Archive for the ‘honde’ Category

Die Wolf en die Woef

Ek is nie bekend daarvoor dat ek van groepe mense hou nie en toe ek so paar jaar gelede van die ‘groep’ kon ontsnap in Washington, is ek reguit (en alleen) na die National Geographic-museum.

Ek was verheug om te sien hulle het ‘n hele uitstalling (dit word gereeld vervang) net oor honde en hulle voorsate die Asiese wolf.

Die ongelooflikste oomblik van liefde en vertroeteling was daar vasgevang in rots. Die versteende fossiele van ‘n vrou en haar hond. Net so presies bewaar. Die hond is saam met haar begrawe, duisende jare gelede en hulle is saam deur paleontoloe in een groot stuk uitgehaal. Haar arms was om die hond gevou, in liefde.

 Ek kan nie meer onthou hoe, waar en wanneer, hulle uitgegrawe is nie. Maar dit is tans die oudste fossiel-bewys van wat navorsers “co-habitation” met honde noem.

Alle honde vandag op aarde, ook die een wat nou hier by my op haar kombersie le, is direkte afstammelinge van die wolf. Teen sowat 14 000 jaar gelede was die prosess van “domestication” al baie goed onderweg, dus was die wolwe al soort van huislike honde. Dit kan sover terug as 20 000 jaar gelede al begin het.

Daar is twee maniere hoe dit kon gebeur het. Die wolwe het op die rand van die jagter-versamelaars se groepies gewoon en stelselmatig al nader gekom, agter die oorskietkos en rommelhope aan, tot hul al makker was, of die mense het die kleintjies geneem en natuurlike seleksie het voorkeur verleen aan die wat die beste kon bedel en aanpas by die mense. Hoe dit ookal sy, die diere het die eienskap geeerf van vleiseters wat in die teenwoordigheid van mense kon eet. Vandag is hul omnivore.

Honde is nou so mak hulle kan nie sonder die teenwoordigheid van mense oorleef nie. Van hulle kry swaar buite die huis. Hulle kry hartsiektes, kanker, epilepsie, allergies en katerakke. 350 siektes in totaal.

Hulle het 39 pare chromosome en deel 5% van hulle genetiese samestelling met die mens. (Die erg bedreigde Afrika wilde hond is nie die voorsaat van die hond nie, hy het net 4 tone ect)

Tog toon die DNS tussen die wolf en die hond min verskille. Die gene wat vir haarkleur, grootte en dies meer enkodeer is nie so baie nie. Daar is soveel verskillende tipes “breeds” van honde, wat so verskillend lyk. Maar onthou dit is steeds dieselfde spesie Canis familiaris . Hulle is steeds almal honde. Dit dui op klein genetiese variasies en dit gaan baie keer saam met bepaalde siektes.

Honde kommunikeer deur te piepie (so moenie te kwaai wees nie – nou en dan moet hy sy huis merk 🙂 ), ook deur liggaamshouding en posisie, gesigsuitdrukkigs, beweging en vokalisering (uithaal van stembande sal ek persoonlik nie doen nie). ‘n Hond moet reuke kry as hy stap, en piepie, eerder as vreeslik baie oefening (behalwe spesifike tipes wat moet hol). Wag maar dat hy ruik en snuffel, hy ruil briewe uit met ander honde uit.

Terug by daardie uitstalling. Mens kon jou neus in ‘n spesiale buis druk, om te ruik hoe sterk ‘n hond ‘n hamtoebroodjie ruik en ook sien wat ‘n hond sien. Dit was nogal oulik.

En ja, honde het emosies, sommer baie.

Help ‘n arm hondjie/katjie  hier, ek doen met ‘n geldjie elke maand, in ‘n debietorder, hoef nie baie te wees nie. Elke bietjie help.

Het julle geweet dat wanneer daar ‘n brand in ‘n plakkerskamp is verbrand van die diere ook? En dit is die DBV wat gaan help.

http://www.spca-ct.co.za/

Foto: www.nationalgeographic.com Robert Clark (foto is nie gedokter, hulle sit/staan regtig so)

Bronne: National Human Genome Institute, National Geographic

Advertisements

Huilend deur die reent

Vanoggend het dit hard gereent toe ek vir Sasha van haar bedjie en kombers optel om na haar “boyfriend” te gaan. Sy was nog deur die blare toe ek haar op my motor se agterste sitplek gesit het. Shame, gisteraand het sy in haar slaap gehuil.

Sasha het dadelik middel C ingesit en met haar trance song begin. Dis ‘n soort van dreun-gekreun-sang wat sy doen as sy iewers heen moet ry. Deels om te kla en deels om van haar eie stres ontslae te raak.

Soos ‘n ma wat ‘n baba paai, ry ek met my een hand op die stuurwiel en elke nou en dan vryf ek haar koppie. Maar dit help niks. Sasha: eeeaaaooouuuiiiiwaaahhhhaaa al deur die renerige verkeer. Soms verloor sy die noot en dan tel sy hom weer op.

Sy loop al hinke-pink van Saterdagmiddag af, maar ons vat haar altyd net na haar boyfriend toe. ‘n Bepaalde veaarts wat regtig omgee vir diere en vir ‘n mens selfs ‘n verslaggie skryf.

Ek tel haar op en dra haar in nadat sy ‘n hele klomp falsetto-liedere in die kar gesing het. Sjoe, nogal ‘n gewiggie. Sy huil, sing, grom en blaf vir die kat in die wagkamer.

Die dokter het haar daar gehou om x-strale van die been te neem, onder narkose. Later gaan haal Liefie haar weer. Sasha het artritis en sy is ouer was wat ons gedink het. Sy moet pille drink en bietjie gewig verloor.

Sy was so bly om huis toe te kom, sy het al die pad terug ook gehuil 🙂 Sy is, soos een van twee sussies, ‘n eks-weeskind.

Sy lê nou op haar bedjie langs die bed en slaap. Sy is ook ons sekretaresse en sal laat saans op haar tweede bed in die studeerkamer by ‘n mens le.

Ons noem haar ook Sasha-Lee, Sashie, en Sashimi.

Lessie: Sasha, het soos alle honde haar eie persoonlikheid. Sy spring elke dag ‘n paar keer op en af soos ‘n bal. Sommer vir niks en uit haar eie. En as sy dit doen dan dink ek: Ek wens ek was elke dag so bly om te lewe, ek kan dit by hierdie hond leer. Sy leef net, en sy is bly.

Kop onder die komberse, pote in die lug.

‘n Gelukkige kind.

My spog-boekie

My ma dra in haar handsak ‘n boekie rond met foto’s van haar kleinkinders en die wys sy orals rond – of mense nou wil sien of nie.

Almal van ons vrees om soos ons ma’s te raak. Ek dink ek vrees dit ook en sowaar ek het ook daai foto-wys-dring in my.  Ek raak seker soos my ma . . .

Ek en geliefde spog met ons drie honde, want met die dat ons nie kinders het nie, is die drie honde maar ons kroos. Twee is verwaarloosde weeskinders en een is aangekoop.

En elke een het haar eie persoonlikheid en sit diep in ons harte.

Die oudste ene, is jare der jare gelede al stukkend, uitgehonger en mishandel onder ‘n bos opgetel. Sy is mal oor jogurt, KFC en biltong. Maar menskos eet sy net bedags en laatnag gaan knibbel sy aan haar eie kos.

Sy slaap saam met ons op die bed. Ja, soms word ek wakker met ‘n poot in my mond, maar ai, sy verstaan my diepste wese.

Dis sy hier onder:

d11.jpg

Dan is daar die ene hier onder, wat ons byna vier jaar gelede by die weeshuis gaan haal het. Sy slaap in die winter sommer tot 10 uur soggens. Sy het wonderlike smaak en hou veral van handsakke. Sy gaan maak haar tuis op enige handsak en grom as jy dit wil vat.

Sy is ‘n opgaarder van formaat – veral klere en koerante neem sy na haar hoekie in die kamer. Haar ogies kan baie diep kyk.

sasimg_0021.jpg

Die ene het ons 5 jaar gelede as baba gekoop. Sy is die heel eerste hond in my lewe wat ek ken wat TV kyk, soos in regtig. Sy le skuins oor die bed en kyk, elke aand. Sy le ook met haar pote in die lug en slaap en/of sy le en hou die muur vas.

Die hond is bitter slim en mens kan haar nie lok met kos of probeer uitvang nie, sy vang jou uit. Sy is sagmoedig, maar het ‘n diep blaf wat mense bangmaak en dit pas my.

copy-of-img_0028.jpg

Hoe kaal sal ons lewe nie sonder julle drie wees nie. Ons praat met hulle, liefkoos julle, bederf hulle en leef met julle, soms word ons vies vir julle. Maar julle is ons liewe kinders.