Lank terug

was dit hoe dit was:

Wimpy

het  soms ontplof toe ek klein was, maar ons het steeds daar gaan eet….ons het gewag vir die Boom! wat nooit gekom het nie.

 

Reuk

… van my pa, al het my ma eintlik maar alleen na ons gekyk

 

2 vir 1c

as jy baie in die mond het,  is alles sommer later een groot-groen-bol

ryk en lekker

al die terugdink het my vanaand sommer hartseer

 

Die wonderlike klanke is te vinde en met erkenning aan:

http://www.springbokradio.com/index.html


  1. ELF

    Wow .. en skielik catapult die onthou sonder waarskuwing .. en vind ek (weer eens) dis die ‘klein onbelangrike’ goed wat my nou die meeste laat glimlag.

    Waar is die dae van in die ry staan by die glyplank .. en te worry of jy ook n beurt gaan kry? Cool post.

  2. Aaaah, lekker onthougoed hierdie! Onthou jy nog die vicks kougom…sulke groot pienkes…
    Dis die klein goedjies in die lewe wat op die ou einde saakmaak, nes Elf hierbo se.
    Dis so lekker om kind te wees!

  3. En die lekkerte as my ma vir ons koekies en melk bring as ons laaaaankal moes geslaap het.

  4. Is dit nie lekker nie?
    Herinneringe en foto’s is dinge om te koester. Niemand kan daardie lekker onthou van mens wegvat nie.

  5. Ek onthou vakansies by ouma en oupa. Al die kleinkinders voor ouma se voete, met die radio ingeskakel vir Siembamba. En dan rol ouma vir ons nougat in balletjies (tot vandag toe weet ek nie hoekom nie, maar dit moes in balletjies wees😆 )

  6. Mefri

    Rooskindjie, twee goed: My pa wat tot in die oggendure klippe geslyp en juwele gemaak het; tieroog, ametiste ens, ek sien hom in my geestesoog vol stof en hoe hy die klippe poleer, terwyl hy sy onderlip vasbyt van pure konsentrasie.

    Ons vyeboom net onderkant die kombuistrappe waarin daar altyd bye was; die vye was stroopsoet en vet uitgeswel. My ma het die lekkerste ingelegde groenvye en ook vyekonfyt gemaak – heerlik op tuisgebakte brood waarvan die korsies lekker taai was. Dit is nogal vreemd at ek dit nou so duidelik onthou. Dankie, jy het lieflike herinneringe in my wakker gemaak.

  7. Elf: Ek was ook een van daar wat ek dink het ek gaan nooi ‘n beurt by die glyplank kry nie🙂

    Kaalvoete: Ja!!! ek onthou daai kougom. . .

    Ogies; dis lekker.

    DMI: oumas en oupas is die beste.

    mefri: dankie vir jou deel van dinge wakkermaak.

  8. maxie

    Die reuk van varsgebakte brood met vyekonfyt op die plaas.
    Foefie-slide ry oor die dam.
    Leon Nierop se “Wolwedans in die skemer” smiddae op Springbokradio.
    My oorlede ma se vetkoek. Die hemel weet, sy kon nie kos maak wat na iets geproe het nie, maar die dag as sy vetkoek gebak het, het die hele straat se kinders kom aantree.
    Ai, die nostalgie😉

  9. BB

    My Oupa se Plymouth met die trappies aan die kant – soos dié van ‘n trekker… EN sy bestuurvermoë😯 !!! “I want to die peaceful and relaxed in my sleep, not yelling and screaming like the passengers in grandpa’s car”, comes to mind.:mrgreen:

  10. Ons mag nie bubblegum geeet het toe ons klein was nie.

    Toe kuier ons op die plaas, en oupa gaan in dorp toe vir inkopies. En kom terug met daai lang Vicks bubblegum sticks vir ons kinders. Hy het nie geweet nie…

    En ons was in die flippen hemel!

    En toe raak ek aan die slaap met bubblegum in my mond, en dit kom in my hare en toe is my ma so vies, sy sny dit sommer uit, en ek sit met ‘n gat in my kop net oor ek nie wou luister nie.

  11. Gathgogh

    Walvisbaai, innie Armykamp `81-`82 en die 2 barracks wat ook ontplof in die middernag ure. En Major Dad wat moes uitgaan Rooikop toe om damage control te maak. Jirrekietog! En ons 6 orrelpypies was net so gedril soos die dem troeppe!

    Meestal was ek `n hartseer-kwaad kind en het alles om my gehaat. Die skool (veral), my stiefma, my stiefsussies, my ma (wat `n alkholis was), die huis, die kar, die ousie, die kos…alles, behalwe my kat.

    Ek onthou ek het altyd of in die son gele en slaap of in `n klerekas gaan wegkruip. Glyplanke soos die pes vermy, want ek sou maklik iemand wou doodmaak as ek moes wag. Soveel agressie as kind, maar nou is ek helemal tame.

    Ek het die ou tiekkiebokse gelaaik. Hulle het met 5c`, 10c en 20c gewerk.

    So ook kon ek op `n stadium (1985) posseels koop by `n munt outomaat. 2c, 5c en 10c seels, by die Poskantoor.

  12. My oupa se namakwalandse huis wat geruik het na pruim en beskuit en moerkoffie.
    My pa se Old Spice en die kasterolie wat hy my elke aand ingeja het en die nicknacks waarmee my ma my getroos het.
    Kaneel en lemoene.
    Pussycat in my oom se groot oranje valiant oppad see toe.

  13. Boom by Wimpy?

    Jis ek kon niks in my tyd met ‘n 1c koop nie…😦

  1. 1 Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld

    […] toekoms kan jy dalk van jou kiekies verkoop? En om deur daai foto’s te gaan gaan wonderlike herinneringe terugbring. Die WDF-issit foto’s het ook hierdie week die blogosfeer soos ‘n Tsunami […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: