Gesondheidswenke

Dit is bitter lanklaas wat ek oor gesondheid iets geblog het, maar my hare staan regop as ek 95% van Suid-Afrikaanse tydskrifte optel – en dit sluit die sogenaamde gesondheidstydskrifte in.

Hier is ‘n paar gesondheidswenke

Moenie jou dieet aanvul met omega 6 nie, dit kom byna in alles kosse voor en jy het dit nie nodig nie. Omega 6 is nie net ‘n vet wat energie verskaf nie, maar kommunikeer met gene en is betrokke by die uitdrukking daarvan. Te veel omega 6 veroorsaak sistemiese imflammasie – dit is die begin van kanker en hartsiektes. Merkers van sistemiese inflammasie kan in die bloed opgespoor word.

Te veel anti-oksidante is gevaarlik en lei tot kanker. Anti-oksidante is: vitamine A, E, D, E en beta-karoteen. Dit is vetoplosbaar. Indien jy oor die langtermyn die voorgestelde daaglikse dosis oorskry, word dit verbind met verskeie tipes kanker. Jou liggaam moet ‘n balans he tussen vrye radikale en anti-oksidante.

Moenie wanneer jy dieet kaas en melk heeltemal uitsny nie, en mense doen dit altyd. Dit is so belangrik vir enige vrou en ook vir ouer mans.

‘n Mens se bene is op hulle optimale digtheid tussen 20jr en 30jr – daarna kan jy doen wat jy wil, jy verloor been. Jy kan soveel pilletjies drink van die aptreek jy kan niks doen nie, net middels soos Protos, Fosamax en dies meer kan weer been bou in ouer vroue. Maar dit is van uiterste belang dat jong vroue en tienermeisies se BMI nooit onder 20 moet wees nie. Die ideaal is tussen 20 en 25.

Gaan vir ‘n kolonoskopie op 60 en weer op 65 en daarna. Teen die tyd wat jy gaan pyn voel vir die kanker kan jy maar grafsteen soek.

Dieselfde geld vir prostaatondersoeke en ‘n mammogram– en borsondersoek en papsmeer (laasgenoemde  2 moet jy jaarslik al doen vanaf 30)  wat deel van jou lewe moet word teen 50. Dis bloot dom om nie te gaan nie.

Jy kan nie detox deur jou voete nie. Ook nie deur baddes en pleisters nie, ook nie deur ‘n enema in jou derms in te druk nie. ‘n Gevaarlike praktyk – wat as jou derm stukkend gesteek word? Daar is niks in jou vel wat kan detox of iets ‘uittrek’ nie, daai mense besteel jou. Die organe wat detox is jou lewer en niere. Dis al.

Daar is nie iets soos ‘n fat burner, metolistiese kick-starter en al daai nonsens nie. Die produkte bevat kaffiene (veels te veel) en ander middels, sommige onwettig wat nie net tot depressie kan lei nie, maar jou hart kan beskading.

Dis altyd beter om alles wat jy nodig het in te kry deur kos, eerder as om voedingsaanvullers, sogenaamde “natuurlike produkte” en dies meer te sulk. Net omdat jy dit nie op ‘n voorskrif kan kry by die “gesondheidswinkel” nie beteken nie dit is effektief nie, maar nog meer, dit kan gevaarlik wees, veral vir jou niere en lewer. Omdat die produkte nie klinies getoets is nie weet niemand wat regtig daarin is nie. Dit word ook nie beheer deur die Medisyne Beheerraad nie. Dit is nie waar dat ons kos nie voedsaam genoeg is nie, tot die margarien en brood is verryk.

Net mense wat MIV/vigs het, TB, kanker, diabets, asma of enige ander chroniese sieke, bo 65 is en arm kinders onder 7 jr en swanger vroue (baie spesifieke aanvullers want sommige is skadelik vir die fetus) behoort aanvullers te neem.

Die feit is “more is not more” en niks wat jy ekstra neem, tensy dit voorgeskrewe behoorlike medikasie vir ‘n bepaalde siekte is, gaan jou langer laat lewe of jou “DNS herstel” nie.

Dit is die lewe. Ons leef net so lank. Ons kan nie tyd koop nie. Ongelukkig.


  1. Jy’t vergeet om te se dat molleer jare by jou lewe kan byvoeg.😉

    Deesdae verkoop almal “gesondheid” – dit maak my sommer gatvol. As ek nog een keer oor die nuutste “superfruit” moet lees dan kots ek. Wat’s fout met appels?

  2. Ek weet al die slimmes stem nie saam met my nie, maar ek vermy alles wat enrich is met vitamine of ander dinge. Ons hou alles gesond maar vergeet van die voete en ordentlike skoene. Rosa: ek is aldeur die vinget toets en kamera. Wens mans wil hul homofobia in hul gat druk. Ons buurman het so houding gehad en daar sit hy met prostaat kanker wat verhoed kon word.

  3. PlaasJuppie

    …en luister vi’ jou ma! (of vir Rustig in hierdie geval) Moenie ‘n tough guy probeer wees nie. Dis nie die moeite werd nie.

  4. Jana:hehehe molleer is koning. ek stem saam oor ‘n gewone appel

    Rustig: die slimmers stem juis met jou saam, los al die vitamienpille en eet gesond!
    wel is is ‘n teorie dat mense wat gays haat, of bang is vir hulle, baie, baie ongemaklik is met hulle eie seksualiteit! ongemaklik met hulle doodnormale liggame – soos jou buurman.

    Plasie: ek dink ‘n man wat na sy hele liggaam kyk, en omsien na alles, is juis ‘n ware man. een wat omgee. dieselfde geld vir vroue. jy is nie ‘n mindere mens omdat jy gaan vir ‘n prostaat ondersoek of papsmeer nie – inteendeel jy is ‘n emosioneel volwasse en verantwoordelike een.

  5. Ek is anyway nie goed met pille drink nie, wat nog van hande vol vitamines elke dag! Nee wat, eet reg en kry oefening and all will be well sou ek se.

  6. Ek lees nou net die raak en dog ek kom plak die link hier… wat ‘n grap en dan’s dit nogal die Noord-Koreane wat dit ontwikkel het…dalk moet hulle eerder iets uitdink wat hongerpyne stil.
    http://news.bbc.co.uk/2/hi/world/asia_pacific/10237314.stm

  7. BB

    Ekketjie is baaaaaaaaaaaaie bang virre mammogram Rosie! Daai gynae van my het my laas gestuur – toe druk die suster my linker-shame-boobie inne kontrepsie in en begin toedruk – nee, ek moet nog ‘n bietjie skuinser staan want ALLES moet in – daar IS NIE ‘n alles nie!!!😯 EINAAAA!!! YOUCH!!! PYN!!! Onbeskryflik!! Teen die tyd dat die snêppie gesnêp is het ek my arme flêttie moes troos en hom teruggesit in my A-cup… en verseg om die regter te laat doen. Hulle het op hulle se koppe gestaan en hallelujah gesing – ekt geweier! Terug by die dr het hy maar ‘n sonar gedoen – en dis wat hy deesdae doen. Ek en hy hette agreement. As hy die dag saamgaan en éérste syne laat doen, sal ek ook. (sien hy’t beslis meer mammos as ek om te ‘gram’:mrgreen: Otherwise – no go! No way! Neva weer!
    Maar ja – ek gee virrie boetietjie in die huis gee nogal ‘n paar pille in na sy oggendpap:
    2 Brewer’s yeast (jong, dis maar gewoonte – die ander 2 is ook daardeur), 1 Zinc pilletjie (virrie velletjie), 1 Dolomite (drink self ook 1), en ‘n Vit D3 kapsule (ek ook) – ek het so ‘n ruk terug gelees van D3 se voorkomings eienskappe vir griepvirusse (die artikel het klem gelê dat dit D3 moet wees) – ok so ek weet nie of dit regtig vir voorkoming is, maar hy drink dit nou so 3 weke al – en hy’t sy eerste griepvrye winter ingegaan – weetie of dit dit is nie – maar dis die enigste verskil van wat ek vroeër gedoen het. (Altyd xtra Vit C ingejaag – geen verskil gemaak nie). Hyself sê nogal oor die naweek “Mamma teen die tyd sou mamma my al elke aand gedokter het nê?”…
    Anyways – ek sal die VitD3 weer in die lente stop – teen somer kry ons mos maar weer genoeg son ook in… ek reken dis hoekom die kiddies deesdae so siekerig is – playstation en Dstv is mag eers ná sonsak uitgehaal/aangesit word – hy móét buite speel smiddags – al slaan ons virre uur smiddags die swingball as hy nie rugby of krieket oefen nie – hy mag nie daai tyd in sy kamer rondlê nie.
    Fat burners – ja-nee-kyk – ek en die H3 eet 6 keer + per dag – meesal groen groentes mette protein – 2 keer per dag carbs – en met elke ete ‘n eetlepel olyfolie of 3-4 visolie gel kapsules – die meeste oorgewig mense eet óf te min óf te ongereeld en boonop kry die meeste mense (ook vetties te mingoeie vette in). (Nevermind oefeninge – al is dit ‘n stewige stappie 3 keer per week).
    Anyways – ek sal virrie liefie die liviete voorlees oor die prostaat… hy’t juis ‘n check-up coming up:mrgreen: alhoewel hy nogal gereeld tamaties eet – oor my daddy my gesê het dis goed vir die manne.😕

  8. BB

    Oits!!🙄 ek wou vir jou ‘n one-liners geskryf het Rosie…😳

  9. BB

    Og! Ek wou nog iets sê… my ouma se oooouuu oooouuu ‘boereraat’ – wee’ jy – die H3 het soms so sinus en slym gekry in die verlede dat hy saans nie behoorlik kon slaap nie – en ons was al moeg gedrink aan antihistamiene en ACC200 en Corenza en elke moontlike ander ding oppie mark.
    Einde laaste skil ek ‘n ui en pop dit in ‘n kênfroet bottel – sit die op sy bedkassie elke aand – en siedaar – hy sweer daarby!! Hy’t heelnag oop lugweg – slaap ordentlik deur – voel agv dit die vlg dag sommer 100 en ja… ek weetie hoekom nie, maar die ui ding werk!

  10. My liewe BB,

    Vitmanien D3 help bokkerol vir die griepvirrus, Solal steel jou geld. Promise: niks op aarde kan ‘n griepvirus keer nie, behalwe die twee middels wat jy net aan neem as jy moerkse siek word: Tamiflu en Relenza

    Ek is bereid om enige iemand te wed dat vitamien C, niks op daarde doen teen verhoue op griep nie. Dit help net vir mense wat arktiese gebiede aan sport deelneem.

    Daai ander goed wat jy vir die kind/jouself gee is minerale, goed wat ons in sandkorrel-klein hoeveelhede nodig het. Ek kan gaan geen rede dink hoekom enige iemand of aarde dolomiet wil drink nie, maar as dit jou happy maak🙂 doen dit!

    Oor ‘n mammogram voel ek so: bietjie pyn nou, kners oppie tande en keer dalk ‘n groot pyn later. Maar is net hoe ek daaroor voel.

    Die ui is ‘n baie snaakste storie! Dit nogal weird, ek wonder hoekom werk dit?
    Ek hou van jou lang one-liners!!!!

  11. BB

    Ehhhhmmmm baie baie happy… dankie Dr😉
    Blykbaar isse mammo nie so seer met ordintlike ( . ) ( . ) …😕

  12. bb dis oor die digtheid vd weefsel eerder as die size wat dit seer maak

  13. Ek wens R wil luister as ek dit vir hom sê. Die medisyne laai is vol aanvullings en boosters😦 Ek en Rooikop hou niks van pille nie en ek vergeet tot om dit te drink as ‘n Dr. dit voorskryf. Ek probeer maar gesond eet, maar oefen is nou nie hoog op die agenda nie.

  14. Charms ek drink allopatiese medisyne, dit help wel vir chroniese siektes, maar die res aiaiaiaiaiaai, ek mors eerder my geld om ander lekker sondige goed….👿




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: