Archive for Desember, 2008

Die bewering is dat een hoër taksa kan nie met verloop van tyd ‘n ander hoër taksa word nie? (Makro-evolusie) Aldus onkundige, en veral swak-belese kreasioniste.

In Suid-Afrika hoef jy net die Karoo te besoek om die bewyse met jou eie oe te sien hoe sommige reptiele, na die soogdier-agtige reptiele (Therapsida) en toe die soogdiere ontwikkel het. Nou as dit nie ‘n bewys van evolusie is nie, dan is ontkennig seker ‘n genetiese siekte.

Want een klas van diere het ‘n ander klas geword.

Daar is meer as 20 spesies van net die Dinocephalia-groep alleen hier te vind.

Die gesteentes van die Karoo-supergroep dateer van die Gondwana-tydperk, toe suidelike vastelande een landmassa gevorm het en ook die tuiste van baie primitiewe reptiele was. Dié diere en die soogdieragtige reptiele het die Aarde bewoon nog lánk voordat die dinosouriërs ontwikkel het.

Die superkontinent Gondwana het tussen 700 miljoen jaar en 500 miljoen jaar gelede gevorm uit al die kontinente van die Suidelike Halfrond. Die Agulhas-see het van 500 miljoen tot sowat 380 miljoen jaar gelede ’n groot deel van die hele Suidkus tot by Grahamstad, Vanrhynsdorp en op teen die Weskus bedek (Kaap-supergroep). Die neerslae is gedateer.

Van dié mariene neerslae is tot 8 km diep. Wat vandag Suid-Afrika is, was sowat 300 miljoen jaar gelede oor die Suidpool geleë en ’n groot ystydperk is hier beleef.

Die Karoo-supergroep beslaan vandag omtrent twee derdes van Suid-Afrika (dus is die geologiese Karoo nie dieselfde as die toerisme-karoo nie)/ Die neerslae is tussen 310 miljoen jaar en 182 miljoen jaar gelede afgeset (laat Karboon tot middel Jura).

Die soogdieragtige reptiele van die Karoo kan in vyf groepe verdeel word.

Soogdieragtige reptiele het oor ’n tydperk van 50 miljoen tot 80 miljoen jaar in soogdiere ontwikkel. Van die sigbaarse transformasies is in die oorbene, die kakebene en tande

Die transformasie het begin voordat dinosouriers dominant op die aarde geraak het. Die reptiele en soogdier-agtige reptiele was algemeen teen 250 miljoen jaar gelede. Beide het saam voorgekom. En ons sien hulle le in die betrokke geologiese lae. Vandaar die akkurate datering (wat een vd metodes is)

Teen 251 miljoen jaar gelede was daar ‘n massiewe uitwissing op aarde, aan die einde van die Perm waarin, 90% van alle lewe in die see en 70% van alles op land sterf uit. Wow! So waar op aarde kom die fossiele vandaan? Van die uitwissing! Mens kan dit sien, as jy weet waar om te gaan kyk.

Die aarde het al 5 massiewe uitwissings beleef, elke keer ontwikkel lewe weer uit dit wat oorleef het. Nadat die dinosouriers 65 miljoen jaar gelede in so ‘n uitwissing dood is, het die soogdier oorgeneem.

Evolusie is soos ‘n boom se takke, dit kan groei na enige plek en lei na iets besonders, of self op niks uitloop nie – sou dit onsuksesvol wees.

Vandaar die term dat natuurlik seleksie ‘blind’ is. Kreasioniste wil dit he dat evolusie, volgens hulle misverstaning daarvan, liniêrer moet wees, wat dit natuurlik nie is nie.

Met die verloop van tyd, soos takke van die boom verder van mekaar groei, verander die spesies se embrios in verskillende maniere deur middel van natuurlike seleksie. Maar oorblyfsels van die oorspronlike voorsate sal altyd bly. Dit is hoekom die mens se embrio steeds ooreenkomste met ‘n dier sover terug as die vis toon.

Ons ontwikkel of ‘evolve’ nie van laer na hoër vorms van lewe nie. Dit is duidelik in die ooreenstemmde paaie van die ontwikkeling van die hand, poot en klou geloop het. Seker een van die grootste misverstande is dat evolusie soos die “ekologiese voedselketting” loop met die mens heel bo. Dit nie so nie. Die voedselketting moet nie verwar word met ontwikkeling nie, wat ongelukkig tipies gebeur.

Tans is die soogdier net bo. (Vroeer was die reptiele bo). Maar hy was nie altyd nie en hy gaan heel waarskynlik ook nie daar bly nie. Die volgende era gaan heel moontlik die era van die insek wees.

 

picture-080

’n Pareiasouriër (primitiewe reptiel), pragtig bewaar in die Karoo

picture-060

Humerus van die Dinocephalia-groep (‘n soogdieragtige reptiel)

Kaddish vir jou

Kaddish 

(rouklaag-gebed, in Hebreeuws, vir diegene wat behoort tot die Joodse geloof na hul afsterwe – vir die wat nie die Kaddish ken nie.)

Ai tog, my hart is seer. Ek dink die water is blou daar en die plante, oi, die plante groei ruig daar waar jy nou is. Groen. En lower. Allerhande nuwe soorte vir jou om te ontdek. Tot siens my groot fan. Dit was wedersyds.

En jou my lief, hoe troos ek jou?

Rock, nuut en wonder

Die ene Pikkelik  wou weet waaroor ek wonder! En toe sommer moet ek dinge verklap wat ander nie weet nie. Nouja, dis net my raadgewer wat dinge weet wat ander nie weet nie.

Ses dinge:

My hare is al lekker grys

Ek kleur nie my hare nie

Ek hou nie van hare sny nie

Ek hou nie daarvan as iemand aan my kop of hare vat nie

Ek gril vir lang, los hare in openbare wasbakke – dit maak my effe gek

Ek hou nie eintlik van lang hare nie

 

Ek wonder oor

Hoekom mense nie meer boeke lees nie

Hoekom mense nie liewer vir diere is nie

Hoekom mense dink mense is spesiaal

Hoekom mense dink hulle is spesiaal geskape om aan die bo-punt van die voedselketting te sit

 

Jou blog rock

Dis moeilik om te kies, ek lees vreeslik wyd en lief vreeslik baie blogs. Dis soos om bietjies bietjies en oral te eet. Dankie vir almal.

Demoerin

Cebella

Pikkelik

Wipneus

Piesangverkoper

Riviersonderend

Vlieg Spaghetti

Geseende krismis vir almal  van die FSM! niemand het nog ooit evolusie bewys nie .

en ID is ‘n feit, soos wel ‘n spagetti-monster, of ‘n reuse skilpad en ons almal sit op hom….

…die lug is blou omdat dit net so is – glo dit net….(niks wetenskaplike verduideliking nodig nie, en ons val nie van die aarde af nie, omdat ons voetsole plat is)

… ‘n reenboog gee kleur en ‘n donkie kan praat.

 

tree22

Die Spagetti-monster op die kersboom

gospel

 

http://www.venganza.org/

“I think we can all look forward to the time when these three theories are given equal time in our science classrooms across the country, and eventually the world; One third time for Intelligent Design, one third time for Flying Spaghetti Monsterism, and one third time for logical conjecture based on overwhelming observable evidence.”

Word nou lid van dit. Dit  is maklik om net te wees.

Is dit wat om ons is werklik? Of straal dit net lig uit?

Is ons? Dit kan ons nie verseker se nie, ons dink ons is – nogal intelligente lewe, noem ons onself, heel astrant. Se wie?

Ons kan donker materie nie sien nie, net omdat dit nie lig uitstraal nie, maar dit beteken nie, dat donker materie nie bestaan nie. Dit bestaan wel.

Ons weet daar is donker energie, ons sien deur grativasie ,die invloed wat dit op die heelal het, maar dit is nog onbekend aan ons. Maar dit is wel daar.

Is dit wat jy dink jou eie gedagtes? Of jy dit maar net iewers gelees of gehoor? Is daar enige iets wat nuut is? Of is alles oer-oud?

En tyd, wat is dit werklik.

Dalk is alles van alles – onvernietigbare klein deeltjies. Dit wat in die begin was, is steeds hier, in deeltjievorm en sal altyd hier wees.

(Reality, in everyday usage, means “the state of things as they actually exist”. [1] The term reality, in its widest sense, includes everything that is, whether or not it is observable or comprehensible. Reality in this sense may include both being and nothingness, whereas existence is often restricted to being (compare with nature). In other words, “reality”, as a philosophical category, includes the formal concept of “nothingness” and articulations and combinations of it with other concepts (those possessing extension in physical objects or processes for example). ) – Wiki

Is hierdie die realiteit…of nie?

salvador20dali20-20autumn20cannibalism20-201937_t1

Salvador Dali (Autumn Cannibalism)

Goed gaar asb.

Dis maaiers wat daar op die grond le se ek vir een van my mede-reisigers.

Nee, dit is blare, beweer sy.

Dis maaiers, se ek.  ‘n Mens kry altyd avontuurlustiges, diegene wat wil verken, selfs onder maaiers, netnou spring een op….jy weet. (Ek ken van daai wat so buite die trop hol. Dis een van die redes hoekom ek hier is, soek iets nuuts.)

 

malii-048

 

Dalk is dit teen die wet om in die bos te PP, maar nouja, my drie kosbare toiletrolle het my ver gebring.

Is die kos in die yskas vra ons? Die eetplek is knap langs die toilet….maar die dorp het net een eetplek en ons het nog 5 ure om te gaan. En ontbyt was al 6 uur vanoggend.

Want ons sien die eiers staan doer in die son, as mens nie versigtig is nie, word hulle sommer kuikens. En ja, mens wil half uitpass in die koelte.

Ja! se hulle. Wil julle kom kyk?

Nee wat jinne, ek dink ek wil liewerster nie die kombuis sien nie…hehehehe. Bring maar daai stuk plat vleis wat daai ou eet. Well done, asb. Maak dit net goed gaar vir die madame, maak dood alles wat nog lewe, dankie. Merci.

malii-054

En die plat vleisie was toe lekker, wat ookal dit was, sommer baie lekker.

Sorry mnr. Irak

Die toer van my was darem nie alles net honger kinders nie 😉

Die eerste deeltjie van die hele ding was natuurlik werk en die laaste deeltjie was die rondrits.

So, sit ‘n groep van ons soet en werk hier by dag drie. Ek is baie ordentlik, dra tot plakkies met by gebreekte toon in plaas van kaalvoete. En tydens middagete help ek myself, soos die res, ruim aan die gratis gebottelde water.

Ek staan nog buite en maak ‘n rokie (ek was seker die enigste vrou in die hele land wat gerook het) toe kom hier drie ouens aangestap. Met mening, in die rigting van die kantoor waar so 20 van ons werk.

Hulle kondig baie belangrik aan dat hulle drie ministers van Irak is. En dat hulle die president verteenwoordig.

Okaaaayyyy.

“You must type this letter for us,” se die een vent en wys ‘n brief.

Ja-nee. Dog ek, ek was al vir baie dinge aangesien, maar nog nooit vir ‘n tikster wat sommer gratis werk nie.

Nee, ons is nie tiksters nie. En nee ons tik nie briewe vir mense nie. Dis nie hoekom ons duisende kilometers ver drie vlugte geneem en 24 uur lank gereis het nie. Verstaan jy?

“Yes but we are the ministers.”

Ja-nee dit verstaan ons en dit beindruk nou nie juis vir Rosalind en die ander mense hier nie. Dit maak nog steeds nie van ons tiksters nie.

“Yes. And we are XYZ, you see, and that is why we don’t type letters,” se ons.

Hulle stap vies weg. Maar na ‘n rukkie is hulle sowaar terug, om spesifiek vir ons swart, vroulike kollegas te vertel dat hulle alleenlopers en baie beskikbaar is. Sies ga!

Latter kom ‘n vrou van ‘n bekende internasionale organisasie ingehol en vra of ons nie maar die brief wil tik nie. Ek staar haar met glasige oe aan. Maak of ek nie Engels verstaan nie. Die res duik ook weg.

Die brief word net vir ingeval by ons agtergelaat.

Ons het natuurlik dadelik almal die brief gelees en ons gekraak vir die inhoud en spesifiek die aanmatigheid van die inhoud.

‘n Week later vind ons die brief. Opgefrommel in iemand se tas, en ja sowaar gebruik om ‘n sosatie in toe te draai. Ja, ‘n sosatie.

*****

mali-042

Eet ‘n kola bean en kry ‘n high….hy is baie bitter (let op die fur oor ons4x4 se sitplekke!)

Jy laat my toe . . .

. . . in jou modderhut-huis om jou af te neem en vrae te vra. Ek weet jy verwag niks.

Jy laat my kyk na jou voete, jou bokke en potte. En ek sien ‘n bietjie van jou lewe, maar ek sal nooit weet hoe dit werklik is nie.

mali-217

Ek stap in die sand en die krommings en draaie van jou dorpies, tussen vis, vrugte, sout van die Tuareg en mis van die diere. Sien die leer, silwer, katoen, halssoere en beelde van jou mense. Die muskiete en vlieë volg my.

 Ek sien jou elegante, dog skamerige vroue. Jou smekende, dog laggende kinders en ek wonder.

Die sweet loop in strome teen my hele lyf af. Ek sukkel. Dit is op vele maniere ‘n reis vir my, binne en buite. Ek is binne dae 36. Ek dink al oor 40. Dit is net soos ek maar nog altyd was. Baie reise het ek al geloop en hulle begin buite en draai later na binne. Soms is hul net in my kop.

“Now there is a hungry kid,” sê ‘n reisgenoot. Ek draai en kyk. Sien die kind staan. Herken dadelik die tekens van erge wanvoeding. Dit is die soveelste honger kind wat ek hier sien en ek kan niks doen nie. Waar as ek vir een gee, moet ek vir almal gee, anders breek ‘n wrede geveg uit. Ek wens sy het stilgebly.

Hoe kwalifiseer jy vir armoede? Wat is arm? Wie is arm?

Ek en baie mense wat ek ken is nie arm nie. Baie mense in Suid-Afrika wat beweer hulle is arm, moet dalk hier kom kyk. As jy arm was en nie meer is nie, get over it.

Later stap ons hoog teen ‘n berg op, na ‘n natuurlike grot. En toe begin hulle hulle sing. Die kinders. Pragtige, skoon stemme. Hulle hoop op geld.

Met die terugslag loop ek vinnig deur die klokglasstemme. Hande op die kop sodat hulle my nie kan aanraak soos die afgelope paar dae nie.

Ek kan dit nie hou nie. Ek kan nie.

Ek hardloop na die 4×4 terwyl die trane by my wange afrol. Hoe kan ek nee se vir 60 honger kinders? Maar ek weet as ek gee kan wrede gevegte uitbreek.

Die ander roep my terug, sien nie my trane onder die sonbril en hoed waaragter ek skuil en vuil voel nie.

mali-112

Grot van die singende kinders

By die volgende dorpie kibbel ek nie soos die gebruik is oor die handgeweefde indigo-lap nie, ek betaal die eerste prys. Want ek moet iewers gee.

Later op die Niger laat jy my weer toe om jou mense te sien, jou laggende kinders wat giggel oor my kort hare en die groot oë wat ek trek. Jy laat my soveel toe en jy vra soms, maar jy bedel nie. En jy word nie woedend nie en daar is nie ‘n gevoel van “dit is alles my reg” by jou nie – al is jou demokrasie ook 14 jaar oud.

Tot diep binne jou hart nooi jy my in. Vertel my mites en geheime van jou mense. Jy groet my met sa-wa! oral waar ek gaan.

mali-028

Ma en kind

Jy is nie aggressief met my nie en stel die grense ferm maar baie respekvol. Dit werk vir my, die eerlikheid. Maar nooit is daar ‘n geskel, gevloek, ‘n dreigende houding of obsene tekens nie.

mali-236

Vrou met haar vissies

Jy laat my toe om soveel te leer van jou, want jy is oop. Jy laat my dink oor myself, my weer eens herbesin. Jy laat my toe om dankie te sê, om te waardeer. Jy het my weer klein gemaak. Dankie.