Stinkies

By ons huis was ons nogal gereeld.

Selfs die drie kinders word na die skoonheidsalon geneem om sexy gemaak te word: gewas, pelsies gesny en toonnaels geknip.

Ek het nogals ‘n baie skerp neus, ongelukkig.

Ons en twee vriende gaan eet by die V&A Hotel. Dis lekker kos, maar duur. Ag dis mooi, die water, en die berg en vriendskap en ons lewe nog, en alles.

Doef buk die waiter oor my: euehhauyybhyyeebuuuueuy daar kom ‘n diep binne-grotste reuk van, ek-het-twee-weke-laas-onder-my-arms-gewas, walm in my neusvleuels op. Die voel of iemand ‘n bol vrot kaas op my tong gesit het, want ek gag fisies.

Liefie kyk kwaai na my, dis oor die gag, ek weet.

Ek wil oor die starter opgooi.

My oe skiet telegramme. Ek wil my top oor my neus trek.

Dankie tog hier kom ‘n ander waiter met die water en wyn.

Fok!!!! Binnegoed en afval, voetsole en longdrop, vrot eiers en ou velle. Ek kan dit nie glo nie. Hy stink net so.

Die seekos loer vir my. Ja nee, een van Kaapstad se duurste hotelle en eetplekke en die bestuur kan nie vir hulle werkers, wat tips van honderde kry, se: Onthou, jy werk met kos, jy moet elke dag was nie.

Is dit te veel gevra?

Ek wou natuurlik vir die hostess wat voor by die ingang staan en smile se, maar Liefie se: Los dit, dit gaan ‘n scene maak. Jy gaan in die moeilikheid kom. (Ek wou dit net saggies se en dan loop).

Ek wonder, ag sies.

Advertisements

  1. Sjoe! Wat ‘n onaangename ervaring! Kan net dink hoe dit die geur van ‘n lekker wyn kan beduiwel!

  2. Gathgogh

    Sas man!
    Rosa, ek sou darie saggies-praat gedoen het!

    Een van my sintuie is moertoe en nou het dit ongelukkig my reuksin verskerp. Ek haat dit as iemand lekker stink!

  3. Dan moet jy by my kom werk. Dit is die waarheid. Europeërs is self nie lief vir bad nie. Die ergste is as die dames erger ruik as die mans. Gelukkig het ek baie seep en sjampoo “samples” in die hotel so ek deel sommer mildelik uit. Dit is regtig erg Rosa as mens reg is vir lekker eet en die kelner ruik na leer looiery.

  4. BiB: dit was bad, bad.

    Ggoth: ek is baie doof, dus snuffel ek net-net te goed vir wat eintlik goed is vir my,

    Rustig: Ja ek het hulle al geruik die Europeers – hulle spaar mooi water en die vroue spaar skeermeslemmetjies. Mens wil omval.
    Jeez, leerlooiery is presies net so.

  5. hehe, die humor van die insident tersyde, dit was een van die beste metafore wat ek in ‘n lang tyd raakgelees het: my oë skiet telegramme. pragtig!

  6. BB

    Rosiekind – stuur tog nou maar vir die restaurant of hotel ‘n e-pos, toe? Daar’s baaaaie mense daarbuite wat nie besef hoe hulle ruik nie. Regtig!! Daar’s ‘n girl by ons wat so ‘n onsmaaklike asem gehad het – in ‘n meeting draal hy so oor die tafel na mens toe aan en almal wens altyd dat sy niks oppie agenda sit nie… ek moes net met haar praat daaroor, want mense is bitterlelik daaroor maar niemand wil ooit dit bul by die horings pak nie… turned out to be some slegte spysvertering issue en niks te doen gehad met vrot of vuil tande nie… en die restaurant kan regtig clientele verloor agv so iets – and nobody will be the wiser. En ja, dis steeds so dat sommige mense so gewoond is aan hulle eie reuke dat dit vir hulle normaal is, wat vir ander bekotsenswaardig is (ai, ou Plattstetjie se woordeskat was soooo k(l)eurig, nê?!) 😛
    Laat my nou dink aan hierdie ou grappie: A jong couple is op hulle wittebrood. Die mand sit ini badkamer oppie randjie van die bathtub en seg vir homself “Now how do I tell her that I’ve got really smelly feet and that my socks absolutely stink? I’ve managed to keep it from her while we were dating, but she’s bound to find out sooner or later that my feet stink. Now how do I tell her???”. Meanwhile, sit die vroutjie ini bed en sed vir haarself: “Now how do I tell him that I’ve got really bad breath? I’ve been very lucky to keep it from him while we were dating, but as soon as he’s lived with me for a week, he’s bound to find out. Now how do I tell him gently?”.
    Die man kry genoeg moed bymekaar om haar te vertel en loop kamer toe. Hy klim oppie bed langs haar in en vou haar in sy arms toe. Hy soen haar oppie wang en seg: “Darling, I’ve a confession to make.”
    Sy draai na hom toe en sê: “So have I, my Love.”
    Hy antwoord: “Don’t tell me 😯 You’ve eaten my socks!!!”
    :mrgreen:

  7. maxie

    BB – 😆 😆

    Dis afgryslik, Roos.
    Maar het die bestuur van die plek dan chroniese sinus?
    Of dalk so gewoond aan die pong dat dit hulle nie meer pla nie…

  8. Geez, jou kos het seker moeilik afgegaan – 😯

    Ek kry dit soms met van my studente ook – dit ruik of hulle 3 dae onder in die myn was sonder om te bad – ek kan dit nie beskryf nie, maar ja – dit voel ook of ek wil ots as ek naby hulle kom… dan begin ek nie eers praat van knoffel asems wat die wind heel uit jou longe neem nie… 😯

  9. Flip nee met die ene het ek nie raad nie, ek belowe. Dis soos ‘n nagmerrie!

  10. Mmmm Rosie jy weet klaar hoe ek ook die storie voel, en dit kom deesdae al hoe meer voor.

    Die feit is mens betaal baie vir jou kos en soms is dit besigheids etes….. ek is jammer ek kan nie oplet in die klas as daar vreemde reuke is nie. Ek wil naar word, ek het ‘n sensitiewe maag en kan nie eet as daar sulke fesus en vrot reuke om my is nie.

