Posts Tagged ‘koors’

Ek het dit…

Dit het my ses jaar geneem om by te kom. Al die jare het ek traag ontwikkel – seker maar omdat my ma my nie borsvoed het nie en ek allerhande agterstande gehad het van die begin af. ­čÖé

Drie dae voordat die W├¬reldbeker-sokkertoernooi begin het, het ek uit-te-flippen-eindelik ook toe gees gevang. Ag dankie tog, want gees-kry kan ‘n mens nie aanleer nie, of pretend nie. Of jy het dit of nie.

Dit het so week gelede begin broei. Ek is tog so bly want ek verpes dit om dinge te mis.

En gister toe kom die baas by die huis aan met ‘n Makarapa wat ons self kan aanmekaarsit. Dis nou nie presies soos bou jou eie een individueel van niks of met goeters wat jy deur die jare versamel nie, maar darem. Plakkers en dies meer. En ons bou hom

Ek beplan om hom werk toe te dra. En darem by ‘n Fan Park ‘n draai te gaan maak, al is dit net om te bevestig wat ek reeds vermoed.

Die openingseremonie gaan ek beslis kyk op TV – ek wil darem sien wat dis hulle op. Ek is seker dit gaan mooi wees.┬á Regtig ons is nie agterlik nie. En ja al die stadium is toe gebou, op tyd en dit lyk mooi. Onthou almal wat so negatief was?

En ek gaan beslis Vrydag die game kyk hier by die werk.

Daar is natuurlik geen ander span wat ek ondersteun as Bafana nie, ek meen get flippen real! Ek is ‘n Suid-Afrikaner. Maar as hulle uitval dan gaan ek skree vir enige ander span van Afrika.

Ek is ‘n Afrikaan!┬á Ek is van Afrika. ‘n Trotse een ook.