Posts Tagged ‘blog’

Totsiens van Rosalind Franklin

Nouja ek dink ek het aan die einde van die blog gekom, Februarie was dit twee jaar sedert ek begin het – hoekom en hoe kan ek eintlik nie meer onthou nie.

Dit is nie dat ek die lus vir blog verloor het nie, of niks het om te sê nie, inteendeel. Die tyd en plek is dalk net verkeerd.

Ek dink die laaste was toe ek vandag sien die nr.1-inskrywing is van ‘n klomp verregse mense wat een of ander Afrikanerstaat soek, asook baie van die ander blogs, is toenemend net oor godsdiens. Dit gaan eintlik net oor bybelversies, gebede, godsdiens en ‘n god waarin ek nog nooit geglo het nie. Van kleins af al.

Ek kritiseer dit nie, dit is net nie ‘n zone waarin ek nie leef nie – dit is nie my wereld nie. My wereld is en bly anders. Ek is ook nie teen geloof of gelowiges nie, ek wil net nie op elke tweede blog daaroor lees nie.

Rosalind Franklin gun elkeen sy of haar plek, maar ek gun myself ook my eie plek. Ek wil ook nie krities staan jeens mense nie. Ek is werklik 100% eerlik oor hoe ek voel.

Ek wil met mense begin verskil op hulle eie blogs nie, maar dalk is WP nie die plek vir mense soos ek nie: Die Nie-Gelowiges van die wereld wat anders glo en soms dink.

Toe ek begin blog het op WP was daar soveel bloggers wat oor mense, die hier en nou, die lewe met sy seer en mooi geskryf het, en ek voel dit het grootliks verander. Daar is heerlike interaksie tussen mense. Nou is daar soveel “sondagpreke” en ek vind glad nie aanklank nie.

Dankie vir al die pret en plesier. Daar is baie, baie van julle wat erg spesiaal vir my is.

Groete en loop mooi, dalk “sien” ons mekaar weer

Rosalind Franklin

(Die naam Rosalind Franklin en die FB-profiel gaan ek steeds hou – ek speel lekker saam met julle speletjies en daar is mense wat vir my baie spesiaal is, wat ek so oor ‘n afstand leer ken het. As julle daar vir my wil afgooi, is dit jammer maar ook julle vrye keuse.)

Advertisements

Ek wonder wat sal gebeur was ons almal besluit om ‘n op ‘n dag net te laai waai. Sonder voorbehoude te skryf wat ons regtig op die hart en in die kop het: wat ons dink, glo, weet, erken, herken, sommer net wil sê of deel.

Jy pas geen selfsensuur toe rakende jou denke nie.

Ek sluit Rosalind Franklin hierby in.

Almal gelyk. Sê nou maar net om 11:00 op die 11de van die 11de maand – wat toevallig ook die oomblik in tyd was toe die Eerste Wêreldoorlog geëindig het – probeer ons net een keer dit. Laat gaan net vir een keer.

Ek het aanvanklik ‘n blog begin om totaal en al iets anders te sê, en ongelukkig van die eerste oomblik af, was het ek suurtjies getrap. Hoekom? Want dit is nie in my aard om sensitiewe mense  se gevoelens te spaar nie. Is dit omdat mense so onverdraagsaam is?

Dit gaan ook nie oor persoonlike detail nie, dit is privaat. Dit gaan meer oor idees, konsepte, standpunte en gedagtes.

Miskien is ek bang almal sal weghol as ek werklik se wat ek dink? Dalk is almal bang.

Ek sê meestal nie wat ek wil sê nie, en ek skryf nie wat ek wil skryf nie. Meestal nie. Soms wel.

Baie keer scroll ek af in die afrikaanse WP-lys en die volgende kom in my kop op: Al weer dit!!

Die wereld is groter as net dit. Die lewe is meer. Dalk net my lewe. Ek weet nie.

Give me more! I can give more.

 

praag2

Praag – die mooiste stad op aarde

Ewige (blog?)trekkers

Ek wonder al baie lank hieroor, dit lyk vir my dat mense wat Afrikaans praat, geneties iets soos ‘n trek-geen in hulle het. Want daar trek ons al weer…. na Litnet.

Die stelling kan ek natuurlik nie wetenskaplik bewys nie – dit bly dus net ‘n stelling of model. Diegene wat van Europese afkoms is wat in hierdie land woon, stam natuurlik ook af van mense wat in hulle bloed hierdie trekgeen besit het. Dus hoe ons hier gekom het.

Die moerige gogga het natuurlik sy kop weer uitgesteek toe almal op hulle ossewaens geklim het in die 1800’s toe dinge nie na hulle sin was nie en sommer net blindweg die bosse in gebliksem het. Net om deur siektes en inheemse inwoners afgemaai te word. Die res het sukkel-sukkel hulle plasies bewerk.

En natuurlik was daar weer ‘n helse rebellie, maar geen trekplek nie, toe die Engelse ons spul uiteindelik ingehaal het in 1899. Maar ‘n bittere stryd teen die grootste “empire” het gevolg. Ons het sleg tweede gekom.

Nou,soos in 1994, trek al wat leef en beef weer. Omdat hulle oortuig is hulle kry weer swaar. Maar werklik, hulle los hulle werk, huise en motors agter. Wanneer ‘n mense sulke besittings het kry jy nie nog swaar nie. En hulle doen navraag oor hoe om hulle geld oor te dra.

En sowaar onder onsself, hier op wordpress (wat nie net beter lyk nie, en beter werk nie) trek ons as blare gewaai word na een van die mees pretensieuse plekke op aarde. Waar die brieweblad soos ‘n passer is – al om dieselfde ou gat – na Litnet. Dieselfde ou mense net dieselfde opinies jaar na jaar. Heunig of rissie om die mond, hang af van wie jy ken.

Ek is nie bang om te trek na Litnet toe nie, ek sal die mense aanvat. Ek voel opgewasse, regtig. Ek het ‘n werk waarin ek baie met sogenaamde “slim”  of “belangrike mense”  te doen kry. Dit is nie die punt nie.

Die plek is doodeenvouding nie lekker nie, dit is borig en vol pretensie. En sulke goed maak my vieslik naar.

Mense kan natuurlik doen wat hulle wil. Ek probeer net verstaan waarom mense altyd alles los en oor begin. Migreer. Of gelok raak deur vernis oor hout.

Omdat ons dink dit is beter daar? Hoekom?

Ja, ons is ewige trekkers.

Maar ek laaik dit hier. Ek ontspan hier en ek hou van die crowd.

Hierdie is ‘n losse, vir die eerste keer wilde, maar eerlike en dalkies ondeurdagte opinie van Rosalind Franklin. Maar nou ja hier is dit. Jammer as ek jou vies maak, skel my maar.