Archive for Julie, 2009

My Oom se Scopes

Ek is tog so bang ek mis iets – miskien is dit my motto in die lewe.

Toe ek klein was, het ek die aand voor my verjaardag nooit geslaap nie, want ek was bang ek gaan dalk in my slaap dood. Op Oukersaand sou ek so gejaag het na die kersboom, dat ek baie keer geval het, netnou mis ek iets.

Selfs vandag wil ek al die nuwe boek in die hele wereld lees, ek wil alles sien, alles eet en voel hoe voel daai nuwe ding.

Toe my oom army toe is, het my ouma (die ander een) sy kamer binnegevaar – op soek na die vieslike Scopes wat hy so lees. Sy het hulle opgespoor en korte mette van hulle gemaak – in die koolstoof.

Hy het baie suur van die army teruggekeer. Maar my ouma het volgehou “dis sonde”.

So paar maande daarna is my oom saam met ons op vakansie en ek hoor hoe hy vir my pa vertel van sy verlore Scopes. Ek het eintlik grootoor gesit en afluister.

My pa het met hom gesimpatiseer. My oom het gese, ‘n paar van die Scopes het die slagting oorleef en is nog in sy kamer.

Ek was 7 jaar oud en het glad nie geweet wat dit is nie, maar wel dat dit ‘n tydskrif is en baie, baie lekker klink. Ek moet een sien. Ek moet net.

Woerts is ek in my oom se kamer in toe ons weer een Sondag by my ouma-hulle gaan eet. Vinnig met krappende vingers tussen sy klere en in sy laaie.

En sowaar, daar kry ek een. SCOPE, se dit. 😀

En daar is ‘n kaal vrou met sterretjies op haar tieties. Wow.

Ek het die boek daar weg, kombuis toe. Nou moet ek die sterretjies afkry om te sien wat is daar onder. Krap-krap met die mes – regdeur die bladsy.

Okay ander ene. Krap-krap. Oeps.

Sal ek nou die Scope weggooi in die “asgat” en laat my ouma die skuld kry, sal ek die boek heelonder terugsit, of  wat?

Ek het maar die boek teruggesit. Ek wonder wat het my oom gedink toe hy dit kry. Ek moet hom tog vra eendag.

Die onverwagte kind

Het ma gemaklike skoene vir oorsee? vra ek.

Ja, maar hulle lyk lelik, by die broeke wat ek vat, so ek gaan hulle nie saamneem nie, ek vat my mooi sandale.

😯 Dit gaan nie oor mooilyk nie, ons gaan nie oorsee om uit te hang nie, vat asseblief die gemaklike skoene, asseblief.

Oh, sug, my ma.

My ma het my ook plegtig meegedeel dat sy al haar pille uit hulle boksies gaan haal, en in klein sakkies gaan pak in haar tas.

😯 Nee! Hou dit in die boksies, met die apteek se plakker op, het ma geweet die mense wat die meeste dwelm-donkies is, is ou tannies? Ek picture al my ma met al haar pille en ek in die tronk.

Maar dan gaan ek twee toilet-sakkies nodig he vir al my pille? Nee ek gaan nie.

Ja, jy gaan. En die pille gaan nie in die tas nie, as hy gesteel word, sny ek my polse. 

(Wat ek haar nie vertel nie, as as haar tas wegraak – soos dit al 1 keer voorheen gebeur het – met of sonder pille sal ek tien kalmeerpille ‘n dag  en tik nodig he. Want daai vorige keer was dit nag-nag-nag, sy het my uit-ge-fokken-mergel oor die tas – wat 2 dae later opgespoor is.  Teen daai tyd het ek al ‘n buite-geestelike-liggaamlike ervaring gehad, dit het gevoel of ek vier oe en iemand anders se siel het – so het sy gemoan)

En so gaan dit. Die en daai kant toe met alles.

Ma, suster en Rosalind gaan vir die eerste keer in meer as 20 jaar alleen saam met vakansie.  Ek sien baie uit om weer te bond en alles. En op die program is een van die wonderlikste kitch dinge: Die Sound of Music toer! Hoop ek kan ‘n T-shirt kry van Maria von Trapp.

Ek is so lief vir my ma en my suster. My ma het vreeslik baie vir ons twee opgeoffer – baie baie.

Maar sy is lankal  die kind en ons die ma’s.

Handskrif, kom raai

Hulle se daar kan baie uit jou handskrif (sogenaamde graphology) geleer word. Mmm.

Hoekom luister ons daarna, na astrologie, palmlees of enige sulke dinge? Omdat oor die belangrikste element in ons lewe gaan: Die Self.

Jy hoor goed oor jouself, ek, ek, ek hoor jy die hele tyd en dit is lekker. Selfs as negatiewe dinge gese word, op ‘n baie mooi manier danksy die slim woordkeuses knik ons en glimlag. “Ja, ek is seker kort van humeur.” Meantime is jy ‘n ou bliksem.

Dis soos hulle se, die mooiste woord in die hele heelal is jou eie naam.

Handskrif,  is ‘n oulike tag (myne kom van BB en Boervrou), want soos alles van onself kom dit uit die brein. Maar dit is aangeleer. Is dit deel van die persoonlikheid? (Die kenners in die gebied, forensiese handskrifontleding, kan natuurlik vervalsings sien, soos hulle in die kunste ook doen). Wat in die brein bepaal persoonlikheid en hoeveel daarvan is geneties? Die vraag kan boeke neem om te beantwoord en ek weet nie eens of ons sal kan nie.

tag

Hier is my voetskriffie.

Nou. Hier is ‘n paar bekende of (dalk omstrede mense) se handskrifte. Die kompetisie is, kan jy uit die handskrif en leidrade raai wie?

tag5

 

Wel hy het die brief geteken, en hy is dood (wees bly). Ekstra clue: Voornaam begin met ‘n C

 

tag2

Wiskundige modelle is die poort na baie dinge. Ekstra clue: Hy was in die vorige eeu: Man of the centuary (nou is dit ‘n give away)

 

tag6

Sy was ‘n vrou, voorloper in haar veld en sy het die Nobelprys gemis omdat sy dood is, onder meer. Besonderse mens vir my

tag3

Die geheim is in die skets. Ekstra clue: Biologie

 

tag7

Of dit regtig sy handskrif en veral geteken is, weet ek nie, want hy en die twee mense wat saam met hom is onderteken al vir jare der jare niks meer nie. Omdat mense dit wil verkoop. Ekstra clue: Wat hy gedoen het in 8 dae het sy lewe vir ewig verander.

Dit is wat jy die week gesien het as jy doer onder gestaan het aan die voet van die groot oom: Die Suider Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT) sowat 2o kilometer buite Sutherland, daar op die plato.

boom

Maar shame ek het die bobbejane wat ek die vorige aand gesien het, wit van die sneeu so jammer gekry. Vir die mense voel ek eintlik mos nie veel nie.

Ek was al voorheen  by die teleskoop, maar ek het nog nooit so bitter koud gekry nie. Ek daai stort (daar was nie ‘n bad nie) so en dink,  nee-nee, ek gaan maar my armpits deodorise want daar is geen manier wat ek kaal gaan verkeer nie. Toe slaap ek in my nagklere en nog klomp klere.

En jy kan naby die teleskoop kom, maar nie tot by hom nie, want die sneeu le te dik. Die aand en die more.

En die tweede dag kom die son uit en smelt die sneeu tjoef.

IMG_0859

SALT

Baie sterre wat gesien kan word, bestaan lankal nie meer nie, maar die mens sien hul lig wat nou eers by die Aarde aankom.
Die rede hoekom Salt so ver kan sien, is omdat sy lensopening 10 m groot is. Hoe groter dié opening, hoe meer lig kan inkom.

Salt bestaan uit onder meer ’n ­primêre spieël met 91 seskantige segmente. Elkeen is geslyp op ’n spesifieke kromming om saam een spieël te vorm.

Hy het ‘n baie goeie instrumentlading (payload) waarvan die beste die spektograaf is.

Een van Salt se besonderse kenmerke is dat dit tot op ’n boog­sekonde twee voorwerpe kan onderskei. ’n Mens kan met die blote oog teen sowat vier boogminute twee voorwerpe onderskei.
’n Boogsekonde is ’n 60ste van ’n boogminuut. ’n Boogminuut is ’n hoek van een 60ste van ’n graad. Boogsekondes het nie te doen met tyd nie, maar met die bitter klein hoeke waarteen Salt ’n skerp beeld kan kry – met die instrument genaamd Salticam.

Die Salt is wonderlik, hy kan ver sien, sommer baie ver. Om nie eens te praat van hoe hy operate nie. Ai.

IMG_0881

Die primere spieel met sy komponente en die koepel-opening wat toe is. (deel in wit agter)

Besluit oor ‘n lewe

Ek loer so skuins na die vrou in die hospitaalbed langs myne, want sy het die hele nag so kerm-kerm gele en slaap.

Shame. Maar sy het nie pyn nie, hoor ek.

Tussen haar en die verpleegsters wat 3 uur nog soos ‘n klomp vinke gekwetter het, het ek nie eintlik geslaap nie. Is okay, ek slaap maar nou.

En soos die dae aangaan so hoor ek haar storie. Sy vertel dit aan vriende oor die telefoon en aan die baie mense wat haar besoek. Ek hoor dit alles.

Elke dag kom haar man 2 of 3 keer kuier. Hulle is al 51 jaar getroud. Ek kan hoor en sien hoe lief is hulle vir mekaar. Die man gaan dit nie maak sonder haar nie, dink ek.

Sy wag net vir haar seun uit Londen, en dan sal sy besluit oor haar lewe. Die dag toe hy daar instap en sy huilend teen hom vasklou, toe weet ek, sy moet besluit.

Hulle moet praat. Ek trek my slippers aan en loop uit om hulle privaatheid te gee. Sit vir byna ‘n uur lank buite in die snerpende koue. Kyk vir die mense.

Toe ek terugkom het hulle klaar gepraat.

Die volgende dag se sy vir ‘n vriendin sy gaan huistoe. “Ek weet dit is die einde van die pad. Ek het ‘n goeie lewe gehad”.

Hoe besluit ‘n mens oor jou lewe? Ek kan my dit nie indink nie. Glad nie.

En toe ek na vyf dae loop, se ek vir haar dankie vir die saambly en sterkte vir die pad vorentoe. Ek sal aan haar dink.

Seker een van die wonderlikste figure in Suid-Afrika se geskiedenis, was dr. James Barry, die chirurg-generaal van die Britse weermag aan die destydse Kaap.

Verlede jaar het ek oor haar geblog (sien die skakel hier onder). Destyds het ek gehoor ‘n fliek word oor haar lewe gemaak, en nouja, ek kan nie wag nie, die voorskou is hierdie week (ek kon myself ingewriemel kry) en dit word later die maand uitgereik.

Heaven and Earth, vertel haar verhaal. Die titel is na aanleiding van die Hemel-en-Aarde-Vallei naby Hermanus, een van die plekke waar sy gebly het.

Daar is natuurlik na haar dood uitgevind sy is eintlik ‘n vrou en nie ‘n man nie, wat beteken sy was die eerste vrou wat ‘n mediese graad behaal het (destyds kon vroue nie medies studeer nie). Sy was ook die eerste persoon om ‘n keisersnee in Suid-Afrika te doen – die ma en kind het oorleef.

Natascha McElhone vertolk die hoofrol. Ek kan nie wag nie.

James Miranda Barry is in 1795 gebore en dood in 1865.

https://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/06/16/die-dokter/

Beste Gereformeerde Sinode,

Julle ken my nie en die bloggers ken my eintlik ook nie.

Ek kon ‘n baie lang ope brief aan julle klomp sinode-mans geskryf het, oor die besluit dat vroue nie dominees en ouderlinge in julle kerk mag wees nie.

Maar ek wil nie my menswees, wat toevallig ‘n vrouwees is, teenoor julle regverdig nie. Dis nie nodig nie. Dus net 3 dinge

1) Julle minag met die besluit jul medemens se totale bestaan, as mens dieper hierna kyk en dink.  (Ene ds. Neels Smit, die voorsitter van die sinode se nogals  “dit is die uitkoms wat die Here ons gegee het”.  Die Here?

2) En toe probeer julle dit verdun deur te se die een kwessie is nie die hele kerk nie. Ehm, dit is . . . dit se baie, oor hoe julle dink en leef. Julle is mos so bang vir die hel, ek hoop almal wat hiervoor gestem het, gaan brand daar. Skynheilige etters.

3) Suig maar lekker mekaar se p**le Sondae in die konsistorie hoor. Enjoy.

Groete

Rosalind Franklin