Rokvermors

Almal weet seker teen die tyd van die korter-rok-veldtog. Iemand of iets het besluit om landwyd miljoene te spandeer aan ‘n veldtog genaamd National Skirt Extention Project (NSEP).

Daarvolgens is die vroulike figure op toiletdeure se rokkies te kort en dit moet glo volgens wet met ‘n langer rok vervang word. Dit is waarskynlik ‘n bemarkingsfoefie en trek baie aandag.

Niemand kan agterkom wie is hiervoor verantwoordelik nie. En daar is baie stories oor wat dit nou eintlik is. Baie mense dink dit is snaaks, ek dink dit is ‘n klomp gemors. Veral as jy na die subtiele boodskappe daaragter kyk.

Mense kan seker met hulle geld doen wat hulle wil, maar ek bly wonder, watter tipe gate toegestop kan word met daai geld. Rape Crisis se deure gaan moontlik sluit. (daar is ‘n ad op TV oor die telefoon wat net lui en lui). En hulle is en bly die enigste mense wat regtig bystand gee aan verkragte vroue.

‘n Bitter duur, in kleur gedrukte, niksseggende pot promosie kak oor korter rokke het vanoggend op my tafel geland. Vir wat? Waar is die mense se sosiale verantwoordelikheid?

En, weer eens is dit die simbool van die vrou waarmee iets verkeerd is. Hoekom nie die mannetjie nie? Hoekom word daar nie vir hom ‘n broekie, met ‘n kondoom aangetrek nie?
Hoekom word daar nie fout gevind met hom wat sonder klere daar staan nie?

Ons society moet maar altyd loop lol met die vrou, en dan nog geld mors ook.

Tensy hierdie nie ten bate van iets goeds is nie, maar ek weet steeds nie hoe die koste teruggekry sal word nie, tensy ‘n filantroop dit gebord het, dit ek steeds dit suig.

rok

http://www.n-s-e-p.co.za/

Advertisements

  1. πŸ˜† whahahaha
    Genade dit klink soos ‘n April grap!
    Maar ek glo deesdae alles.

    Ja ek stem, trek dan dadelik vir daai man klere aan 😈

    Ek kyk nou na hierdie verbeeldinglose prentjies van die vroutjie en ek kan wragtig nie die konneksie maak oor wat nou verleidelik kan wees aan die kort rok vroutjie nie. πŸ™„

    Die nuus oor Rape Crisis is sleg. Dit is regtig noodsaaklik vir verkragtings slagoffers om die nodige ondersteuning te kry!

    Geniet die lang naweek ((((Rosalinda Franklin)))) πŸ˜‰

  2. Slaan die mannetjie in kettings se ek!! En laat ons die slotte hou, hoe is daai vir ‘n gender-verandering? he! he?

  3. Ek is seker daar is iets beters om voor te campaign…(sug), weet regtig nie hoekom die prentjie ‘n issue kan wees nie.

  4. Dit lyk my die modelle by http://oscuro.co.za se rokke is lank genoeg.

  5. boendoe

    Nee, genuine??? 😯 Is dit nie ‘n laat April-fool grappie nie?

    Rosa, hoekom kan ek nie ‘n comment los by jou skokkende vetplant nie? πŸ™„

  6. Carina, ja ek weet ook nie.

    Alleman, ek sien daai rokkie is lang, amper soos doek-dra.

    Boendoe. Ek weet nie lyk my dit is nou weer reg, die comments ding. Dalk is dit ‘n laat april-joke, is steeds nie vir my funny nie.

  7. BB

    Hoe lyk die “MEN” prentjie?? Hmmm kannie nou onthou nie – het daai mannetjie ‘n lang offe kort broek aan??? Hete, mense het issues!! As ek vir Helge gaan vertel, gaan hy my UITEINDELIK glo dat daar mense is met meer issues as ekke πŸ˜€
    D’ya think it’s a guy?? Of issit ‘n antie wat agter daai storie sit?? Die mense het blykbaar omtrent R200 000 betaal vir daai ‘advertensie’ in die Rapport πŸ™„

  8. Ek dog die hele idee is dat die prentjies so eenvoudig moet wees terwyl dit nogsteeds duidelik is watter een watter een is. Nou word daar allerande onnodige kwessies met die prentjie gemaak. Aarde tog! Maar moet nou nie die saak omdraai deur dit nou weer alles op mans se koppe te laat afkom nie. Dit maak mos nou nie van die wereld ‘n beter plek nie.

  9. Wat is volgende???
    Die mense kan darem maar geld mors op onbenullighede!

  10. Wat ek probeer sΓͺ is dis waarskynlik ‘n soort ‘viral’ bemarkingsveldtog vir ‘n nuwe mode – oor ‘n maand of twee dra almal sulke rokke.

  11. Ek het rerig gedink dis ‘n April grappie… πŸ™„

  12. Goeie punt. Ek moet nog eendag iets skryf oor die debat oor die minirok wat in die 1960’s gewoed het.

  13. Sigeuner

    As dit `n grap is, is dit `n kak ene. Die mannetjie op MY deur staan en pie een laaaaang straal in `n pot! Die ene “watsenaam”….

  14. BB: die men-prentjie het nie niks klere aan nie!

    flippie: “Maar moet nou nie die saak omdraai deur dit nou weer alles op mans se koppe te laat afkom nie. Dit maak mos nou nie van die wereld β€˜n beter plek nie.” ….beware and be afraid…:) πŸ™‚

    alleman : ja, ek verstaan. ek dink ook dit is ‘n bemarkingsveldtog. ek weet net nie vir wat nie, want die geld daarin is baie. (lekker om jou weer hier te sien!)

    piesang,,,ja en die bikini, mense het gedink di wereld gaan in sedeloosheid vergaan daaroor.

  15. Haai, ek is nog altyd hier – sΓͺ net nie altyd iets nie.

  16. πŸ™‚ πŸ™‚ Alleman

  17. maeree

    ja, magtag!
    ek hou veral van jou voorstel om vir die mannetjie ‘n kondoom aan te trek. lol.

  18. maeree, ja miskien moet ek daai veldtog begin. heheh

  19. boendoe

    πŸ˜† πŸ˜†

    Rosa, Mrs Balls is te blameer hiervoor! Ek’t nou my alie geskeur:

    http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2504505,00.html

  20. Boendoe, jaaa! Ek samel geld in om 12 botteljies mrs/mr Balls vir die onnosel Euphoria wat so kakpraat hier op my blogg te stuur, sodat hy/sy bietjie geur kan kry in sy/haar lewe.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: