Smurfville

Daar is soveel smurfs – amper soveel soos die sterre bo ons koppe. Eendag was daar ‘n groot indoena smurf, sy lei was nie skoon nie, maar in smurfville maak dit nie vir almal saak nie.

Voorheen was daar amper oorlog in Smurfville, maar die liewe pappa smurf, het die oorlog gekeer omdat hy ‘n goeie man was (meer later oor hom). Toe ‘n paar jaar later verskyn daar ‘n hofnar op die toneel, ‘n uiters onnosel een. ‘n Blote kind.

smurf2ย 

Hy wou ook met die ou smurfs se kalwers ry, beweer nogal dat hy op 10-jarige ouderdom saam met die ou smurfs vir vryheid geveg het.

Hofnar is eintlik ‘n arrogante klein snotkop wat vreeslike dinge kwytraak, en daarmee wegkom. Mense lag vir hom, maar is ook versigtig, vra maar vir die mense wat gebraaide hoender verkoop . . . Want die hofnar het al moord geskree.

Die groot indoena, wat al kwaad gedoen het, moes nog groter word: koning word. Bloed skree die smurfs, bloed. Toe maak hulle maar die tronkdeure vir die dansende indoena oop, sonder ‘n verhoor, want netnou word die uitstelde rewolusie tog waar:

smurf1

Die dansende indoena het toe koning geword, hy het so rondgespring dat ek hom nie lekker in fokus kon kry nie. Hy word binnekort gekroon.

smurf3

Eintlik is daar lank-lank gelede al besluit, deur magte onbekend, hy sal die nuwe koning wees, kom wat wil. Want wie het hom as koningskandidaat gekies voordat die smurf op straat vir hom gestem het?

Hy het ook baie vroue, bekend as smurfettes. Niemand weet wie die koningin sal wees nie. Dalk nie een van die wat sover opgespoor kon word nie. Niemand weet eintlik iets van hulle af nie, behalwe van die een wat hy geskei het en sy was “bad news”.

smurf4


  1. Rosa,

    Jy is snaaks, weet jy? ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜†

  2. ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜†

  3. Eintlik is dit nie snaaks nie, maar heng dis snaaks!!!

  4. Sammi

    ๐Ÿ˜† Rosa
    Smurfs….whahahaha
    Ek het nogal destyds gedink die regte Smurfs was baie oulik maar evolusie het hul sekerlik verander
    Nee kyk…jy’s TE skerp

  5. Sigeuner

    Eintlik is daar lank-lank gelede al besluit, deur magte onbekend…

    Ja, dis skreeusnaaks geskryf, maar dem sad. Sad se ek julle. Nee, goeie hel! Dit maak my eintlik sommer bang. Die bliksimse skurwe smurwe!

  6. Kan ek asseblief dan maar ‘n Trol wees hier in Smurfland? Die Trolle was hul tyd ver vooruit en het ‘n Trollin gekies as leier. O ja, ek dink die Koning Smurf het saamgedans met ‘n Smurfette nou die aand, die Smurfette wat stoute stompneus kabouters verbrand. Dalk kies hy hierdie Smurfette as sy nuwe vrou!๐Ÿ˜ˆ

  7. Wow ek stem skerp, baie skerp!!!!! ๐Ÿ˜†

    Issit jou smurfies Rosie๐Ÿ˜‰

  8. Ek sweer ek le in jou spamboksie, Rosa… ๐Ÿ™„

  9. Wippie jy vra of dit my smurfies is? mmmm, ek weet nie of ‘n mens eintlik smurfies kan besit nie, baie van hulle bly wel by my, maar hulle kom en gaan soos hulle wil๐Ÿ™‚ sommige kruip weg, ander is baie voor op die wa

    Sammi, natuurlik evolve smurfies, het jy geweet elke jaar word daar 7 nuwe smurfies gebore (gemaak)?

    Sonkind: Nee daai smurfette sal hy nie mee trou nie, sy is te oud, maar sy sal hom ook te veel probleme gee. ek skat hy sal ene vat jonger as 40 jr. jy kan ”n trol wees as jy soet is.

  10. Briljant Rosalind!
    Hoe lyk dit met Ninja Turtles volgende keer?

  11. Jammer, sal smurfs moet wees, net hulle kan dit uithou by my…:)

  12. Dis baie oulik gedoen!

    Ek is mal oor smurfies (die regte bloues, nie die wat jy hier beskryf nie) en het ook sulke mannetjies as kind gehad!

  13. Zee

    Ek wil “queen” van Smurfland wees…. Aangesien ek baie “Smurfie” genoem word (dis so naaaaaaby my regte van๐Ÿ˜† ) dink ek ek verdien die status๐Ÿ™‚

    Oulik Rosie!

  14. Die smurfs is๐Ÿ˜Ž

    En dit stuk wysheid majestieus!!

  15. Die smurfs is๐Ÿ˜Ž

    En die stuk wysheid majestieus!!

  16. BB

    Og!! Ek’t net Saterdag my speelboks weer bietjie uitgepak en behalwe ‘n stunning ou printer’s tray met miniature goedjies wat my passie was vir ‘n wyle in my vroeรซ 20’s kom toe daar ‘n hele spulletjie Smurfies uit. Ek dink die ‘versameling’ is ietwat uitgedun – mag wees dat die kinders so met die grootword saam… ah well, maar daar is darem nog so ‘n 30-stuks Smurfies in daai boks – en was hulle bly om my te sien!!! en nou kom ek hier ingestap en ja… die wรชreld is klein op verskeie maniere, nรช?

  17. Hie-hie, baie snaaks, Rosa!๐Ÿ˜‰๐Ÿ˜†

  18. Maar Smurfette het dan blonde hare….๐Ÿ˜† As jy so van Smurfettes praat klink dit soos een of ander backup – singers -groep uit die 60’s. En Koning Smurf kan juis so mooi sing!

  19. Kaalvoete: hierdie is regte egte blou smurfies, belowe. daar is honderde verskillendes (ons het as kinders net ‘n paar gekry tussen 1977 en 1983 – en toe kom die boikot weens apartheid en toe nie weer nie). die eerstes het al in 1968 uitgebroei

    Zee: ek sal jou queen later vir jou opsit, jy mag maar queen wees, jy verdien dit๐Ÿ™‚

    Emil, dankie ek dink ook hulle is cool . . .

    BB: ja smurfs rock! en dis waar hulle is soos honde, altyd bly om jou te sien.

    Dellie:๐Ÿ™‚๐Ÿ™‚

    DMI: smurfs sing en dans mooi, hulle kan ook skaatsplank ry en kamp.

  20. Nee, ek kan nie die afskuwelike pornografiese video, die aller vieslikste psigopatiese geweldsdrama wat maeree hierbo geplaas het glo nie. ek is nou so getraumatiseer ek moet gaan hulp soek. totsiens almal…….

  21. Het my geheue my verlaat, of is die Smurf ook ‘n verkragter en ‘n korrupte? En wil hy die Smurfs lei (ly!) met sy st. 4 opleiding?

    Miskien moes hy eers Smurfieversiteit toe gaan, dan sou hy nie verskillende stories vir verskillende Smurf kolonies vertel het nie. Jou eie leuens byt jou mos mettertyd aan die gat.

    Smurf nar vreet Nando’s en wag vir die change – ek dink anyway nie hy kan op 2 goed gelyk fokus nie, so om hom aan die eet te hou, is dalk die obvious choice.

    Ten minste kan hy dans. Of dit nou onder die stort of op ‘n verhoog is. En dit is ‘n belangrike beeld om na die buiteland te stuur – ons land se leier Smurf is ook ‘n lid van die Ninja Turtles… met daai rooi bandjie oor sy oe, soos op sy verkiesings plakkaat, bewys dat Zumatello grooooot moontlikhede het!

  22. Skoor: wel jy is onskuldig op die verkragtingsklag en ek is bereid om die hof se uitspraak te aanvaar, want ek wil in ‘n land bly waar die reg die hoogste gesag is. Mense moet nie die reg he om hofuitsprake te verwerp nie, selfs al hou ons nie daarvan nie.
    En vir die korrupsie is hy toe nie aangekla nie, dit is effe ‘n ander saak, Jammer die skerpioene is doodgetrap.

    Die st.3/4 pla my nie soveel nie, mense hoef nie hoog geskool te wees nie, vraag is eerder: is hy/sy ‘n goeie leier, kan hy/sy die werk doen.

    vir my gaan dit oor: ek respekteer die posisie, respek vir die persoon in die posisie moet hy verdien.

    Die smurfnar wat bang is vir hoenders, nou daai is ‘n ander saak! heheheheh

  1. 1 Dear Madam MadCow (2) « Madcowmania’s Blog

    […] https://rosalindfranklin.wordpress.com/2009/04/25/smurfville/ […]

  2. 2 Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wรชreld

    […] Smurfieย – Of sommer almal as jy wil […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: