Archive for the ‘pseudo-wetenskap’ Category
Die wierook om die man met die wilde bos krulhare is amper verstikkend. Hy looooeeerrr vir ons.
Buite dans die airy fairies om ‘n tepee en eet organiese kos. Dit is nog lank nie tyd vir organiese kos om mode te wees nie, en mens kry dit ook nie op Woolworths se rakke nie. Want dit is 1995 en die airy fairies plant hulle eie wortels op kraalmis.
Ons het ure gery om by die saamtrek te wees. Ek is so bietjie dikbek, want ek dink dit is alles ‘n klomp kraalmis soos die konkoksie waar die mense hulle groente groei. Ek dink ook hulle kos wemel van bakeriee, juis omdat hulle dit so groei in skoon mis. So ek weier om te eet.
Dis net klokkies wat lui en kristalle was ten duurste verkoop word. Die vroue se beenhare, wat onder hulle lang rompe uitsteek is so lank, vir ‘n oomblik dink ek hulle het almal ‘n velsiekte. Maar nee hulle kweed ware pelse! Toe een haar arm optel dag ek dis ‘n man in drag.
Die man wat voor my en ‘n vriendin sit, is glo nogal bekend. Maar sy oe is so wild soos ‘n jags buffel s’n. My bek is nog dikker omdat hy ons R350 vra vir sy dienste. Ek is in die ding-in gepraat. En ons het nou sover gekom. Hy gaan in ‘n tipe trance in dan kan hy “sien” wie jy in jou vorige lewe(ns) was. Hy teken dan die vorige jy. Maar ek is ook nuuskiering om te sien wat kom uit.
Sy oe rol in sy kop en sy hand begin oor die papier gly. Sowaar ek dag hy teken ‘n monnik, ja, dit is. Die vriendin, Gerda, op wie se aandrang ons daar is lyk in haar noppies. En toe kry die monnik skielik ‘n gesplete verhemelte en skeel oe. Ek bars uit van die lag.
Die man is woedend, en gluur my aan. Ek het hom uit sy trance gelag. Gerda is woedend. Ek neem die ding nie ernstig op nie.
Ek jammer-jammer met my hande, ek sluk die lag wat in my bors opbou terug. Shame man, en ons almal wil graag iets wonderlik wees in ons vorige lewe!
Die man gluur my nog steeds aan toe dit my beurt is, nou ek gaan seker ‘n mal slang wees/is/was. Hy begin teken. Ah ‘n vrou. Nogal mooi. Hy vertel dat sy in Bedoehin van die Sahara was. Sluier en al.
Die mense OOOHHMMM al om ons. Die een le glad bo-op ‘n harp-tipe ding en dan word hy van onder-af bespeel, sodat die golwe hom kan weetie-wattie.
Die res se Chakras word geharrra. Ek word vertel my aura is pikgietswart en dit sal my baie geld kos om hom skoon te kry na die jare se aanpaksel. Aikona, ek ken daai truuk. Is net vir geldmaak, ek kan nie my aura sien of voel nie. Is nonsens, jy soek net geld vir wind, loop siesa.
“Ek ruik dagga,” se ek vir Gerda. Ek ruk soos ‘n stampkar in haar spore. ‘n Paar ander mense ook. Niemand doen iets nie, beloer my net agterdogtig.
“Ek sweer, ek kan dit ruik. Ek weet hoe ruik dit, en iemand, of ‘n paar mense hier rook dagga,” se ek.
“Wil jy dit nie sommer oor die mikrofoon loop se nie,” se sy. “He? moenie so hard praat nie, ek ruik dit ook. Los dit net.”
Dis hulle auras wat swart is van al die dagga in hulle koppe!
Ai tog, ek het gedink ek gaan hoor ek was ‘n koninging en nou is ek net ‘n trekker in die woestyn, spot ek. Ek kon ‘n grondeis loop insit het.
‘n Vorige lewe?
Ons wil almal graag lank lewe, nog lewe, ewig lewe, jonk bly. Maar sentraal om ons bestaan is, juis dit: lewe en bestaan.
Ek ook, ek glo dat die lewe, soos ons dit ken, heeltemal te kort is. Daar is soveel wat ek nog wil doen -dinge waarmee ek julle nie hier sal verveel nie.
Ek glo nie dat ek ‘n vorige lewe gehad het nie, en die rede is dat ek niks daarvan kan onthou nie. As ek niks daarvan kan onthou nie, is dit in elk geval sinneloos om nog ‘n lewe te he, of te gehad het. Want sentraal aan die lewe is ‘n bewussyn. Indien ander mense glo aan ander lewens, lees mooi: het ek nie ‘n probleem daarmee nie!
Dan net twee dinge wat vir my van belang is hier:
Hipnose en déjà vu
Ek is al gehipnotiseer deur ‘n gekwalifiseerde kliniese sielkundige wat ook ‘n hipnoterapeut is (nie die verspotte swape wat dit was vermaak aanbied op die verhoog nie). Hipnoterapie is een van vele maniere van terapie, vir my was dit ten beste: hoogs kalmerend en ontspannend, soos ‘n lekker lang brein-massering wat jou totaal verfris.
Hipnose laat jou ook niks doen wat jy nie wil nie, nog minder het die persoon wat jou hipnotiseer, beheer oor jou.
Mens raak ook nie skielik wakker uit die terapeutiese hipnose en dan weet jy nie wat om jou aangaan nie, dit is fiksie uit flieks. Jy is bewus van alles, maar kalm daaroor, en kan dit stop sou jy wou. Maar jy wil nie, want dit is nogal lekker.
Wanneer trane vloei loop dit net, daar is nie snikke nie, dit is onbeskaamd, oop en eerlik. Maar jy kan ophou en jy weet jy huil. Jy is in jou onbewuste terwyl jy bewus is daarvan.
Mens se baie hulle onthou dinge, plekke mense wat hulle nooit geken het nie. Dit is ‘n déjà vu – die optiese seinbaan-vertraging. Jy het dit nie lank terug gesien nie, jy het dit sopas gesien, gestoor in die brein en opgeroep. Dit is ‘n familiariteit met voorwerpe – en dit is gesetel in die brein.
Jy voel dit is in die verlede, maar dit het met die hede te doen. Navorsing toon dit het met ‘n seinbaan in die temporale lob te doen. Half ‘n gevoel van die verlede in die hede. Dit is dus nie jou vorige lewe nie, dit is die lewe nou en ‘n truuk van die brein.
(Die possie is spesiaal vir die blogmaatjie wat gevra het 😉 )
Toordokters is weer met ons: In gesondheidswinkels en die meeste groot apteke. Sogenaamde “nutritional supplements” of voedingsaanvullers kan alles genees of voorkom, as mens die slim bemarkers of twak of die botteltjies en boksies sou glo.
En dit is presies waar die skeptiese denker se wenkbroue moet lig. Een enkele pil wat goed is vir alles? Dit kan mos nie. En niks op aarde kan mens langer laat leef of jonger maak nie, veral nie ‘n anti-oksidant nie. Inteendeel, in groot hoeveelhede is anti-oksidante die oorsaak van kanker.
In ‘n meta-analise (Jama), ‘n studie wat die resultate van 68 studies onder meer as 232 000 mense vergelyk het, is bevind ‘n oormaat van anti-oksidante (die jongste mode-foefie) is skadelik vir ‘n mens. Mense is mos so: hulle dink hoe meer pille hoe beter. Nie waar nie. ‘n Mens het die vrye radikale in jou liggaam nodig.
Die betrokke aanvullers wat bestudeer is, het die kombinasie anti-oksidante betakaroteen, vitamien A, vitamien C, vitamien E en selenium bevat. (Vitamien C is wateroplosbaar en word deur die liggaam uitgeskei, maar die res van bogenoemde is vetoplosbaar en kan tot toksiese vlakke in die liggaam opbou indien jy te veel inneem).
In die studie is ook geen oortuigende bewyse gevind dat anti-oksidante enige uitwerking op mortaliteit het nie. Dus, dit laat jou nie langer laat lewe nie. (Americal Medical Association, Feb. 2007)
Net so min soos wat ‘n koperarmband ‘n mens se kwale kan genees, so min kan ongetoetsde “natuurlike aanvullers” dieselfde funksie verrig as klinies getoetsde chroniese medikasie. En hoe natuurlik is daai pilletjie in die bottel presies? Het hy nie maar ook deur ‘n chemiese proses gegaan om ‘n pil te word nie?
Daar is wel ‘n reuse verskil tussen sogenaamde “natuurlike” middels in gesondheidswinkels en klinies getoetsde medikasie wat deur die dubbel-blinde, placebo-toets gegaan het, asook deur die portuur-evaluasie-proses: ‘n Mens weet presies wat die werking en newe-effekte van laasgenoemde is, maar oor die kruie-konkoksies in gesondheidswinkels weet jy niks. Jy weet nie eens of daar kontra-indikasies is met ander middels is nie. Ek sou dink is dobbel om dié konkoksies te drink.
Dagga, slaggif en kokaïen is ook natuurlike middels en hulle allermins “gesond”. Dees is alles met die etiket natuurlik kwansuis gesond. Dink jy werklik daardie kruie wat jy so ruimhartig drink is goed vir jou? Wat doen dit aan jou lewer en niere? Kan dit saam met ander middels geneem word?
Die middel kava-kava is byvoorbeeld in Brittanje verbied, omdat mense daarvan dood is. Net so kan St. Janskruid (St. John’s Wort) dodelik wees saam met anti-depressante.
Anektodes….My ouma sê:
Net omdat mense se sus of so werk vir ‘n bepaalde kwaal is dit geen wetenskaplike bewys van ‘n produk se sukses nie. Dit moet portuur-toetsing ondergaan. En die konksies wat verkoop word as natuurlike aanvullers en dies meer gaan NIE deur die streng klinies en etiese toesing nie. Jy weet dus nie wat jy drink nie.
En die meeste bemarkers van die kwakprodukte is lief om te sê “duisende mense is gelukkig met die produk”. So? Dit bewys niks.
Dit is geen bewys van effektiwiteit nie. Net omdat duisende mense gebraaide hoender geniet beteken dit nie dit is ‘n gesonde produk nie.
En in vitro-toetsing is beteken ook net die produk is in proefbuis getoets. Dit beteken glad nie die uitwerking is op die menslike liggaam getoets nie.
Suikerpille
Drink ‘n pil en voel beter…. En hoekom “werk” al die konkoksies. Die krag en mag van die placebo. Dit kan selfs in MRI’s gesien word wanneer mense suikerpille ingegee word, hulle voel sommer dadelik beter. Maar dit is weer ‘n onderwerp op sy eie vir ‘n volgende keer.