Archive for the ‘algemeen’ Category

Hoe kruis jy die pad?

Nou byna twee jaar gelede het ek gaan totsiens se vir ‘n vriendin in die hospitaal. Nie in soveel woorde nie, maar beide van ons het geweet. Tog, het ons lekker gesels oor haar lewe.

Rosalind, het sy vir my gesê, ek was in 50 lande in die wêreld. “Dit was wonderlik. Ek het die wereld gesien. Ek is oor niks spyt nie. Jy moet probeer om dit ook te doen. Soveel jy kan.”

Ons het gelag oor haar ervarings. Haar woorde oor Egipte: “Al wat verkeerd is met Egipte, is die Egiptenare,” het sy gesê.

Vandag verlang ek weer na haar, juis oor haar stelling.

Ek vra vir julle hoe kruis ‘n mens die pad? Hoe? O ja, die karre staan nie stil nie, hulle ry, en vinnig ook. Dit is die probleem

Die annder kant is ook vol…

Ry in ‘n ‘taxi’ ……

Lus vir bietjie shopping, fok waar issie mall? daar issie ‘n mall nie madam (okay het geweet daar is nie ‘n mall nie)

 

Advertisements

wat waar is, belowe

* Daar is niks wat griep genees nie, niks op hierdie aarde nie, al die pille, potions en rate wat ‘n mens hoor – is alles in die kop, of verlig simptome. Dit doen niks aan die virus nie. (Al wat griep klop is Tamiflu (oseltamivir), mits jy dit binne 48 uur neem na die eerste simptome, maar moet dit nie neem vir seisoenale griep nie, mens bou ‘n weerstand op, hou dit vir die moordenaars-griep)

* Pleisters wat mens onder jou voete (of enige ander plek) op jou liggaam plak om te detox – werk nie. Al is die pleister vuil. Dis ‘n kroekery en die pleister word “vuil” deur ‘n chemiese reaksie.  (‘n Mens kan net detox deur jou lewer en niere, nie jou vel nie, en jy kan die natuurlike proses ook nie verhaas deur op ‘n detox-ding te gaan nie. Dit gebeur soos dit gebeur en klaar. As dit nie werk nie, sal jy doodgaan.)

* Vitamien C werk nie om griep of verkoue te voorkom nie. Moenie anti-biotika drink vir verkoue nie. Dinge in ‘n oordosis maak my ongemaklik.

* Kanker is ‘n oorhoofse term vir ‘n legio van siektes. Elke tipe kanker verskil en dit verskil van mens tot mens. Dit hang af van soveel dinge as jy die diagnose kry, ook die tipe kanker. (Moet dus nie sommer net behandeling weier nie)

* Depressie, angs, en bipolere gemoedstoornis is komplekse chemiese siektes van die brein, wat behandelbaar is.

* Geen vitamien-aanvuller kan ‘n glas melk, stukkie kaas, volgraan, neute vleis, vrugte en groente vervang nie. Dis is onwaar dat melk en kaas ongesond is. Dis goed vir jou.

* ‘n Mens het vrye radikale nodig, omdat hulle die vullis uit selle verwyder. Daar is geen rede hoekom jy anti-oksidante moet drink nie. Jy kan alles wat jy nodig het in kos inkry. Daar is bewyse dat te veel anti-oksidante oor ‘n lang tydperk baie sleg vir jou kan wees. Meeste anti-oksidante is vetoplosbaar en jy skei dit dus nie uit nie, dit bly sit in jou.

* Los jou liggaam uit, hoekom wil jy die hele tyd aan hom lol met pille, kruie, lotions en potions wat jy by die health shop en die apteek koop? Drink net chroniese medisyne wat voorgeskryf is. Los die res, dit is nie klinies getoets nie en jy weet nie wat daarin is nie (regtig). Baie van die dinge bevat gevaarlike middels, veral uit die Ooste, en dit val nie onder wetgewing nie. Daar kan enige iets in wees en daar is …

* Sorg dat jou baba en kind al sy entings kry. Dit is lewensnoodsaaklik. Die nuwe mode om kinders nie te ent nie, omdat dit glo outisme veroorsaak is nonsens. Wil ons pokke en polio terughe? Kinders kan nie outisme “kry” nie, hulle word daarmee gebore, omdat dit geneties is.

