Nie anders as ander mense

Ek dink nie ek ervaar die dood, of die sterfproses van mense, anders as ander mense nie. Die enigste verskil is dat ek nie glo daar is ‘n lewe na die dood nie. As jy dood is, is jy dood.

Die lewe is vir my intens, vir my is dit, ál wat daar is – die hier en die nou. Want nadat die hart ophou klop het, sterf die allerbelangrike brein. En sonder hom is ons niks.

Die afgelope maande het ek nie geblog nie, want ek het niks gehad om te se nie, nie omdat ek ongemaklik was met die dood van ‘n nabye persoon nie, maar omdat woorde net te veel was. Hoe lank ‘n mens se liggaam uithou is seker maar hoe die kaarte vir jou val.

Vandag is dit twee maande na haar dood. In daardie laaste dae was sy verdwaal en deurmekaar, onbewus selfs van die kanker in haar liggaam. Oë strak in haar kop. Ek het daardie dag by haar gesit en verduidelik wat aan die gebeur is.

Ek is nie ongemaklik met die dood nie, selfs nie met sterwendes nie, ook nie met geloof nie.

Sy was Joods en ek was die volgende dag soos gebruiklik by die begrafplaas. Geluister na die Rabbi se singende stem in Hebreeus. Soos altyd is ‘n stukkie van ons klere geskeur by jou kis.

Ek verstaan waarom mense glo, dit maak dit bitter min tyd op aarde wat ons het soveel meer leefbaar en verteerbaar. Iets om na uit te sien – ‘n geloof dat alles nie net eensklaps eindig nie. Dis net, ek kan myself nie oortuig nie, kon nog nooit. Dit sou seker eintlik makliker gewees het.


  1. Ek sien die saak so – Of jy nou wil glo in ‘n ewige lewe na die dood, en of jy glo die dood is finaal; die feit dat jy lewe is ‘n voorreg, en jy moet hier en nou die meeste daarvan maak – en ek glo jy kan eers werklik begin lewe as jy tot die besef kom dat dood jou konstante metgesel is, dis nie in my hande wanneer hy my gaan plattrek nie.

  2. BB

    Ek verstaan hoekom mense nie (wil) glo nie. Dink ek. Ek het al telkemale daar gestaan en gedink (wens😕 ) ek kan eerder so dink. Maar dan seg die stemmetjie binne weer “Glo jy maar gerus…” en soos jy self sê – dit maak dit soveel meer leefbaar.
    Who knows? And who doesn’t? For sure? Only I will know (or not) whether (or not) that’s how it is (or isn’t).
    As ek eendag uitvind (hmm… eintlik gaan ek dan nie uitvind nie), maar hipoteties… as ek eendag uitvind daar’s niks, dan’s dit so. Niks.
    En as ek aandag uitvind, dat daar wel is… it’ll be a homecoming of a different kind alright.
    Ek glo net ek het absoluut niks op dees aarde om te verloor as ek verkies om te glo nie.
    Die lewe sou vir my meer useless wees as ‘n geskeurde flenter klere na die afskeid van ‘n geliefde mens – die niet in.

  3. BB; ek stry nie, ek glo die lewe sou dalk makliker gewees het indien ‘n mens wel glo, ek gee dit tereg. ek kan net nie. (die klere wat ‘n mens skeur is deel van die Joodse geloof).

    nou ja🙂

  4. Ek praat nie meer oor my geloof nie; ek verstaan van woorde wat net te veel is; ek is jammer vir jou verlies, mooi bly.

  5. Lekker lag ek nou vir my kommentaar – ek ek ek – klink lekker arrogant, ekskuus, soms skryf ek net so kortaf as wat ek dink.

  6. /sug Rosa.

    Ek sukkel deesdae self. Ek glo nie genoeg om gelowig te wees nie, maar (nog) nie min genoeg om in die ander kategorieë te val nie.

    Maar ek voel ook soms of dit vir my makliker sou wees as ek bloot geglo het sonder om vrae te vra, ‘n hoër wese as antwoord/oplossing kon gehad het, maar ek kan nie.

  7. Sonlig

    Hallo Rosalind!

    Jammer vir jou verlies – ek hoop dat die mooi herinneringe met tyd die seer so effens sal verplaas.

    Ek sien dit so: Jy kan leef sonder God, maar jy durf nie sterf sonder God nie.

  8. Jammer om te lees dat jy slegte tye beleef het, Rosa. 😦

    Is net baie bly om weer Rosalind Franklin se ou gesiggie weer te sien. 😉

  9. Celia🙂 ek is bly het hier hier aangesluit. Alles reg, hier kan jy sê of nie, wat jy dink!

    NetJane, mmm ek ken daai plek ook ek was seker 15 jaar gelede daar. Nou worstel ek (soms) met die kortstondigheid van alles – miskien is dit net ‘n fase omdat 40 vir my wink🙂

    Sonlig : Dankie vir die wense.

    Vlam: Heita daar!!!

  10. PlaasJuppie

    Twee begrippe wat heeltemal van mekaar geskei behoort te woord. Dood en post dood.

    Oor post dood het elkeen sy eie gedagtes en/of geloof en niemand sal weet voor hy nie daar kom nie.

    Dood is egter vir ons almal universeel en die dood van ‘n nabye persoon sal sal elkeen op sy manier raak, want ons is mense. En mense voel.

    Simpatie met jou verlies.

  11. Plasie, indien ‘n mens gelowig is, is die begrippe seker twee goed, en ek verstaan jou punt. Vir my is dit een ding.
    Ek respekteer mense se gevoelens oor dit egter geweldig baie, ek kom uit ‘n familie wat baie gelowig is – ek is ook nie een van die ateiste wat neerkyk op mense wat glo nie. My ma is ‘n ouderling in die kerk😉
    Dat die dood naby ons almal is, is waar. Dis miskien die tydigheid van alles wat vir my wreed is van die lewe, dalk eerder as die dood.

  12. Ek’t al hoeveel kere probeer om NIE te glo nie, maar kry dit nie reg nie.

  13. Welkom terug Rosakind en jammer oor jou verlies.

  14. Mefri

    ((((Rooskindjie))))

    Ek is so bly dat jy terug is! 🙂

  15. Jammer om te hoor dat jy moes totsiens sê.

    (Ek wou nog sê ek hoop dis ‘n ou kledingstuk wat jy moes skeur, toe dog ek net-nou dink die mense ek is ongeskik, so ek hou maar liewer my mond.)

  16. Hallo almal, bly julle het kom inloer.

    Hi Charms – ag wel dit is net klere.

  17. Kopbeen: Ek sien daar is sulke vieslike rassistiese goed op jou blog, hoe vereenselwig jy dit met jou geloof? (jy kan nie) oe sis.

    Ek is eerder ‘n ateis wat aan niks glo nie, as ‘n kastige gelowige soos jy wat ‘n vieslike veroordelende mens is.

    Pasop – netnou kom jy in jou hemel en dits VOl swart mense. wa-la!

  18. Nee man, Rosie. Jy’t gesien maar nie gelees nie. Gaan lees weer.

  19. Ek het gelees, die verklaring oor die gebruik van die k-woord, maar die verklaring kan nie staan nie. tegnies op papier ja, maar dit is nie wat die woord vir mense beteken nie – dit het kultureel ‘n ander betekenis gekry.

    Jy het die inskrywing gaan verander! Die is nie wat eens daar gaan staan het nie. Glad nie. Die een oor die K-woord.

    Daar is ook ‘n inskrywing en/of dele weg wat jy gister gemaak het oor die stemdag. Wat jy verander het.

  20. Dit word heeltemal te ingewikkeld vir my. Laat ek maar eerder net die insklrywing delete en sorry as iemand offended is.

  21. Jy mag natuurlik op jou blog doen net wat jy wil, maar moet nie die tyd vir die wereld loop se “lees weer” en dan lyk dit anders nie. En dan lyk dit of ek dit misverstaan/misgelees het nie.

    Jy offend my nie – bokkie. Moet jouself net nie voordoen as ‘n “gelowige wat probeer ophou glo het, maar nie kan nie” en dan stout dingetjies aanvang nie.

  22. Andrew

    Het jy gesien, Michael Shermer se magnum opus is nou beskikbaar.

    http://www.amazon.com/Believing-Brain-Conspiracies-How-Construct-Reinforce/dp/0805091254

    The Believing Brain is a tour de force integrating neuroscience and the social sciences to explain how irrational beliefs are formed and reinforced, while leaving us confident our ideas are valid. This is a must read for everyone who wonders why religious and political beliefs are so rigid and polarized.” — Dr. Leonard Mlodinow

  23. Sigeuner

    Dit is regtig lekker en mooi dat jy terug is.
    Die seer van dood – is NET vir die wat agterbly.
    Dit impliseer nou nie dat ek jammer is dat JY moes agterbly nie – net jammer dat dit “sy” is wat moes gaan.
    Ai, nou beduie ek myself en ek haat dit!
    Al wat ek meen is dat ek hoop dat ek jou eendag sommer net `n stywe drukkie kan gee.

    Ek praat nie oor godsdiens en geloof nie – op hierdie stadium in my lewe is ek bang vir my eie gedagtes.

  24. rosalindfranklin

    mmm ek verwoord nie al my gedagtes nie, dit is die wat ek nie verwoord nie waarvoor ek eintlik bang is

  25. Dit span die kroom.EK sal n end hieraan moet maak




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: