Vetplante kan skok

Tzzzzk….Tzzzzzk maak die plant terwyl hy aan ons elektriese heining raak. Ritmies elke keer.

Ek is versigtig vir die heining, ek druk my kop deesdae mooi deur die traliewerk om die stoep as ek die skoolkinders vloek wat so die honde terg, want ek wil veral nie ‘n skok teen die kop kry nie.

Die ding irriteer my en ek stap om die huis, sodat ek kan sien wat gaan aan. Mens kan dit nie afsit nie, want ons is so paar huise wat die heining deel en die boks is by die dokter, drie huise van ons af. En ek is nie lus vir eers na hom stap nie.

Tzzzzjiek….maak die vetplant soos hy aan die draad raak. Blerrie tuindienste, hulle moes al die plante wat raak afgesny het.

Die muur loop skuins en baie hoog. Mens moet net mooi spring en raakvat. Dan kan ek sommer die hele plant wat al pap geskok is, sommer uitpluk.

Mmmmm….mik mooi Rosalind. Die baas is nie by die huis nie, moet dus nie voetspore teen die wit muur los nie. Laas toe die bergie dit gedoen het, het die baas erg met hom geraas.

Ek spring en vat die vetplant netjies vas. Pragtige greep.

Maar daai vetplant skok vir my dat die kriewelings vir my vasvat in my hand, op teen my arm en in my nek. Ek gil en laat los.

Kyk links en regs of iemand my kerm-gil gehoor het. Niemand.

Dis ‘n lieg dat diewe sommer so aan die goed vat en maklik oorklim, ek glo dit nie. Ek het nie eens regstreeks aan hom gevat nie en hy het my gelooi.

Die vetplant is mos vol water, hy gelei daai elektrisiteit lekker.

Ek stap knor-knor terug om die huis. Tzzzziek in die agtergrond.

Die vetplant het my geskok, vertel ek later vir die baas. “Ek is seker jy sal so iets kan regkry,” kom die antwoord.

P.s Mag almal wat Paasfees vier ‘n spesiale tyd geniet.

(WipneusΒ  het my hieraan laat dink, met haar skok-jouself kommentaar)

Advertisements

  1. Whahahaha πŸ˜† Ek is gelukkig ek was nog nooit geskok gewees nie. Maar kan jy jou nou indink as daai elektriese golwe deur my trek ….. hoe deurmekaar gaan my breingolwe dan wees. Dan gaan julle dit niks meer met my kan uithou nie!

    Dankie Rosie ek gaan paaseiers eet laat ek vir ‘n jaar nie meer lus gaan wees vir sjokelade nie. Ek het my nou al goed uitgehonger vir die storie.
    Ek was al lus om my paashasie se oor te steel en hom weer netjies toe te maak. Maar hulle sal my uitsnuffel aan my rooi gesig!!!

  2. Dis half goeie nuus! Nou nie dat jy geskok is nie natuurlik maar dat die plant en die heining die werk doen πŸ™‚

  3. BB

    Ek giggel nou lekker!! Ai Rosie!! Ek’t Helge se skokkende verhaal daar by jou singende berge gelos… nog nooit in my lewe ‘n mens so ver agteruit sien vlieg – behalwe ini ou cowboy movies assie ou so uit die kroeg uit gebl….helsem word en die swaaideurtjies kletter soos windchimes terwyl die stof so staadig gaan le… πŸ˜†

    Rosie- waarheentoe pos ek jou paaseier??

  4. Is dit nog politiese korrek om van vetplante te praat! Sorry Rosa ek weet dit het niks met jou pyn en lyding te doen nie. My kop werk maar anders partykeer. Sal mens kan sΓͺ die plant is “obese” of geset? πŸ˜‰

  5. So skok is ‘n aardige gevoel! Ek sal maar nie my storie vertel nie πŸ˜‰

    Wippie, so skok sinkroniseer dalk net weer die breingolwe πŸ˜†

  6. Zee

    Double protection πŸ˜†

    Rosie, ‘n baie spesiale Paasfees vir jou en jou geliefdes!

  7. Skokkend! Whahahaha! πŸ˜†

  8. Dankie toggie nou voel ek nie meer soos die enigste geskokte op aarde nie! Ek het met die intrekslag bokse ( wat ek nie nou wil uitpak nie…) na die buitekamer met die kruiwa gestoot… Dink toe nie daaraan dat die paadjie net 1.2m breed is nie… Stop die kruiwa innie pad, loop om om boks op te tel, buk en spring soos ‘n besetene tot binne in die buitekamer met die nodige byklanke toe daai draad my so ewe liefies op die boud pik! Jissietelaaik, dis blerrie seer… Het nogal agterna die idee gehad om my daagliks ‘n skok op elke boud te gee, miskien help dit om die vet weg te shock….

  9. Sigeuner

    “…ek gil en laat los.” LMGA!
    Rustig, jy noem dit “suculent” of “sikkilint”, net soos ons almal doen in die huidige klimaat. Dan kan jy kies, vetplant of kaktus! lol

    Rosa-wilderoasie, ek versamel die goedjies. Kan ek samblief `n steggie van die skokplant kry?

    Boerseun maak eendag TV reg en skok die witlig uit homself. Ek het in my hele lewe g`n vrou weer so hoor gil nie.

  10. Sigeuner

    Kom ek maak die paasnaweek vir elkeen wat op hierdie post gecomment het, lekker.

    Elkeen wat sy adres vir my stuur en van vetplante hou. SMS jou POS-adres en blognaam (of genuine naam en van + blognaam) na 079 214 2578. Dan wag jy helemal geduldig virrie posduif, ne? Moet asb nie na hierdie nr bel nie…ek is doof, genuine.

  11. Julle onthou mos nog, PacMan het my mos ook geskok toe ek klein was by die kafee? Ek het laasjaar daaroor geblog. Ek is al ‘n paar keer geskok. En die toaster het my suster bygekom..:)

    Wippie: dink net as daar nie meer sjokolade en koffie is nie hoe baie mense sal koekoe raak.

    Carina: ha! ek sou eerder dat ‘n dief aan die ding moes geraak het. lol.

    BB: dankie vir Helge se skok-storie ek het lekker gesmile, en nee jy mors nie plek by my nie! is lekker om die ander se stories te hoor. pos die paaseier maar na die honkies en katies by die DBV πŸ™‚ dankie

    LOL@ rusting…kyk ek is unPC, dit was ‘n vetplant daai. of sal ‘n mens se: ‘n duidelike plant?

    kaalvoete: nee kom kom, vertel vir ons…toe-toe…

    Dankie liewe Zee, mooi tyd vir jou ook.

    Dellie, ek is ‘n skokkundige πŸ™‚

    Pikkie: op die stert geraps!!! dit is nou snaaks. LOL, sorry. Dit is blerrie seer, weird seer.

    Sigeuner: Jong laat ek bieg, ek het nie ‘n clue wat in die tuin aangaan nie. Ek het nie eens geweet daai vetplant bestaan nie. Ek…hmm…daai is nie my departement nie.
    Lekker aanbod van jou dankie. BOENDOE…hier is plante vir jou!!!!!

  12. Oe! lekker ek gaan ‘n obese plant in my posduif kry :mrgreen:

    Ek sal van die pad af raak sonder tjokkies Rosa, ek doen die ding vir breakfast, middag ete en aand-ete! Kos is nie lekker! πŸ˜›

  13. boendoe

    O jinne. Ek het nog nie by die post gecomment nie. 😳 Maar ek wou al – jy weet mos, Rosa? πŸ˜‰ Kan ek ook ASB kwalifiseer vir ‘n ou plantjie??? Seblief?

  14. hhehehe wippie.

    boendoe natuurlik kwalifiseer jy, jy moet net vir sigeuner SMS met die details.

  15. Sigeuner

    Rosa-wilderosie, solank jy net `n steggie stuur, al is dit nie jou afdeling nie. Dink net watte electric-chain-shock sal dit veroorsaak deur die posting-line!

    Enige een wat op hierdie spesifieke post van Rosa comment, is welkom om my te sms. Al kom hier nog 100 by.

    Sikkilinde Sigeuner (lees vetgat Sigeuner)

  16. Sigeuner

    Ps Na Boerseun soos `n vrou gegil en weggeslinger was v an die TV en `n hele ruk daarna bykom, was hy klaar met TV`s. Hy KYK nie eens meer nuus nie!

  17. Ek is jammer maar die skok-plant bestaan nie meer nie, wel nie in hierdie lewe nie. πŸ™‚

  18. Sigeuner

    Awe, Rosa – revenge is sweet. Hopie daar`s nog dorings aan jou hande nie? Dan`s jy Doring-rosie…LOL

  19. Ek het eendag gesien hoe een van daai verbode naam waatlemoene teen ‘n shockdraad le, en ‘n dem MOOT ingeskok het.

    Nee wat, ek het nie lus vir daai gevoel nie.

    Maar ja, skelms gooi ‘n PEP grys kombers oor die drade, en klouter luiters bo-oor.

    Njannies!

  20. Sigeuner

    Boendoe, ek wag nog vir jou SMS.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: