Skollies op die Square

My ma staan doer en staar na die standbeelde, kamera in die hand – handsak se zip wawyd oop.

Sug.

Sy het die storie aan my verkoop, dat sy die handsak soos ‘n brood onder haar arm vasklem en die handles so twee keer deur haar arms gevleg het. Die handsak is veilig.

Nie as die zip oop is nie! Dit is hoekom ek al haar geld by my dra en ook haar paspoort, want ek wil nie in ‘n Oosblok-land verduidelik hoekom ouma onwettig daar is nie, imagine dit.

“Weet ma dat hulle ou mense gebruik as dwelm-donkies. Dis ou tannies wat hulle voor keer?”

“Watse ding is dit?” vra sy. Toemaar los maar, zip net die handsak toe, sê my suster vir die 100ste keer.

Ons was seker 20 sekondes op Hero’s Square in Budapest, toe sien ons die skollie en sy maatjie, raak, ek en my suster. Is ook net Suid-Afrikaners wat streetwise genoeg is vir dit. (Uitgesluit my ma, wat met alle reinheid in haar hart dink als is fine).

Nr. 1 is die man met die blou hemp wat maak of hy ‘n toeris is en nr.2 is die meisie wat die boekies verkoop. Okay kom ons speel met hulle. Bring net eers vir ma nader.

Hier kom sy,  die  Gypsy-meisie met  die boekie wat sy wil verkoop, ene oor Budapest. 10 euro sê sy, nee 5, sê ek. Okay.

En daar loooooeerrrr sy so diep in my beursie om te sien hoeveel geld ek het en waar bere ek hom. Jou moer my skat. Ek jaag haar weg, staan verder.

Dan gaan vertel sy vir haar skollie-maat waar die beursie is en hy hom haal dit uit, terwyl jy die standbeelde staan en bewonder.

Ek druk die beursie voor by my broek in. Jy sal aan my fanny moet vat om aan my geld te vat, meneer met die blou hemp, en laaaaaaank voordat jy dit gedoen het, het ek al jou tande uitgeskop, terwyl ek so hard skree dat Buda en Pest verening.

Sy loop sigbaar teleurgesteld weg, al het sy iets verkoop.

Ons draai ons rugsakke voorom en vertel sommer vir almal om die twee dop te hou.

Hulle weet ons weet. Nou weet almal op die hele plaza, almal kyk vir hulle. Dikbek staan hulle eenkant. Ons moet nou eers loop voordat hulle weer besigheid kan doen.

En raai wie staan die volgende dag weer daar toe ons daar verby ry, einste twee.

Ja se my ma, ek het gedog hulle lyk vreemd, toe ons hulle weer uitwys en sy kyk skoon in die verkeerde rigting, met haar handsak weer oop.

IMG_1111


  1. Mefri

    🙂 Jou moer my skat.🙂 hehe Dit is soooo lekker om die spontane JY weer raak te lees. Jou foto is mooi – my ma is uit dieselfde hout as joune gesny, ek sukkel my boeglam om haar sover te kry om haar huis se deure gesluit te hou, om nie eers te praat van haar handsak wat altyd oopgaap nie.

  2. Rosa jy ver gaan draai. Budapest nogal. Was daar in 1990, kommunisme was nog daar, maar hulle het ook al so bietjie oopgemaak vir kapitalisme. Van die 4 dae daar het ek twee dae in die warm water bron gelê soos ‘n rumatiek seekoei. Te heerlik en ook my turkse skrop. Mooi stad so op sy eie manier. Al wat my afgesit het is dat alles het paprika in. Hou van paprika maar daar is darem ander speserye ook. Gypsies was daar toe ek al daar was. Hulle sal jou poep steel voor jy nog dit gelos het!

  3. Dis net ons Suid-Afrikaners wat so paranoid is. Ek onthou toe ek net in Korea ook gekom het. Jy loer heeltyd oor jou skouer en hou jou handsak styf vas. Ek het gedink die mense is mal om my in die aan alleen huistoe te laat stap. Nou is ek egter lankal oor dit en stap enige tyd van die aand alleen rond en my handsak is ook oop. Die mense hier trek groot bedrae geld dan loop hulle dit so in die stap en tel. My mond hang nou nog oop. Terug in SA sal dit weer ‘n ander storie wees. Daai versigtigheid skop in die oomblik as jy jou voete van daai vliegtuig afsit!

  4. Boernig

    Dis so mooi en skoon op die foto.
    Oh-oh! “…dat Budha en Pest verenig” – ek sien al hoe hard klap jy `n sigeuner-meisie lat sy soos een van die standbeelde lyk!
    As ek groot is, wil ek ook die wereld gaan sien. Op hierdie stadium van my lewe voel ek effens ingehok in my grense.

  5. 😆 Ja, ek dink ons Suid-afrikaners is BAIE meer uitgeslape reisigers. Ons sien die kak al ‘n 100 meter weg. Jinne, ek onthou daardie gypsies, ek dink dit was by Florence stasie wat in bondels deur die polisie weggery word, en dan net weer binne 10 minute terug is…. Ek het gevind ‘n ferm “Fuck off” word universeel nogal goed verstaan😆

  6. Sien… dit het sy voordele om in Suid Afrika te bly. (hahaha)

  7. Boernig

    Jitte Demoerin, blyk my jy kan nogals demoerin word?

  8. @ Boernig… glo my, as jy op budget travel…. is daardie geldjie vir jou baie werd…. en as jy ‘n Suid-Afrikaanse paspoort het – Pas jy hom soos GOUD op.
    Partykeer is dit nodig om demoerin te wees.

  9. DMI: ek het ‘n ferm ‘fuck off” al probeer daar doer in wes-afrika, help soos in fokoll. help niks hulle staan soos in fisies OP jou en waai die goed wat hul wil verkoop TEEN jou gesig.
    Ek sit net sonbril op, turbun op (en hulle raak nog vies ook want vroue mag dit nie eintlik dra nie) en staar voor my uit. En dan leer jy ‘n vloekwoord in hulle taal, een onder die belt in. Ook een wat vroue behoorte se nie, nou dit werk soos ‘n bom😆

    Attie: welkom hier, daar is baie voordele!!!

    Boernig: dis tyd dat jy gaan, moenie uitstel nie. laat jy gaan oor die grense. vat daai revoling loan by die bank.

    Kaalvoete; daai gypsies sal jou rot en kaal besteel (sorry sigeuner ehehhe). maar ek stem as mens oorsee kom ontspan jy eers na ‘n ruk. maar ek was ookal op plekke oorsee wat my hare gerys het.

    Rustig: wow 1990 in budapest! ek sou wat wou gee om daar te gewees het destyds. jy moet teruggaan en ons vertel. praag lyk fantasties, was jy al daar, mense se daar is baie werk daar gedoen sedert die einde van kommunise. amper soos berlyn-daai is nou ‘n weird plek vir my,
    budapest lyk net so amazing soos praag. (ek wil weer gaan. my naam is rosalind en ek is verslaaf aan reis, baie erg, ek wil nie na die AA toe gaan nie)
    Ek het die warmbron gesien oppad om by Gundels iets te eet. Dit is amazing.

    Mefri: my ma sluit darem haar huis se deure…of ek hoop so.

  10. Rosa: Nog nie in Praag nie, alhoewel ek dink Budapest is beter en goedkoper. Praag het baie duur geraak. Dalk moet ek so ou possie maak oor my 1990 toer. Die treinrit alleen was iets uit Agatha Christie’s “Murder on the Orient Express”. Soldate, masjien gewere, en elle lange vorms en ure se wag op grens om oor te gaan….

  11. Shame, is dit alweer arme moeder wat in die spervuur is? 😆

    Mens kry maar skollies regoor die aardbol. Gelukkig is almal nie in SA saamgetrek nie. 😉

  12. 😆 so leer mens nê!

  13. Hey Tannie Roos!

    Klink vir my Ouma Roos is ‘n kleurvolle karakter!

  14. Onrustig: my suster het ook so ‘n trein-ervaring gehad in die ou oos-blok.
    Jy moet praag toe gaan, mens kan maar doodgaan as jy eers daar was, ooooeeee dit is mooi, ek belowe jou. En dit was nie vir my duurder of goedkoper as Budapest nie. oe dis fabulooslik.

    Vlam: ag is nog lig op moeder😆

    Girl: wil jy ouma Roos leen vir ‘n ruk? se net!

  15. Boernig

    Rosa, ek dink ek sal tog een of ander tyd my trots in my sak steek, afsuiker bank toe en bloumoord skreeu as ek NIE die revolving loan kry nie. Daarna steek ek my geleende geldjies saam met my trots in my sak en suiker af Budapest of Andes toe, my soet-soet droom.
    Jitte, ek dink ek raak nou te oud om langer uit te stel. Boonop skreeu ek en Boerseun al hoe meer en langer op mekaar soos ons oud raak. Ek dink ek vat die breuk aleenag.

    Eh eh! Jy kan nou maar maak met Sigeuner wat jy wil…sjame, sy was noggie eers 2 jaar oud nie. Boernig is nou gebore…ek hoop om te bly.

  16. Boernig…. van uitstel kom definitief afstel… Knyp jou oë toe, en worry later oor die geld…

  17. Boernig….nee basta die trots en vra vir die lening. Almal doen dit en dit is veral lekker om met die geld te reis. Dit voel njammies….om met geleende geld te reis is reg en goed. lewe lewe lewe voor jy doodgaan. daar is nie ‘n reisagent in die begrafplaas nie.

    DMI: net so. mens kom altyd deur.

  18. Uuuhmmm… Ek dink ek sal Ouma Roos vir ‘n dag oppas! Net een dag… 😉

  19. Boernig

    Rosa en Demoerin, glo my – hierdie vrou het een moerse duur skildery van Fred Page (dis AL wat ek op my naam het…nie huis, kar of Foshini rekening nie) en GEEN bankrekening, nerens! Darem het ek ook my tjinnirs…sonder hulle reis ek nie.

    Nou moet ek se – Kaapstad en Peru was die twee plekke heelbo an my “voor-ek-dood-gaan” lysie om te sien. Nou was ek darem al in die Kaap, bo-op Tafelberg, by Kirstenbosh se mooi tuine, darie kant berg-op om die ou Geelhoute te gaan kyk (en baja foto`s later) ook met my gat in die see op Bloubergstrand. In die proses het ons so paar vragte ou meubels vannie Kaap gelaai en dies nou waar dit hoort. In ouma se fansie groot huis.

    Maar ekke wat nie werk vir geld nie, (en die boerdery betaal net nie, jis!) sal maar die Page moet verkoop en moet bloumoord skreeu tot hulle my op `n errouplyn sit Budapest en dan Peru toe. Ek sit sommer nou al en groot snotbubbles blaas lat die mense moet sien ek`s ernstig. Ek wil nie oud en suur raak voor ek lewe nie. Reis maak mens se hart oop. Ek weet dit net.

    Kyk mos nou vir Rosa, ne? As dit nie so mooi was nie, sou mens dit nie nodag gehad het om te deel nie. Dis wat ek bedoel. dis mooi man, mooi!

    Ag tog, ek tjank sommer!

  20. Boernig… verkoop daardie painting. Sommer vinnig-vinnig!

    Reis gee sielskos… niemand kan dit ooit wegvat nie.

  21. Boernig

    Ek weet, jitte weet ek dit nie! Die paar keer wat ek en Boerseun met `n 4ton TATA lorrie afgery het Kaap toe, het ek sommer so langs die pad poems in my kop gemaak. So mooi was dit om dinge te sien…en die reis self, ne? Ek kan jou nie vertel wat die stippelstrepe van die pad self aan `n mens doen nie.

    Daarom dink ek as jy nou jouself regtig uitgee om te gaan reis, jy soveel meer beleef. Treine, vlieg, stap, mense, plekke en al die OU dinge. In my hart is ek `n stokou reisiger. O ja, en mal oor Travel chanel.

  22. Boernig

    Wie wil `n Fred Page koop? R185 000. Cheap man, `n genuine bargain.

  23. Boernig: Ah jy laaik van kuns? Ek ook, sommer baie, baie.

    Maak daai bankrekening met ‘n R100 deposit. Jy sal reis geniet ek lees jou so, en jy sal ‘n blog moet begin om ons alles te wys en te vertel.

  24. Dis heerlik om jou weer op jou stukke te sien!!! Ek sal van nou af ook my beursie op veilige plekke hou:mrgreen: ek meen mens moet street wise wees!!!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: