Moet my nie bel nie

As ek iemand kan martel, dan sal dit beslis die eienaar van ‘n telebemarkingsmaatskappy wees. Die jongste een wat my gebel het was 8 uur in die aand.

“Hallo mrs. Franklin, do you have a moment so that I can tell you about a promotion, because you are such a valued customer.”

Nee, ek het nie tyd nie en moet my nooit, ooit weer bel nie. Tik in daar op jou rekenaar. “Die vrou is ‘n moerse teef, moet haar nooit weer bel nie.”

“So, you don’t even want to hear what this wonderful offer?”

Nee, want ek het nie vir ‘n kompetisie ingeskryf nie.  Ek soek nie afslag nie. En ek weer daar issie iets in die lewe soos gratis nie. Gaan weg.

En so gaan dit, drie tot vier keer ‘n week. Mense wat vir my heen en weer cheek as ek nie belangstel nie. Ander gooi die foon in my oor neer. Niks totsiens nie, net doef in my oor as ek nie skree: JA! nie

Ek is al van 1996 by MTN en elke fokken week bel Vodacom en Cell C my – wil tot vir my 2 gratis selfone gee as ek tog net na hulle toe oorkom. Ek gaan nie, ek sal nooit nie. Al kry ek 100 selfone verniet.

En as ek nie die gratis selfone, die lilo en opblaas strykyster “verniet” wil hê nie, dan is die klein kak aan die ander kant van die foon vir my vies. Niks in die lewe is verniet nie.

Soos in, waar val jy uit?  Wie dink jy is jy, om vir my te back chat?

Dink mense regtig ek het nie goeie versekering nie? Ek is nie die persoon om te bel vir onversekerde onpadwaardige voertuie nie, broer, maar ek kan wel dink wie jy kan bel.

En waar kry hierdie mense my naam en nommer? Wie gee dit uit en waar word dit gekoop en verkoop?

Hulle bel ook altyd van ‘n private number af, sodat jy nie kan terugbel en kla nie. Mnsfisfo…word die naam gemompel. Niemand weet wie en waar kom die maatskappy vandaan wat deur die kontrakteur gesubkontrakteur, wat aangestel is deur iemand om die kak versekering aan jou af te smeer nie. Kom met so laaaang storie.

O ja en alles word opgeneem word quality controll en protection. My gat.

Die beste een nog het vir Liefie gebel en gesê ons het ‘n opblaasbed gewen maar die aflewering sal R150 kos! En hulle het aangehou en aangehou wanneer stuur ons nou die geld sodat ons prys kan afgelewer word. Ek wonder hoeveel mense het geval hiervoor, want die flippen bed kos nie eens soveel nie.

Het hulle nie teen die tyd al besef Rosalind Franklin wil nie saamspeel nie?


  1. Ai tannie Roos… ek ken jou pyn… Daarom antwoord ek nie meer private number oproepe nie… As dit besigheid is dan kan ek op die voicemail reageer.

  2. Plaasjuppie

    Ek maak ook soos Girl. Ek antwoord nie meer oproepe as die nommer private wys nie. As dit iemand is wat my kan en dit is belangrik sal hulle ‘n boodskap los.
    Vir wat dit mag werd wees, daar is geluide dat daar wetgewing oppad is wat dit onwettig sal maak om jou sonder jou implisiete toestemming te bel vir telebemarking. Natuurlik is wetgewing sonder behoorlike toepassing van geen waarde nie, so ek hou nie juis my asem op nie.

  3. Whahaha Come to the dark side Rosie, I serve cookies:mrgreen:

    Ek het net geen verdraagsaamheid meer met hierdie oproepe nie. Dit maak my hondsdolheid mal!! Deesdae as hulle bel trek hulle skaars by die 3de woord en ek grom “no thanks” en sny die oproep af of sê “jammer ek gebruik nie selfone ek kommunikeer sommer via my “voodoo dolls” 🙄

  4. Mmm ek het gehoor van die wetgewing, en ek wonder hoe dit toegepas gaan word.

    Ek moet ongelukkig al my oproepe beantwoord, so ek kan nie net ignoreer nie.

    LOL @ voodoo-kommunikasie

  5. maxie

    As hulle jou weer bel, sê mooi politely:
    No thanks, but can I interest you in Tupperware/Honey Jewellery/whatever…. we have a special for this month only….😈

  6. Weet nie wat erger is nie? Door-to-Door Salesman or Telemarketing?

  7. Sigeuner

    Trieng-trieng: Hallo, dis Sigeuner, ek kan met jou praat, maar ek is doof en jy moet liefs nie terugpraat nie.
    Stem: Bla, bla, bla, bla, bla…
    Sigeuner: Hm, dankie vir jou ook,hier is my man (toevallig naby)
    Boerseun antwoord….later hoor ek dis polisse vir vrouekanker en selfs hy kan ook aansluit as sy prostaat ingee.
    Trieng-trieng: Hello, dis Sigeuner…uhm, ek sien dis alweer jy, watter gedeelte van doof verstaan jy nie?
    Stem: bla, bla, e-pos, bla,dof, bla ens.
    Sigeuner: Voeking great! Dieselle vir jou blondie.
    Kry e-pos van vrouekanker-polis en laat weet ek stel nie belang nie, maar thanks vir die info en tyd en al daai shit. Mens is mos positief, ne?
    Next day – Trieng-trieng…Boerseun antwoord en skreeu nou al bloumoord:” kan jy nie verstaan ons stel nie belang om kanker te kry nie!!!”
    Vokkit! Erger kry jy nie – hulle is `n hele klomp idiotiese neute!

  8. Ek maak soos Maxi, ek begin sommer enige produk aan hulle afsmeer, maar ek kies nie ordentlike produkte soos Tupperware nie. Anderdag het ek ‘n ou van Cell C gevra of hy nie ‘n opblaaspop by my wil koop nie en toe ek nou mooi op dreef raak oor die voordele van ‘n opblaaspop en dat hy nie HIV kan kry nie, toe gooi hy die foon in my ore neer.

    Ten minste kry ek dan bietjie fun uit hulle ook😈

  9. maxie

    😆 @ sigeuner

    Wat my erg afsit, is as ek hulle vra waar hulle my nr kry, en hulle gee die naam van ‘n mens wat ek actually ken, ‘n sogenaamde vriendin…

    You ain’t my friend no more👿

  10. maxie

    😆😆 @ Sonkind

  11. Vir mense wat kredietkaarte aan my wil afsmeer, noem ek graag dat ek reeds lankal een wil bekom, maar moeilikheid ondervind met ‘n ?swartlys- hoor nooit weer iets nie. Hel, ek hoop nie dit bevark my kredietrekord nie!

    Andersins, praat ek gewoonlik Frans of Gaelic…

  12. BB

    Ek vra heel eerste: “Is this phonecall recorded for future reference & quality control” As dit nie is nie, vra ek mooi dat hulle my terugbel as die recording function in werking is. Ek weier om te praat as ek nie record word nie:mrgreen: – dit surprise hulle gewoonlik bietjie. As dit wel record word, vra ek hulle nommer (en die persoon se naam) sodat “ek julle kan terugbel en kan bevestig dat dit wel die company is”. Ek vra waar hulle my nommer gekry het en as hulle nie kan sê nie, vra ek dat hulle uitving en dan welkom is om my weer te bel. Soms, net soms as ek dalk al een of twee op een dag gekry het, maak ek weer seker dit word record en dan haal ek diep asem en GIL HUILEND in die foon in: “LEAVE BRITNEY ALONE” – soos daai outjie op youtube😆 Ek het baaaaaaie pret met hulle – ek vra hulle of hulle getroud is, kinders het, wat hulle verdien, of hulle dink hulle verdien genoeg. Hoekom hulle geskei is en aaagggg sommer so ‘n hele lys ou vragies – jy kan altyd vir hulle sê: “Dankie dat u my bel, ek wil net vir my eie quality control en security ‘n paar sekerheidsvrae vra en u eers klaring gee…” en dan trek jy los sonder om gap te gee met : “ID Number, full name and surname, gender, race, die hele kaboedel”. Maak hulle móég en as hulle verskoning begin maak om neer te sit (as hulle teen daai tyd nog nie neergesit het nie), sê: “Nee maar WAG!!! Wanneer laas was jy vir jou annual check-up???” Wéét jy dat stres die grootste faktor is vir allerhande kwale, soos onder andere…. vra og hulle gym, en sê jy’s SO BLY hulle bel, want jy het gym membership om te verkoop!! Of hondekos of watookal jy lus het om daai aand te verkoop. Jy kan altyd sê jy’s willing om te ruil – haar versekering vir jou nuwe latex onderklere reeks – afbetaalbaar oor 24 maande EN daar’s ook tweedehandse klerereeks en ‘speelgoed’ beskikbaar😉
    Hulle bel my bittermin deesdae…😦

    …en Rosie, ás jy ‘n opblaasmatras wil koop – laat weet my – ons het al hordes van die goed gekoop… daar’s slegs één maak oppie mark wat stiletto’s kan trotseer!!:mrgreen:

  13. BB

    Sien nou eers Sons se comment – my kinda girl daai!!:mrgreen: They will keep phoning – might as well have a little fun and use it as part of your relax therapy.

  14. Sigeuner

    Sjoe! Sonkind en BB!! Julle hette lekker plan!

    Maxie – die kanker ene, ne? Dis `n ou blogger wat my nommer sonder toestemming gegee het. Sug…

  15. In Korea kry ons robo-calls, so niemand voel ‘n veer as jy die foon in ‘n robot se oor dooddruk nie! As dit die dag nie ‘n robot is nie, praat jy net engels en hulle sit dan sommer self die foon neer😉

  16. Vodacom het my laasweek R100 airtime gegee oor ek so met hulle gesukkel het. Jip, dit was verniet, maar holbene, ek het baklei en gevloek vir 7 weke. Not funny.

    Ek is gewoonlik heel polite, maar as die bliksems nie wil hoor ek se NEE nie, dan sit ek sommer neer. Het al gekry dat iemand terugbel en weer die foon in my oor neersit. Klein moer.

    PJ, my alarm company bel ook van ‘n ‘no number’ wat sake bemoeilik.

    Dit gaan binnekort teen die wet wees om mense so te pla dmv selfoon sms’e, mails of oproepe. Ek wonder net wie die wet gaan toepas!!!!?

  17. Ek weet presies hoe jy voel Rosa! PRESIES!
    Ek stop hulle sommer gewoonlik vinnig met ‘n “Ek stel nie belang nie” en as hulle wil aanhou vertel ek hulle my ma het my geleer om nie ongeskik te wees nie, maar in hierdie geval gaan ek nou net die foon dooddruk.

    Maar soos jy seg, dit keer hulle nie om te bel en weer en weer en weer en weer te probeer nie!! BV. Wat moet ek met meer as een selfoon kontrak maak? Ek is happy met myne!!

  18. Sigeuner

    Demoerin? Jy`s die enigste ene wat sover happy is met jou slefoon kontrak. That`s funny to hear.

  19. Andrew

    Gisteraand lê ek lekker ontspanne in my bed en blog komentaar lees toe my 3G kaart ‘n SMS ontvang met ‘n siels verskeurende KRIIIING! Die volume was opgedraai. Ek skrik so groot ek krul amper op in die foetal posisie. Weer ‘n bemarkings SMS. Vanoggend is daar nog een, dié keer van Old Mutal, gerig aan Ms. Jones. Ek is NIE Ms Jones nie. As iemand haar ken laat haar tog weet haar SMS lê in my inbox.👿

  20. Skoor: Sien ek het al die foon neergesit en toe teister die klein kak my, bel en sit die foon neer in my oor, het vir dae aangehou. private number en ek kon nie onthou wie my gebel het van waar nie… as mens rude is met hulle eindig dit nie.

    BB, Maxie en Sonkind: ek hoop nie een van julle bel my ooit om iets aan my te verkoop nie. flip BB jy is bad😆

    Andrew: ek sweer ek is nie mrs jones nie…asseblief.

    kaalvoete; ek wens die robot wil my eerder bel.

  21. En verkiesingstyd as die politieke partye begin bel om jou ‘oor te wen’… 👿

  22. As ek so oproep kry dan vra ek sommer vroeg-vroeg vir hulle of hulle iets wil verkoop, want partykeer kom hulle mos met solang draai dat ek nie heeltemal verstaan waaroor dit gaan nie. Wel as hulle dan se wat hulle probeer verkoop se^ ek eenvoudig dankie ek stel nie belang nie en sit dan voor hulle nog kan antwoord die foon neer. Dis mos nie ongeskik nie want ek het mos mooi vir hulle gese needankie en hulle nog gegroet ook. Sulke oproepe handel ek onder ‘n minuut af.

  23. Og dit was snaaks! Maar ek maak soos BB – ek trek hulle siele uit, veral die ape wat timeshare verkoop of vir my ‘n lening wil aanbied!
    Ek moet se ek word ook ontsettend min gebel die laaste tyd, dalk maak hulle tog notas🙂

  24. 😆 Wonder waar ek Rosa se nommer kan kry om haar te bel!

  25. DMI: kyk hulle kom glad nie by ons deur in nie, ons het laaaankal vir die wat met siele smous gese ons is heidene, so hulle loop ‘n wye draai om die huis. en ons huis het nie ‘n klokkie nie, ek weet as iemand kom kuier. as ek jou nie verwag nie, wel sorry.

    om my te bel is net so moeilik😈




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: