Archive for Augustus, 2009

Piggy Oikey

Om waarde vir ons geld te kry, seg my sib, moet ons sorg dat ons elke dag in die plus bly. Dit beteken ons moet genoeg eet en drink – so nie gaan ons in ‘n minus in.

Genoeg eet en drink was nog nooit vir my familie ‘n probleem nie. Ek se altyd hulle eet as volg: Drie volle etes per dag en dan drie volle snacks tussen-in. Ek is meer van ‘n Khoi-San – ek eet ‘n hele bok en dan vir twee dae nie.

Na die hotel se ontbyt, raak die spul sommer al hier teen 11:00 weer “effe dun” en “baie vaal” teen 13:00. Een 15;30 weer “knibbelrig”.

So erg dat ek al teen dag twee vir die twee se: Kyk, ek gaan nie al my geld uitvreet nie, fok. Julle maak daai sogenaamde lunch-kitty moeg. Dan ‘n roomys, dan ‘n stroedel, dan ‘n stuk koek, dan een of ander stuk jodel-knodel-met-room.

Dit is net die Piggy Oikey wat vir my en my suster ietwat van ‘n probleem was met ons onlangse reis – my ma, en al die ander mense, het gedink dit is heerlik.

Toe die eerste bord schweine voor ons land, toe ruik ons dit: Dit het tot voor my neus gekom en nie verder nie: wilde-hond-vark-ot-oubeesbal-yuk.

Ons is in ‘n minus, se my suster, terwyl ons die brood op die tafel inryg. Om ons kletter die messegoed. Ek het nog nooit sulke “stink” vleis geruik nie. Dalk is dit net ons vleis? Wag ek gaan ruik die res….loop stadig verby die ander mense en ruik: Nee hel al die vleis ruik WILD.

Drie dae later op die bootreis op die bruin-groen Danaub. “Julle moet dit vark eet, mooi gemaak, toegedraai in kool en suuroom bo-op.”

Okay.

Oe  trek daai wilde piggy oikey reuk deur die lug toe ons hom sny. Eine schweince slecghte kleine fokkir. Hy is rondgejaag in ‘n bos of iets.

Ons is in ‘n varkie-minus.

Toe sien ons later hierdie:

IMG_1333

My tipe plek!

Die grootste bargain (wat mens nooit, ooit kry nie) was ‘n kunsmuseum wat op een of ander heilige dag een Euro gekos het om in te gaan! — In die plus verseker

Die grootste kat in die noodsaaklike sak was die kleinste vuil toilet in die wereld wat ook ,een Euro gekos het om te gebruik, wat ek twee keer na mekaar moes besoek wees ‘n tegniese en anatomiese fout . .. —– In die minus verseker

Advertisements

Vol en leeg

Die derduisende mense wat hier gesterf het, is nie meer hier nie – maar op ‘n manier is hulle. Want dit is so vreeslik leeg en verlate, dat dit vol is.

Jy soek die mense oral, maar hulle is nie te vinde, net as geeste van foltering in die geheue.

Tot oorlopens toe vol-leeg.

IMG_0909

Dachau – 6 Augustus 2009 – Paradegrond

Dis traag en vreemd om te verstaan, amper soos die heelal – net te veel. Die son brand, die klippe maak seer onder jou voete. Die winter hier moet hel wees.

Moet nie na jou godheid roep nie, want hy bestaan nie, hy het jou verlaat. Hy is nie daar nie  – Jood, gypsie, katoliek, gestremde, intellektueel, homoseksueel, liberale of politieke aktivis.

IMG_0938

SS-selle Dachau – Augustus

Dit was mense se handewerk. Mense. Die mens is nie besonders nie.

Jy hoef nie ‘n Nazi te wees om dit in jou te he nie.

 

IMG_0990

Oorspronklike elektriese grensdraad -Dachau

“Hoekom het jy nie ook teen die draad vasgehardloop nie?” vra ek die vrou. “Elk het elke dag vir die draad gekyk, maar ek het nie die guts gehad, want ek wou nie lewe nie.”

IMG_0968

Die grens tussen dood en lewe is breed of nou – hang af waar jy staan.

Prag van kommunisme

Ek het ons twee  kinders:

10851_running-cute-puppies_pg-small

gesê, daar is deesdae so baie kommuniste in die regering dit is nie eens snaaks nie, al kry hulle net 276 stemme in die verkiesing (van familie lede) is hulle darem uiters suksesvol om topposte in die regering te kry.

Die kinders is nog klein en verstaan nie wat kommunisme in Afrika  beteken nie. Kyk, sê ek, as die kommuniste oorvat, beteken dit: Elke liewe vlieg kry kans om kak te vreet (nie kreef nie).

Dit sou ook beteken dat ons en die twee kinders nou ‘n nuwe huis kry wat soos al die ander mense se huise lyk: kak en so sal dit bly tot dit letterlik uitmekaar val.

Maar in Afrika is die mense kommunistiese kapitaliste. . .Hulle is van die suksesvolste kapitaliste op aarde, maar uit die mond kom die Rooi-taal. Hulle kinders se middelnaam is egter “Tender”‘ of “Scheme”.

Dit is nie soos China waar jy mense se siele beheer en daar ‘n ingebore werk-etiek is nie, nee daai is ‘n ander kommunisme.

Demokrasie, is as die grootste party wen. Dan drink ons in die strate, gooi die bottels stukkend en vir die wis en onwis PP ons ook sommer in pad. Kort daarna strike ons, gooi bottels, klippe en vullis en steek dit aan die brand. Ons brand veral ons eie kliniek af, hy brand lekkerder.

Ons kla by die einste mense oor die sleg hulle is, nadat ons kort tevore hulle gesigte op die bors gedra het.

Oh well, Moet nie eens daaraan dink om ‘n hippie of airy fairy te word nie. In die meeste gevalle is hulle nogal vuil.

Maar my kind, die realiteit is sekulêre humanisme: Jy sal moet hard werk vir die huis, en die groot hond in die lug, gaan dit nie vir jou waarborg nie. Doen jy eie ding en volg jou eie koppie. Dis jy alleen, staan op jou eie 4 pote,. . . en dis beter so.