Archive for Maart, 2009

Siembamba

Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, mama se kindjie
draai sy nek om, gooi hom in die sloot;
trap op sy kop dan is hy dood.

– C. J Langenhoven

Ja Here ek verstaan ook nie hongersnood nie, dit is nou die een ding wat nie vir my op hierdie aarde sin maak nie. Jy sien ek flippen kop dit die. Hulle se jou redes ken net jy alleen. Hulle se daar is ‘n rede vir alles? Nee wat.

rt_ethiopia_hunger_080722_mn

Foto:ABC News

Maar jy sien Here, daar kan onmoontlik, maar totaal en al nie rede, sin, intelligente ontwerp en plan wees in ‘n sterwende kind se hongerpyne nie. Want jy sien, ek ken die biologie van sterf aan die honger, dan brand ek eerder dood of ek verdrink. Hierdie pyn is vreeslik.

Nou vra ek jou, hoe moet hierdie ma, hierdie arme skepsel van jou voel? Oor hierdie sterwende kind van haar. Sy is so hulpeloos.

ibc_ethiopia_050638

Foto: unicef

O ja, en hoekom wil baie mense wat ryk is nie geld gee nie. En waarom worry niemand oor Afrika nie? Hulle is tog die eerste mense?

En weet jy hoe baie aande gaan slaap ek met ‘n gevoel van jammerte in my hart, al gee ek aan ander? Kan ek amper nie eet nie, soos gisteraand, oor ek weer ‘n honger kind gesien het? Al het ek vir hom geld gegee.

Hoekom gaan die mense se die foto’s van die sterwende kinders is te erg, of raak hulle ongemaklik. Omdat hulle bang is vir pyn? Hoekom raak mense kwaad vir bedelaars en arm mense? Hoekom is mense wreed?

Ja nee ek weet ook nie.

(Siembamba: Dit is natuurlik ‘n ou Maleisiese slaaf-melodie, maar Langenhoven het die woorde aangepas om te verwys na die Anglo-Boere Oorlog.)

Advertisements

gebed

b-godprotectme1

Beste Pous

Beste Pous Benediktus XVI (Benedict XVI),

Vir die eerste keer sit jy toe nou jou voete hier op die groot kontinent, daar bo in Kameroen en jy kom ook Angola toe.

Waai-waai vir die mense in jou heilige wit rok. Ai shame en hulle wag op boodskappe van hoop in hul arme lewens.

Hier in Suid-Afrike het 5,4 miljoen mens die MI-virus, dis so terloops 17% al die mense op die planeet met die virus. In Afrika het 22 miljoen mense die virus – 2/3 van al die wat die virus dra.

Ek jy en jou kerk se op ons eie kontinentale bodem: Die gebruik van kondome is verkeerd. Dat om kondome vir mense te gee, vererger die probleem. Mense moet getrou aan mekaar wees. Waar leef jy?

Mense loop rond. In huwelike, jou dom man.

Vroue in Afrika kry die siekte, omdat hulle nie seggenskap het oor hulle eie seksuele lewe en keuses nie. Mans het meer as een vrou. Kinders word met die virus gebore. Dit skuil in borsmelk. Mense eksperimenteer. Kinders het seks. Mense raak dronk. Die lys is so lank soos jou rok, pous.

Jou kerk is skatryk, ons weet dit. Die Vaktikaan het biljoene, nie miljoene nie. Plaas jy deel bietjie meer daarvan uit aan Afrika om te help met mediese kostes.

Het jy al gesien hoe lyk iemand wat aan vigs sterf? He?

Of hoe moet vigswesies oor die weg kom? Of laat jy dit oor aan al jou nonne om weer die harde werk te doen . . . soos hier by Nazareth House, terwyl jy k*kpraat?

Versprei ‘n bietjie van die ware liefde in plaas van om simpel uitsprake te maak wat tot mense se dood kan lei.

Lees ‘n bietjie ‘n behoorlike boek man.

Groete
Rosalind

    PS…O ja ek het vergeet:

Al die ander gelowe, soos die Katolieke, wat ook nie glo aan enige voorbehoeding en kondome dra nie, die Ortodokse Jode, al die Moslems, die Mormone, en al die ander fundamentalistiese gelowiges: gaan soek julle vir ons ‘n ander planeet, of kry ‘n oplossing vir die kos-water probleem. Sorg julle asb, dankie.

Of gaan julle weer wag dat manna en kwartels uit die hemel val? Die dag as almal vrek van die honger – Want julle glo mos nie in wetenskap nie? GM-foods is mos sonde/gevaarlik.

Wat dan, gaan jy dan sit en bid vir kos? Dit gaan niks help nie.

As net jy oor is

800px-lonesome_george_-pinta_giant_tortoise_-santa_cruz

Dit moet regtig vreeslik wees as net jy alleen oor is. Die res is almal dood. Dit is die geval met arme Lonesome George.

Hy is die laaste een oor van die Pinta Island Tortoise, subspesie: Geochelone nigra abingdoni, een van elf subspesies op die bekende Galapagos-eilande.

Georgie is vir die eerste keer raakgesien in 1971 en hulle raam sy ouderdom op tussen 60jr en 90jr.

Daar is net 103 Kakapo’s (Strigops habroptila) ook – so min elkeen het ‘n naam. Hulle bly in Nieu-Seeland.

399px-new_zealand_kakapo_felix

http://www.iucn.org het al die nuus oor bedreigde diere en omgewingsbewaring.

Sebra

zeb

Daar waar jy in die veld gestaan het, was jy sommer net vir my so mooi, saam met jou drie ooie en jou lam. Trots en vier.
In die veld wat aan jou behoort, nie aan my nie. My wens is dat jy lank nog hier sal loop.

earth_hour_logo

http://www.earthhour.org/

Ons sal onsself doodteel. Ons sal aanhou kinders maak, nog en nog en nog totdat almal van ons aan honger en dors sterf.

Links en regs diere doodmaak vir moetie, bome afkap, woude uitwis, water besoedel, nog golf-oorde bou, olie in die see stort, en die laast bok jag vir biltong.

Kernwapens en die kommuniste het mense gevrees toe ek klein was, terwyl die wereld stadig maar seker al hoe warmer geword het. Ons besoedel en verander die klimaat weens ons lewenstyl, maar ook omdat hier net eenvoudig te veel van ons is.

Dit verstom my dat byna elke liewe mens op aarde glo hy/sy moet voortplant.

Dit werk mooi met enige ander organisme – plant, dier of mikrobe – teel te veel ,en die oortolliges SAL sterf, want die omgewing kan hulle nie dra nie. Voordat te veel wasdom bereik om ook te teel, sterf hulle (dit is een van die prosesse van natuurlike seleksie). Maar die mens het maniere gevind om dit te omseil. En dit gaan ons einde beteken.

Ons sal sterf aan dors en honger, lank voordat enige iets anders ons kan uitwis. Weet dit maar, die oorlog oor water en kos kom. Nog voor 2100.

Homo sapiens was voorheen, in wat wetenskaplikes beskryf was ‘n bottelnek (‘n byna uitwissing). Ons kan dit in die genetiese materiaal vandag sien, omdat ons onder meer soveel dieselfde is. Sowat 100 000 jaar gelede was dit amper verby met ons toe ‘n Ysera van ‘n 1000 jaar binne-gegaan is, weens natuurlike prosesse.

Suider-Afrika was een van die min plekke waar net ‘n paar duisend uiteindelik oorleef het. So min as 2000 het uiteindelik 60 000 jaar gelede uit Afrika migreer.

Die ene wys dit mooi, as jy uitstap by Maropeng . . . tik-tik word dit meer.

pop

Dis die waarheid. Ek vrees nie misdaad nie en ook nie die geweld wat dit verteenwoordig nie.

Ek dink nie Suid-Afrika “gaan soos die res van Afrika ondergaan nie”, en glo ook nie dat ons ekonomies of andersins gedoem is, of beter af is as enige ander land, nie.

Hoekom? Sou jy vra, is ek dom-onnosel, stompsinnig of wat gaan aan met my dat ek nie soos die res van die land sit en moan nie. Hoekom werk ek nie in ‘n ander land nie?

(Daar is baie, baie redes hoekom ek in lief is vir Suid-Afrika is en hier bly, maar die inskrywing gaan nie daaroor nie. Dit gaan oor my en wat ek al ervaar het. Hoe ek die lewe sien.)

Ek het al baie dooie slagoffers van geweld gesien, mense wat vermoor, verkrag, gekaap, geroof en verongeluk is. Maar dan is daar ander mense wat erge dinge ervaar en dit oorleef, van watter aard ookal, en okay is daarmee.

Ek het al baie gesien hoe die maaiers aan die lyke vreet. Dis hoe dit werk. Al per ongeluk in mense se bloed getrap.

Jy kom uit niks en jy gaan na niks. Die lewe is eintlik baie nihilisties.

Ek weet hoe die dood ruik, lyk, en later selfs proe en in jou kop kleef. En uiteindelik, is dit net jy. Jy alleen wat iewers binne in jouself ‘n klein vlammetjie het.

Hy brand of word geblus. Soms brand hy ongelooflik sterk, mense oorleef die ergste dinge, of sterf aan die ringste.

Maar wat ek nie kan verstaan nie, is hoe kan ons toegelaat dat ‘n vrees vir iets wat nog nie gebeur het nie, of dalk nooit sal gebeur nie, ons opvreet, asof ons reeds daar le en verrot?

Vir my is dit ‘n vermorsing van die vlam wat nou baie hoog in my brand. Ek sal my vlam koesters, maar wragties ek gaan kom nie self doodmaak nie.

En daarom is ek nie bang vir misdaad nie – want dit sal my lewe vreet.

(boerinballingskap het my hieraan laat dink, na ek sy post gelees het)

Handsak-handsak

Ja ek het julle klomp lekker bekyk met julle handsakke en lekker gesmile vir alles wat daarin is.

Kyk, toe ons klein was, was daar mos dogtertjies wat net mevrou-mevrou wou speel. Ek was nie een van hulle nie.

Maar ek was altyd gereed vir cops en robbers en veral dokter-dokter . . .

Julle het gedink ek het nie ‘n handsak nie, julle boggers! Gedink ek dra my lipstick in ‘n Checkers-sak saam!

Wel julle is amper reg. Ek het nie ‘n handsak in die ware sin van die woord en breiwerk in nie, maar hier is ‘n paar goeters van noodsaak:

1) Paspoort en geel kaaartjie met al my inspuitings se rekord op (net reg om te vertrek)

2) Hoed en sonbril (waar gaan ons ?)

3) Kalmeerpille (die mense ontstel my tog so)

4) Pen (as ek dit nie kan se nie skryf ek dit)

5) Boek (as dit boring raak)

6) Hoofpynpille (as die kalmeerpille nie werk nie)

7) Besigheidskaartjies

8) Beursie (geld kan alles koop, regtig)

ROER! en Wag ‘n Bietjie go!!!! trap chappies plat!