* Dink mooi voor jy net mode-goed doen…soos om jou kolon byvoorbeeld “uit te spoel” omdat daar sogenaamde “plaak” in is. Los uit jou kolon. Los uit, dis ‘n sensitiewe plek daai, hy het nie plaak nie en hy werk mooi nes hy is.

Die verpesting van musiek

Ek is oortuig daarvan dat jy my nie gaan glo indien ek vir jou gaan vertel dat ek eintlik musiek verpes nie, amper alle musiek, buiten ‘n paar handgekose genres.

Ek weet nie of daar nog sulke mense is nie, maar soos ek ouer word, word dit ook erge. My toleransie vir geluide raak al minder.

Skoor se tag was kies 5 gunsting songs. Onmoontlik. Ek laaik dit nie. Ek verpes popmusiek, rockmusiek is nog meer simpel. En al die rap, hip-k*k-hop, rave, rammel en geskree is nog ‘n groter klomp nonens.

Kom slaan nou ‘n kitaar asof jy geld kry elke keer as die snare (en ek) gepynig word! ‘n Instrument, soos ‘n viool, moet gestreel word op gevoel. Maar die geskreeu soos ‘n barbaar en die onnosel woorde? Neewat.

Afrikaanse Alternatiewe musiek is nou werklikwaar pretensieus.

Musiek wat skreeu en draai, alles dieselfde klink en waarin daar die meesterlikheid is nie maak my ore seer.

Jazz, Blues, Mowtown, Gospel en die res wat so in mens ‘n ore kerm, is vir my suiwer, suiwer torure. Sit my in ‘n kamer en speel vir 24 uur polsende musiek en ek is ‘n pak ertjies.

Ek het ‘n kar-radio/CD-speler in die laai in een van die kaste by die huis. Ek gebruik hom nooit nie. Want ek smag na die stilte.

Musiek hits my aan en op al die verkeerde plekke, dit irriteer my geweldig. My grootste nagmerrie is ‘n popkonsert. Jy sal my baie moet betaal om naby die dronk stinkende lywe te kom wat die hele tyd net skreeu.

Maar ek dink sy kon sing. Van haar hou ek en ek kan na haar luister. Inteendeel ek dink sy was amazing. My gunsteling is Lili Marleen.

marlene-dietrich

En sy ook: My gunsteling: Non, je ne regrette rien.

220px-c389dith_piaf

Maar die mense sing nie meer so nie, miskien Amanda Strydom, ja dalk sy. Soos ‘n lam. My gunsteling: My lam.

Ek kan die opera, die ballet en die simfonie geniet. Die smeulende klanke van die klassieke.

Daar is verskeie weergawes van Ave Maria, maar die een deur Schubert, is vir my die mooiste en Nana sing dit pragtig.

Ek pik musiek baie kieskeurend met die hand. Baie fyn.

Ave Maria

Die lewe na PacMan

In 1980 het ek vir die heel eerste keer ‘n video-game in Durban gespeel toe ons met vakansie was. Dit was meer verslawend as roomys – waarvan ek geweet het, ek kon baie per dag eet.

Ek het nooit, ooit uitgevind hoeveel roomyse ek per dag kon eet nie, want my pa wou nooit my teorie toets, dat dit ‘n fenominale getal sou wees nie.

Maar diep in my hart, het ek geweet: ek is verslaaf aan games speel. Jy gooi jou 20c in, gryp die rooi bal-knop en skiet met die platter knoppies. En een-dimensionele vermaak is joune.

Ek het al my geld gespaar en is die volgende vakansie see toe met ‘n indrukwekkende R80. Ek het ge-PacMan, geskiet, gejaag, gespring, gekarate, en alles probeer.

Die arkade was veiling, Hang Ten was in, die strande was wit en ek het nie daaroor gewonder nie en my ouers het nooit iets gese nie. ‘n Mens het Slush Puppy en Toffie-appels op die strand gekry.

En toe eendag in 1984 speel ek nog so games, ai man. En staan daar nat, kaalvoete in my swemklere en speel. En eie skielik skok daai PacMan my dat ek vir Edison en sy voorvaders aanroep. Dat ek weet elektrisiteit-kak-bestaan.

Dit trek deur daai stang waaraan die rooi-knop vas is, deur my hand en arm en deur my lyf, regdeur my kaal voete. Ek het vir so rukkie nie games gespeel gespeel nie, en nooit weer op daai een nie.

Dit het nooit geweld in my aangewakker nie.

Ek het vakansies games gespeel tot in matriek. Ek het twee games van Nintendo wat in die hand pas. Hulle werk steeds en is mooi opgepas, deesdae is hulle versamelstukke. Popeye en Donkey Hong.

En iets het my pad met games geskei. Laas het Tetris gespeel, dat my oge brang, meer as 12 jaar gelede en toe nooit weer nie. Want die werk het die afgehaal van die rekenaars omdat almal te veel gespeel het.

En toe kry ons ‘n Play Station -verniet. Ek sukkel my vrek met Madagascar! Net sodra het aan die leeu gewoond is, kom die zebra op. Ek sit vas daar waar die leeu so spring op goed op ‘n grot met al die spinnebokke.

Ek 3-D beelde is vreemd vir my. Die eerste keer wat hy so grhrrrrrr in my hand gemaak het, dag ek hy skok my weer!

Ga! Gooi ek hom in die lug op. Wat de?

Daar is te veel funksies. Die hero’s kan te veel doen. Ek verstaan die goed nie. Mens moet omtrent 100 uur net aan die boekie lees.

Het ek my jeug verloor, het die tegnologie my ingehaal, of wat? Is ek die enigste een wat ‘n tikmasjien onthou? Of alles?

huis2

Toe, erken dit, jy lees of Huisgenoot, of You. Ek weet jy lees dit.

Jy kritiseer Huisgenoot vir die “gemors” wat daarin is. Die sogenaamde sensasie, die paparazzi-foto’s, die allervreeslikste indringing van mense se private lewe, die smet en slet, die drama en moord.

Maar hoe op aarde weet ek en jy dit is daarin sonder dat ons dit lees, of dan na bewering “net in die dokter se spreekkamer daardeur blaai”. Dan is ons baie siek, want ons weet altyd wat daarin staan. “Het jy gehoor…?”

Ons loer na alles wat Charlize Theron en Brangelina, doen, selfs as hulle met met die honde gaan stap – danksy Huisgenoot. Ons weet watter rokke hulle en die ander sterre dra. Ons oooeee oor die baba’s.

Danksy Huisgenoot het ons elke liewe oomblik van prinses Diana se lewe en dood gevolg. Van die verlowing en troue, tot die babas, die trane, die reise oorsee, die egskeiding en die begrafnis. Ons het almal lank na al die kiekies gekyk. Het ons nie? Met SA se isolasie destyds sou ons min gesien het van haar. En ons was gek oor haar, want sy was mooi om na te kyk. Ons het dit nie in die Vrye Weekblad of Mail & Guardian gelees en onsself voorgedoen as intellektuele nie, het ons?

Vreemde operasies, vreemde mense, common-troues, glinster-troues, mense met twee koppe, diere met twee koppe. Oe, al die Mej. SA’s, onthou? Dit eerste in Rapport, die Mej. SA, maar ons het haar gevolg vir die res van die jaar in Huisgenoot.

Elke keer as ‘n monsteragtige reeksmoordenaar of iemand wat sy gesin vir jare lank verkrag of almal uitwis, lees ons dit vlugtig in die koerant. Maar dit is die Huisgenoot wat vir ons die sappige detail gee. Die “wat het nou eintlik in die huis van horrors” gebeur. Erken dit. Jy lees daai artikel, elke woord.

Ons lees dit alles en voel dan skuldig dat ons dit eintlik geniet het. Hoekom, dit is nie nodig nie. Dit is ‘n doodeenvoudige refleksie van die lewe daarbuite en wat aan’t gebeur is.

Dit is sosiale antropologie weergee in woorde en foto’s.

huis1

Hoe lekker is dit nie om te lees dat Steve  Hofmeyr, of enige ander celeb ook maar voete van klei het nie. Dat beroemdes sukkel met dieselfde dinge waarmee ons ook sukkel nie? Om te bevestig dat Hollywood-sterre maar ook net mense en nie gode is nie. Dat arme Britney eintlik aan ‘n psigiatriese siekte ly soos miljoene ander nie. Dan voel ons skuldig dat ons beter voel. Weird.

Dwelms, drank, depressie, seks, skinder, siekte – dit is so real. En wat van al die sappige detail van Jurie. Mmmm?

Huisgenoot se direkte verkope staan tans op 318 128 per week en You op 196 732 per week. Nie per maand nie, per week.

Dit gee Huisgenoot meer as 1,2 miljoen per maand en You meer as 780 000. En onthou, dit is net die verkoopsyfer (sirkulasie), maar nie die leserstal nie. Soveel as ses mense, volgens die ouditburo vir sirkulasie lees aan een tydskrif.

Miljoene mense in die land lees dus Huisgenoot en You. Dit is die grootste suksesverhaal in tydskrifgeskiedenis in hierdie land, maak nie saak wat in hom is nie. En om te se ons lees hom nie, is ‘n leuen.

Mense koop met hulle beursies. Hulle sal hom nie koop as hulle nie hou van dit dat daarin is nie. Punt.

Ons hou van die smet, die drama, die details, ons hou van die seksskandes en die pyn. Want dit is in ons aard. En bowen alles, ons laaik, oh ons is lief vir skinner.

Niemand sal betaal vir iets wat hy nie geniet nie.

Mense gooi hom seker nie weg nadat hulle byna R12 daarop gespandeer het nie. Dit is die lesers wat hom maak wat hy is, anders was sy deure laaaaaankal toe.

Om te se ons is nie lief vir Huisgenoot nie, dat dit nie dekades al deel van SA is, soos wors en mielies is, is ook ‘n leuen.

Ek kan myself oulik hou en se, ek koop net Visi. Ja? Hulle verkoop maar slegs 19 000, elke drie maande. Sarie het sy op en af in ‘n sterk mark en Weg trek 65 000 per maand.

Ek se nie die inhoud is goed nie, dit is nie die punt van die inskrywing nie, ek se bloot spoke kan nie die tydskrif koop en lees nie.  Die inhoud is, ja wel…Of wil ons beweer dit is soos met die destydse Inligtingskandaal en die Citizen, die regering koop die tydskrif op en dump dit iewers? Ha-ha!

En hulle joernaliste? Is net gewone mense. En laat ek julle maar vertel. Baie van die celebs wie se privaatheid kastig so binne gedring word, verkoop hulle foto’s en stories aan die Huisgenoot.  So ook baie ander mense, moenie dat julle harte bloei nie, iemand se bank-balans groei.

Moenie jammer voel vir hulle nie. Steve (en ander) het die media, insluitend, net so goed gebruik om sy boek (en loopbaan) te bemark. Kyk maar uit vir die woord: eksklusief, dan kan jy maar weet. Veral as hulle trou of  baba’s kry.

Celebs se loopbane sal ineenstort, van hulle se loopbane sal nooit begin het nie, veral in die land, sonder die Huisgenoot nie. Glo dit maar.

Ons is lief vir Huisgenoot. Ek weet ons is.

huis3

Ja, ek lees die Huisgenoot, maar ook Time (ek wissel dit al om die ander jaar met Newsweek af), National Geographic, ek het Insig gelees, maar vind De Kat en Visi pynlik snobisties, ek lees ook Scientific American, soms New Scientist en Scientific American Mind en klompie joernale wat nie tydskrifte is nie. Ek lees nie lipstick- en koekbak-tydskrifte nie.

Die inskrywing wat my die idee gegee het hiervoor is: (met dank)

http://oordose.wordpress.com/2009/01/13/steve-en-die-illiterati/

Meneer by die mark

Gisteraand is ons by ‘n tipe funksie – later moet ek na die toilet, sien hier is westerse toilette – soos in ‘n troon, maar die plaaslike vroue gebruik dit anders. Hulle mors ‘n weens geloofsredes. Daar staan so ‘n kettel langs die troon en dan was hulle. Dus is alles ‘n gemors op die vloer. Maar ek moet PP.

Dus sweef ek oor die toilet soos superwoman en zip gou toe. Uit met die  Detoll Hand Sanitizer wat ek sommer orals smeer, net ingeval iets besluit om op my te spring.

‘n Vlaag muskiete volg my oral waar ek gaan, so ‘n grys wolk. Hulle smaak wit bloed om een of ander rede, want hulle draai glad nie om die plaaslike bevolking nie, maar ek is soos heuning vir ‘n mier. Tabard? Werk so 20%.

Laat die malariapille asseblief tog net werk, asseblief, want anders sal die groot koors my verseker kry.

img_0208

 

‘n Tuareg-musikant

Vandag besluit ek en my toevallige reisgenoot om na die mark te gaan. In die middestad is ons die enigste wit gesigte. Maar die mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam.

Die verkeer is ‘n georganiseerde chaos en die groen taxis waarin die gewone mense ry, stop vir jou sodat jy oor die pad kan loop! Hulle val omtrent uit mekaar maar hulle ry.

img_0220

Drie van die groen plaaslike taxis en motorfietse wat baie gewild is.

Die mark is ongelooflik, maar baie, baie duur, maak nie saak hoe jy stry oor die pryse nie, aangesien die kuns wereldwyd hoogs uniek en gesog is. Sodra jy jou voete in die mark sit storm die handelaars op jou af trek jou aan die arm en pleit by jou om na hulle winkels te kom.

Hulle hou nie een oomblik op nie en hoe meer jy verduidelik jy wil eers rondkyk en dan besluit hoe meer probeer hulle jou oortuig. Orals le honderde slang- en akkedisvelle wat hulle brei om handsakke en beursies van te maak, asook krokodilvelle. Dit was vir my nogal erg. Ek het ‘n luislangvel gesien van seker drie meter. Baie mooi leersandale, maar baie duur.

Mens kan geen foto’s neem nie, weens geloofsredes is dit sonde om ‘n beeltenis te maak, al die kuns is animalisties. Sover was al my foto’s nog steelfotos.

img_0229

Moet my nie afneem nie, keer die man op die motorfiets. Kort daarna het ek in die taxi gespring.

 

By die mark koop ek ‘n Tuareg-hooftooisel vir R450. Ek hou van die wat die mans dra. Dadelik begin die handelaars my as monsieur aanspreek en ek bly meneer in hulle oe. En twee bronsfigure, ‘n onmoontlike prys na ek onderhandel het. Daarna het die mense so my uitgemergel ek kon net nie meer nie, twee is agterna tot in die taxi.

img_0218

Die vrugte en groente mark.

 

More le die Sahara voor, nog warmer en onbekend. Nog meer vreemder as die stad, oop vir ontdek en ervaar.

Kosbare water

Ek dink nie ek sal ooit weer na kraan oopdraai en die kosbare, kosbare vloeistof van die lewe wat daaruit loop nie waardeer nie, nie as jy eers dors was nie.

Sedert ek hier aangekom het was my mond nog net droog, was ek nog net dors. Uiteindelik het ek ‘n taxi-drywer opgespoor saam met ‘n kollega (wat ek pas ontmoet het) en gevra: Neem ons net na ‘n winkel/spaza dat ons elkeen ‘n kis gebottelde water kan verkoop. Dankie tog.

Die vlugte hierheen, na Wes-Afrika se mees onbegonne streek, een van die armste lande ter wereld, het ons ‘n volle 24 uur geneem. Die koffie, halfpad in Nairobi het drie Euro gekos. By die hotel aangepas was ek ontwater, ek het twee liter kosbare water gekoop in die hotel vir twintig dollar, ek het nie omgegee nie, solank ek net kan drink. Water, water! Ek het die bottel oor my mond gebring en die yskoue water het teen my keel afgegly, die water in die kraan kan ek nie eens mee tandeborsel nie, sonder ek ek bitter siek sal word nie.

Ek het nie siek geword van die vreemde stuk steak nie, So alles wel.

img_0193

Die uitsig vanuit my hotel-kamer, 3ster. Orals is halfgeboude huise. Maar die mense is vriendelik, behulpsaam en glad nie aggressief, soos ek SA ervaar  nie. Ons kan baie leer van medemenslikheid.

Die oorlog oor water sal nog in ons leeftyd kom. Dit gaan hel wees, hoor ek vanoggend by ‘n kenner.

Die hitte slaan my soos ‘n oop oonddeur, ek soek al weer water (dit was voor ek die boks met 12 bottels water gekoop het). Ek stap na ‘n straatverkoper, en wys met handgebare ek soek gebottelde water, hy verstaan gou en wys ek moet saam met hom kom. Hy neem my na ‘n donker klein kafee waar ‘n vrou twee bottels water het. Ek wys ja, ek soek dit, ek vra die prys. Sy verstaan nie,

‘n Soldaat met ‘n outmatiese geweer noem die prys, dit is ‘n tiende van die hotelprys, ek koop dit en se dankie met ‘n handeklap en glimlag.

Ons wag op die president. Daar is tientalle soldate met outomatiese gewere. Dit voel soos ‘n militere regime, maar dit is nie. Ons word almal toegesluit in die saal en niemand mag in of uit terwyl hy praat nie. Dis erg om mans en gewere rondom jou te he as jy nie die taal kan verstaan nie. Ek besluit om nie die banket vanaand by die woon nie, want meneer president gaan weer daar wees en ek sien die kans om weer onder geweer-begeleiding te eet nie.

Ons is vanoggend hoeka by die hotel opgelaai met die einste gewapende beleiding, loeidende sirenes en dwarsdeur die stad geneem terwyl alles tot stilstand gekom het. Weird.

Die dansers, met hul animalistiese geloof, antiek en vreemd is egter fassinered, Later gaan ek in die woestyn trek om hulle by hul tuistes te besoek. Maar hier is ‘n voorsmakie:

img_0203

Jammer die foto is gedraai, maar ek het nie ‘n idee om hom reg te kry nie.  Die maskerdans sal ek nog sien honderde km ver die woestyn in, volgende week.

img_0199

Die polisie, die weermag kon ek nie afgeneem kry nie, dit is verbode, en dan natuurlik die dansers.

Tot wederom.

Ek hou nie van wollerige, fladder-kuns nie. Ek hou van rou, lewende kuns wat emosioneel ‘n denkproses en/of gevoelsproses by my aanwakker. Iets wat ek nie voorheen ervaar het nie, of dan ‘n gevoel wat voortbou op my bestaanslewe.

Ek dink egter ook nie ‘n paar strepe op doek of ‘n bol gesmelte plastiek is kuns nie. Vir my moet dit eintlik voor die bors ruk en tot my sintuie spreek. Eintlik hou ek daarvan as kuns my ontstel. Dit moet my weer wakker ruk.

My gunsteling, lewende, Suid-Afrikaanse kunstenaar is die Kapenaar, Jane Alexander (1959 -). Ek glo nie haar werk is te koop nie, maar haar allerlieflikste installasies is te sien in die Nasionale Gallery in die tuine. Indien dit te koop sou wees, sal ek dit nooit kan bekostig nie.

Kyk mooi na die uitdrukkigs op die dier-mense of is dit mens-diere se gesigte. Dit is nie, neutraal nie, al kom dit aanvanklik so voor.

Sentraal in hierdie boonste een is die figuur wat ploegskare ager hom aansleep, die merke is in die grond te sien. Elkeen kan hiermee maak wat hy wil. Sy gesig is weer vormloos en toegegooi met ‘n doek. Haar figure dra altyd outentieke, outydse klere en skoene.

Maar ek hou nie van kuns van te veel verduidelik word nie. Ek kan nie ophou om vir haar werk te kyk nie, dit bly fassinerend, pragtig, betowerend mooi.

 

Seker haar bekendste werk is The Butcher Boys hier onder, maar die werk is nie so boos soos dit lyk nie. Dit is ongelooflik treffend en groter as lewensgroot. Wanneer ‘n mens voor dit staan spoel ‘n ongelooflike gevoel van jammerte vir die drie oor ‘n mens, simpatie en empatie. Hulle oe is byna smekend… dit is as jy dit regkry om verby die sogenaamde ‘gruwel’ verby te kyk.

Loop jy om hulle sien jy tot jou skok, hulle rugwerwels steek horing-agtig uit. Seer, vermink. En monde, wat nie kan praat nie. Die werk is aangrypend. Hulle sit saam, maar elk is ook op sy eie.

 

The Butcher Boys – Jane Alexander

 

Die boonstes staan almal staan saam bekend as: African Adventure (behalwe die Butcher Boys) en is afgelaai by http://www.universes-in-universe.de/english.htm en www.arthhrob.co.za