    Moet ons dalk “lux seep” in ons handsakkies karwei en begin uitdeel aan mense wat nie weet van higiëne??? Ek begin regtig hierdie een oorweeg!!! 😈

    Ughhh en hier praat Dellie nog iets wat my teen die mure kan uitdryf, knoffel reuke!!! Ek wil weghardloop 😯 As jy lief vir knoffel dan drink jy “Pong-go” beskikbaar by jou naaste Dischem!!! Op spesiale aanbieding!! 😆

    Ek meen hierdie is tog die eerste ding wat hulle doen as jy lewenslig sien, jy word geklap op die boud en gebad!!! Bad of stort!!! Magic woorde!! Mens moet skoon en vars ruik vir die mense wat oor jou pad kom en hemele behoed my tog vir jouself ook, hoe lewe jy elke dag met so stink saam???

  11. Ek sou nie kon eet nie….

  12. Ek het nou die dag so by ‘n Checkers uitgeloop, het my goed net so in die waentjie gelos en uitgeloop. Hierdie persoon se ruik het lank na hom nog steeds in die gange rondgesweef.

    Toe ek hom uiteindelik in die 4de gang raakloop…. nou ja, toe vlug ek.

    As dit so iets was by jou ete Rosa, dan sou ek ‘n moerse scene gemaak!

  13. Mefri

    Rooskindjie, my neus is ook ultrasensitief, ek dink soms ek ruik deur my vel en met my tong ook – daar is niks wat soveel stuwing in my keel kan veroorsaak soos ʼn vrot sweetreuk nie. Moenie eers praat van vleis wat effentjies ‘af’ is nie, ek gaan eerder dood van honger voor ek dit sal eet.

    Johan: ditto!

    Ek is mal daaroor as jy jouself so skreeusnaaks uitdruk, ek het dit seker al tien keer gelees en dit ruk telkens ʼn wille-woeste lag-stuipe vrolik uit my maag uit. ((((((Rooskindjie)))))) Dankie, jy doen dit vir my.

  14. Laat hulle tog maar weet, per e-pos dan. Dan kan liefie ontspan, want daar is nie ‘n scene nie. Was jy die enigste wat die klankie kon uitsnuffel?

  15. Emil: Nee, liefie het dit ook uitgesnuffel. mmm, dit was nou al lank terug. moes dit seker maar destyds gedoen het.

    Mefri: 😉

    Koeksister: ek ken daai een van reuke wat bly nadat die persoon lank reeds weg is.

    kaalvoete: dit was moeilik.

    wippie: miskien moet ek die hotel-samples neem en saamdra.

  16. Ek sou beslis ‘n scene veroorsaak het. Ek kan dit nie uitstaan as mense soos die asgate ruik nie!!! Magtig. Dis nie asof jy in ‘n agtertangse buurt gaan hoenderpote eet het nie??!!!

  17. Gathgogh

    Hm..ek hou van hoenderpote.

  18. Ek sal duur betaal vir pap en vleis, ek is mal daaroor, maar mens kry dit nie in die kaap nie. en ek kan nie kook nie….eet jy dit ook gathgogh???

    Ogiese: as ek ‘n scene maak raak dit nie mooi nie 🙂 so daarom dat ek maar my smoel soms hou.

  19. Baasvanieplaas sê ook altyd: Moenie kla nie, hulle gaan in die kos spoeg! Ek voel uiteet is ‘n grooot luxury. As daar met die kos fout is of die aircon laat my tande klap, praat.

  20. randapparatuur

    Beste R, ek voel presies nes jy oor hierdie kwessie maar hier in die Transvaal (ter wille van die Kapenaars gebruik ek die ou naam) is ons lankal gewoond aan die sintuiglike aanval wat jy beskryf in die eetplekke. Dis die gevolg van ons land se oopgrens-immigrasiebeleid en die welsynsbetalings wat ons eie mense by die huis laat sit en SABC kyk i.p.v. werk. Ek eet al hoe meer eerder net tuis. Ek dink ‘n mens moet maar praat. Jammer!

  21. Oe, nee!!!!!

    Ek sou iets aan die bestuurder gese het. Ek was vir lank in die kos bedryf en daar is absoluut geen verskoning vir higiene as dit kom by die wat met kos werk nie…. Al is dit nou om dit net aan te dra.

  22. Randfiguur: ons kan nie tuis eet nie, by ons huis is daar NIKS kos nie, net hondekos. niemand kan kook nie, niemand wil kook nie, terrible, terrible.

    girl…ek slyp my tande vir volgende keer.

    boervrou: LOL, ek wil liewers nie weet nie.

  23. maryke van niekerk

    Ek soek ‘n dieet vir spastiese kolon




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: