Archive for the ‘goeters’ Category

Ek het dit…

Dit het my ses jaar geneem om by te kom. Al die jare het ek traag ontwikkel – seker maar omdat my ma my nie borsvoed het nie en ek allerhande agterstande gehad het van die begin af. 🙂

Drie dae voordat die Wêreldbeker-sokkertoernooi begin het, het ek uit-te-flippen-eindelik ook toe gees gevang. Ag dankie tog, want gees-kry kan ‘n mens nie aanleer nie, of pretend nie. Of jy het dit of nie.

Dit het so week gelede begin broei. Ek is tog so bly want ek verpes dit om dinge te mis.

En gister toe kom die baas by die huis aan met ‘n Makarapa wat ons self kan aanmekaarsit. Dis nou nie presies soos bou jou eie een individueel van niks of met goeters wat jy deur die jare versamel nie, maar darem. Plakkers en dies meer. En ons bou hom

Ek beplan om hom werk toe te dra. En darem by ‘n Fan Park ‘n draai te gaan maak, al is dit net om te bevestig wat ek reeds vermoed.

Die openingseremonie gaan ek beslis kyk op TV – ek wil darem sien wat dis hulle op. Ek is seker dit gaan mooi wees.  Regtig ons is nie agterlik nie. En ja al die stadium is toe gebou, op tyd en dit lyk mooi. Onthou almal wat so negatief was?

En ek gaan beslis Vrydag die game kyk hier by die werk.

Daar is natuurlik geen ander span wat ek ondersteun as Bafana nie, ek meen get flippen real! Ek is ‘n Suid-Afrikaner. Maar as hulle uitval dan gaan ek skree vir enige ander span van Afrika.

Ek is ‘n Afrikaan!  Ek is van Afrika. ‘n Trotse een ook.

Diererig

Ek voel baie diererig, die afgelope tyd. Sedert ek verlede week begin molleer het, begin ander diere ook hulle hare, pelse en pote wys.

Hoewel ek al in my hele bestaan een van daardie mense is wat erken ek is net ‘n soogdier wat ‘n gemeenskaplike voorsaat met die groot primate deel – is die diergevoel al hoe erger vandag.

Ek voel soos ‘n pikkewyn wat my kort bene net laer wil laat sak en op my eier sit.

Soos ‘n meerkat wat diep in die gat wil gaan le onder furrrrr, met ‘n hopie sprinkane waaraan ek nou en dan kan knibbel.

Soos ‘n perd wat op die seesand wil gaan rol.

Soos ‘n free range hamster wat in ‘n kous kan inkruip met ‘n handvol sade.

Soos ‘n hoender wat maak asof syop eiers sit net sodat sy nie hoef te gaan skrop in die tuin nie.

Soos ‘n lekker wollerige dring met kloue en tande wat nie regtig ‘n monster is nie, maar wat kinders eet vir lunch. Njam

Die sportheld in my

Eendag sal die sportheld in my seker wakker word en begin hardloop. Op skool het ek net atletiek gedoen omdat die juffrou oulik was. My motiewe was duister.

Ek sien dat ek “uitmis” op die fenomeen. Dit gee blykbaar aan almal om my sulke vreugdevolle bondels energie, opgewondenheid, ‘n jipee-ek-lewe-gevoel, dat ek soos ‘n ou brood voel. Daardie verskynsel is: sport.

Oe ek het al probeer, regtig. In 1995 het ek 20 minute van daai game gekyk ek ja wel. En die tweede keer het ek vleis gebraai – wat nie een van my sterkpunte is nie, ek hou daarvan om bedien te word.

Die hele sin van rugby, as ek dit regtig moet ontleed, is baie homo-eroties. Werklik.  Dis fine met my as julle op mekaar wil val, dis effe infantiel.  En in fact uiters grillerig, veral die sweterige dele.

Dis seker oor die samelewing nie toelaat dat mens mekaar hug en kiss nie, nou vind hulle ander plekke om dit op ‘n macho manier uit te leef.

Krieket, of dit nou 10/10, 20/20 of 50/50 is dis fokken boring en die swakste spelers wat die kole uit die vuur moet krap kolf laaste? Nie fokkit. Doef, heen en weer, Doef. Dis net so erg soos tennis. Ek kyk eerder hoe bossies groei.

Sokker is net een groot frustrasie. Hulle skop en skop en skop en kom nerens. En die spelers is sulke primadonnas. Dis weer soos tafeltennis.

Miskien is die punt om te drink, te social en te skree. ‘n Vorm van sielkundige ontlading.

Ps. Jinne ek lees op af.woordpress, ek sien hier is baie nuwe blogs…maar met uitsondering van ‘n paar gaan dit nog maar tragies, tranerig en steeds vreeslik bybelskolerig….

Laat ek maar weer gaan molleer (molleer is wat ‘n mol doen)

Dié biblioteek

Bibliotheca Alexandrina – ek kan nie wag nie. Te veel om te sien, te min tyd. Miskien moet ek net ses ure elke aand slaap (dit is die minste wat my sisteeem kan verduur).

Hy is gebou om die antieke biblioteek van Alexandrië te gedenk wat afgebrand het – wat ‘n verlies was dit nie vir die mensdom nie. ‘n Boek wat verlore gaan is soos ‘n sterfte. Verlore kennis.

Die eerste biblioteek is geopen tussen 40 en 120 v.C, maar daar is onsekerheid. Dit is wel bekend dat hy afgebrand het in 642.

Die nuwe weergawe het in 2002 oopgemaak.

bib

Van die unieke boeke op uitstalling

boek1

Ag mamma mia, Madonna! Ek weet nie wat om te se nie!!!

Cheers

Geluk! Man van die Jaar

My ma staan doer en staar na die standbeelde, kamera in die hand – handsak se zip wawyd oop.

Sug.

Sy het die storie aan my verkoop, dat sy die handsak soos ‘n brood onder haar arm vasklem en die handles so twee keer deur haar arms gevleg het. Die handsak is veilig.

Nie as die zip oop is nie! Dit is hoekom ek al haar geld by my dra en ook haar paspoort, want ek wil nie in ‘n Oosblok-land verduidelik hoekom ouma onwettig daar is nie, imagine dit.

“Weet ma dat hulle ou mense gebruik as dwelm-donkies. Dis ou tannies wat hulle voor keer?”

“Watse ding is dit?” vra sy. Toemaar los maar, zip net die handsak toe, sê my suster vir die 100ste keer.

Ons was seker 20 sekondes op Hero’s Square in Budapest, toe sien ons die skollie en sy maatjie, raak, ek en my suster. Is ook net Suid-Afrikaners wat streetwise genoeg is vir dit. (Uitgesluit my ma, wat met alle reinheid in haar hart dink als is fine).

Nr. 1 is die man met die blou hemp wat maak of hy ‘n toeris is en nr.2 is die meisie wat die boekies verkoop. Okay kom ons speel met hulle. Bring net eers vir ma nader.

Hier kom sy,  die  Gypsy-meisie met  die boekie wat sy wil verkoop, ene oor Budapest. 10 euro sê sy, nee 5, sê ek. Okay.

En daar loooooeerrrr sy so diep in my beursie om te sien hoeveel geld ek het en waar bere ek hom. Jou moer my skat. Ek jaag haar weg, staan verder.

Dan gaan vertel sy vir haar skollie-maat waar die beursie is en hy hom haal dit uit, terwyl jy die standbeelde staan en bewonder.

Ek druk die beursie voor by my broek in. Jy sal aan my fanny moet vat om aan my geld te vat, meneer met die blou hemp, en laaaaaaank voordat jy dit gedoen het, het ek al jou tande uitgeskop, terwyl ek so hard skree dat Buda en Pest verening.

Sy loop sigbaar teleurgesteld weg, al het sy iets verkoop.

Ons draai ons rugsakke voorom en vertel sommer vir almal om die twee dop te hou.

Hulle weet ons weet. Nou weet almal op die hele plaza, almal kyk vir hulle. Dikbek staan hulle eenkant. Ons moet nou eers loop voordat hulle weer besigheid kan doen.

En raai wie staan die volgende dag weer daar toe ons daar verby ry, einste twee.

Ja se my ma, ek het gedog hulle lyk vreemd, toe ons hulle weer uitwys en sy kyk skoon in die verkeerde rigting, met haar handsak weer oop.

IMG_1111

Moet my nie bel nie

As ek iemand kan martel, dan sal dit beslis die eienaar van ‘n telebemarkingsmaatskappy wees. Die jongste een wat my gebel het was 8 uur in die aand.

“Hallo mrs. Franklin, do you have a moment so that I can tell you about a promotion, because you are such a valued customer.”

Nee, ek het nie tyd nie en moet my nooit, ooit weer bel nie. Tik in daar op jou rekenaar. “Die vrou is ‘n moerse teef, moet haar nooit weer bel nie.”

“So, you don’t even want to hear what this wonderful offer?”

Nee, want ek het nie vir ‘n kompetisie ingeskryf nie.  Ek soek nie afslag nie. En ek weer daar issie iets in die lewe soos gratis nie. Gaan weg.

En so gaan dit, drie tot vier keer ‘n week. Mense wat vir my heen en weer cheek as ek nie belangstel nie. Ander gooi die foon in my oor neer. Niks totsiens nie, net doef in my oor as ek nie skree: JA! nie

Ek is al van 1996 by MTN en elke fokken week bel Vodacom en Cell C my – wil tot vir my 2 gratis selfone gee as ek tog net na hulle toe oorkom. Ek gaan nie, ek sal nooit nie. Al kry ek 100 selfone verniet.

En as ek nie die gratis selfone, die lilo en opblaas strykyster “verniet” wil hê nie, dan is die klein kak aan die ander kant van die foon vir my vies. Niks in die lewe is verniet nie.

Soos in, waar val jy uit?  Wie dink jy is jy, om vir my te back chat?

Dink mense regtig ek het nie goeie versekering nie? Ek is nie die persoon om te bel vir onversekerde onpadwaardige voertuie nie, broer, maar ek kan wel dink wie jy kan bel.

En waar kry hierdie mense my naam en nommer? Wie gee dit uit en waar word dit gekoop en verkoop?

Hulle bel ook altyd van ‘n private number af, sodat jy nie kan terugbel en kla nie. Mnsfisfo…word die naam gemompel. Niemand weet wie en waar kom die maatskappy vandaan wat deur die kontrakteur gesubkontrakteur, wat aangestel is deur iemand om die kak versekering aan jou af te smeer nie. Kom met so laaaang storie.

O ja en alles word opgeneem word quality controll en protection. My gat.

Die beste een nog het vir Liefie gebel en gesê ons het ‘n opblaasbed gewen maar die aflewering sal R150 kos! En hulle het aangehou en aangehou wanneer stuur ons nou die geld sodat ons prys kan afgelewer word. Ek wonder hoeveel mense het geval hiervoor, want die flippen bed kos nie eens soveel nie.

Het hulle nie teen die tyd al besef Rosalind Franklin wil nie saamspeel nie?

Ek is verlief op baie mense, maar ek wil hulle nooit ontmoet nie, en in die gevalle waar hulle dood is, sou ek nooit wou nie. Dit is veraf beelde vir my.

Sensualiteit en erotika gaan vir my oor grense heen – die verwysingsraamwerk wat vir my mooi is, word val nie binne bepaalde norme nie. Ek bepaal self wat ek van hou.

Ek is verlief op Cathrine Deneuve, hoe ouer sy word hoe meer verstommend, asemrowend raak sy. Die vol Franse films waarin sy speel spreek van haar. Sy gryp jou aan of jy wil of nie.

deneuve2

 

Ek was nog altyd verlief op Marlene Dietrich, op haar films, haar musiek, rokerige stem, enigmatiese en moeilike persoonlikheid en deursettingsvermoë gedurende WW II – toe sy die Nazi’s ‘n vinger gewys het.

Haar “sense of style and fashion” – sy was na alles die eerste vrou wat die broekpak mode gemaak het in die 1930’s. En steeds bly sy die een vrou wat goed lyk met ‘n sigaret.

20070110151041838_DIETRICH

 

Hoe ouer Denzil Washington word, hoe meer raak ek verlief op hom. Mens hoor nooit dat hy betrokke is in Hollywood se smet nie. Baie sexy man.

denzil2

 

Die dag toe Lena Olin met ‘n bolkuil voor die spieël – wat in skerwe was – gestaan het in The Unbearable Lightness of Being byna 20 jaar gelede, toe ek die fliek gesien het, het ek op haar verlief geraak. Sedertdien het my gevoel vir haar niks getaan nie. Sy speel in flieks wat ‘n mens emosioneel uitdaag.

lena1

 

Ava Gardner was die mees ongoddelik mooiste vrou op aarde – ooit. Ek bedoel soos in, daar was en is nog nooit so ‘n pragtige mens nie. Gaan kyk net ‘n bietjie op Google images na haar, of probeer ‘n fliek kry. Jy het nog nie so iets gesien nie. As jy nie op haar verlief is nie, gaan praat met iemand daaroor! 🙂

ava2

 

Ek is verlief op Kristen Scott Thomas en Ralph Fiennes, beide het net daai iets, daai spesiale iets wat hulle so aantreklik maak. En toe hulle saam in The English Patient was . . . Fiennes is tot vir my nice as hy evil karakters speel. Veral as hy evil is.

english2

 

Ek is verlief op Desmond Tutu se guts, die manier waarop hy se wat in sy hart is en nie wat hy “dink ander wil hoor nie”. Ek is verlief op die man, die mens, die leier, die ware gelowige – as net 10% van ons leiers so is, sal die wêreld ‘n beter plek wees. Ek is verlief op sy hart, sy brein, sy verstand, sy sin vir humor, sy mensch-wees en sy respek vir homself en ander.

tutu

 

Ek is al jare des jare verlief op Daniël Day Lewis – die mooiste man op aarde. Ook die beste akteur.

danield2

 

So, op wie is julle almal verlief? Hmmm? Behalwe julle ander helftes, ons weet dit. 🙂