Archive for the ‘standpunt’ Category

Totsiens van Rosalind Franklin

Nouja ek dink ek het aan die einde van die blog gekom, Februarie was dit twee jaar sedert ek begin het – hoekom en hoe kan ek eintlik nie meer onthou nie.

Dit is nie dat ek die lus vir blog verloor het nie, of niks het om te sê nie, inteendeel. Die tyd en plek is dalk net verkeerd.

Ek dink die laaste was toe ek vandag sien die nr.1-inskrywing is van ‘n klomp verregse mense wat een of ander Afrikanerstaat soek, asook baie van die ander blogs, is toenemend net oor godsdiens. Dit gaan eintlik net oor bybelversies, gebede, godsdiens en ‘n god waarin ek nog nooit geglo het nie. Van kleins af al.

Ek kritiseer dit nie, dit is net nie ‘n zone waarin ek nie leef nie – dit is nie my wereld nie. My wereld is en bly anders. Ek is ook nie teen geloof of gelowiges nie, ek wil net nie op elke tweede blog daaroor lees nie.

Rosalind Franklin gun elkeen sy of haar plek, maar ek gun myself ook my eie plek. Ek wil ook nie krities staan jeens mense nie. Ek is werklik 100% eerlik oor hoe ek voel.

Ek wil met mense begin verskil op hulle eie blogs nie, maar dalk is WP nie die plek vir mense soos ek nie: Die Nie-Gelowiges van die wereld wat anders glo en soms dink.

Toe ek begin blog het op WP was daar soveel bloggers wat oor mense, die hier en nou, die lewe met sy seer en mooi geskryf het, en ek voel dit het grootliks verander. Daar is heerlike interaksie tussen mense. Nou is daar soveel “sondagpreke” en ek vind glad nie aanklank nie.

Dankie vir al die pret en plesier. Daar is baie, baie van julle wat erg spesiaal vir my is.

Groete en loop mooi, dalk “sien” ons mekaar weer

Rosalind Franklin

(Die naam Rosalind Franklin en die FB-profiel gaan ek steeds hou – ek speel lekker saam met julle speletjies en daar is mense wat vir my baie spesiaal is, wat ek so oor ‘n afstand leer ken het. As julle daar vir my wil afgooi, is dit jammer maar ook julle vrye keuse.)

Advertisements

Waar as die dae wat elke dorp net een Idioot gehad het? Hmm?

Nou is elke dorp op soek na die een met ‘n brein, ek sweer dit kan nie meer so aangaan nie. Inderdaad het een of ander onnosel-geen dominant geraak en elke baba het dit geërf.

‘n Ou Neo-Nazi, rassis wat in sy lewe net ‘n klad op die naam van die sogenaamde “Afrikaner” was, word die baken van martelaarskap vir sogenaamde wittes? Ek wil kots elke keer as ek na die AWB se kenteken kyk. Sies-ga.

Die Suidlanders pak hulle oorlogskos in en uit, in en uit, in en uit. Wie de fok is hierdie sogenaamde gelowige mense wat names ander gelowige, wit  “Afrikaanses” praat en bang is vir “swartes”?

Die Katolieke kerk, wat nog altyd beheer is deur mans,  se manlike leiers verkrag en molesteer kinders en dieselfde mans hou die ander mans in hulle posisies. Al ooit gehoor van “defrocking” en dan bel jy die polisie? En dis boonop ‘n kerk! Hoe word so iets toegelaat? Boonop is 60% van die kollekte afkomstig van vroue, maar nee die vroue mag tog net nie in leiersposisies wees nie.

Daai Angus aartappelboer is ‘n patriargale seksis. Instede van vir mans se dat hulle moet ophou verkrag, slaan en huishoudelike geweld pleeg  in die land: verstewig hy hulle hand.  “Wees die hoof van die huis.” What crap.

Hy kan ook vir diegene wat nie deelneem aan die vlaag van huishoudelike geweld nie, bearbeid om ander mans  aan te spreek.  Dis nie vroue wat dit moet oplos nie, dis mans se issue. Angus kan soveel meer doen om geweld deur mans te bekamp, maar hy kies om die genderrol van die man te versterk.

Julius, een jong man, het die land aan die brand en die ANC kan hom nie beheer nie. Hoekom nie. Ruk hom tot orde, so eenvouding soos dit. Julle kan sien dit doen skade, sny hom af. En intussen luister mense na wat celebs oor alles te sê het.

En moenie vergeet nie, die aarde is net 6000 jaar oud. Nee fok, geen aan die bottel gif.

N.S –  As een persoon nog vir my sê/bel/epos/watookal dat die aarde 6000 jaar oud is, k*k ek in sy/haar broek…ek kan daai een nie meer handle nie.

 

Ek is gek oor realiteit-TV juis oor die feit dat mense hulself vrywillig in situasies plaas wat ongemaklik is, net om hul smagting na geld te probeer bevredig en/of omdat hulle graag op TV wil wees.

Om een of ander rede hou daardie TV-kamera magiese kragte in, want sodra hy verskyn begin die meerderheid mense soos ape reageer, terwyl dieselde meerderheid enige genetiese verbintenis met ape dadelik verwerp.

Ek het jare gelede al herken en toe erken dat ek, Rosalind Franklin, ‘n swart-swart en siek sin vir humor het en dat mense wat suffer (let wel, uit eie keuse), of willens en weters hulle name slaan, vir my uiters amusant is. More begin die nuwe Celebrity (nogal) Survivor, ek kan nie wag nie.

Hulle gaan glo die geld skenk vir welsyn, maar ek glo geen dooie duit dat die spul deelneem om presies dieselfe redes as al die ander mense nie. En luister bietjie na hulle welsynsorganisasies wat hulle steun, dit drup van politieke korrektheid.

So ek hoop hul k*k af big time. Ek gaan terugsit en my tone gaan omkrul.

As die sogenaamde bekendes, almal omgegee het vir arm kinders, dan sou ek se. Laat die land nomineer wie hulle daar wil he. En dan moes dit wetters gaan. Hulle gee mos so baie om, met die witbrood onder die arm.

Ek nomineer die volgende:

Gareth Cliff – sommer tien keer;  veral jy regtig.

Steve – ja daai een;

Joost;

Amor,

Patricia;

Oom Angus

Dozi;

Julius M

Christina Storm die einste wat na 12 ure huistoe wou kom;

Vinette Abrahams.

Ek hoop hulle vrek van die honger, smag na water en pyn-pyn elke dag. Mag die goggas julle byt en die son julle brand. Wys ons as die mense hard val en huil, die skottel kos baie, die jaar wil ek voel ek gebruik hom.

Sal die regtige, regtige celebs een keer opstaan en swaarkry vir R500 000? ROFL

Ek hoor daar is regtig nie ‘n toilet of toiletpapier nie, so ja, wys ons tog hoe grawe julle gate soos katte. Onthou kry maar ‘n lekker breë blaar vir die afvee-slag.

Have fun! Ek hoop tog ek gaan.

Liewe Jesus ek is klein

Hou my net vir langer rein

Ek bly hier in Suid-Afrika

Ek is bang vir my oom

En ek’s bang ook vir my pa

– Amanda Stydom

 

Elke 6 ure word ‘n vrou in Suid-Afrika vermoor. Nie deur vreemde mans nie, nie die donker man wat jou van agter af inhardloop in ‘n verlate plek nie. Nee, deur die mans wat hulle “liefhet.”

Stukke vleis wat gebruik en gevreet word. Soms verkoop en gekoop word. Misbaar. Nietige lewens. Want die maaiers eet ons tog uiteindelik net op – al is dit in ‘n vlak graf in die vlei.

Dalk verwurg met jou eie bra?

Tussen 40% en 70% van alle vroue in hierdie land word vermoor deur hulle intieme lewensmaats of eks-maats  van die teenoorgestelde geslag (Dalhberg & Krug 2002). Dit kom daarop neer dat een uit elke vier vroue in ‘n verhouding vermoor word.

In hulle eie huise. Deur ‘n wettige vuurwapen of hulle word doodgeslaan. Jaloesie, woede oor “vroue wat nie wil  luister nie”, “sy wil nie seks gee nie”, “sy wil nie kosmaak nie”, “sy aanvaar nie ek is die hoof van die huis nie”, “sy loop rond (terwyl die teenoorgestelde eintlik waar is) ” en sulke belanglikhede word aangegee as redes. (MRC 2004)

Vroue word gesien as mans se besittings. Kinders ook. En dit is swart mense, wit mense, bruin mense en Asiërs, almal. Die bruin mense se syfer is egter proporsioneel die hoogste, maar nie een groep mans kan hier sê, hulle is nie deel hiervan nie.

Hoekom verkrag mans? Want hulle kan. En dit gaan oor mag, nie seks nie.

Wie is hiervoor verantwoordelik? Nie die vroue nie. Dit is nie ek en jy as vrou se skuld of verantwoordelikheid nie, en nie een van die redes sal ooit geldig wees om ‘n hand te lig teenoor ‘n vrou nie.

Suid-Afrika se diep gesetelde uiters patriargale siening van waar die vrou kwansuis hoort en wat haar kastige rol is, is deels hiervoor te blameer. Asook verskillende godsdienste se verkampte sienings wat hulle meen, “god se woord” is oor mans en vroue. Spesifiek sommige lekepredikers soos Angus en Zelda wat vir mense wil vertel hoe hulle glo hul lewe moet lei.

As ek ‘n prediker was met duisende wat op my voorstoep uitkamp sou ek gesê het: “Hou op verkrag, hou op om julle kinders en vroue te slaan. Help om kos te maak en doeke om te ruil – sy werk ook. Jy is nie haar meerdere nie. En jy, dit is jou plig om jou broer reg te help wat verkrag en aanrand – dit is eintlik wat god se.”

Maar wat doen die mense? Versterk die man se magshand en vertel hoe hulle “hoof van die huis moet wees.” Ongelooflik in ‘n land waar huishoudelike geweld hemelhoog is! En moenie vir my se die boodskap is simbolies nie, want jy weet nie hoe jou gehoor dit opneem nie – wat ‘n patriargale steoritipiese versterking.

Tradisionele gelowe se jagter-versamelaar siening oor die lewe is net so problematies. Die man doen dit en die vrou doen dat. Dit het dalk gewerk 2000 jaar gelede, maar nie in ‘n samelewing wat vloeibaar en kultureel veranderbaar is nie.

Selfs Unesco stem saam, indien ‘n kultuur mense se regte ontken en selfs skend, kan die kultuur hom nie meer daarop roem op beroep nie. Hy moet aanpas.

Indien die mens homself as so slim ag, soos hy doen, die intelligente wese wat hy glo hy is, behoort hy te sien dat hy besig is om een deel van die spesie, steeds op verskeie maniere te onderdruk in belang van die ander deel se mag. En mag is lekker, maar moeilik om mee weg te doen.

Vroue word vermoor, verkrag, mishandel en teen gediskrimineer nie omdat dit met seks of misdadigheid te make het nie, maar omdat hulle deur sekere mans geminag word. Dit is al onbewus. Sodra jy iemand minag sal jy hulle sleg behandel. Dit is hoe dit is. Dit is so met rassisme en gay-haat – met baie dinge.

As ek ‘n man in hierdie land was, het ek opstaan en hard gesê: Nee, hou op.  Ek sou ander mans wat so is, vasgevat het – nie vir hulle grappe gelag het nie. Nie toelaat dat my seun sy susters en ma minag nie. Ophou golfspeel saam moet boelies.

‘n Ma kan nie ‘n seun “reg grootmaak” sonder die voorbeeld van die pa nie. Hoekom word dit altyd teruggeooi in vroue se skoot, om te voorkom? Nonsens.

Dit wat teen vroue gedoen word, word deur (sommige) mans gedoen. Nie deur vroue nie. Dit is die mans wat ‘n einde hieraan moet bring. Die wat oortree en die wat nie oortree nie.

Mans moet die geweld teen vroue stop. Alle mans. Maar eienaarskap van verantwoordelikheid kom swaar, ek weet.

Hier lê Sarie Marias

Ek wonder wat my oupa daarvan sou sê

Sy lê in die sand

met haar kappie in die hand

en dit lyk vir my sy is aangerand

– Amanda Stydom

Ek wonder wat sal gebeur was ons almal besluit om ‘n op ‘n dag net te laai waai. Sonder voorbehoude te skryf wat ons regtig op die hart en in die kop het: wat ons dink, glo, weet, erken, herken, sommer net wil sê of deel.

Jy pas geen selfsensuur toe rakende jou denke nie.

Ek sluit Rosalind Franklin hierby in.

Almal gelyk. Sê nou maar net om 11:00 op die 11de van die 11de maand – wat toevallig ook die oomblik in tyd was toe die Eerste Wêreldoorlog geëindig het – probeer ons net een keer dit. Laat gaan net vir een keer.

Ek het aanvanklik ‘n blog begin om totaal en al iets anders te sê, en ongelukkig van die eerste oomblik af, was het ek suurtjies getrap. Hoekom? Want dit is nie in my aard om sensitiewe mense  se gevoelens te spaar nie. Is dit omdat mense so onverdraagsaam is?

Dit gaan ook nie oor persoonlike detail nie, dit is privaat. Dit gaan meer oor idees, konsepte, standpunte en gedagtes.

Miskien is ek bang almal sal weghol as ek werklik se wat ek dink? Dalk is almal bang.

Ek sê meestal nie wat ek wil sê nie, en ek skryf nie wat ek wil skryf nie. Meestal nie. Soms wel.

Baie keer scroll ek af in die afrikaanse WP-lys en die volgende kom in my kop op: Al weer dit!!

Die wereld is groter as net dit. Die lewe is meer. Dalk net my lewe. Ek weet nie.

Give me more! I can give more.

 

praag2

Praag – die mooiste stad op aarde

Prag van kommunisme

Ek het ons twee  kinders:

10851_running-cute-puppies_pg-small

gesê, daar is deesdae so baie kommuniste in die regering dit is nie eens snaaks nie, al kry hulle net 276 stemme in die verkiesing (van familie lede) is hulle darem uiters suksesvol om topposte in die regering te kry.

Die kinders is nog klein en verstaan nie wat kommunisme in Afrika  beteken nie. Kyk, sê ek, as die kommuniste oorvat, beteken dit: Elke liewe vlieg kry kans om kak te vreet (nie kreef nie).

Dit sou ook beteken dat ons en die twee kinders nou ‘n nuwe huis kry wat soos al die ander mense se huise lyk: kak en so sal dit bly tot dit letterlik uitmekaar val.

Maar in Afrika is die mense kommunistiese kapitaliste. . .Hulle is van die suksesvolste kapitaliste op aarde, maar uit die mond kom die Rooi-taal. Hulle kinders se middelnaam is egter “Tender”‘ of “Scheme”.

Dit is nie soos China waar jy mense se siele beheer en daar ‘n ingebore werk-etiek is nie, nee daai is ‘n ander kommunisme.

Demokrasie, is as die grootste party wen. Dan drink ons in die strate, gooi die bottels stukkend en vir die wis en onwis PP ons ook sommer in pad. Kort daarna strike ons, gooi bottels, klippe en vullis en steek dit aan die brand. Ons brand veral ons eie kliniek af, hy brand lekkerder.

Ons kla by die einste mense oor die sleg hulle is, nadat ons kort tevore hulle gesigte op die bors gedra het.

Oh well, Moet nie eens daaraan dink om ‘n hippie of airy fairy te word nie. In die meeste gevalle is hulle nogal vuil.

Maar my kind, die realiteit is sekulêre humanisme: Jy sal moet hard werk vir die huis, en die groot hond in die lug, gaan dit nie vir jou waarborg nie. Doen jy eie ding en volg jou eie koppie. Dis jy alleen, staan op jou eie 4 pote,. . . en dis beter so.

Beste Gereformeerde Sinode,

Julle ken my nie en die bloggers ken my eintlik ook nie.

Ek kon ‘n baie lang ope brief aan julle klomp sinode-mans geskryf het, oor die besluit dat vroue nie dominees en ouderlinge in julle kerk mag wees nie.

Maar ek wil nie my menswees, wat toevallig ‘n vrouwees is, teenoor julle regverdig nie. Dis nie nodig nie. Dus net 3 dinge

1) Julle minag met die besluit jul medemens se totale bestaan, as mens dieper hierna kyk en dink.  (Ene ds. Neels Smit, die voorsitter van die sinode se nogals  “dit is die uitkoms wat die Here ons gegee het”.  Die Here?

2) En toe probeer julle dit verdun deur te se die een kwessie is nie die hele kerk nie. Ehm, dit is . . . dit se baie, oor hoe julle dink en leef. Julle is mos so bang vir die hel, ek hoop almal wat hiervoor gestem het, gaan brand daar. Skynheilige etters.

3) Suig maar lekker mekaar se p**le Sondae in die konsistorie hoor. Enjoy.

Groete

Rosalind Franklin

Net dood

http://bashinginnieboendoes.wordpress.com/2009/05/22/janeth/

Die dood het nooit ‘n rede nie, nie vir my nie. Ek weet mense soek na ‘n rede en na troos, maar ek, ek kan nie.

Dit is maar net hoe ek is.

Boendoe het geskryf oor Janeth wat dood is. Sy het vir my geklink na ‘n besondere jong vrou, een met talent en ambisie. Iemand wat nog moes geleef het. Soos baie, baie ander.

Vir my is daar sin in die lewe. Oor die hier en die nou. In dit wat ons elke uur, elke dag en elke week doen.

Indien ‘n kind, jong mens, of middeljarige sterf, maak dit nie vir my sin om te probeer se: Maar god het ‘n plan gehad nie, of; haar werk was klaar nie, of daar is ‘n plan met alles nie. Dit is nie waar nie, hulle werk was ver van klaar en ek sien geen sin in so ‘n dood nie. Dit is bloot ‘n vermorsing van ‘n lewe.

Ek weet en verstaan wel hoekom ons dit se, om onsself te troos, om dit beter te maak. Maar dit is nie beter nie. Dis rou en seer en die slegte kant van leef.

Ek kan ook nie elke dag skugter leef omdat ek dink daar is miskien dalk net ‘n ander leef vir my nadat ek dood is nie. Want ek weet dit nie. ‘n Nou afskeep-leef, verskoon-leef in afwagting op ‘n tweede leef? Nog ‘n kans vir leef? Nee.

Dood het nie ‘n rede nie en dis bloot net k*k. Dis seer en dis finaal. Dis oor en dis verby.

Jy is net eenvoudig weg. Dit gaan alles oor hoeveel tyd jy het en wat jy daarmee maak.

Maar ek kan dit nie sagpraat of goedpraat nie.

Dood is so werklik soos lewe. Net op ‘n ander manier.