Totsiens van Rosalind Franklin

Nouja ek dink ek het aan die einde van die blog gekom, Februarie was dit twee jaar sedert ek begin het – hoekom en hoe kan ek eintlik nie meer onthou nie.

Dit is nie dat ek die lus vir blog verloor het nie, of niks het om te sê nie, inteendeel. Die tyd en plek is dalk net verkeerd.

Ek dink die laaste was toe ek vandag sien die nr.1-inskrywing is van ‘n klomp verregse mense wat een of ander Afrikanerstaat soek, asook baie van die ander blogs, is toenemend net oor godsdiens. Dit gaan eintlik net oor bybelversies, gebede, godsdiens en ‘n god waarin ek nog nooit geglo het nie. Van kleins af al.

Ek kritiseer dit nie, dit is net nie ‘n zone waarin ek nie leef nie – dit is nie my wereld nie. My wereld is en bly anders. Ek is ook nie teen geloof of gelowiges nie, ek wil net nie op elke tweede blog daaroor lees nie.

Rosalind Franklin gun elkeen sy of haar plek, maar ek gun myself ook my eie plek. Ek wil ook nie krities staan jeens mense nie. Ek is werklik 100% eerlik oor hoe ek voel.

Ek wil met mense begin verskil op hulle eie blogs nie, maar dalk is WP nie die plek vir mense soos ek nie: Die Nie-Gelowiges van die wereld wat anders glo en soms dink.

Toe ek begin blog het op WP was daar soveel bloggers wat oor mense, die hier en nou, die lewe met sy seer en mooi geskryf het, en ek voel dit het grootliks verander. Daar is heerlike interaksie tussen mense. Nou is daar soveel “sondagpreke” en ek vind glad nie aanklank nie.

Dankie vir al die pret en plesier. Daar is baie, baie van julle wat erg spesiaal vir my is.

Groete en loop mooi, dalk “sien” ons mekaar weer

Rosalind Franklin

(Die naam Rosalind Franklin en die FB-profiel gaan ek steeds hou – ek speel lekker saam met julle speletjies en daar is mense wat vir my baie spesiaal is, wat ek so oor ‘n afstand leer ken het. As julle daar vir my wil afgooi, is dit jammer maar ook julle vrye keuse.)


  1. Ag ou Rosie – ons het mos nog kontak waar dit nodig is. 😉

  2. O ja – ek moes myself baie goed inhou om nie te ‘bwhahahahahaa’ oor jou comment daar annerkant nie 😆

  3. Tatta Rosie! Gaan jou mis – (Jislaaik, sal my leer om so baie te rooflees en so min te comment. Ek sien nou eers Die Wolf is nog op jou blogroll, en dit bestaan al jare nie meer nie.)

  4. krista

    Skiuf oor Litnet toe, dis ‘n anderste crowd daar . . .

  5. PlaasJuppie

    Hey! Ek is darem 5de op daai lysie, en ek is ‘n politiese draadsitter, ‘n confused gelowige en ek luister soms Leon Schuster en Metallica songs op dieselfde dag. Daar is hoop!

    Dit was lekker om hier by jou te kuier Rosie, al is jy baie slimmer as ons. Gaan jou goed.

  6. Ek gaan jou mis, maar tog ook nie!!! Hiehiehie, sien jou net weer of ‘n ander plek!

  7. Mefri

    ((((((((((Rooskindjie)))))))))

  8. maxie

    Ag nee flip.
    Laat dit met jou net goed gaan.

  9. BB

    😦 eendag, Rosiekind, eendag gaan ek nog kans kry om daai t-shirt vir jou te gee: “← She’s with me” of issit nou weer: “I’m with her →”.
    Aufwiedersehn Rosie x

  10. Voorspoed tannie geheimsinnig! :mrgreen:

    As ek net een ding mag vra…. Hoe oud is jy (regtig)? You are the person who has boggled my mind the most!

  11. Soos hulle sê daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Sien jou weer Rosie.

  12. Girl ek word in Desember 38 – regtigwaar.

    Groete, my hart is seer en ook nie. Dankie almal – dalk blog ek weer in hierdie lewe.
    Maar ek sien julle steeds op FB.

  13. Hei hei Rosa’tjie. Maar die gebloggery was darem groot pret nê? Ek het nice memories, regtig!!! 😯 😛

    Ek moes net my naam hier los om vir jou dankie te sê vir jou oop hand ….. wanneer ek jou vertel het of sommer net genoem het van iemand (bloggers) wat hulp nodig het was jy altyd heel eerste om te help!! Dankie ook vir al die ander hulp, lag en chat. Your rock!!! 😆 xx

    Kom-kom dat ons gaan ploeg – die son trek water 🙂

  14. Ag so die Orania blogs, wie se skrywers nie eers hier kommentaar lewer nie, pla jou so jy moet trek? Dis soos iemand wat moedeloos sug oor sy slaapkamer se gloeilampie geblaas het, en nou swaarmoedig die soektog na ‘n nuwe blyplekkie begin.
    Wat van die idee dat mens opstaan vir jou ideale, en kyk of jou denke kan staande bly in die kompetisie van idees?

    Maar Afrikaners se snob-denke werk mos nie so nie. Ons trek eerder ons neuse op vir die minderwaardiges, kry skaam en slaan op die vlug.

  15. Gmf… doodstil vir weke en dan sommer net koebaai. tsk tsk.
    (Persoonlik dink ek dit is daai fb geboerdery wat die tydsteler is) Hehehe.

  16. Ai, en so raak my kortlys al korter…!

    Alles wat mooi is.

  17. Maar dis dan nog Spring Chicken jare…. Ek het regtig altyd gedink dis effe ander kant die 50! 😯

    Sal jy ons OOIT vertel watse werk jy doen? Want ek voel so in my linker shock beentjie dis iets moerse interessant! ❓

  18. Ai Ai Rooskind – dis nou amper soos die Groot Trek. Arividerci – of iets dergeliks. Ek gaan jou srkywery erg mis – en nee NEE, Facebook issie dieselfde nie!

  19. Jou skrywes sal verseker gemis word, maar ja, ons sal mekaar wel nog raakgesels…

  20. Ek deel jou sentiment oor die nr 1 inskrywings. En ek mis vir Bertus!/Die Piesangverkoper/Salige Rus.

    Dalk is WP se bloeitydperk verby; dalk kom daar ‘n nuwe vlaag. Tot dan, straks totsiens.

  21. jeez alleman dat jy dit nou so eendimensioneel ervaar as een orania-blog.
    soos ‘n kollega van my nou die dag sê: kan die mense dan nie lees nie?
    weet jy, jy ken my nie – ek is nie een van jou gloeilampie-mense nie. nog minder is ek ‘n lou-ou-attie’tjie. ek vryf nie mense se koppies nie. ek vlug ook nie land-uit oor ek bang is vir swart mense nie, of oor ek bang is hulle gaan my en my kinders en werke steel en my verkrag nie.

    net soos baie mense vir Brandnetel oor die kop gesteel het, maar die innerlike mens wat sy is fokkin beny, want sy is voorwaar kleurblind en sy het dit maak werk daar doer in angola….maar nee, ons sit en fokkin pretend met die vuzuzela in die een hand en die bybel in die ander.

    so moenie jy vir my kom vertel “kry skaam en slaan op die vlug nie”
    jy weet nie waar ek al in my lewe was en wat dalk al gedoen het nie. in mense se kots en kak en bloed getrap het – om hulle uiteindelik te enable nie.

    Soos my haarkapper juis saterdag gesê het; toe NOG iemand iets onnosel op Good Hope FM sê; toe sy hy vir homself soos die Faro vir Moses:
    “Let your people Go!”

    Cheers Hasies