‘n Spook se rooi oog

Ek wil ‘n spook sien, sê ek vir ‘n klomp vriende, ‘n hele paar jaar gelede. Ek glo nie daar is iets soos spoke nie, en ek wil vir eens en altyd nou een, of sommer ‘n paar, loop soek.

Maar ek doen eers navorsing, sien want soos ek verstaan spook spoke nie orals nie. So hoor ek van ‘n pad tussen ‘n lang laning bome waar die osse sommer vanself uitgespan en weggehol het as mense met hulle waens daar verby gekom het. Of perde het sommer aan’t hol gegaan.

Die spook het hom tegnologies aangepas en deesdae gaan staan jou motor net.

Vier van ons is in die kar en af in die donker grondpad. Redelik vinnig.

Niks gebeur nie.

Miskien moet ons stadiger ry. Ons kruip in die pad af. Op en af. Niks.

Kyk! Daar is die spook! Hy het ‘n rooi oog!

Waar? Waar? Gil ek, ek is nou helse opgewonde. Want my kindertydse vrees vir spoke is lankal genees. Ek wil baie graag met die spook praat. Ek het seker 2000 vrae.

Daar! Ek staar na die rooi oog. My hel, sowaar, doer sit een rooi oog.

Ek wil sommer uitklim en nader stap. Wag ons ry nader sê die ander.

“Ag dis daai lig bo-op die toring by die stadion,” se een.

Oh!

As die goed daar is moet hulle verskyn. Dan ek wil ek met die spook of spoke praat. Hulle ‘n paar vrae vra en dan sal ek glo dat hulle bestaan.

Maar voor ek nie een met my eie oë sien terwyl ek doodnugter en wakker is nie , sal dit ‘n mite en volkslegende vir my bly. Maak nie saak wat mense sê nie, ek bly onoortuig. (En dan moet ek ook oortuig word dat dit wel is spook is en nie ‘n truuk van my eie brein of ‘n ander persoon nie)


  1. Om ‘n spook te kan sien moet jy BAIE Old Brown Sherry drink.

  2. ja në…. ek het geskryf my pa het by my kom spook… die aand van sy dood het ek hom kom voel sit op my bed…. . gewig … hy het kom groet… toe kyk ek by die venster uit en sien jesus se gesig in die bloekomboom en toe… jare later het my pa my kom visit…. dit was in 2006 , die hele jaar lank, ek het probeer weghhol, so eks toe terug na sy graf en daar het ek besef, hy praat met my…
    die geeste van die voorvaders

  3. Ek is bevrees as ek ‘n spook sien, sal ek waarskynlik toegesluit moet word in ‘n plek.

  4. Ek is saam met wolf op hierdie een maar ek dink net OBS gaan dalk te lig in die broek wees om jou te laat spoke sien….

  5. Ek word self ‘n spook as ek een sien. Ek is net vir spoke bang.

  6. Ek soek ook nogsteeds spoke Rosie! Daai wat in die swart klere verskyn en as hulle jou klap bly die merke verewig sit!!
    Almal vertel altyd vir my hulle hoendervleis stories, ek raak skoon jaloers!
    Ek weet nie vir wat wil die goed nie aan my verskyn nie!! Miskien is hulle bang vir my 😆
    Nee OBS gaan nie eers help nie, ek het al daardie een probeer 😆
    Ek dink ons moet op ‘n spookjag ekspedisie gaan? Waar het julle gesê is die oudste begraafplaas in Suid Afrika?
    GHOSTBUSTERS! 😆

  7. netjane

    Ek sal dik stukke met ‘n spook praat! Soveel vrae! Nes jy.

  8. Wolf: Sedert ek my vasgeloop het in OBS gelede in die post “Wie is Hugo?” het ek daaroor geskryf, kan ek nie meer OBS drink nie. Dit het mos gelei daartoe dat ek wakker geword het op ‘n plek wat ek nie ken nie. LOL.

    Jasper: Nou verstaan jy mos! OBS is helemal te lig in die broek om ‘n spook vir my te teel.

    Carina: Nee ek dink nie jy sal ‘n spook sien nie. Mense DINK soms hulle sien spoke….

    Adrie: Net vir spoke?

    Silver: Jammer om te hoor van jou verlies.

  9. Wippie: Presies, spoke willie na mense soos ek en jy kom nie. Want hulle weet….hulle weet.
    Al wat ek vra is kom, sit en drink ‘n ietsie met my. Laat ons praat, ek sal jou nie skade doen nie.
    Dis reg, kom ons gaan jag spoke. Ek is in. Ons gaan sommer na klomp plekke toe. Die mees haunted plekke ooit.

    Ek seg jou. Niks gaan gebeur nie. Ons gaan net moerse lekker kuier.

    Netjane: Jy moet saamkom….ja ek sien jy verstaan. Ek het ook al daai vrae…

  10. reisiger

    Ek het nog nie ‘n spook gesien nie en ek dink ook nie ek sal ooit nie. Maar as dit dalk nou net eendag gebeur, weet ek wat ek sal doen… weghol… so vinnig as wat my middeljarige bene my kan dra! 😆

    Uit ondervinding weet ek dat spookstories seuntjies se gunsteling manier is om dogtertjies bang te praat en hulle dan gate uit te geniet as hulle met groot oë, gillend weg hardloop of beangs aan mekaar vasklou! 😉

  11. Rosa

    Net vir spoke, mens kan nie vir hulle weghardloop nie.

  12. Vir my eie gesondheid moet ek seker vir ‘n paar mense bang word. Elke tweede dag is daar iemand anders wat my wil pak gee. Dalk moet ek ‘n spook word, dan sal hulle dalk ‘n bietjie respek kry.

  13. flippiefanus

    Ja ek kan al sien hoe julle klomp op julle spoke jag agter die spoke aan foeter. 😆 Maar ek het slegte nuus: julle gaan geen spoke sien nie.

    Sien, die wetenskap is nie by magte om hierdie verskynsel te ondersoek nie, want die wetenskap vereis herhaalbare eksperimente en die verskyning van spoke is nie herhaalbaar nie. 😉

  14. Flipie: maar ek dog dan, so vertel die mense my, sommige spoke verskyn elke aand 12 uur? of waar is daai een wat agter op jou motorfiets klim? of waar is daai engelsman uit die boere-oorlog wat saans voor ‘n meise (die een wat ook dood is se kamervenster verskyn) herhaalbaar tot in ewigheid? 😉 LOL.

    Johannes: …en daars niks waarvoor ons skrik nie…;)

    Adrie: Ja miskien moet jy, ek hoor spoke gee juis lekker pak.

    Reisiger; weghol en op een plek bly trap!!! maar laat weet my tog as dit gebeur. en stuur foto’s!

  15. Die enigste spook wat ek ken is die gespook om ‘n ton divergerende inligting saam te vat in een netjies verhandeling met verwysings!

  16. Kan ek saam kom jag in daai begrafplaas??? Ek organise vir ons ‘n lekker piekniek tussen die vergete grafte….ek like begrafplase en kan ure daar spandeer, veral tussen die ou grafte.
    Oor die spoke sal ek liewer niks se nie…boohahaha 👿

  17. Blixer: Daai tipe spook waarvan jy praat, sal jou ding laat sien in die donker hoekies van die nag….(die verwysings is die ergste ga-ga!)

    Kaalvoete: Jy is genooi, reken jouself ‘n spookjaglid! Dankie tog iemand anders pak die kos!!!!
    Ek hou ook van begrafplase, soek loop altyd in dit rond in klein dorpies.

  18. ICE

    Onthou nog op skool het ons ‘n paar keer die “Spook” by DeDeur gaan soek.

    Jy “flash” jou ligte so paar keer dan ry hy met ‘n bike op jou af, maar al wat jy sien is sy lig, wat dan so 5 treë van jou af verdwyn. O ja, jy moet hom ook nie moerig maak deur jou toeter te druk nie. Hoekom weet ek nie.

    In die 4 of 5 keer wat ek saam was om hom te sien was hy seker op vakansie…

    So as jy een te sienne kry, bel my ek wil saam gesels.

  19. flippiefanus

    O wel Rosa: I stand corrected. In daardie geval is dit sakie inderdaad maklik falsifieerbaar. Dan moet julle beslis daai spook gaan jaag en kom terug rapporteer. Dit gaan baie interessant wees. 😉

  20. flippiefanus

    Blixer voorspoed met daai verhandeling. Ons vier saam met jou die dag as jy dit agter die rug het. 🙂

  21. Ek wou my hele lewe lank ook ‘n spook sien, tot ek eendag in ‘n verlate bouval in Skotland so ‘n onaangename ervaring gehad het dat ek daar en dan besluit het ek bly liewers weg van sulke praatjies.
    whooooooooo-oooooooo!

  22. Daar is nie so iets soos spoke nie, daar is wel dwalende geeste. En glo my, jy WIL NIE met een kennis maak nie.

  23. spoke het meer in gemeen met vader kersfees as wat ‘n mens mag dink…

  24. Mefri

    As kind het my beste maatjie in die oorspronklike (spooklose) plaashuis van Danie Theron gewoon in Eikenhof. Ons het heerlik tussen konsentrasiekampgrafte naby Mondeor gespeel terwyl haar ouers die ou grafte liefdevol versorg het.

  25. Sonkind: dwalende geeste, seg jy?

    Johan: en die tandemuis?

    Mefri: Dis interessant. Ou grafte vertel nogal baie.

    Sonia: vertel vir ons wat het in skotland gebeur…?

    Flippie: wees verseker ek sal rapporteer indien ek iets sien.

    Ice: ek ken daai spook!! hoewel ek hom nog nie gesien het nie. ek sal laat weet as ek iets sien, jy moet ook!

  26. Ek glo ook nie in spoke nie. Bo-natuurlike ja! Casper en kie met wit lakens. Nooit!

  27. ICE

    Hie is meer ouer plekke in die Ukay, dus sal daar seker meer spoke hier rond wees. Sal laat weet…

  28. Ja daar is heerlike plekke, in die kastele!!!

  29. As mens nou lekker spoke wil jag, dan moet jy in Edinburgh gaan soek! Daar word gesê dat dit jare gelede nog op Naval Hill gespook het, maar deesdae nie meer nie….

  30. Ek dink net mens moet n openmind he oor spoke ek glo defnatief daar in.Het al n paar keer met spoke te doene gehad,mens moet maar glo wat jy wil glo,elke persoon is gereg opsy eie opinie!

    Oor die de-deur spook dis regtig waar!
    Ek het dit beleef en kan n paar mense bring wat ok al het!
    Ek glo mense moenie spoke gaan opvryf nie los hulle!
    As jy n spook sien is dit vir n rede en dans daar seke iets met dit maskien soek daai gees of spook of wat ooklal dit is hulp het jy nie al so daar aan gedink nie!

    So mense die dag wat dit gaan gebeur glo my gaan jy jou g@t koud skrik almal is nie regtig so braaf nie!




Lewer kommentaar