Vooroordele getoets

Hoekom het ons soveel ongelooflike vooroordele jeens ander mense, of groepe. In baie gevalle is dit juis jeens mense, omstandighede of toestande wat ons glad nie ken nie. Of dink ons ken.

Is dit omdat ons dit nie kan beheer nie? Omdat dit vrees by ons inbesoem?

Soveel as 95% het onbewuste vooroordele jeens ander. Mens kan jou vooroordele loop toets. Kliek hier, en ons eie SA-vlaggie is ook daar, gaan doen die toets en staan verstom.

https://implicit.harvard.edu/implicit/

Hulle toets klomp dinge, gender, seksualiteit, ras, jou houding jeens ander lande, gewig en ouderdom.

En hoe kan ons dit verander. Dalk om positiewe beelde op te bou van mense in gestigmatiseerde groepe.

Navorsers dink ons het “vooroordele” ontwikkel lank gelede om te oorleef, maar die bepaalde vooroordeel word sosiaal bepaal.


  1. Wow. Ek het een toetsie gedoen, en ek moet se, glad nie wat ek verwag het nie. Nou gaan ek heeldag daaroor loop en wonder…

  2. kersieoppikoeki

    interessant, sal biki dit bëre op my gunstelinge en later doen, dis verstommend hoe mens dink jy’s oop, maar nie regtig is nie, so leer mens om vryer te dink en hoe wonderlik bevrydend is dit mens se siel word sommer gesond

  3. silwer pêrel

    ma ma leer my om openmaainded te wees, maar ek wil nog net stories lees

  4. silwer pêrel

    oeps kom ons traai weer

  5. silverpearls

    en nog ‘n keer, want mens mag nooit opgee nie

  6. silverpearls

    nne genugtig sal later weer probeer

  7. Bertus!

    Harvard het sulke toetse gedoen (ek sal die link vind) waar hulle mense se onbewuste vooroordele toets, en dis ongelooflik hoe diep die goed gaan. Almal blyk vooroordele te he^ – selfs die vroue neig om vroulikheid met swakheid te assosieer (selfs verligte vroue doen dit onbewustelik), die mees bevryde gays loop nog met ‘n stukkie homofobie diep binne hulle rond. Dit lyk amper asof mens nooit van daai goed kan ontslae raak nie, maar ek dink ‘n goeie begin is, om minstens vas te stel wat jou vooroordele is, en ten minste bewus te wees daarvan sodat jy kan weet waarvoor om op die uitkyk te wees. Vooroordele is regtig aaklig en frustrerend.

  8. Boendoe: ek wonder ook🙂

    Kersie: vryer dink is seker die kersie op die koek.

    Silwer en kie: Aanhouer wen!

  9. Bertus, hierdie is ‘n harvard-toets, sover ek weet.

    Dit is aaklig, veral as mens jou eie vooroordele uitvind, maar soos jy se om ten minste bewus te wees daarvan is ‘n goeie begin.

  10. Bertus!

    Ja, skuus ek het gecomment voor ek op die link geklik het. Dit is presies die toets waaroor ek gedink het.

  11. Vooroordele is tog so eg menslik. Kan mens ooit regtig totaal ontslae wees daarvan? Kan mens waarlik mens wees as mens die hele tyd hierdie onderdrukte skuldgevoel het oor die een of ander geneigtheid tot vooroordeel? Ek glo nie mens kan vooroordeel goedpraat nie maar die oorbeklemtoning daarvan maak dat die mensdom minder eg mens is. Ek sal veel eerder met iemand bevriend wil wees wie se vooroordele ek duidelik kan sien as iemand wat met alle geweld sy/haar vooroordele probeer onderdruk en dus ‘n valse beeld gee.

  12. Flippie: ja ek dink die idee hiervan is om jou bewus te maak van jou vooroordele en meer daarvan te wete te kom. Ek dink ook nie die idee is om hipokraties te wees en dit te verdoesel nie, maar om bewus te wees daarvan.
    Ekself is nogal teen vooroordele wat mense seermaak, ek dink dit was my bedoeling hiermee. Dat mens meer bewus is daarvan.
    En met sommige vooroordele dink ek kom oningeligtheid, nie bree algemense vooroordele nie, maar van die kleineres soos by minderheidsgroepe, soos waar siektes en gestremdhede inkom.

    ‘n Voorbeeld, mens sien iemand wat loop en ruk en sy gesig vertrek en dadelik oordeel jy negatief. sonder om te weet dit is dalk ‘n tipe spierdistrofie. My idee is: Stop eers en dink.

  13. Rosa ek stem saam dat wanneer dit kom by mense se gevoelens dan is dit belangrik om sensitief te wees en ingelig te wees. Maar oor die algemeen word dit gesien as politieke korrektheid en dink almal stem deesdae staam dat politieke korrektheid te ver gevoer kan word.

  14. Flippe: Ja dan is dit asof die samelewing ‘styf’ raak. Ek verstaan wat jy bedoel. Ek dink ek het meer verwys na baie spesifieke minderheidsgroepe wat erg gestereotipeer word. Wat mense soms nie een WIL verstaan nie. Dinge wat soms erg wreed is.
    Ek sien dit so baie. Ek flippen wens dit wil nie so wees nie. Koos Kombuis se uitlating was een daarvan. Hy kan se wat hy wil, dit was nie snaaks nie, dit was nie tong-in-die-kies-nie. Dit het mense wat siek is benadeel en dit is afkomstig van vooroordele jeens ander.

  15. Ja ek stem dis darem te erg. Terloops, watter uitlating van Koos Kombuis, of waar kan mens dit sien?

  16. maeree

    jammer ek het so lank laas kommentaar gelewer – was te heerlik besig om te dawdle met hierdie (uiters ontstellende) toets. blykbaar is ek effens seksisties, effens rassisties, effens homofobies en het ‘n sterk neiging ten gunste van vet mense.

  17. Flippie: Koos Kombuise het op sy Litnet blogs (dit is toe uitgevee en was in die koerante ook) gese hy haat bipolere mense en dat hy gatvol vir hulle is, hulle soek net aandag en is nie siek nie.

    Maeree: gie-gie…in die eksperimente wat ek tuis uitvoer neig en meer na diere as na mense.

  18. Goed dan sal ek Koos Kombuis se Litnet blogs boikot.😉




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: