Archive for the ‘gedigte’ Category
net een maandagoggend
sommer net so
hoor ons van jou pyn
van die spore in jou hart
die onoorkombare geveg
hoe het ons dit gemis
“ek moet vir jou sê
voor jy dit elders hoor,
hy het homself gehang”
my god, hoe, hoe
het ons dit gemis
sommer net so
besef ek nou ek
moet jou laat gaan
sommer net so
(18-19 Okt. 2009)
In die nag
moet jy daar wees
sag diep slapend
langs my hand
in die nag moet
ek jou asem kan
hoor langs my
kop jou lippe
warm vol troos
vir die dae wat ek
bang huistoe kom
maar in die nag
moet jy daar wees
vir my om te rus
jou reuk wat aan my
gryp hou hang
soos ‘n sondaar
aan ‘n liefdeskruis
sê my dat ons
nie more saam
in die paradys
sal wees nie
jou oë’s genoeg herinnering
aan die onvermydelike
jou kerende hande genoeg
om die spykerspore
van jou kruis’ging
te verraai
kon’k maar jou
dooi lyf opeis
sou ek jou
sag ontwaak
jy,
jy is
hul god
gee hul
dan meer
genade
vir ander
******
Die gedig is ‘n waarnening uit die derdepersoon, juis om afstand te kry. Om afstand te kry van die mensdom, op humanity, wat so min genade vir mekaar het. Menslikheid
Ek sien, hoor, lees en ervaar dit so baie. Die gebrek aan genade vir ander mense en hul lewe.
Waarom is ons so kru, so veroordelend teenoor mense wat nie presies soos ons is nie? Hoekom maak ons ander mense, en diere, so seer? Wat as dit jy in daardie posisie was?
Hoekom is ons wreed as onsself nie wreed behandel wil word nie?
Genade asseblief, want die lewe is kort en die dood kom gou.
elke teug wyn
is die nektar van
jou lendene jy
is my nagmaalbloed
jou mooie borste
is soos ’n bidplek
vir ’n god wat sing
en my naak in sy
tabernakel laat bieg
oor my siel my lyf
verlaat as jy binne
my is