rosietjie – eintlik wou ek net seg ek hoop jy beleef NOOIT OOIT weer ‘n “7 jaar gelede” nie… as jy OOIT weer op ‘n houtbankie in ‘n staatshospitaal moet sit – phone a friend. (I know people –😉 – hehehe Wiiiiiiiiiipneeeeeuuuuuuussssss HEEEEELP!!! LOL!!!

  27. BB: volgende keer sal ek sorg dat ek op ‘n leerbank sit ehehehe😉




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: